|
|
|
 |
|
 |
|
Ludeke believes Blue Bulls will learn from unexpected defeat against Cheetahs
26 July 2010 (13:39)
Vodacom Blue Bulls coach, Frans Ludeke, believes his team will return stronger after their defeat against the Free State Cheetahs in Pretoria this weekend.,
He believes the Cheetahs deserved the win, which they secured in the dying moments of the match.
“They played positively to the end and did their homework well against us, managing to neutralise us. Yet, we had our chances and with minutes to go, were still in control.”
“We have managed some wins like this this year as well, here at Loftus, like the one against the Crusaders and even in the past, a couple of times against the Cheetahs. We have to accept the result, move on and make sure we are stronger because of this.”
With four minutes to go, the Blue Bulls looked winners with a 23-15 lead.
A penalty by replacement-flyhalf, Sias Ebersohn, got the Cheetahs within striking distance and when he converted a try after the buzzer by replacement-hooker, Skipper Badenhorst, there was no comeback.
Scorers:
Cheetahs 25 (9): Try: Skipper Badenhorst. Conversion: Sias Ebersohn. Penalties: Louis Strydom (5). Ebersohn.
Blue Bulls 23 (16): Tries: Derick Kuün, Stefan Watermeyer. Conversions: Jacques-Louis Potgieter (2). Penalties: Potgieter (3).
|
|
|
|
 |
|
 |
|
| Blog |
|
1. ste soos dieBULLE aan die einde van die Currie Cup!
Posted by ALS BLOU (Vanderbijlpark) Monday, July 26, 2010 - 14:02
|
|
2. Goeiedag Bloubul Bloggers,
Eerstens oor die Bulle: Ek is nog nie bekommerd nie. Die Bulle het baie karakter gewys, veral in die tweede helfte, toe die Cheetahs vir lank probeer het, maar net nie kon deurkom nie.
Die Curriebeker is 'n lang kompetisie en baie kan nog gebeur. Steggies se besering is wel 'n groot slag, maar ons behoort sonder hom steeds goed te vaar. Die skrums lyk goed en oor 'n week of twee sal hierdie pak vorspelers mekaar mooi begin vind, hou maar dop.
My probleem met die Bulle is agterlangs. Ek kan nie lekker vat kry aan JL Potgieter nie. Hy is te wisselvallig. Ek sal hom as losskakel/senter op die bank kies met Brimmer as eerstekeuse losskakel. Ons het nie 'n man wat strategies goed genoeg skop nie. Die jong Snyman vind nog sy voete op skrumskakel. Brummer kán dikteer met die voet, hy verdedig briljant. En hy skop baie verder as JLP.
Mametsa en Jaco van der Westhuizen se beste dae is verby. (Het Jaco vd Westhuizen ooit beter dae gehad?) Ons kan nie langer veral met Jaco daar waag nie. Mametsa het 'n groot hart en hy sal regkom as hy kortgevat word. Ek wonder net of hy nog die spoed het om te kan kompeteer?
Ek sou die o.21 losskakel, Boshoff, op heelagter speel. Hy het verlede jaar daar gespeel en ook vanjaar vir die Vodacomspan uitgeblink op 15. Sy opsies is intelligent en sy verdediging is goed, ten spyte van sy klein postuur.
Wat my betref was die kontrak om Jaco vd Westhuizen terug te lok 'n mors van geld. Hoe gouer die manne by die Bulle hul fout in hierdie opsig erken en van dié man ontslae raak, hoe beter vir die span.
Wat die Bokke betref: Dis tog duidelik dat die sideshows en die dinge agter die skerms probleme veroorsaak. My raad sal wees om eerder die twee hulpafrigters weg te jaag. Laat Div bly. Kry twee hulpafriters wat hul sout werd is, kry 'n ordentlike verdedigingspesialis en oorreed John Smit om uit internasionale rugby te tree sodra hy sy 100ste game gespeel het op 21 Augustus. En verbied Div om oor enigiets anders as bona fide rugbysake te praat by perskonverensies.
Maak Victor die kaptein en jaag ook ander has beens en never has beens soos Butc James, Habana en Januarie weg.
Die alternatief is eenvoudig: Sê nou reeds totsiens aan die wêreldbeker, want ons is op pad om (volgens loting) die All Blacks in die semi te speel volgende jaar! En dis tog duidleik dat hulle ALLES gaan insit om voor hul tuisskare hul choker-vloek af te skud!
Posted by Sooi Brandt (Pretoria) Monday, July 26, 2010 - 14:08
|
|
3. Zet #58: Maak jy 'n grap? Danie Rossouw was BY VERRE die beste speler op die veld. Hy was, behalwe vir die keer toe hy die bal verloor het, briljant! Ek kan nie glo jy is ernstig oor jou opmerking nie!
Posted by Sooi Brandt (Pretoria) Monday, July 26, 2010 - 14:08
|
|
4. Ek stem saam met Boshoff en dalk moet die jong Danie Faasen ook n paar munite gegee word n speler kan nie op die bank ontwikkel nie
Posted by scout (pta) Monday, July 26, 2010 - 14:14
|
|
5. John Smit kan nie by spel uitkom nie vir die eenvoudige rede hy is oorgewig no 2 moet soos nog n voorspeler wees ek kan nie glo Pieter kan dit nie raak sien my vrou sien dit raak dit is nou Garry se tyd
Posted by scout (pta) Monday, July 26, 2010 - 14:23
|
|
6. Besluite op die veld Sat kos die Bulle die wedstryd
Posted by scout (pta) Monday, July 26, 2010 - 14:30
|
|
7. So 2 jaar gelede het die Bulle-breins die spel goed bestudeer en agtergekom hoe minder balbesit jy het, hoe minder foute. Dus die lugskop taktiek, wat veroorsaak het dat die ander span, as hul onder groot druk geplaas word, meet as 50 persent balbesit verloor. Hierdie plan is 2 jaar suksesvol uitgevoer (met die spelers wat dit goed kan uitvoer), maar, ander spanne sien dit raak, en vang op, oefen hard om balle te beheer. Die Vrystaat het saterdag baie min foute gemaak, en dan het die speler wat die bal vang, so gou as moontlik meters veld gewen, aansluiting by sy spelers gekry, en die een na die ander aanval geloods, balbesit gehou.
Die feit dat Vrystaat ons ook maar net-net kon klop op die einde, wys eintlik hoe goed hierdie jong bulle span is, en as hul net hul wedstryd plan kan verander, en fokus om balbesit te behou, dan gaan ons baie beter doen.
Ek is beindruk met die spel van ons voorry, so ook die jong losvoorspelers soos Velse en Stander. Snyman en Watermeyer doen ook goed.
Volgende spelers sal nou regtig hul kant moet begin bring: Jaco, vleuels, Dippenaar, Kuun, slotte
Leeus is self baie uitgehonger vir 'n wen, so die span wat saterdag verloor, gaan sleg agter begin raak, en 'n mens soek nie nou al soveel druk op jou vir die res van die seisoen nie. As ons die volgende 4 kan wen, dan is ons weer op koers vir 'n moontlike tuissemi.
Posted by bendiebul Monday, July 26, 2010 - 14:42
|
|
8. #2 Sooi Brandt, stem saam met die voorspelers en ons moet onthou Dewald en Flip is ook terug.
Wonder of Hougaard skrumskakel of vleuel gaan speel, dink persoonlik ons het hom huidiglik meer op vleuel nodig maar dit sal nie regverdig teenoor hom wees nie.
Jaco Pretorius behoort ook nou al amper weer reg te wees
Posted by CC (Pretoria) Monday, July 26, 2010 - 14:43
|
|
9. I agree Brummer needs to start JLP is good but can not dictate a match.Our centre pairing looks better than olivier and jaco together.Dippies and watermeyer give us a new attacking dimension.Stander must start infront of kuun.Juandre and flip would be my two locks on saturday.
Posted by Muzi (Johannesburg) Monday, July 26, 2010 - 14:55
|
|
10. PdV kan gerus 'n studie maak van Frans Ludeke se kommentaar na elke verloor vd Bulle die afgelope jaar. Hy moet die spelers kan bestuur en motiveer; en dit is klaarblyklik buite sy vermoe. Ek glo nie die bulle het sleg gespeel nie. Mametsa, wat verwyt word oor sy spoed, het 2 goeie driee teen die Pumas gedruk en hulle het amper die Sharks geklop! Die skrum was, teen die beste in die CB saam met WP, baie goed en die verdediging vd agterlyn ook. Met Pottie, Flippie & Hougaard terug behoort hulle die leeus maklik te klop. Die volgende toets is WP op Nuweland- hulle speel baie goeie rugby tuis & weg.
Posted by Bloubosvelder (Bosveld) Monday, July 26, 2010 - 15:07
|
|
11. Wat 'n naweek van verloor. Ek is jammer maar kan ongelukkig nie met baie van vandag se kommentaar saamstem nie. 1. Met Steggies se besering het ons die grip verloor; jy kan nie sonder balbesit en balwen speel of wen nie. 2. Stander; het hom regtig nie gesien nie. 3. Dean Greiling het dit gladnie in die skrum gemaak nie en was so flou soos 'n os toe hy afkom - Bees was 'n verbetering 4. Stem saam oor Flip, maar Juadre het nie my oog werklik gevang nie. Wilhelm steeds my voorkeur 5. Snyman is so stadige skoonmaker soos 'n skilpad. Daarom moet ons Hougaard nou op skrumskakel inspan dat hy daar groot word en by Fourie kan oorneem. Wanneer Fourie terugkeer gaan hy nie noodwendig skerp wees nie. Hougaard kan egter enige plek in die agterlyn speel asook losvoorspeler - die mannetjie is so sterk soos 'n bees en sal jou nêrens teleurstel nie. Waarom PdeV hom Sat net 7 minute gegee het, weet net hy. 6. Man from Japan (Jaco vd W). Stem saam; hy is by sy "Use by date" verby. 7. Ek sal Brummer vroeër opbring, maar nog nie begin nie. As Steggies seer is kan Dewald daar instaan; ek sal Kuun steeds laat begin
Daar is dit - stenig maar. Ek sidder om te dink wat gaan die WP met ons op Nuweland doen.
Posted by NETBLOU (Centurion) Monday, July 26, 2010 - 15:52
|
|
12. Ek voel ons het die wedstryd weggegee toe ons die laaste strafskop pale toe gemik het. Gary moes of die lynstaan of 'n skrum gekies het. Maar geluk aan die Cheetahs wat vir 80 minute gespeel het en nie 79.20. nie.
Posted by Thurlow (Pretoria) Monday, July 26, 2010 - 15:54
|
|
13. Kyk die Currie beker is nog jonk,maar buitesenter bekommer my al vir S15.Soos ek al tot vervelings se .Dippenaar is definitief nie die antwoord nie.Niks verkeerd met Pretorius nie,maar word maklik beseer.Glo ook om spelers te ontwikkel.Maar wie?
Wil dit nie se nie ,maar WP loop oor van senters.Jean,Fourie,De Jongh.Bosch en Whithead.Selfs Grant kan ook daar speel as hulle De Waal op losskakel wil hou.Weet nie hoe lyk die jonges se kontrakte nie,maar glo die Bulle sal moet bele in n buitesenter.
Posted by Lekkerblou (Durbanville) Monday, July 26, 2010 - 15:55
|
|
14. I toatally disagree with alot of people about dippernaar.Yes he was rubbish during the super 14.But really guys him and watermeyer look good together both are 22 years old people, i thought dippernaar outplayed robert midget erbershon on saturday his defence was superb ask ashley johnson.Remeber this statement Watermeyer and dippernaar 's talents will be wasted with this rubbish kick and chase game we play i'm happy JLP is running the backline coz he looks all round way better than morne steyn!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Posted by Muzi (Johannesburg) Monday, July 26, 2010 - 16:25
|
|
15. #3 Sooibrandt ek was ernstig oor Danie.... ek praat nie eers van sy knock nie... ek dink jy moet weer die game gaan kyk - ek kan minstens 4 keer onthou waar hy 'n tackle gemis het... 2 keer het Spies hom gered deur die ou te tackle nadat hy gemis het - en 2 keer was die Aussies deur die gap en het hulle meters veld gewen. Ek kan nie glo jy het dit nie gesien nie??
Danie het die gewoonte om in sommige games net met sy skouer op die ou te leuen en dan het hy so slap arm wat hy nie optel nie - sodra die opponent dan effens draai is hy uit die laagvat - hy het dit Saterdag 3 keer gedoen en een keer nie eers getackle nie.... hy het dit laas jaar in die CC ook teen die Cheetahs in die final gedoen - ek het dit nie hierdie jaar in die S14 gesien wat ek kan onthou nie - maar hy was beslis nie die beste Saterdag nie!!!
Posted by zet (Pretoria) Monday, July 26, 2010 - 16:32
|
|
16. muzi. ek stem saam met jou. ek dink ons middelveld het saterdag baie goed verdedig.dippenaar en watermeyer sal tot hul reg kom as hul beter balle op die voorvoet kry. op die stadium doen hul losvoorspelers se werk.die eerste strafskop is gekry na daai tackle en clean op johson deur dippenaar .met kuun se drie was dippenaar ook die cleaner. hulle speel soos hul geoefen word om te speel.ek is ook glad nie n voorstander van die skop game nie. dit het ons saterdag die wedstryd gekos.ek dink ook ons kort n heelagter. dean greiling was volgens my die beste voorspeler.hoop dit gaan beter teen die lions. go bulle.
Posted by baby bull (garsfontein) Monday, July 26, 2010 - 16:53
|
|
17. Hi Bloubul Bloggers Na twee Bloubul nederlae is dit goed as ons die kans het om 'n bietjie gadagtes te wissel oor wat verkeerd gegaan het en wat gedoen kan word om dit reg te stel. Ek wil aansluit by al die ouens wat meen dat daar nie nou al rede tot enige kommer is nie. Naas Botha het mos al in die vorige eeu gewaarsku teen mense wat dink die Curriebeker word aan die begin van die seisoen gewen! Ek deel egter nie die siening dat ons skielik aan die span (veral die agterlyn) moet begin torring nie. Ouens, ons geheue kan mos nie so kort wees wat Jaco en Mametsa aanbetref nie. Ek stem saam met Bloubosvelder. In die wedstryd teen die Pumas (wat terloops Saterdag skitterend was en amper vir 'n verrassing gesorg het!) was albei uitstekend. Jaco het met 'n kenmerkende "skelm aangee" vir Mametsa die ruimte geskep vir sy eerste drie. Daarna het Mametsa spoed gebruik om vir teenstanders weg te hardloop en sy tweede te druk. En ek stem met Muzi saam: Dippenaar het saterdag soos 'n Stoet Bul verdedig. Gee kans, Hy en Watermeyer gaan nog groot Bulle word! En ja, ek dink hulle talente word met vrot skoptaktiek weggesmyt! Ek is regtig bekommerd oor wat ons met die bal in hand doen. Ons het blykbaar net twee opsies: 1. Skop en storm. Bendiebul het uitgewys dat ons tans nie die spelers het wat hierdie taktiek kan laat werk nie. Miskien sal Hougaard op skrumskakel en Brummer 'n verskil maak? 2. "One-pass" taktiek. Ek het op 'n stadium getel dan ons vir 30 minute se spel nooit meer as een keer die bal uitgegooi het nie. Van skrumskakel na losskakel wat skop; of uit 'n losskrum van skrumskakel na spanlid wat kopaf 'n paar tree vorentoe storm. Elkeen van die goete het seker sy plek. Maar is dit AL wat ons kan doen? Wat van twee aangee na mekaar? of 'n binne aangee? Of 'n oorslaan aangee? Of 'n fop aangee?
Posted by Stephen de Beer (Pretoria) Monday, July 26, 2010 - 16:59
|
|
18. stephen, jy slaan die spyker op sy kop.as jy vir die spelers vra hoekom 'pass' jul nie die bal nie; dan se hul vir jou dis nie hul patroon om te ' offload 'nie-soos hul dit noem; lyk my veral nie in die tackle situasie nie.ek stem egter saam met jou, om nou die span onnodig te verander gaan niemand baat nie. al twee verlore was net net en met minder as sewe punte, met n bietjie geluk kon ons onoorwonne gewees het.ek glo ook die spelers moet net saam speel dat hul ,mekaar kan vind. die bokke wat terugkom gaan n groot verskil maak. go bulle.
Posted by baby bull (garsfontein) Monday, July 26, 2010 - 18:00
|
|
19. Look why not give hayden groepes a chance at full back or call marnitz boshoff at full back.I have a big problem with john mametsa......he is lacking on pace on saturday dippernaar gave him a clear cut chance with a pass he failed to finish.Why not call sampie mastriet then ?CJ stander is a must for me not kuun.We will miss steggman i tell you.Hougaard will give us quicker service around the ruck.I like the centre combination it's exciting i'm glad both brummer and JLP can both attack the ball flatter and yes better than steyn.I'ts time frans ludeke made bold decisions and drop underperforming senior players overall like i said watermeyer and dippernaar are class players who need alot of ball to shine.Mark my words i prefer dippies and watermeyer to pretorius and wynand olivier.
Posted by Muzi (Johannesburg) Monday, July 26, 2010 - 18:22
|
|
20. Naand
1. Ek stem saam met Thurlow (12) hierbo.Die keuse om nie pale toe te gegaan het nie was onverskoonbaar n Suksesvolle strafkop sou die wedsryd daar en dan veilig gemaak het en selfs as dit nie suksesvol was nie sou dit broodnodige tyd opgebruik het.Ajy nie vir die stagskop gaan nie moet jy eenvoudig besit behou. 2. Dean Greyling gaan nog n grote word.Dit is sy eerste seisoen Curriebeker en WP Nel is n goeie vaskop wat al n seisoen langer Curriebeker speel. 3. Stefan Watermeyer het n goeie game gehad en gee my hoop.Dippenaar bly steeds gemiddeld. 4. Ons kort steeds n buitesenter,vleuel en heelagter. 5. Cheetahs het goed gespeel maar ons moes die game geclose het. 6. Cheetahs met en sonder Juan Smit is 2 vesrkillende spanne. Die volgende rondte gaan ons hulle gemaklik wen.
Posted by Pieter Blou (Centurion) Monday, July 26, 2010 - 18:42
|
|
21. Nie goeie nuus nie. The Vodacom Blue Bulls were given a massive setback on Monday when their livewire fetcher Deon Stegmann was ruled out of action for between four and six weeks. Stegmann, who hobbled off the field early in the first half last weekend in the game against the Free State Cheetahs, has been diagnosed with a grade two hamstring tear, an injury which will cause him to miss a large part of this year’s Absa Currie Cup season. Also a setback for the Bulls is the news that prop Dean Greyling will be out of action for two weeks after a disc lesion in his neck sustained in a torrid scrumming session against the strong Cheetahs pack on Saturday. Gaan Werner dalk nou loskop speel of gaan dit Jaco Engels wees?
Posted by Rifrug (Richardsbaai.) Monday, July 26, 2010 - 18:50
|
|
22. Baie slegte nuus.Ons sal moet vasbyt die volgende paar weke. Hulle moet n spesilalis loskop kies so dit behoort Engels te wees.Bees is n vaskop.Kuun sal moet 6 vlank to skuif en Dewald na 7.Met Hougaard terug op 9,Flip op slot saam met Juandre lyk dit ten spyte van die besering sna n baie beter span. Ek sien Ockie Kruger en Jaco Pretorius behhort ook gou reg te wees.
Posted by Pieter Blou (Centurion) Monday, July 26, 2010 - 21:47
|
|
23. Frans ludeke leave dippies and watermeyer together.Put pretorius in mametsa's place.Use hayden groepes asseblief jaco vd westhuizen is costing the bulls!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!Sad that stander will be on the bench so the team vs lions will look like this then. 15Jaco4Sdw3Dip2WmyMs0LP9Hug8V velz 7.Potgi6Kun5Fd4p32Bha1E
Posted by Muzi (Johannesburg) Tuesday, July 27, 2010 - 07:15
|
|
24. #11 Netblou, stem saam met jou oor Jaco vd W, hy skop die bal onnodig en in 2 games het dit op 3e afgeloop. Dean Greyling het glad nie gesukkel voor nie inteendeel stem ek met ander hierbo saam dat hy een van die beter voorspelers was. In verlede week se koerant het hy by 'n oefening al sy nek beseer, nie in die game nie en ek dink hy het glad nie terug gestaan vir die ouens voor wat reeds CC gespeel het nie. Gerhard vdH is vir my 'n groot bekommernis.... baie groot, waar is sy spoed, hy het een mooi lopie gehad maar aan die einde toe Jaco daai bal skop toe kom die man agter Jaco aangedraf, hoekom kom hy nie met die spoed wat hy het opgejaag nie man. As ek die couches was het ek hom nou gedrop dat hy weer op vorm kom. Wat die Bokke betref, dit is goed om altyd te se die ouens het ondervinding ens ens, maar as jy van vorm af is, IS JY AF. SA het genoeg diepte en hier is baie ouens by die huis en op die bank wat met gemak daai ouens wat van vorm af is te vervang. Dit is onmoontlik om altyd op al die silinders te speel man, vervang die ouens wat nie hulle kant bring nie, dan sal hulle weer begin oefen, selfs net bietjie rus. Rugby is tuff. My bloed bly blou en ek sien uit na die naweeks e game
Posted by bulkalfi (Pretoria) Wednesday, July 28, 2010 - 09:40
|
|
|
|
You need to upgrade your Flash Player
|
|
|
|
Happy birthday to:
1 Sept. - Jan Ackermann
2 Sept. - Danie Coetzee
2 Sept. 1930 - Thys Doubell
2 Sept. 1930 - Willie Els
2 Sept. 1930 - B Esterhuizen
2 Sept. - Corné Fourie
2 Sept. - Jacques-Louis Potgieter
2 Sept. 1930 - Dave vd Merwe
3 Sept. - Paul Botes
3 Sept. - Nico Engelbrecht
3 Sept. - Kobie Kidson
3 Sept. - Johan Roets
4 Sept. - Vincent Gwavu
4 Sept. - Pieter Meyer
5 Sept. - Oupa du Piesanie
|
|
|
|
|
|
|