LIVE CHAT
Live chat: Barend van Graan
19 September 2012
The Chief Executive Officer of the Blue Bulls Company (Pty) Ltd, Barend van Graan, will be available for a live chat to be held on Wednesday 19 September at 12h00.
Van Graan will answer questions and give guidance on the BBM’s vision for the future and will discuss the current performances of the professional teams.
Van Graan will answer them between 12h00 -14h00, you will be able to view the questions and answers below.
QUESTIONS
Blou Bul asked:
Hoekom Begin Serfontein nie???Kyk wat doen Jordaan by Sharks??Hoekom speel Fouche so swak rugby??Is ons slotte goed genoeg vir currie cup??Ek wil vir serfontei op 12 sien saam Venter op 13!!
Barend van Graan answered:
Blou Bul (Pretoria)
Die coach kies die span!
Groete
asked:
Morne Steyn is so fyn opgevoede gedissiplineerde mens ek is seker daar is faktore wat sy spelpyl beinvloed wat gaan BBM doen om dit weer op peil te bring en om die ongedissiplineerde ongevraagde kritiek die afgelope tyd stil te maak duidelik is dit jaloesie uit baie oorde
Louis
Barend van Graan answered:
Morne voel waarskynlik slegter as ons almal! Tans is hy onder beheer van die nasionale span se bestuur en ek glo hulle sal die nodige aandag aan Morne gee!
Geroete
Nog Altyd Blou Bul asked:
Goeiemôre Oom Barend.
Ek weet die mense wil die Bulle afslag en van almal ontslae raak. Maar ek is seker daar is meer agter die afgelope paar maande se sleg verloor.
Wys vir ons as getroue Bul ondersteuners wat julle kan doen en doen dit goed. Ons sal altyd by julle staan. Slegte en goeie tye.
Sterkte vir die res van die seisoen en staan sterk. Ons weet julle kan.
Blou Bul Groete
Barend van Graan answered:
Nog Altyd Blou Bul
Dankie vir die mooi woorde en wense1
Dankie ons het jou ondersteuning nodig!
Groete
gerhard asked:
dink jy die huidige hulpafrigters van Pine kom die mas op veral die voorspeler afrigter.hoe gaan die afrigtingspan van die bulls daarna uitsien volgende jaar?is daar rede tot kommer nou dat Heyneke nie meer daar is nie?alle sterkte vir julle en ons fans hoop die span begin gou weer presteer.
Barend van Graan answered:
Gerhard
Natuurlik het ons `n groot verlies in Heyneke en ander afrigters!
Dis natuurlik ook `n geleentheid vir die nuwe ouens om blootstelling te kry op Curriebeker vlak. Hulle doen waardevolle ervaring op wat ons in die toekoms goed kan gebruik!
Sien antwoorde oor nuwe aanstellings elders!
Dankie vir die mooi wense1
Groete
Pta Bul asked:
Goeie dag Mr van Graan.
Wil net se sterkte, ons ondersteun nog nie Bulle deur die goeie en slegte tye. Ons weet julle sal dinge regruk.
My vraag is, sou ons op eindig en promosie/relegasie moet speel, sal ons darem van die Bokke beskikbaar he om te help. Die huidige span gaan sukkel teen die Kings volgens my.
Barend van Graan answered:
Pta Bul
Da nkie vir die ondersteuning en mooi wense! Ek hoop ons verras en speel nie promosie relegasie nie. As dit dan mowet gebeur sak ons met al ons Springbokke mag speel op `n tuis en weg basis!
Groete
Kevin Sacks asked:
Goeiedag Barend, sterkte met die uitdagende tye wat die Bulle nou deurgaan,die brand is te sterk om nie hierdie te oorleef nie,ons staan by julle! My vraag is of julle buite huidige strukture en moontlik SA kyk om leemtes /behoeftes in die strukture aan te vul? Die skuif van verskeie tegniese personeel na Bokke het verseker n invloed gehad ! Sien John Mitchell "vry " na werk by n gevestigde franschise met behoorlike strukture !
Tweede vraag moontlik "premature" Wat is die invloed wat die Sail transaksie op die Bulls sal inhou ?
Barend van Graan answered:
Kevin
Ek het reeds die nuwe aanstellings, afrigters wat na Bokke geskuif het hierbo hanteer asook John Mitchell
Die MarcGroup/Kagiso BBRU transaksie is `n aangeleentheid tussen die partye waarop ek ongelukkig nie kan kommentaar lewer nie!
Dankie vir die mooi wense!
Groete
louis asked:
Hi Barend
wat is die leeus se spellers se betrokenhuid by ons super 15 volgende jaar -kan ons nie ook soos die vrystaat met die griekwas maak en van hulle spelers ook kontrakteur nie--is daar sulke denke of gespreke op die tafel?
Barend van Graan answered:
Louis
Ek kan ongelukkig nie die detail van ons werwing strategie bespreek nie. Wees verseker ons sal waar ons leemtes het dit probeer aanval!
Groete
louis asked:
Hi Barend
wat gaan met ons CC aan -kan jy seblief se wie ons hulp afrigters is vir Pine en Pieter?
Barend van Graan answered:
Voorspelers - Denzil Frans - reeds jare by ons, het met Vodacomspan in finaal teen PAMPAS verloor na Nico Serfontein weg is
Pieter Rossouw - Agterlyn
Vlok Celliers - Skop
Groete
Marius Theunissen asked:
Barend
Kom jy agter dat die negatiewe kommentaar daar buite die jonges beinvloed? Alle maatskappye gaan deur moeilike tye, ek glo en vertrou jy sal die skip in die regte rigting kan stuur. Dis net n geval van regte besluite en keuses maak vorentoe. O ja, ek sien Jaco Taute is beskikbaar!
Barend van Graan answered:
Marius
Natuurlik beinvloed dit spelers - party word sterker en ander word negatief beinvloed. Party lees die blog en ander nie.
Daarom is dit reg as mense kritiek lewer maar bloggers wat persoonlik en lasterlik raak buite die reels van die blog stel hulself bloot - veral wanneer kommentaar gelwer word wanneer mense emosioneel en kwaad is!
Wens ons kan groeter samewerking in die verband kry!
Sal probeer om regte keuses te maak!
Groete
Groete
Willie Louw asked:
Hi Barend.
Wil net graag weet of daar enige aanstellings al is vir poste wat, tot my verstand neming, nog nie weer gevul is nie, soos defence coach, ens.?
Ook, het ons moontlik strukture in plek om na die sielkundige aspekte van spelers te kyk, soos koel kop onder druk, ens.?
Baie dankie, en sterkte in hierdie tyd.
Barend van Graan answered:
Willie
Nuwe aanstellings is reeds bespreek!
Ons kyk waar nodig na die sielkundige aspek en probeer die totale speler aan te spreek.
Daarom moedig ons spelers aan om te swot by Tukkies, TUT en Unisa om hulle voor te berei vir die lewe na rugby!
Groete
pjl asked:
Good afternoon,
What is being done about the vacant coaching jobs (loss to the Boks)?
Would John Mitchell be an option?
Barend van Graan answered:
Dear PJL,
Basil Carsis has been replaced by Andre Volsteedt thas was in charge of the Junior conditioning and we are in negotiations with a forward coach and a defense coach - our offer to a top defense coach was turned down earlier)these names will be made public when the appointments are finaised.
We are in process of appointing a High Performance manager in the place of Ian Schwarz
As far as I know John Mitchell is still employed by the Lions
Regards
henry asked:
hoekom vol hard ons met skop rugby as dit nou al bewys is dat die span met die meeste bal besit wen. moenie you bal besit weg skop nie
Barend van Graan answered:
Henry
Het reeds die spelpaptroon aangespreek!
Ons probleem is die uitvoering van die skop tegniek glo ek!
ander mag verskil1
Groete
Kevin Jooste asked:
Hi Mr. van Graan
i have 3 questions linked to the coaching set up
1. Do Frans Ludeke and Pine Pienaar have performances clauses in their contracts?
2. Why is Frans Ludeke not directly involved in the currie cup team? Teams that have been more succesful than us in the last 2 years super rugby campaigns coaches are directly involved in their currie cup campaigns.
3.When will the coaching set up be announced for the 2013 super rugby campaign?
Barend van graan answered:
Kevin
I have discussed al three your questions earlier in Afrikaans! I you don`t understand my answer ask again!
Regards
etienne jordaan asked:
is jul as bestuur ni bekommerd oor CC span se vertoning ni ?????, v eens n kampioen unie na relegasie game !!!!!, wat gaan aan !!!!!
Barend van Graan answered:
Etienne
Natuurlik is die Raad, bestuur, afrigtings-bestuur en die spelers nie alleen bekommerd oor die uitslae en posisie op die log nie maar ons weet dit is onaanvaarbaar.
Alaml werk hard daaraan om Saterdag `n postiewe uitslag te bevorder!
Met ons huidige posisie is relegasie wedstryde `n moontlikheid en soos hierbo gese gaan ons probeer om die seisoen om te draai!
Groete
Stephan asked:
Hi Barend. Kan ek dalk vra hoe naby ons is om die afrigters wat ons aan die Bokke afgestaan het te vervang? Victor se naam word baie rondgegooi. Is hy al op die boeke as voltydse afrigter? Ek dink dit sal baie van die huidige probleme oplos. Ek hoop julle kan die ding omdraai in die vlg 4 weke. Sterkte. Nou die Blou!
Barend vsn Graan answered:
Stephan
Het reeds jou vraag aangespreek!
Dankie vir die mooi wense! Waardeer dit!
Groete
Hans Gerber asked:
Geagte Mnr Van Graan,
Wat gaan die BBRU doen,na aanleiding van die Bulle se PATETIESE vertonings vanjaar,om mense soos ek wat van nouaf volstrek weier om enige ONDERSTEUNING aan die span te gee,te oorreed om ons sienings te verander.Loftus loop leeg en dit is die skuld van die Bestuur,Afrigter en die Spelers.
Barend van Graan answered:
Hans,
Ons kan niemand oorreed om vir die Bluo Bulle te skreeu nie - daar skree tans genoeg op hulle - deur te wen sal ons ondesteuning he!
Ons probeer soos reeds gese die skip omdraai1
Groete
anton asked:
waarom is dit aanvaarbaar dat n "tackle" bo en amper regop staande gemaak word?, waarom nie laag en hard soos in die ou dae nie, lyk my die manne weet nie meer om dit te doen nie, want game na game le die man wat laag "getackle" het uit of bebloed agter
stamp stamp speel is oud en werk nie werklik nie die teenvoeter begin nou pos vat, maak jul oe oop ander spanne voorspel jul taktiek weke vooruit
Barend van Graan answered:
Anton
Ek`s nie die beste toegerus om jou rtegniese vraag te beantwoord nie. Om die baldraer in die lug te hou draai jy die besit om - if you dont use it you loose it beginsel. Deur laag te tackle behou die baldraende span die momentum! Hoop jy volg my!
Almal stem nie noodwendig saam nie!
Groete
Chris asked:
Baie dankie vir jou tyd.
1)Hoekom kom daar so min kwaliteit spelers deur die Bulle se strukture?
2)Hoe lyk ons afrigtingspan vir volgende jaar se Super 15?
Groete
Barend van Graan answered:
Chris
Ek stem nie met jou stelling saam nie, kyk na die Bulle se verteenwoordiging in ons nasionale spanne - veral Springbokspan na ons verlies van spelers verlede jaar. Party sal se Heyneke moes nie die Bulle gekies het nie hulle presteer nie goed genoeg nie!
Afrigtinspan vir 2013 reeds aangespreek. Sal binnekot aankondigings in die verband doen!
Groete
Philip Langenhoven. asked:
Mr. van Graan. I detect a serious arrogance at the Blue Bulls Company and players. Are you going to fix this problem? Secondly, our players seemingly think by pitching for a game they will win also. Will you and the coaching staff bring back the basics of honest hard work at the Blue Bulls? Thank you for your time. Regards.
Barend van graan answered:
Philip
Your first allegation is not based on facts it`s a genral attack! Base your allegation!
We are not in a position to be arrogant keeping in mind our position on the log!
What we need is your support!
Regards
Neels Bester asked:
Dankie vir die antwoorde by Maandag aand se manne aand in Rustenburg.
Wat gaan aan in die span......is daar tweespalt tussen die spelers en bestuur want waragtig so kan dit nie aangaan nie.
KYK, MY BLOED BLY BLOU maar daar sal drasties iets gedoen moet word met ONS span. Glo my, hulle moet net minder skop en charge en vir die vleuels die bal gee dan sal dinge gebeur. Hoekom wag hulle tot daar net vyf minute oor is DAN wil hulle die ander spanne deurmekaar hardloop.
Barend van Graan answered:
Neels
Dankie ek was op die spot gevang deur Breyton! Het groot ondersteuing ervaar vir die Bulle onder die Rustenburgers!
Het die meeste van jou aangeleenthede aangespreek.
Die span se onkonstante vertonings is vir ons en die afrigtingspan `n groot bron van kommer!
26 -0 agter! Begin speel en staan dan weer `n sagte drie af!
Groete
Lourie Kruger asked:
BB23, Ek het nie n vraag nie, net n opmerking: Sterk staan met die huidige omstandighede by Die Bulle. Al die ervaring wat saam met HM weg is word nie oornag vervang nie en ek persoonlik glo nie aan enige quickfix nie. Ek glo die strukture sal weer in plek val as Die Bulle se strategie uitgesorteer is.Ek wil ook noem dat daar net EEN Unie in die wereld is en dit is ONS Unie. Ons juig saam en bloei saam. Sterkte ek WEET julle kan dinge uitsorteer!!
Barend van Graan answered:
Lourie
Dankie vir jou! Ek hoop ons maak jou binnekort weer trots1
Groete
fanie du plooy asked:
middag mnr van graan
dankie vir di geleentheid om n paar vra te vra
1) dink di bulle pine pienaar is di regte afrigter vir di toekoms
2) dink u is ons reserwe krag goed genoeg vir currie beker en super rugby
3) waarom moet ons 2 afrigters he hoekom nie 1 wat cc en super rugby afrig ni
4) di junior bokke en wereld onder 20 speler is gekontrakteer deur di bulle waarom kry hy l.cronje nie genoeg saam speel tyd nie en dit terwyl fouche ni die mas opkom op loskakel ni kan di bulle bekostig om n belowende speler soos jan serfontein te verloor
Barend van Graan answered:
Fanie
1. Ek gaan nie individue bespreek nie.
2 & #. reeds elders geantwoord
4. Ek gaan nie individue bespreek nie - net die volgende. die afrigtingsbestuur bespreek die spelers se toekoms met hulle individueel en hanteer uitdagings.
Groete
justin ghuna asked:
Irb player of the year [ jan serfontein] wat moet dai hy ng doen om starting line up tekry,,,dai boy het skill,krag,kan di bal versprei,hys net baie goed.... My pleidoi is gee hom I regverdige kans asb. Ekt lanklas so I tipe senter sien speel... Danki Ghuna
Barend van Graan answered:
Justin
Jan Serfontein sal hopelik binnekort `n beginkans kry!
Groete
Rene Muller asked:
Dear Mr van Graan, I think the very passionate Bulls supporters are extremely concerned with the current state of affairs. What plans / actions will be taken to prevent our beloved team from faltering even further? Who are the new coaches (replacements that HM took with him to SARU)? Pine cannot be blamed for this mess alone. Pointing fingers will not help, solutions are needed now to prevent our team to be further disgraced! The players are there, great ones, leadership/coaching lacking!
Barend van Graan answered:
Dear Rene
I have answered a number of your questions earlier. Just the following we take full responsibility for the performance the team - myself, coaches and players - and we work tirelessly to rectify our performance.
Thank you for your support
Regards
Pieter Badenhorst asked:
Dear Barend
1. Based on what track record and criteria did BBRU appoint Pine Pienaar as Currie Cup Coach? What other candidates were available?
2. What is the rationale for the Blue Bulls being the only team in the Currie Cup not being coached by their Super 15 coach? Why does the other teams , that is higher up on the log then the Blue Bulls not follow this approach? Do you think this experiment was successful?
3 From a pure economic investment perspective, compared to the other teams, do you feel BBRU gets an acceptable return on the investments made by the Union in the coaching staff and players, especially when you compare this with a small union like the Griquas and a struggling union like the Lions?
Barend van Graan answered:
1. Pine has an excellent track record with the Cheetahs on U/21 level and Vodacom Cup. He has been appointed and I am not going to discuss the individuls involved
2. Answered earlier
3. We are manaing the business on sound business principles. If we dont turn around our performance on the field we will experience the impact on our gate, season ticket and suite sales.
We have no option to improve our performance. I don`t want to compare our financials with some of our competitors in public. Good questions!
Regards
Francois van den Bergh asked:
Hi Barend, ek glo dat ons net deur n slegte tyd gaan en sal weer terugkom. Eenmaal n Blou Bul altyd n Blou Bul, my vraag sou dit nie beter gewees het om Nico Serfontein eerder by die Bulle gehou het as Afrigter nie, en wat het gebeur met die onderhandelinge met Victor Matfield as Bulle hulpagrigter. Baie Dankie
Barend van Graan answered:
Francois
Baie dankie vir jou ondersteuning in moeilike tye. Ons waardeer ook die ondersteuning wat ons kry van baie ander Blou Bulle.
Ons het groot waardering daarvoor.
Sien my antwoord hierbo oor die onderhandelinge met `n voorspeler afrigter.
Nico Serfontein het ons versoek om sy ooreenkoms te termineer ons het hom nie laat gaan nie.
Nico het in sy tyd by die Bulle uitstekende werk gedoen!
Groete
RobK asked:
there seems to be a lack of commitment at the moment in the BB currie cup team. please comment.
Barend van Graan answered:
RobK
Our performance up to now is unacceptable! This is also the opinion of the players and the coaching team!
We are trying to turn around our season!
Hope to make you proud soon!
Regards
SEAN MCCALLUM asked:
Why have someone such as Frans Ludeke and Pine Pienaar as coaches, they have clearly shown they are not in touch with modern rugby and have an outdated method. As CEO you need to shoulder the blame as well and either resign or appoint competent people, we have all the players but produce rubbish on the field, what are you going to do about it?
Barend van Graan answered:
Sean
Your remark re. Frans and Pine is your opinion.
I acccept the responsibility for the performance of the company and report to the Board and they will decide if we are competent or not.
Regards
Hennie Engelbrecht asked:
Net twee vrae:, is daar iets fout by die BBRU/BBM ? Hoekom het ons 2 afrigters, Frans Ludeke en Pine Pienaar en verloor terwyl die Cheetahs, Sharks, WP/Stormers en Lions net een afrigter elk het en floreer ?
Barend van Graan answered:
Hennie
Daar is fout - die senior span presteer nie soos hulle moet nie
Jou tweede vraag reeds elders beantwoord
Groete
Ulrich du Preez (Anti Province) asked:
Middag Barend
Sien die Afrigters nie wat ons as publiek week na week sien nie,want die dieselfde foute word oor en oor herhaal en dit lyk of niks daaraan gedoen word nie.
Dankie
Barend van Graan answered:
Ulrich
Ons werk hard aan die foute! Hoop ons maak jou binnekort weer trots1
Groete
Jan Gouws asked:
Geagte Barend, die Bulle se voorspelers oorheers nie meer nie, en dit gaan beroerd in die vaste los en skrums. Wat is die oorsaak van hierdie klaarblyklike terugslag. Is ons afrigtingspan weklik opgewasse om hierdie probleem, ons agterlyn aanvalle en verdediging aan te spreek.
Barend van Graan answered:
Jan
Ek dink ek het reeds jou vraag vroeer beantwoord!
Weet net ons wil graag die seisoen omdraai1
Groete
Stoffel van Graan asked:
Hello Barend. Is Pine gebind aan n prestasie klousile in sy kontrak?
Hy het verlede jaar nie die mas opgekom nie en die jaar doen ons nog slegter. Ons het een van die talentvolste groep spelers in die land en ons kan nie wen nie. Ons as ondersteuners, is ontevrede met die afrigter en ook die manier hoe hy reageer op vrae tydens onderhoude, hy lyk nie baie profesioneel nie! Groete, Stoffel van Graan.
Barend van Graan answered:
Stoffel
Ek gaan nie Pine ooreenkoms in die openbaar bespreek nie.
Verder maak jy dit duidelik dat Pine nie jou gunsteling afrigter is nie, dis jou mening en jy`s geregtig daarop. Ek vra egter ondersteun die Bulle en moenie persoonlik raak teenoor Pine nie!
Groete
Groete
gary atkinson asked:
bulls have invested in a large pool of young talent. the coach and management at the bulls continue to not blood young talent. j sadie has been a failure at the bulls and has signed for free state. so why do we keep selecting him above our talented investments. give the youngsters game time, they cannot be worse than awful.
pine pinaar has not got the experince or the personality to coach a large union this should have been reconised by the board after h meyer was given the bok job. i lay the blame, of the poor season, on the boards shoulders. an experinced coach such as bredan venter should be brought in as a replacement for the current coach. pine pinaar can then be schooled on how and what a good should be.
as ceo you must take a large portion of the blame for the lack of forsight and the slow reaction following the poor start to the year.
lastly, the board must start doing what they have been nominated to do
GET OFF YOU BACKSIDES AND FAT SALARIES AND START THINKING AHEAD OUTHERWISE IT IS BACK TO THE EARLY 90S
THANK YOU GARY
Barend van Graan answered:
Gary
I am not going to respond on each allegation! The Board mention don`t receive salaries.
Some of your remarks are not appropriate1
Regards
zain cupido asked:
Just four changes I love to see happening come superrugby time...1- Frans ludeke becoming director of rugby 2-john mitchell head coach 3-jaco taute fullback and lionel mapoe right wing... Just a thought rather then a question
Barend van Graan answered:
Zain
Thank you for your input!
Regards
Rudou asked:
I am a passionate supporter of any team that wears the blue with the barberton daisy. Is there anything wrong at the Blue Bulls Company in regards to passion? I feel that you have dissapointed your faithful with recent performances. The only reason why WE were outplayed in kimberley is the fact that we had lack of passion . We are not feared like 2-5 years ago. We have the talent ,we have the skills,where is the PASSION?
Barend van Graan answered:
Rudou
I can assure you that the PAASION is still high!
As said earlier, our performance is not acceptable and we are working on it to rectify our performance!
Regards
LOURENS DU PLESSIS asked:
asb se ons as ondersteuners waarheen gaan ons Bulle vir die toekoms? hoekom is daar nie al plaas vervangers aan gestel vir die Heyneke Meyer, en die res van die bestuur wat betrokke is by springbokke. Dit is regtig in die Bulle se belang om plaas vervangers so vinnag as moontlik te kry?
Barend van Graan answered:
Lourens
Dankie vir jou inset! Sien antwoord hierbo!
Groete
Miranda Nortje asked:
1. Wanneer word ons afrigtingspan bekend gemaak?
2. As Frans Ludeke Heyneke Meyer se plek inneem wie kom in sy plek?
3. ASB wat is fout met ons bulle kan mos nie twee briljante wedstryde speel en dan heeltemal uit die bus val nie. Is daar dalk interne probleme?
Barend van Graan answered:
Miranda
Bly om weer van jou te hoor! Reeds die vraag oor die aanstellings beantwoord.
Jy`s reg ons sukkel om konstant goed te speel1
Groete
Bullperd asked:
Barend,
Ons vra mooi kan ons asb die skoppe buite on eie kwart lyn net vir 1 game ban. Hou die bal, val aan en gee die spelers die goed keuring om te speel volgens wat voor hulle is. Dankie en sterkte
Barend van Graan answered:
Bullperd
Dankie vir jou insette en ondersteuning!
Groete
bulletjiekzn asked:
Wanneer gaan die ondersteuners ingelig word oor die afrigters wat die moet vervang wat nou by die bokke betrokke is?
Wat word gedoen om die huidige stand van blou bul rugby aan te spreek. Ons as ondersteuners is moeg daarvoor om die grap van die res van die land te wees - ons is beter gewoond van ons geliefde span. Sekerlik behoort ons nie in hierdie posisie te wees met die strukture wat in plek is nie. Ons soek antwoorde, nie verskonings nie.
Barend van Graan answered:
Bulletjiekzn
Vraag oor aanstellings reeds beantwoord. Stem saam ons is nie gewoond om in die laaste plek op die log te wees nie! Ons werk daaraan!
Groete
Harry Barnardo asked:
Tenspyte van die feit dat ons wedstryd na wedstryd sien ons spelpatroon werk nie meer nie, hou ons aan met dieselfde voorspelbare gemors.Die bal word stadig skoongemaak dan word of besit weggestop of ons voorspelers hardloop hulle vas teen die opponente om fases te probeer afdwing (dan verloor hulle nog besit ook). Ons beweeg die bal nooit meer vinnig wyd na ons snellers soos Akona en JJ nie. Wat het geword van die verrassings ellement? Dit verbaas my ook dat ons JJ op vleuel mors terwyl hy in die Super 15 op nr 13 uitgeblink het. Die WP, Leeus en Griekwas het die afgelope 3 wedstryde vir ons gewys hoe om met die bal te hardloop en wen rugby te speel. Het ons iets hieruit geleer? Voorspoed vir die laaste 4 wedstryde, ten spyte van ons terugslae staan ons nog by ons Blou Bulle. . Dankie vir die geleentheid om vrae te kan vra. Voorspoed, Harry Barnardo
Barend van Graan answered:
Harry
Dankie vir jou ondersteuning uit Uitenhage! Jy maak relevante stellings en hoop dat ons binnekort weer die spel waaraan jy verwag van die Bulle sal lewer
Groete
Johan Steyn asked:
Barend ou mater - WAT GAAN AAN ????
Barend van Graan answered:
Johan,
Ek wens ek kon jou antwoord! Ek gee jou egter die versekering dat ons alles op die veld sal gee om die seisoen om te draai!
Kyk ook na ander antwoorde!
Groete
Jan Venter asked:
What are the senior management gone do to provent the Blue Bulls from not playing at a lower division next year,? the way we carry on that is where we gone end.
Barend van Graan answered:
Jan
We are working as a team on and off the field to rectify the issues and increase our performance levels!
Regards
Carlo swanepoel asked:
Hoekom doen bulle so swak hoekom hou hulle nie vir die super 15 coach nie? Is pine reg vir coach of is bulle net swak.ek worry
Barend van Graan answered:
Carlo
Ons probeer regmaak!
Groete
Loftus123 asked:
Goeie middag,Mnr.van Graan, ek wil net eerstens baie dankie se vir hierdie geleentheid wat aan ons ondersteunders gegun word. Ons waardeer dit baie.
My eerste vraag is oor ons span se huidige wedstrydplan. Voel die bestuur ons huidige wedstrydplan van balbesit wegskop is nog steeds die pad vorentoe? (Selfs met al die onlangse reelveranderings wat spanne wat balbesit behou, beloon?) Is ons wedstrydplan nie te voorspelbaar nie?
Tweedens, wat is die situasie met ons Direkteur van Rugby en menige afrigters wat hy saam met hom geneem het. Hoe en wanneer gaan hulle vervang word? Ek weet dat dit sal tyd neem om die regte mense te kry, maar hulle afwesigheid kan duidelik aangevoel word. Hoe gaan ons Ian Schwartz vervang by die Bulle?
Derdens, wat is die gevoel by die bestuur oor die feit dat dieselfde foute wat in die Super 15 toernooi begaan is op die veld, word nou ook begaan in die Curriebeker. Onnodige strafskoppe, swak skrum, swak verdediging, swak dissipline. Hoekom kan die huidige afrigters dit nie verbeter nie?
Laastens wil ek die bestuur bedank vir al die goeie werk wat gedoen is om die nuwe talent in die land se handtekeninge te kry. Ons is maar baie ongeduldige ondersteuners, maar ook baie bekommerde ondersteuners! Sterkte vorentoe.
Barend van Graan answered:
Loftus 123
Dankie vir jou mooi woorde en wense! Jy vra `n klomp vrae wat reeds elders beantwoord is.
Ons verstaan die frustrasie en hoop dit gaan binnekort beter!
Groete
heinrich asked:
Dink jul die span doen so bietjie sleg weens n onervare voorspelers as ek mag vra want die waar dit begin as jy eerste fase bal besit wil he nie dat ek se die manne is sleg nie maar ons kort bietjie evaring weer terug in die pak
Barend van Graan answered:
Heinrich, dit is so dat ons aan die einde van verlede jaar `n aantal senior spelers verloor het en vanjaar `n klomp Springbokke opgelwer het - dalk meer as wat ons verwag het - Bjorn en Chillie is beseer en Wynand na Japan toe. Op die koop toe het ons `n aantal spelers laat gaan met die doel om die volgende geslag spelers deur te bring. Hierdie verliese is egter nie `n verskoning nie, ons kry met tye goeie bal in die eerste fases maar maak dan foute op krtiese oomblikke.
Ons kry ook baie kritiek oor die spelpatroon - skoppe - myns insiens is die grootste fout dat ons met tye takties swak skop en nie genoeg druk toepas nie en dan die opponente die geleentheid gee om ons in die gebroke stukkend te speel!
Hoop ek het jou geantwoord!
Groete
ivor seiler asked:
Why have we not done something about the void that has been left by losing our defence coach..every Bulls supporter i speak to is extremely worried at te possibility of being relegated....there just seems to be no urgency week after week....ALLWAYS A BLUE BULL.....
Barend van Graan answered:
Ivor
We are working on your issues and it has been discussed elsewhere
Thank you for your ongoing support!
My apologies for my Pretoria English
Regards
tinus diesel asked:
Barend,
dit is mos ooglopend julle is besig om loftus leeg te speel,wat gaan julle omtrent dit doen,en wanneer?
Barend van Graan answered:
Tinus
Het reeds jou inset elders bespreek! Hoop dat Loftus weer binnekort vol sal wees!
Groete
Willem van Zyl asked:
Wat is die oorsaak van die swak prestasie?Alle spanne verloor,maar hierdie maak vrek seer en die ouderdom van die spelers kan wraggies nie die skuld vir alles kry nie.
Groete
Barend van Graan answered:
Willem
Het reeds jou opmerking elders bespreek en staam jong en ervare spelers mag nooit `n verskoning wees nie!
Groete
Wessel Serfontein asked:
Hi Barend, Die aansteling van die nuwe afrigtingskorps, binnekort bekendgemaak?, bedoelende na die Curriebeker-reeks!, en ook baie dankie vir die geleenheid om te kan kommunikeer!.
Groete, Wessel.!
Barend van Graan answered:
Wessel,
Ja Wessel! Sien antwoorde hierbo.
Baie dankie vir jou mooi wense!
Groete
Johan Wentzel asked:
Goeie dag meneer van Graan, ek as fanatiese Bloubul ondersteuner hier in die Weskaap is baie bekommerd oor die stand van sake oor ons Currie beker span, ons speel deesdae uiters swak en ons verdedeging is power. Wat ek wil weet is dat ons onder 19 en onder 21 spanne speel uitstekend, is daar lig vir aan aan die einde van die donker tonnel, gaan ons opstaan want dit maak my as Bloubul ondersteuner baie hartseer om al die negatiewe dinge van ander provinsies se ondersteuners oor my geliefde span aan te hoor, voorspoed vir U en al ons Bloubul spanne vorentoe, groete.
Barend van Graan answered:
Johan,
Ja ek hoor die Bulle kry baie swaar in die Kaap! Julle het darem ook goeie tye in die afgelope paar jare gehad!
Ja ons het verlede naweek `n swart naweek gehad met die O/19, O/21 en senior span wat verloor het. Die twee junior spanne is beide nog in die posisie om eerste en/of tweede te eindig, wat die senior span betref moet ons die naweek probeer om die seisoen om te draai! Ons moet ook nie verder as die naweek fokus nie.
Groete
Anton asked:
Hi Barend,
Is CJ Stander nog steeds op pad oorsee, of gaan die bulle hom probeer hou veral vir Sa rugby ?
Die bulle kontrakteer goeie spelers, maar huidiglik sukkel die bulle in die currie beker, waar dink jy is die probleem ?
Blou groete,
anton
Barend van Graan answered:
Anton,
CJ het `n besigheids en/of loopbaan keuse gemaak en sy eie posisie in SA rugby oorweeg en toe besluit hy gaan Ierland toe. Dit was vir hom `n moeilike besluit!
Hy`s nog steeds baie lief vir die Bulle en sal graag later weer hier wil speel as omstandighede dit toelaat. Juandre en Frans Steyn is ouens wat teruggekeer het na SA!
Groete
neil leggat asked:
why has morne steyn not been given a rest in the last four years he has been over played and why has he not had a quality back up since louis potgieter left that is why he has been overplayed and what are we going to do about it
Barend van Graan answered:
Neil
He`s currently with the Springboks, they manage Morne!
Regards
Wessel Serfontein asked:
Hi Barend, Sal die aankondiging van die nuwe afrigtingskorps, binnekort bekend gemaak word?, bedoelende, na die Curriebeker, ook baie dankie vir die geleentheid, om te kan gesels met U!. Groete, Wessel.
Barend van graan answered:
Wessel
Reeds geantwoord1
Dankie vir jou mooi woprde en wense!
Groete
Paul asked:
Good day sir,
Firstly congratulations on all the accomplishments of the Bulls through the years. I am very excited about young guys coming through like Jan Serfontein, Francois Venter etc. I am a big Steggies fan but with him injured a lot these days and CJ Stander leaving : What is the possibility and recruiting a monster fetcher like him in his prime?Can you also clarify the stories about the promotion relugation match against the Kings please?
Barend van Graan answered:
Paul
Thank you for your support and kind words!
If we end bottomm of the log we will be playing two matches (Home and away) against the winner of the First League
Al our Springboks will be available for these matches.
Regards
George Grobler asked:
Is daar al nuwe afrigters aangestel , om die te vervang wat na die bokke toe is
Barend van Graan answered:
George
Reeds beantwoord!
Groete
Henk asked:
What would the financial implications be for the Blue Bulls Company if the Bulls fail to qualify for the 2013 Currie Cup?
Barend van Graan answered:
Henk
Big!
Regards
Riaan asked:
Barend, ek dink mense raak te emosioneel, die bulle het laasjaar omtrent 8 -10 ervare spelers verloor en met die bokke nou nog 6-8 spelers afgestaan. Die punt wat ek will maak is dat geen provinsie in die land dit sal kan hanteer nie, ongelukkig het al die verliese ons in gehaal. Gee net tyd en ons RULE weer rugby in Suid-Afrika. Laastens verdediging is n mindset (commitment) ding en al wat my pla is dat die huidige bulle wys nie heeltemal hart op dioe verdediging nie, vergeet van verskonings oor verdedigings afrigter, maak seker jou opisisie kom nie verby nie, tackles mis het niks te doen met verdedigins lyne nie, maar COMITMENT alles.
Groete
Riaan ( bulls rule )
Barend van Graan answered:
Riaan,
Sien antwoorde hierbo - ons stem saam oor spelers verlies. Verdediging is attitude jy`s reg en ons moet dit op die veld regmaak!
Dankie vir jou ondersteuning in die tyd! Maak my self net `n groter Bul as ek met julle die harts kan praat
Groete
Andries Duvenhage asked:
BAREND WAAR OM GEBRUIK JULLE NIE VIR MNR MICHEAL AS AFRUGTER EN PINE PIENAAR AS HULP AFRUGTER NIE, DIT IS DUIDELIK DAT HY NIE DIE MAS OP KOM NIE .OF WAT GAAN AAN BY DIE BLOU BULLE VAN JAAR
Barend van Graan answered:
Andries
Sien antwoord hierbo met betrekking tot John Micthell.
Groete
Robby asked:
Mr. van Graan, the coaches (Mr. Ludeke and Pine) are always playing players that are NOT perform and let the best players sit on the bench or even not in the group? Please WHY?
Barend van Graan answered:
Robby
The coach selects the team
Regards
Morne Du Bois asked:
Hi Barend
nice om met jou te chat, my bekommernis op die oomblik is dat die unie baie vaardige speler koop en het wat deur die range kom, manne soos Serfontein,Cronje,Engelbrecht etc etc etc.ek voel dat ons in ons strukture die natuurlikke aanvals talent van die ouens uit "choach" n man soos Sadie was great by die Stormers en ek glo gaan weer wees by die Cheetahs, my punt is ek voel agv ons game plan wat deur al die spanne op alle vlakke in die unie gespeel word, sit n demper op daardie ouens se natuurlikke talent, ons spel patroon dwars oor die groepe werk nie meer so great nie, die game self verander gereeld, ek wil weet, werk die manne aan ander dinge? want ek is bevrees as ons dit nie doen nie gaan die New Zealanders en meeste ander spanne ons volgende jaar trap.
Groete
Morne
Barend van Graan answered:
Morne
Reeds vraag oor spelpatroon beantwoord!
Dankie vir jou insette
Groete
RUHAN DUVENHAGE asked:
HOEKOM GEBRUIK ONS TWEE AFRIGTERS VIR CC EN SUPER 15 EN DIE ANDER UNIES EEN
Barend van Graan answered:
Ruhan
Die Super Rugby Kompetisie verg baie en deeglike beplanning en met Heyeke Meyer se weggaan is daar iemand nodig om sy werk ook te doen soos die oorhoofse bestuur van die Hoe Prestasie Divisie
Groete
Werner asked:
Hi Barend
Ek is n groot Blou bul wat gaan by die bulle aan oor die gesukkel en hoe word die aangeleentheid besprreek of geadresseer?
Barend van Graan answered:
Werner
Jou vraag reeds bespreek
Groete
Cecil Spyron (Paarlbul) asked:
Dagsê Mnr van Graan
Hoe gaan ons liedjie – Bulle eet nie van die vloer af nie??
Dit was ons nou sien, kom al sedert laasjaar, eintlik al ‘n langer slide. Voor die handliggende probleme soos commitment, soos trots op die blou trui, soos gameplan wat nie tredhou nie, soos basiese rugby wat net nie deur die afrigters uitgesort word nie!
Dit dui aan op afrigters wat nie innoverend is nie, wat nie die Bulle vorentoe gaan vat nie.
Wat my die baie bekommer is die Bulle het hordes jong talent, die beste in die land. Cravenweek, o/19, o/21. Hoe lank gaan dit wees dat hierdie talent besef dit gaan nie net oor geld nie, dit gaan ook oor die besef dat die Bulle is nie MEER die unie waar hulle gaan bereik wat hulle KAN bereik nie.
Net soos wat ons nou lees dat Heynecke sal moet harde besluite neem, so is dit nou tyd dat die Bulle harde besluite en die regte besluite sal moet neem.
Asseblief, ons is te trotse Blou Bul mense om sulke standaarde te aanvaar!
Barend van Graan answered:
Cecil
Dankie vir jou insette - reeds op baie van dit kommentaar gelewer!
Groete
christo van wyk asked:
Waarom om laat jul cj stander gaan en hoekom wou jul nie vir derick hougard. Weer n kans gee nie ons blou bul ondersteuners moet ons kop laag hou kyk hoe speel ons span die afrigter moet maar weer na gekyk word
Barend van Graan answered:
Christo
Reeds CJ se posisie bespreek!
Groete
Dylan asked:
Barend what does it mean for the blue bulls company that kagiso media own/bought 50% of the blue bulls company?
Barend van Graan answered:
Dylan
Question already discussed! No comment at this stage!
Regards
Christo asked:
Dit lyk vir my die vrot kol is nie net by die spelers nie maar trek regdeur van web tot skoonmaker. Die vrae werk nie, kom elke keer terug met "Technical problems", problems, problems, problems......
Barend van Graan answered:
Christo
Lyk my jou probleem is opgelos!
Wees geduldig!
Groete
CP asked:
JULLE KON NIE VIR HEYNEKE TEEN SY SIN HOU NIE MAAR WAAROM IS HY TOEGELAAT OM DIE ANDER AFRIGTERS WAT WEL BINDENDE KONTRAKTE GEHAD HET, TE VAT. HET JULLE NIE DIE PROBLEME VOORSIEN WAARMEE DIE BULLE NOU SIT NIE? MOES DIE BESTUUR NIE DIE BULLE SE BELANGE EERSTE GESTEL HET NIE?
Barend van Graan answered:
CP,
Dis `n lang en uitgerekte storie! Vir die wat kan onthou ons het probeer om die afrigters te behou. Die Blou Bulle is toe daarvan besuldig dat ons nie in landsbelang optree nie en ons wou nie in die individue se pad staan om `n persoonlike geleentheid te laat verbygaan nie!
Groete
Riaan Human asked:
70%van die beste jong agterspelers is by die bulle of kom bulle toe en presteer op alle vlake van skool tot O21 of varsety en dan skyf hulle op tot bo en die ligte skakel af...niks....donker..doeloos ons kan net sowel 6 flanke agter kies vra asb vir slapchips waar le die fout !!! ?? en wie was die slim ou wat vir CJ gese het hy kan maar gaan, vat Sadie se 1.4mil en deel dit uit vir die ouens wat dit werd is soos CJ en koop vir JJ n duiksak
Barend van Graan answered:
Riaan
Ek neem kennis bvan jou insette!
Groete
Riaan Human asked:
Waneer kry ons weer n verdedigings afrigter en n agterlyn afrigter want daar gaan niks aan daar agter nie. Brendon Venter is n goeie idee vir afrigter of Direkteur v afrigting en pine kan die vrouens gaan afrig as hy nie wil loop nie. Ons kort ook goeie Stutte
Barend van Graan answered:
Riaan
Jou vrae oor aanstellings reeds beantwoord
Groete
fanie asked:
middag mnr van graan danki vir di geleentheid om n paar vra te vra
1) dink u regtig dat pine ons beste afrigter is?en horkom het ons n cc en super afrigter
2)wat is di storie met serfontien en l cronje hoekom speel hul ni aangesien fouche en beyers ni di mas op kom ni
Barend van Graan answered:
Fanie
As ek reg is het ek reeds vroeer jou vraag geantwoord
Groete
asked:
die sessie is net so useless soos die spelers
Barend van Graan answered:
Naamloos
Altyd wonderlik dat ouens agter jul naamloosheid skuil!
As jy nie daarvan hou nie moenie deelneem nie!
Laastens wil ek net se jy is waarskynlik `n Blou Bul maar dit voel asof ek en jy vir verskillende spanne skree!
Kom ons probeer ons energie positeif aanwend tot voordeel van die Bulle!
Hoop jy voel binnekort weer dat ons nie useless is nie!
Groete
Johan asked:
Good day,Why is that while all other teams in the world moving forward with their style of playing,we still want to play a style of ten years back?Surely some ajustments to the gameplan will benefit us!
Barend van Graan answered:
Johan
The gameplan must always be adjusted as you stated. I believe our challenge is bad execution!
Regards
bloubefoeterd asked:
mnr van Graan, soo su weet haat BlouBulOndersteuners dit as ons span verloor. As hulle nog so doelloos en planloos en ruggraatloos lyk op die verdediging soos die laaste paar weke raak ons regtig verbaal in ons kritiek soos duidelik op die blog gelees kon word. Neem die BBRU kennis hiervan en wat word gedoen om hierdie onaanvaarbare vertonings om te keer? Is die commitment wat mens as vanselfsprekend van BBspelers verwag regtig daar?
Barend van graan answered:
Bloubefoeterd
Lekker om van jou te hoor!
Ons neem kennis van die ondersteuners se frustrasie en het dit reeds elders aangespreek!
Dankie vir jou ondersteuning! ons waardeer dit!
Groete
Magriet Kriel asked:
Goeie dag Mnr van Graan,ons in die Weskus kry swaar onder die WP ondersteuners,mar ons kan dit vat,al wat ek wil weet gaan Victor Matfield by julle aangestel word om sy kennis ivm lynstane nog te verbeter by Blou Bulle,baie dankie mooi dag en maak ons weer TROTS asb,groete
Barend van Graan answered:
Magriet
Dankie vir jou swaarkry vir die Bulle! Jy het darem oor die afgelope jare baie plesier in die Weskus gehad! Jou ander opmerkings is reeds beantwoord!
Weet jy sal binnekort weer trots wees!
Groete
Christo asked:
Hoekom kry julle nie vir Nick Mallet as afrigter nie?
Barend van Graan answered:
Christo
Dankie vir jou inset!
Groete
Ben asked:
Good day Barend.
My question:
Would you please give us your opinion on the Kagiso Media acquisition.
Barend van Graan answered:
Ben
It is a shareholder issue! I can`t respond the deal!
We will inform you on any progress!
Regards
Christo asked:
verdomp
Barend van Graan answered:
Christo
Groete
SUIDKAAPBUL asked:
Behalwe Willemse,is daar nog ander spelers van die Leeus wat julle na kyk om te kontrakteer?Dink bv aan Taute
Barend van Graan answered:
Suidkaapbul
Ons werk daaraan!
Groete
Boet Knouwds asked:
hoekom presteer die bulle so swak ek is van idee die fout le by die afrigters dit het al verlede jaar by die bulls begin hanneke meyer se kalwers het begin oud word en is nou uit my mening tenspyte van die talent sal frans ludeke ook volgende jaar faal kon niks met die leeus regkry nie help my reg as ek verkeerd is miskien moet julle iemand soos Mitchell kry om diebulle rugby te red
Barend van Graan answered:
Boet
Dankie vir jou insette en jou ondersteuning!
Groete
Chris asked:
Goeie dag. ek is n stoere Bloubul ondersteuner wat vanaf die begin van hierdie jaar hier in die Weskaap woon. Ek wou n aantal vrae aan jou gestel het maar toe ek sien op watter wyse sommige vrae beantwoord word het ek maar daarteen besluit. Ek wil egter net die volgende opmerking maak -die fout le by die bestuur.
Barend van Graan answered:
Chris
Dit is jou opinie! Mag so wees!
Dankie vir jou ondersteuning!
Groete
Leon Nienaber asked:
Barend dankie vir die bereidwilligheid om ons kwel vrae te antwoord. Dis groot van jou soos dit by ons Bulle hoort. Dit gaan by die bestuurspan en spelers alles oor houding en moet op die veld reg gemaak word. Waar n will is, is n weg. Die spelers moet n slag met blou harte besluit ons will wen en hulle sal sien wat gebeur. Voorspoed, Ons bly staam agter julle en alle voorspoed. Siudwes groete.
Barend van Graan answered:
Leon
Dankie vir jou mooi wense uit Namibie!
Daar`s duisende Bul ondersteuners!
Hoop dit gaan binnekort beter!
Groete
Riaan Human asked:
Wanner kry ons n verdedigings afrigter en agterlyn afrigter want die jong ouens lyk belowind maar as hulle daar by julle kom dan gebeur daar niks net skop en storm niks "skil" nie, hoekom kies julle dan nie maar net n klomp flanke nie soos CJ en ons sal ok wees
Barend van Graan answered:
Riaan
Jou vrae reeds beantwoord
Groete
asked:
kbzvkjzbj
Barend van graan answered:
Dieselle as hieronder!
vkvc asked:
hbkjcghkjbhc
Barend van Graan answered:
vkvc
Hoekom naamloos en onverstaanbaar?
Groete
Francois Verdoes asked:
Hier in die Kalahari is baie blou bul ondersteuners waarvan ek al van kleintyd een is.Die WP mense gee ons nou al ons hel?.My vraag is dat ons voorrye seker die meeste strafskoppe afstaan van al die spanne,hoekom volhard ons met dieselfde voorrye wat nie hulle bind kan hou nie.?En ons slotte is nie n Bakkies of Victor nie?, help asseblief.groete Barend ( van bloubul Verdoes)
Barend van graan answered:
Francois
Blou Bul Verdoes het sopas lekker in die Kgalagadi gekuier!
Die afrigters werk aan jou opmerkings
Sterkte met die WP manne!
Groete
Dylan Louw asked:
Is dit nie n kommer dat die bulle nie so goed vaar in die currie cup nie en ook nadat Mc farland weg is, is ons verdediging nie op kompetiesie vlak nie.
Barend van Graan answered:
Dylan
Jou issues reeds elders aangespreek!
Groete
Paul asked:
Barend,
Weereens baie sterkte in die moeilik tye. Wat dink jy van die Tukkie afrigter Bart Schoeman? Hoekom betrek julle nie hom by die BB nie? Bart het al op alle vlakke homself bewys as n afrigter wat resultate bring en sy persoonlike verhouding en bestuur van spelers is van top gehalte.
Groete,
Paul
Barend van Graan answered:
Paul
Bart werk nou saam met Nollis Marais in Varsity Cup!
Hy doen goeie werk!
Dankie vir die mooi wense!
Groete
Willie asked:
Hoekom is ons die enigste unie wat verskillinde afrigters vir super rugby en currie beker het? Sou dit nie beter gewees het as daar net een afrigter is wat dan die span ken(of ten minste die kern van die span) en weet hoe om hulle te coach nie...
Barend van Graan answered:
Willie
Reeds bespreek
Groete
Willie asked:
Die twee afrigters vir cc en super rugby. Laas jaar was heyneke nog by ons maar Pienaar het cc en Ludeke super rugby. So hoekom het ons twee afrigters?
Barend van Graan answered:
Willie
Reeds elders aangespreek!
Groete
gerrit muller asked:
Middag Barend
Ek is regtig teleurgesteld met hoe die bulle die laaste 3 games verdedig het,dink jy nie ons moet ons verdediging lyne opskerp nie, en dan ook van opskiet verdediging gebruik maak i.p.v.wag vir die opponent want dit gee hul seker meer tyd om alles op spoed te doen.Hoekom word daar ook nie meer druk op die skakelpaar van ander spanne gesit nie?wil net se ek staan agter julle ,want ek is seker 1 vn die grootste bul ondersteuners in Knysna.Sterkte vir die res van die seisoen.
Barend van Graan answered:
Gerrit
Hoop dit gaan binnekort beter! Neem kennis van jou voorstelle
Groete
GERRIT MULLER asked:
SORRY WIL NET WEET OF DIE BULLE WEER OP GEORGE SAL KOM OEFEN?
Barend van Graan answered:
Gerrit
Nog nie `n finale besluit daaroor geneem nie!
Groete
asdas asked:
Good afternoon, What is being done about the vacant coaching jobs (loss to the Boks)? Would John Mitchell be an option?
Barend van graan answered:
Asdas
This question has been answered earlier!
Regards
Jappie die kat asked:
Middag Barend
Ek het 'n vinnige opmerking en 'n voorstel.
Opmerking: Ons sukkel die laate twee jare erg om junior talent deur te bring na die senior kant toe. Al die noemenswaardige nuwe gesigte is ouens wat van elders gekoop is so bv. JJ, Bjorn, Wepener, J Potgieter, Vermaak etc. Self Jeandre en Flip moes eers elders gaan draai het voor hulle tuis gelyk het op senior vlak.
Voorstel: Konsentreer meer op talent- en vaardigheidsonwikkeling by die juniors, instede daarvan om net te fokus op struktuur en trofees. Al die junior trofees in die wereld maak niks saak as die spelers wat deur die sisteem kom nie korrek voorberei is vir senior rugby nie. Gebruik Brummer as 'n voorbeeld. Glad nie op standaard toe hy deur die Bluebul sisteem gekom en volgens streng patrone moes speel nie. Nou een van die toernooi se beste losskakels nadat Griekwas die boeie afgehaal en aan sy vaardighede gewerk het.
Ek lees graag jou antwoord.
Brend van Graan answered:
Jappie
Die oorgang van junior na senior vlak is die grootste uitdaging vir afrigter en speler in die professionele era!
Stem saam met jou opmerking oor junior trofees, weet egter dat spelers ontwikkeling is nie simplisties is nie en in SA het ons nog baie om te leer oor die onderwerp!
Dankie vir konstruktiewe wyse waarop jy moeilike aangeleenthede hanteer het in jou inset!
Groete
Groete
Muhammad Essa asked:
Is this thing on?
Dude answered:
Yes it is