You need to upgrade your Flash Player
Choose your Blue Bulls Edition
My Profile  |  Logout
Vodacom Blue Bulls suffer Stegmann blow


Deon Stegmann © Gallo ImagesThe Blue Bulls will be without the services of Deon Stegmann for at least a month.

Stegmann, one of the team’s unsung heroes, injured a hamstring against the Free State Cheetahs on Saturday and according to team doctor Org Strauss, it may even be more than a month before the fetcher can play again.

“Deon suffered a grade two tear of the hamstring. He may be out for six weeks. There is always a chance that he will be able to start playing again earlier, but he won’t be risked,” said Strauss.

Dean Greyling will also be out of action for at least two weeks. He is experiencing pressure on a disc in his neck and is not allowed to take any contact for two weeks.

“Fortunately for him a scan showed that an operation won’t be required, so we will treat him conservatively and keep him off the field for a few weeks,” said Strauss.

Jaco Pretorius and Okkie Kruger have started training again after injuries sustained earlier in the season.



Print


Login Email adress Password


Click here to view the rules and regulations
Blog
1. 1ste Soos die Bulle Saterdag.
Posted by Rifrug (Richardsbaai.) Tuesday, July 27, 2010 - 08:43
2. More almal. Groot slag vir ons.Die span sukkel altyd as Steggies nie speel nie. Met die gesukkel in die eerste drie games en sonder Steggies sal daar 'n groot step-up moet kom. Ons is nou in die selfde situasie as die Sharks in die Super 14 , en ek hoop nie dit gaan ook te laat wees nie.

Wie weet of Juandre kruger al reg is?
Posted by Blou Bul Kaapstad (Cape Town) Tuesday, July 27, 2010 - 08:53
3. Dis baie jammer van Steggies. As hy nie speel nie lyk die Bulle.... Bly Okkie Kruger kom reg, ideale plaasvervanger en sy groot kans. Dean het swaar geleef met tye hierdie naweek en gee alles. Ek hoop nie dit knou sy selfvertroue nie.
Posted by mossel (Hout Bay) Tuesday, July 27, 2010 - 09:06
4. Dit is nie goeie nuus op 'n leë maag nie.... nou het ons geen manier om die bal te kry as die ander span nie foute maak nie... Derick Kuun is nie ons antwoord nie - hopelik kan Okkie Kruger 'n blinder (ek weet nie wanneer hy kans gaan kry nie) erens hê en ons wys dat hy die fetcher kan wees.

Miskien is hierdie nou die ideale geleentheid om 'n heeltemaal nuwe speelstyl te ontwikkel - die skop en storm het gewerk, en ek glo skop het steeds 'n plek in rugby union - net soos losgemale en dryfspel - anders kon ek rugby league gekyk het... maar ek dink dit is die ideale tyd om 'n nuwe styl te begin met jong outjies wat nog bereid is om te leer.

My gameplan sal iets wees soos wat die Cheetahs gebruik het Saterdag - skuif jou groot baldraers een kanaal na buite - tussen die senters - so kry die losskakel elke keer die bal en kan hy die besluite neem. Die baldraers harloop dan met mening uit diepte uit in die middelveld af en opsies word dan uitgeoefen deur jou no.9 en 10. Belangrik is - hou balbesit en skep fase op fase met spoed en wag dat die gapings oopgaan. Op die verdediging moet daar meer van pressure verdediging (nie noodwendig opskiet verdediging nie) gebruik gemaak word - pen die opposisie vas agter die voordeellyn. Drift verdediging is veilig en makliker - maar as jy nie 'n fetcher het nie gaan die ander span treetjie vir treetjie oor die voordeellyn vorder met elke fase tot hulle uiteindelik op jou doellyn is.

Iets wat ek opgelet het is dat spanne hoofsaaklik van 1 tipe verdediging gebruik maak. Is daar nie plek in rugby (soos in gridiron) om verskillende strategieë op verdediging te hê en dan iemand in die agterlyn te hê wat 'n call maak vir bv. 'n blitz op hierdie fase of 'n drift op daai fase of 'n binne-buite verdediging op so fase en dan weer van buite na binne op daardie fase.... ek weet rugby is baie vinniger as gridiron - maar dit kan wel by skrums en lynstane toegepas word - ek weet nie - mens moet mos innoverend dink of hoe?

PS: Sooibrandt - het jy gisteraand die stukkie op die nuus gekyk? So wrintiewaar wys hulle een van Danie se slap arm tackles waar Will Genia deur hom hardloop soos deur 'n stuk toiletpapier - ai Danie is tot baie beter in staat.
Posted by zet (Pretoria) Tuesday, July 27, 2010 - 09:47
5. Zet, jy verwys na Danie se spel. Op Supersport het Paulse vreeslik tekere gegaan oor Danie se goeie spel. Saterdag het hy beslis nie goed gespeel nie. Met bal in hand ja, maar hy spring vir 'n bal om teenstaander te wen, maar oog nêrens op die bal nie; hy vang 'n goeie bal totaal mis; hy mis die laagvat wat jy na verwys en ander ook. hy kom wel aggressief voor wat ons nie van die ander kan sê nie, maar dan moet hy akkuraat wees. Laat my bietjie aan Schalk dink so 'n seisoen of twee gelede; jy sien hom orals, maar verrig niks nie.
Ons kan bly wees van die Springbokke is losgelaat vir CB ander het ons groot moeilikheid met sonder Steggies gehad.
Posted by NETBLOU (Centurion) Tuesday, July 27, 2010 - 10:42
6. Netblou, stem saam oor Danie - maar hy was baie goed in die S14...

Ek dink die Bulle het steeds probleme sonder Steggies, al is die Bokke terug... nie soseer oor sy goeie spel nie - maar die feit dat ons nie balle by ander spanne kan afneem nie...

Ek het gesê Fase1 sal 'n sukses wees as ons ten minste 2 tot 3 van die eerste 4 wen - wel, ons het 1 uit 3 sover - so 'n wen teen die Leeus is ononderhandelbaar... Ons is dan steeds bietjie agter die cue-ball, maar ten minste sal ons nie heeltemaal uit wees nie.

Wat dit beteken is dat Fase2 nou soveel meer belangrik sal wees - Augustus maand:

As ons hierdie naweek die Leeus kan wen:
Ons speel die Luiperds en Pumas - 10 punte is nodig, dan speel ons ook die WP weg en Griekwas tuis - 5 of 6 punte is hier nodig.

As ons teen die Leeus verloor:
Luiperds en Pumas - 10 punte
WP en Griekwas - 8 punte nodig

Ons moet eenvoudig net Saterdag wen - dit sal die Leeus se kanse ook 'n verdere slag toedien, wat die moontlik aanspraakmakers vir die semi's sal verminder na 5 spanne - dan kan ons in Augustus maand ons plek verstewig met Griekwas, WP, Cheetahs en Sharks wat mekaar nog moet speel.
Posted by zet (Pretoria) Tuesday, July 27, 2010 - 11:27
7. Zet,
Goeie evaluering van wat BB moet wen. Dankie, baie insiggewend. Ek merk jy bou 'n bonuspunt in vir WP weg. As ons dit kan regkry kan ons tevrede voel. Wonder net of Springbokke vir die WP ook beskikbaar gaan wees of net die 31ste en 7de. As hulle teen WP nie daar is nie gaan dit maar 'n gestoei afgee.
Ek weet ek moet nie al my hoop op hulle plaas nie, maar dink Dewald en Hougie kan bietjie vuur terug sit. Dan soek ons dringend 'n heelagter; ou Jaco... ek weet nie so mooi nie - het hy heelagter in Japan gespeel; ek vermoed losskakel en dus ly hy aan dieselfde probleem van uit posisie soos Jean, Ruan P, Kankofski (verskoon spelling). Ek het altyd gedink Jaco se posisie is heelagter, maar hy is ook so rondgeskuif dat hy nie regtig weet waar is hy nie en met alle respek by sy 'use by date" verby.
Posted by NETBLOU (Centurion) Tuesday, July 27, 2010 - 11:57
8. Die BLou Bulle bring vir een of ander rede altyd die beste uit die Leeus uit.

HIerdie naweek is 'n moet wen vir altwee spanne, en ek reken ons gaan hulle trap.

Bulle 31 - welpies 14
Posted by Jou_Ma (Centurion) Tuesday, July 27, 2010 - 12:34
9. Ja-nee Netblou - die WP weg gaan tuff wees - hulle is beslis die span om te wen hierdie CC.

Jou_Ma, ek is bly jy is so confident - ek het my bedenkinge oor die naweek.... dit is immers 'n weg-wedstryd...
Posted by zet (Pretoria) Tuesday, July 27, 2010 - 12:56
10. Goeiedag Bloubul Bloggers,

Zet, ek verstaan nie lekker jou probleem met Danie Rossouw nie. Ja, ek het ook gesien dat hy tackles gemis het. Maar hierop het ek twee vrae: Eerstens, was hy die enigste Bok wat tackles gemis het? Tweedens, het jy gesien hoeveel tackles hy wel effektief gemaak het?

As jy al drie toetse in perspektief beskou dink ek beslis nie Danie Rossouw gaan voor in die strafry moet staan as die swakste verdediger nie. Onthou, die man is 'n slot. As jy na sy werkverrigting in die vastelos kyk, besef jy drie mistackles in 'n ongeorganiseerde span kan werklik nie van hom 'n "vrot" speler (jou woord) maak nie.

Verdediging gaan oor kommunikasie en die Bokspan is tans alles behalwe 'n advertensie vir goeie kommunikasie op die verdediging.

Danie Rossouw beleef een van sy beste seisoene ooit. Geoordeel van die begin van die Super 14 tot nou is hy vanjaar die beste slot in die land en waarskynlik reeds 'n kandidaat as Speler van die Jaar. Waar die Bokke se spel tans alles behalwe 'n advertensie is vir goeie rugby, is Danie Rossouw se spel (met een of twee foute per wedstryd, want niemand is perfek nie) wel die beste advertensie oor hoe 'n goeie nommer-4 slot moet speel.

Sê my Zet, as Danie dan so "vrot" is, wie moet in sy plek speel? Dalk Flippie, wat ook 'n vital tackle gemis het ten spyte van al sy harde werk?

As jy hom dan weens drie mistackles is 'n duidelik ongeorganiseerde span "vrot" en "getrek of aan die slaap of iets" wil noem, dan is dit jou saak.
Posted by Sooi Brandt (Pretoria) Tuesday, July 27, 2010 - 12:59
11. Sooi Brand,

Vir my gaan dit juis oor Danie se spel veral teen Ausies. Vergelyk sy staandaard en akkuraatheid daar teenoor sy S14 spel - geen vergelyking en daarom dink ek Zet sê Danie kan baie beter. Ek sê ook so.

Soos jy vir Danie opkom wil ek vir Morne opkom - hy kry nou al die blaam dat hy balle wegskop en so besit verloor, maar waar is die vleuels en losvories wat in die S14 daai balle opgevolg het en baie behou het. Dit is die probleem - geen dringendheid by die Bokke nie teenoor wel by Bulls in S14

'n Mens kan so elke ou evalueer teen sy prestasie in S14 vs Bokke en baie gevalle + of - toeken. So dink ek Wynand behoort nie eerste keuse op 12 te wees in bokspan, maar beslis in Bulls en BB nieteenstaande Watermeyer se een briljante wedstryd. Sun City - ons kan hom gebruik by BB, maar Bokke.....
Guthro - gaan net voort met sy goeie spel en staan sy man in skrums.
Almal vir Victor slag - ek weet nie, steeds vir my soos in S14.
Flippie, sal nog moet gewoond raak aan die hoër trappie Bokke toe.
Spies, speel nog hele seisoen op en af - een wedstryd briljant en volgende maar stil.
Maar ek glo hulle gaan opstaan en wys wat in hulle steek.
Posted by NETBLOU (Centurion) Tuesday, July 27, 2010 - 13:51
12. Mede-Bulle

Ek het ook in die eerste maand van die CC 'n hol kol op my maag en 'n swaar gemoed gehad.

Na saterdag se verloor is al daai gevoelens weg en loop ek met die gevoel wat ek net nie kan afskud nie. En die gevoel is een wat seg van hieraf gaan ons amok maak onder die ander spanne. Selfs die magtige WP op Nuweland gaan knor!!

Gary was ook saterdag na die game te disgusted met die hele besigheid dat die bulle "snatched defeat from the jaws of victory" dat ek geen twyfel in my gemoed het dat die sweep geklap het hierdie week en dat die Leeus dit Saterdag gaan ontgeld nie.

Van hieraf gaan die BLOUMASJIEN bulder op al sy silinders.

Kyk en geniet manne!!
Posted by bloubefoeterd (Pretoria) Tuesday, July 27, 2010 - 13:55
13. Kalmeer Sooibrant my vriend... voordat jou sooibrand in 'n maagseer verander....

Ek dink jy het my eerste mail en die daaropvolgende mails oor Danie verkeerd geinterprteer....

Eerstens het ek nie 'n probleem met Danie nie. Tweedens het ek ook nie gesê hy is 'n "vrot speler" nie. Derdens het ek nie gesê hy moet vervang word nie. Vierdens het ek nie gesê hy het 'n swak seisoen gehad nie..... ek kan aangaan en aangaan....

Wat ek WEL gesê het is dat hy "vrot gespeel het."

DIS AL

In die 3N toets teen Australië op 23 Julie 2010 het Danie Rossouw 'n vrot wedstryd gehad.... niks daarvoor en niks daarna nie...

Om al jou vrae te beantwoord:
1. Is hy die enigste een wat tackles gemis het?
Nee, beslis nie - maar hy het beslis die meeste gemis. En verseker te veel om aanvaarbaar te wees ('n mens maak nie 4 keer dieselfde fout in die game en sê dan dat dit maar menslik is om foutjies te maak nie).

2. Hoeveel het hy effektief gemaak?
Erm is dit nie deel van sy werk om tackels te maak nie - daar word van my verwag om miljoene Rande met sorg te hanteer - as ek nou R4miljoen steel kan ek nie sê ja maar ek het R20miljoen effektief hanteer nie... daar was van my verwag om AL R24miljoen effektief te hanteer.... ek weet dit is 'n simpel annalise maar my punt is dat jy nie sy foute op verdediging kan regverdig deur te sê vir elkeen wat hy gemis het, het hy 2 gemaak nie... werk nie so nie - 'n missed tackle is 'n missed tackle!!!

3. Danie was die beste forward in die 3 toetse
Ek sal met jou saamstem dat hy ons beste speler in NZ was - maar nie teen Aus nie. PS: Onthou ek het nooit gesê hy is 'n vrot speler nie - gaan lees my comments en jy sal sien ek het gesê dat hy 'n baie goeie S14 gehad het. Inteendeel, my opinie is hy ons beste No. 4 slot - beter as Bakkies.

4. Kommunikassie
Jammer ou maat jy kan nie Danie se missed tackles op kommunikasie blameer nie - dit was almal one-on-one tackles (waarvan hy meeste reeds commit was en die skouer ingesit het, maar vergeet het om sy arm ook om die speler te sit.) .... dit is 'n kwessie van tegniek - en dit is nie hoe hy altyd tackle nie - maar wel in sommige games.

5.Wie moet in sy plek speel?
Weereens soos hierbo gesê - ek het nerens gesê hy moet gedrop word nie - maar ek is ook nie blind vir die Bulle spelers se foute nie.

Wel ek dink Danie was swak Saterdag - al die Bokke was seker, maar Danie en Bryan Habana was eenvoudig vrot - en as ons dit nie wil erken dat sekere spelers soms swak wedstryde speel nie moet ons maar aanhou in LA-LA land speel en na die wedstryd wonder hoe dit dan nou is dat ons verloor het.... lyk my jy het dieselfde illusions as PdeV...dit was seker 'n conspiracy!!!!
Posted by zet (Pretoria) Tuesday, July 27, 2010 - 14:05
14. Netblou, ek dink met jou opmerking "geen dringendheid by die Bokke nie teenoor wel by Bulls in S14" kom jy nader aan die eintlike probleem by die Bokke.

'n Blinde man kan dit met 'n stok aanvoel dat, ten spyte van al die ontkennings, daar interne probleme in die Bok-kamp is. Ek laat my nie vertel dat die meerderheid spelers wat ses weke gelede by die Super 14 finaal betrokke was en skitterspel gelewer het, nou skielik almal paloekas en has beens is nie.

Dit duidelik dat daar nie toewyding en samehorigheid onder die Bokke is nie.

Die vraag is: Wie moet die skuld hiervoor kry? En hoe gaan hierdie probleem opgelos word om die bus weer op koers te kry vir volgende jaar se Wêreldbeker?
Posted by Sooi Brandt (Pretoria) Tuesday, July 27, 2010 - 14:06
15. OK 24 Julie...maar jy kry my punt.

PS: Nog spelers wat vrot gespeel het:
John Smit, BJ Botha, Ruan Pienaar (hy was niks beter as Januarie nie)

Maar ek het vergeet - ek praat nie oor daai span nie...
Posted by zet (Pretoria) Tuesday, July 27, 2010 - 14:10
16. Sooibrandt #14

My laaste opmerking oor die Span waaroor ek nie praat nie...

As ek 'n keurder was sou ek daai span seker 95% dieselfde gekies het (John Smit sou moes waai, saam met Konkoksie - en ek sou 'n regte fetcher ingesit het)....

My punt is die spelers is briljant as individue - maar hulle speel as individue- nie as 'n span nie. Nie een van hulle speel vir die ou langs hom nie.... en dis hoekom ek eerder vir die Bulle skree... die ouens is soos 'n familie, speel vir die ou langs hom en is trots op die Blou trui....

Wie se skuld is dit dan?

Die afrigting span - hulle kan nie eensgesindheid, trots, vuur, familie ens uit die span uitbring nie.... 'n goeie afrigter kan gemiddelde spelers goed laat lyk - 'n gemiddelde afrigter kan goeie spelers gemiddeld laat lyk.

Jake White was miskien 'n beter as gemiddelde afrigter - maar hy het goeie spelers gehad. Ek dink dieselfde van Frans - bo-gemiddeld, maar hy het goeie spelers.

PdeV, Dick Muir en Gary Gold is almal gemiddelde afrigters en kan nie die beste uit die spelers uithaal nie.

Volgens my was daar nog net 2 goeie afrigters wat enige span kan afrig en hulle kan kry om bo hulle potensiaal te speel. Dit is nou vandat ek rugby bestudeer.... en daai 2 is Kitch Christie en Heyneke Meyer... jy kan enige klomp ouens vir hulle gee en hulle sal kampioene van hulle maak. Voordat iemand my nou kruisig - ek bedoel nie daarmee dat Heyneke nou weer die Bulle moet afrig nie - dis nou Frans se tyd.
Posted by zet (Pretoria) Tuesday, July 27, 2010 - 14:22
17. Terwyl ek nou op afrigters kan neerkom - my lys van 5 swakste afrigters:

1. Cobus vd Merwe
2. Rudolf Straueli
3. Naka Drotske
4. Harry Viljoen
5. Chester Williams

5 Afrigters wat my respek het (onthou ek rate eintlik net 2)

1. Nick Mallet (hy's net te hardkoppig)
2. Andre Markgraaf (hy't net nie die people's skills nie)
3. Phil Pretorius (ek dink ook hy was 'n man wat "misunderstood" was)
4. Dawie Theron (tegnies dink ek hy is die beste afrigter in die CC)
5. Allister Coetzee (hy is besig om goeie werk by die WP te doen - en ek sê julle ek like dit NIKS!!!)
Posted by zet (Pretoria) Tuesday, July 27, 2010 - 14:34
18. Zet #16: Nou praat jy mos meer soos 'n man wat sy rugby ken!

Ek stem saam met jou oor Smit en ek stem ook saam met jou oor die Bokke se fetcher-probleem. Ek kon nie glo dat Louw steeds op toer gegaan het nadat die Spagetti-manne hom veral in die toets op Witbank so gruwelik ontmasker het nie. Maar nouja, Jan Pickhardt was darem sy oupa en dít, saam met sy WP/Stormers-affiliasie was seker genoeg rede vir die keurders...

Feit bly staan dat Steggies vanjaar in die Super 14 TWEE KEER Richie McCaw Ore aangesit het.. En toe kom Richie in die twee toetse en hy sit Louw ore aan (welliswaar soms onwettig, maar steeds...). Ek is oortuig daarvan ons sou baie beter gedoen het met Steggies in die Bokspan, want statistiek sê dat die All Blacks 90% van hul drieë druk van omgekeerde besit!

Wat Heyneke betref, Zet, is dié man se waarde nog nooit werklik gepeil nie. Jake White het die WB gewen deur met Heyneke se kallers te ploeg. En die waarheid oor Heyneke se aandeel in die opbou van die hedendaagse Bloubul empaaier moet nog eendag ordentlik vertel word... Gelukkig is hy deesdae terug op Loftus. Ek dink nie daar is 'n manier waarop hy weer by SA-Rugby betrokke sal wil raak nie...
Posted by Sooi Brandt (Pretoria) Tuesday, July 27, 2010 - 14:43
19. Stem saam Sooibrandt - Heyneke se impak op BB-rugby is HUGE - en ons gaan nog jare die vrugte daarvan pluk.... jong outjies WIL vir die Bulle speel, maak nie saak waar hulle groot geword het nie - en dit omdat die Bulle suksesvol is.... kyk hoe het 'n speler soos Flip wat nie eers VS span kon haal nie, vandag in 'n Bok ontaard. Waar is die slotte wat voor hom by die VS was? Naka kon niks vir sy spel doen nie - by die Bulle is hy grootgemaak...Jake White het beslis op 'n Bul span se rug gery - hy het hulle net bymekaar gehou, wat PdeV nie regkry nie.

My grootste worry is nou net dat die ander spanne besig om ons in te haal - ons was innoverend deur in 2006/7 te begin om sonder die bal te speel. Ons het ook die spelers gehad wat dit kon doen - Liefling, Morne, Bryan, Victor en Bakkies ... die plan was eenvoudig - pen die ander span vas in hulle eie gebied, sit hulle onder druk in die vaste fasette en teken punte aan wanner hulle foute maak.

Nou raak die ander spanne slim - hulle hou die bal, skop dit nie uit nie, dwing fases af, beperk foute.... plus ons het nie meer daardie spelers nie (ek bedoel nou op CC-vlak).... dit is nou die tyd om weer innoverend te raak - en hoeveel beter as om die spelstyl op CC-vlak te verander, dit uit te toets, in te oefen en dan met die S15 volgende jaar toe te pas. Ek moet my hoed afhaal vir Frans hulle - hulle wou nie verander in 2008 nie - maar het uiteindelik besluit iets moet anders gedoen word - en daar wen ons 2 S14's na mekaar....

Frans, Heyneke en kie.....NOU IS DIE TYD OM WEER DAARDIE GUTS TE Hê - ons moet ons spelstyl verander en die bal meer in die hand hou - skop en storm gaan nie volgende jaar werk nie....
Posted by zet (Pretoria) Tuesday, July 27, 2010 - 14:58
20. Wat Steggies aanbetref... 'n klomp supporters van ander spanne dink nie veel van hom nie, maar ek sê "the proof of the pudding is in the eating".... hoe groter die game hoe beter speel hy. Hier is die volgende bewyse:

1. Die Bulle verloor nie een S14 wedstryd in 2009 waarin hy gespeel het nie, maar verloor al 3 waar hy nie gespeel het nie. Toeval? Miskien...
2. S14 Semi finaal 2009 - Steggies speel Richie McCaw stil in die semi - en steeds kry McCaw IRB speler van die jaar (wat in elkgeval diefstal was - Fourie du Preez was by verre die beste rugby speler in 2009 - maar dit is 'n ander punt)
3. CC finaal 2009. Heinrich Brussow kry nie EEN bal gesteel by die Bulle nie - dis reg NIE EEN NIE, nul, nyada, niks!!! - ok dit is ook te danke aan die ander Bulle se spel.... MAAR Steggies kry 3 turnovers in die laaste 5 minute!!!!
4. Crusaders 2010 - in die liga game en die semi - Steggies speel albei kere vir Richie McCaw stil - DOODSTIL
5. S14 finaal 2010 - Steggies rule die Stormers op die grond en oorskadu vir Flouw (my oupa is mos Jan Pickard) totaal en al.

Sekere ouens lyk my is net nie beskore om daai bok trui te dra nie - Ettienne Botha was ook een van hulle en Johan Roets.... maar nou ja - hulle sê mos al die bokke se droom is om een dag vir die BULLE te speel...
Posted by zet (Pretoria) Tuesday, July 27, 2010 - 15:12
21. goeie dag zet en sooi brand!
julle klink na twee gesoute rugby kenners, so ek wil n paar klippe in n donker bos gooi en sal graag julle oppinies wil hoor...

1. wat dink julle van gurthro steenkamp se spel in die tri-nations sover? volgens my staan hy kop en skouers in die 8 tal uit en werk hy homself dood en presteer uitstekend!

2. PdeV het kankowski en pienaar ingebring vir die laaste toes want hy wou meer "vaart en spoed" in die span inbring. hoekom sit ons dan nog met die twee stadigste hakkers in wereld rugby (smit en chilli) in die bok span, as daar baie talent in die possie tuis is?

3. hoekom word louw en kankowski bo dewald gespeel? dewald het n fantastiese S14 gehad en kankowski is n agsteman, jy kan hom nie in tri-nations uit posisie speel nie.

4. hoekom is dit vir die bokke onmoontlik om soos NZ en AUS aanvallende hardloop rugby te speel? dit wil vir my voorkom asof dit onmoontlik vir hulle is om game plan te verander gedurende die game.... HOEKOM?

5. voel julle ook soos ek dat ons in al 3 toetse ernstig tenagekom is deur die REF's?
Posted by pierre_spies FaN (Pretoria) Tuesday, July 27, 2010 - 15:47
22. Tri Nations Tickets for Sale

Might have 4 tickets for the soccer city match for sale at a price of R350,00 each - just want to recover my costs. If interested please email trevorian@live.co.za.
Posted by BullsRbest (Randburg) Tuesday, July 27, 2010 - 16:28
23. BullsRbest,is dit nou van daai kaartjies wat jy vir R100 in Soweto gekoop het???LOL
Posted by Bergbok (Suid-Afrika vir altyd) Tuesday, July 27, 2010 - 16:51
24. ,@ 17....Nee Zet,ek sal Jerome Paarwater by Nr 3 insit.
Posted by Bergbok (Suid-Afrika vir altyd) Tuesday, July 27, 2010 - 17:05
25. Tellings vir Saterdag

BULLE 31 - welpies 14 Jou_Ma
Posted by Bergbok (Suid-Afrika vir altyd) Tuesday, July 27, 2010 - 17:11
26. @ 22 .... zet, by punt nommer 3, sal dit juan smith en naka TROSKY wees??
Posted by pierre_spies FaN (Pretoria) Tuesday, July 27, 2010 - 17:46
27. Mooi verduidelik zet. So jy is nie net goed met/vir raai nie?
Stem saam met pierre_spies FaN hierbo oor jou punt 3, niemand anders kwalifiseer nie.
Ek verskil egter met jou oor een punt. Niemand sal my ooit oortuig dat Bakkies anders sou optree as Jimmy Cowan gestraf was nie. Bakkies was uit om Cowan te kry, punt. As jy dit kan regkry om my te oortuig dat Casper de Vries die beste slot in die land sou wees indien hy rugby gespeel het, het jy dalk 'n kans.
Posted by Rifrug (Richardsbaai.) Tuesday, July 27, 2010 - 19:08
28. Ek wens Bryan Habana en Pierre Spies wil ook so op en wakker op die rugbyveld
wees, soos wat hulle in Outsurance se Advertensies is?????
Posted by Bergbok (Suid-Afrika vir altyd) Tuesday, July 27, 2010 - 21:16
29. imagine hulle plant schalk burger se hart in pierre spies in,jy gaan n monster van n soeler he
Posted by Gaffel (pretoria) Tuesday, July 27, 2010 - 21:24
30. @ 30 GAFFEL...

Nee, jy gaan n speler met n hart aanval he voordat hy uit die hospitaal is.
Posted by Las (Pretoria) Tuesday, July 27, 2010 - 21:26
31. Bloubulbloggers – TDM telbord na rondte 3. In volgorde: Posisie, TDM, blognaam.

01 – 14 - Bergbok
02 – 26 - Bloubefoeterd
03 – 27 - Zet
04 – 41 - CC
05 – 43 - BBB08
05 – 43 - Bloubosvelder
05 – 43 - Jimmy
08 – 44 - B1
08 – 44 - Bl@de Runner
08 – 44 - bloubulbilling
08 – 44 - Frik
08 – 44 - hammer01
13 – 45 - BlousteBlou
14 – 47 - Bloumens
14 – 47 - CR
16 – 49 - Jou_Ma
16 – 49 - LB
18 – 51 - Blou-is-Baas
19 – 53 - Bulzak
19 – 53 - GreGorGy
19 – 53 - Lekkerblou
19 – 53 - ALS BLOU
19 – 53 - Las
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Wednesday, July 28, 2010 - 00:58
32. Jimmy, ek dink nie dit is 'n goeie teken as die uitlanders op ons eie blog teen ons eie mense voorloop nie.
Selfs ons voorste "ekonoom" kom nie meer die mas op nie.
Posted by Rifrug (Richardsbaai.) Wednesday, July 28, 2010 - 07:34
33. Rifrug, Bergbok is 'n "one hit wonder" dit sal nie lank hou nie.
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Wednesday, July 28, 2010 - 08:31
34. Jimmy - ek stem saam - ou Bergbok bargain net daarop dat die Bulle gaan verloor - dit gaan nie lank hou nie.
Posted by zet (Pretoria) Wednesday, July 28, 2010 - 08:59
35. Zet jy is 100% reg dit is hoekom ek nie meer deel van die blog wil wees nie. Die oorspronklike idee was dat jy jou sê kan sê op die blog en nou word dit gesensor soos voor 1994
Posted by Bulzak (Kempton Park) Wednesday, July 28, 2010 - 10:42
36. Danie Faasen terug na die 0/21-groep. Kan beteken dat Hougaard beslis op skrummie gaan wees die naweek en Jinka van die bench af gaan speel - noudat sy kondisionering op standaard is..?
Posted by groentjie (Pretoria) Wednesday, July 28, 2010 - 10:53
You need to upgrade your Flash Player
Happy birthday to:
1 Sept. - Jan Ackermann
2 Sept. - Danie Coetzee
2 Sept. 1930 - Thys Doubell
2 Sept. 1930 - Willie Els
2 Sept. 1930 - B Esterhuizen
2 Sept. - Corné Fourie
2 Sept. - Jacques-Louis Potgieter
2 Sept. 1930 - Dave vd Merwe
3 Sept. - Paul Botes
3 Sept. - Nico Engelbrecht
3 Sept. - Kobie Kidson
3 Sept. - Johan Roets
4 Sept. - Vincent Gwavu
4 Sept. - Pieter Meyer
5 Sept. - Oupa du Piesanie