You need to upgrade your Flash Player
Choose your Blue Bulls Edition
My Profile  |  Logout
Cheetahs beat Blue Bulls with late try at Loftus Versfeld


Jacques-Louis Potgieter © Gallo ImagesA try by Skipper Badenhorst and a fine conversion by Sias Ebersohn secured a dramatic win for the Free State Cheetahs over the Vodacom Blue Bulls at Loftus Versfeld on Saturday.

The visitors won 25-23 in an exciting Absa Currie Cup match

Scorers:

Cheetahs – Try: Skipper Badenhorst. Conversion: Sias Ebersohn. Penalties: Louis Strydom (5).

Blue Bulls – Tries: Derick Kuün, Stefan Watermeyer. Conversions: Jacques-Louis Potgieter (2). Penalties: Potgieter (3).

More to follow..



Print


Login Email adress Password


Click here to view the rules and regulations
Blog
1. ste soos die wp.......
Posted by stormerwp (Cape Town) Saturday, July 24, 2010 - 20:19
2. Leer ook nie teen die Vrystaat nie! Wie dink hierdie gameplan uit as dit al baie lank duidelik is hulle skop nie bal teen die Bulle nie? Die slag AS ons die bal hou dan lyk dit goed, maar net volgende oomblik word die bal maar weer net in hulle keelgate afgeskop. En dan dankie aan Jaco vd Westhuizen, 2 naweke namekaar die game gee vir die ander span. 79 minute, telling 23-18 en Jaco skop bol weg en mis dan die tackle!
Posted by Paarlbul (paarl) Saturday, July 24, 2010 - 20:24
3. Weet enigiemand iets van Stegman se besering?

Hoe ernstig is dit?
Posted by Las (Pretoria) Saturday, July 24, 2010 - 20:47
4. de plek is al wat nodig is om weer die WP uit te skakel in die CB ...
Posted by bendiebul Saturday, July 24, 2010 - 20:52
5. Die Bulle spesialiseer in die wen van Bekers, wees rustig en vat 'n dop.
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Saturday, July 24, 2010 - 20:54
6. Bly egter steeds 'n skop tussen die bene as hulle verloor.
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Saturday, July 24, 2010 - 21:03
7. Elke keer as ons verloor, moet ons maar net opkyk hierbo op die blog na daardie mooi woorde wat so oor die foto's rol ... CB word nie in Julie gewen nie.
Posted by bendiebul Saturday, July 24, 2010 - 21:14
8. @ 6 JIMMY.

Ja, `n skop met a size 24 safety boot.

Jimmy, wat hoor jy daai kant van Stegmann? Ek is baie bekommerd.
Posted by Las (Pretoria) Saturday, July 24, 2010 - 21:19
9. Naand Almal!!

Glad nie 'n lekker uitstappie na Loftus gewees nie.. maar bly nog 'n trotse BUL!!

Ek weet nie of julle saamstem nie, maar daai ref was absoluut eenoogig.. en 100% teen die Bulle, veral die laaste 6min!!
Ek het reg inlyn gesit met daai aanslaan na die lugskoppie.. en hy was beslis NIE agtertoe nie!!
Duidelik werk die ref se kompas nie.. ons sal maar volgende keer vir hom 'n sterretjie op die voorkop moet sit sodat hy darem weet waars voor en agter..

Maar dit help seker nie ons kla nie... Andre Watson sal in elk geval sê dis net suur druiwe en dat die ref 100% korrek was...

Stegman se besering lyk vir my ernstig.. hy het die hele wedstryd langs die kantlyn gelê.. en dit het regtig gelyk of hy in pyn was..
Hoop dis nie so nie, want ons het hom duidelik gemis..



Posted by Bulversie (Potchefstroom) Saturday, July 24, 2010 - 21:44
10. Las ek hoor niks, sit self en wag vir Stapper se rapport.
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Saturday, July 24, 2010 - 22:29
11. Good game i'm happy for our young centre pairing they look great on attack and defence.Dippernaar is improving alot his defence and attack impressed me.There are some senior players not putting their hands up.

My team next week is as follows:

15.Hayden Groepes
14.Shadow
13.Dippies - this guy will be good he outshone robert erbershon
12.Watermeyer
11.Sampi Mastrie10.JLP9Hougd8Sn76k5 Kruge4.Flip3Wn2Botha1Gy
Posted by Muzi (Johannesburg) Saturday, July 24, 2010 - 22:43
12. @ 10 JIMMY.

Okei, dankie Jimmy. Ai, dis nou baie jammer. Bid die ou reg man!
Posted by Las (Pretoria) Saturday, July 24, 2010 - 23:01
13. The show must go on....

Bitter-sweet memories that's all I have, and all I’m taking with me. Good-bye, oh, please don't cry cause we both know that I’m not what you need. I will always love you; I will always love you… I Will Always Love You – Dolly Parton
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Sunday, July 25, 2010 - 01:06
14. I can’t stop loving you so I’ve made up my mind, to live in memory of such an old lonesome time. I can’t stop wanting you it’s useless to say, so I’ll just live my life in dreams of yesterday….I Can’t Stop Loving You – Don Gibson
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Sunday, July 25, 2010 - 01:10
15. Take the ribbon from your hair, shake it loose and let it fall, lay it soft upon my skin like the shadows on the wall…Help Me Make It Trough the Night – Kris Kristofferson
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Sunday, July 25, 2010 - 01:18
16. In a bar in Toledo across from the depot on a bar stool she took off her ring I thought I'd get closer so I walked on over I sat down and asked her name… Lucille – Kenny Rodgers
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Sunday, July 25, 2010 - 01:25
17. To know me is to love me I must be a hell of a man, oh Lord it's hard to be humble but I'm doing the best that I can…. It’s Hard to Be Humble – Mac Davis
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Sunday, July 25, 2010 - 01:30
18. Coffee black, cigarettes, start this day, like all the rest, first thing every morning that I do, is start missing you…Some Broken Hearts Never Mend – Don Williams

Posted by Jimmy (Altyd Blou) Sunday, July 25, 2010 - 01:34
19. When I was a little bitty baby my mama would rock me in the cradle, in them old cotton fields back home…Cotton Fields – CCR
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Sunday, July 25, 2010 - 01:39
20. If I said you had a beautiful body would you hold it against me? If I swore you were an angel, would you treat me like the devil tonight… If I Said You Had A Beautiful Body (Would You Hold It Against Me) - The Bellamy Brothers
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Sunday, July 25, 2010 - 01:50
21. If you love me, let me know, if you don't, then let me go, I can't take another minute of the day without you in it. If you love me, let it be, if you don't, then set me free… If You Love Me (let me know) – Olivia Newton-John
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Sunday, July 25, 2010 - 01:56
22. It's heartache nothing but heartache, hits you when it's too late hits you when you're down. It's a fool's game, nothing but a fool's game standing in the cold rain feeling like a clown…. It’s A Heartache – Bonnie Tyler
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Sunday, July 25, 2010 - 02:06
23. Tell me, tell me that your sweet love hasn’t died. Give me, give me one more chance to keep you satisfied, satisfied…Always On My Mind - Elvis
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Sunday, July 25, 2010 - 02:15
24. Lekker Jimmy!!!! Jy is regtig 'n staatmaker, elke week is jy op jou pos. Speel daar vir my "Soos Bloed" van Theuns... Gooi Mielies
Posted by Bully Beef (BULLS OR NOTHING!!!!!!) Sunday, July 25, 2010 - 02:22
25. In the twilight glow I see her, blue eyes crying in the rain. As we kissed good-bye and parted, I knew we'd never meet again…Blue Eyes Crying in the Rain – Willie Nelson (Hank Williams)
Posted by Bully Beef (BULLS OR NOTHING!!!!!!) Sunday, July 25, 2010 - 02:29
26. Lekker Country, vat 5!!!!!!!
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Sunday, July 25, 2010 - 02:33
27. Soos bloed so is jy vir my, soos my so ken jy vir my, soos asem vloei jy dwarsdeur my, soos tyd so vlieg als verby….Soos Bloed – Theuns Jordaan
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Sunday, July 25, 2010 - 02:40
28. Gooi Mielies!!!!!!!!!!
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Sunday, July 25, 2010 - 02:51
29. Thanks Jimmy, Theuns is my gunsteling. Ek gaan duik, miskien iets van die Beach Boys?
Posted by Bully Beef (BULLS OR NOTHING!!!!!!) Sunday, July 25, 2010 - 02:55
30. Across the U.S.A. then everybody'd be surfin' Like Californi-a you'd seem 'em wearing their baggies. Huarachi sandals too a bushy bushy blonde hairdo Surfin' U.S.A….Beach Boys



Posted by Bully Beef (BULLS OR NOTHING!!!!!!) Sunday, July 25, 2010 - 03:06
31. En nou Bully?
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Sunday, July 25, 2010 - 03:07
32. Sorry Jimmy....:)
Posted by Bully Beef (BULLS OR NOTHING!!!!!!) Sunday, July 25, 2010 - 03:10
33. GEE DIT HORINGS BLOU BULLE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Sunday, July 25, 2010 - 03:15
34. Volgens my het die Bulle goed gespeel maar ons was net nie goed genoeg nie Daai laaste bal wegskop van Jaco was fataal ons moes besit gehou het en die tyd uitgespeel het!!!
Wat vir my egter van groter kommer is ons moet onthou die groot ysters wat ons nou mis is in elk geval die manne wat gaan aftree na die wereldbeker So wat ons nou sien is die toekoms
Die Bulle moet met bal in hand speel Hoop nie dit word n laaang seisoen nie
Posted by petoors (port elizabeth) Sunday, July 25, 2010 - 08:03
35. The Blue Bulls will benefit most from the release - with Dewald Potgieter, Chiliboy Ralepelle, Flip van der Merwe and Francois Hougaard released for Currie Cup duty.

Ek betwyfel of Chilliboy gekies gaan word. Maar die ander drie kan 'n verskil maak.
Posted by Stapper (Pretoria) Sunday, July 25, 2010 - 11:27
36. Gurthro Steenkamp en Zane Kirchner het nie nasionale kontrakte nie, maar hulle is ook nie vrygestel nie.

Ek sien ook dat Jaque Fourie vir 4 weke geskors is. Dit beteken dat hy feitlik vir die res van die drie nasies nie sal speel nie.
Posted by Stapper (Pretoria) Sunday, July 25, 2010 - 11:35
37. Ek sien Jaque Fourie sal wel op 4 Sept teen Aus kan speel.
Posted by Stapper (Pretoria) Sunday, July 25, 2010 - 11:39
38. Dit was darem nie te sleg nie Bulle. `n S14 span wen `n Vodacom span - dit sê nie veel nie. Dean Greyling sal vinnig moet fiks word, en die reels by die afbreekpunte onder die knie moet kry. Ons moet dringend `n heelagter soek. Ons senters begin blink, gee hulle nog so jaar kans....... Soos ek laas week gesê het, ons moet aanvaar hierdie jaar is ons dalk nie in die finaal van die CB nie. Laat die manne speel en hulle geniet, volgende jaar is die jong manne hardebaarde.
Posted by Bloumens Sunday, July 25, 2010 - 14:51
39. @ 37 STAPPER.

Dag Stapper,
Kan jy ons asb inlig oor hoe ernstig Steggies se kniebesering is? Ek het gehoop dis liewer n enkel as n kniebesering, maar Die Rapport se dis sy knie- maar niks verder nie. Het jy al enigiets gehoor daarso?
Posted by Las (Pretoria) Sunday, July 25, 2010 - 15:00
40. Ek dink nie die Bulle het sleg gespeel nie. Volgens my het twee onnodige foute ons die wedstryd gekos.
1. Gary Botha wat besluit het om kantlyn toe te skop eerder as wat Francois Brummer pale toe skop toe ons agt punte voor was. Dit was beslis binne Brummer se bereik en elf punte sou beteken die cheetahs moes twee drieë druk. Net weer 'n bewys dat jy die punte moet probeer vat as jy hulle kan kry.
2. Die laaste skop van Jaco vd Westhuizen. Die skop was dalk nie te sleg nie, maar wat daarna gebeur het was onverskoonbaar.
Ai tog, ons moes hier 4 punte gehad het en die cheetahs slegs 1.
Praat liewer nie oor daai ander span daar oorkant nie.
Bulzak, ek dink EG Jansen het verdien om te wen, hulle was die beste. lol
Posted by Rifrug (Richardsbaai.) Sunday, July 25, 2010 - 18:30
41. Dis tyd dat Jako op sy boude kry. Verlede week het hy vital tackles gemis wat tot twee driee teen ons gelei het en gisteraand regtig droog gemaak.

Ons het nie verskoning nie. WP en die Sharks speel sonder heelwat Bokke. No excuses. Steek op jou hand en word getel. As jy goed genoeg is, is jy oud genoeg.
Posted by mossel (Hout Bay) Sunday, July 25, 2010 - 20:04
42. Volgens Beeld:

het vroeg ’n gevoelige slag beleef toe hul balstelende flank, Deon Stegmann, die veld met ’n dyspierbesering verlaat het.

Dit blyk dat hy geruime tyd buite aksie sal wees.

Dit blyk dat daar nog nie sekerheid oor die besering is nie.
Posted by Stapper (Pretoria) Sunday, July 25, 2010 - 23:42
43. Ek is die bloubloedvies vir Gary Botha en / of Frans Ludeke. Ek stem met Rifrug, waarom op dees aarde het Brummer nie pale toe geskop nie? Die ou storie as die skop mis is, kan die span met 'n teen-aanval kom, is afgesaag. Die bal is vir 'n keer gedurende die wedstryd gereeld uitgeskop, maar hier op die einde toe is dit die ou storie.

Die skeidsregter het die Bulle 13 keer gestraf en die Cheethas 5 keer????? Ware engeltjies met spikkels en kolle opgeverf. Duidelik wou hy nie die besoekers se onkantspel raak sien nie. Voel en klink soos PdeV.

Watermeyer speel al hoe beter, maar Dippenaar moet nou bykom of gaan. Selfde vir Jaco - met sy ondervinding beter hy nou iets vir die span beteken want die laaste twee wedstryde was hy clueless. Dean en Gary het goed gedoen en van voor gelei. Hopelik gaan Juandre Kruger vs die Leeus begin.

Waarom Tiger, Heinie en Pedrie vrygestel is, gaan steeds my verstand te bowe. Al drie daai spelers sou nou baie waardevol gewees het. Gaan Hougaard skrumskakel of vleuel speel die naweek? Chilliboy sal seker bank toe en net opkom as die Bulle ver voor is. Potgieter is 'n moet met of sonder Stegmann en Flip saam met Juandre Kruger sal woema voor verskaf. Moet erkenning gee aan Wilhelm Steenkamp wat probeer.

Alles is nog nie verlore nie, maar die kanse vir 'n tuis-semi / finaal is besig om verlore te raak en net die spelers kan dit verander.
Posted by JB 007 (Centurion) Monday, July 26, 2010 - 01:07
44. Wat die Bokke betref, dit maak werklik seer om so vir drie weke in 'n ry verneder te word MAAR niemand is so doof soos die wat nie wil hoor nie.

PdeV sal moet besluit - wil hy populer wees by van die spelers en aanhou karring met spelers wat duidelik heeljaar nie op vorm is nie of kies spelers wat wil en kan en red sy job. Naas Botha het gese hy speel eerder saam met 14 spelers wat wil, as 14 wat dink hulle kan.

Uit die mediaberigte lui ek af dat die Bokke nie 'n spesialis verdedigingafrigter het nie! Ruan Pienaar se twee mislukte pogings pale toe was fataal. Waarom haal hy Morne af, Butch James het in 2007 laas iets beteken. Die rumour oor ontevredenheid in die span maak sin - wat het Butch en Jean na die span toe gebring?

Stuur John Smit, Habana, De Villiers en Fourie en Spies na hul unies toe. Kies 'n ordentlike haker (Liebenberg / Botha) want hopelik is Bismarck volgende jaar terug dan is Smit in elk geval oorbodig. Tot Brussouw reg is, speel eerder vir Juan Smith en Dewald Potgieter saam met Schalk. Speel Hougaard ipv Habana op vleuel. JP Pietersen lyk weer reg. Gaan haal vir Frans Steyn (heelagter) en kies De Jongh saam met Olivier. En kry 'n verdediging spesialis.

Oor die skeidsregters se gemors het ek nie raad nie, behalwe om "Piet van Zyl" se hulp in te roep want selfs die mees gehate Bok ondersteuners sal moet toegee - die Bokke word gelooi. Wat help dit mense soos Tappe en Andre Watson dien op al wat IRB kommitee maar ons kry telkens bloedneus. Ek dog sokker is 'n klug.....
Posted by JB 007 (Centurion) Monday, July 26, 2010 - 01:37
45. @42 STAPPER

Dankie. Sal baie wil he dat dit erder n spierbesering moet wees as n af ligament vir Stegmann. Ai. Die ding is maar deel van rugby, maar ek voel baie sleg vir Steggies aangesien daar elke keer iets hom kniehalter net op die verkeerde tyd. Ek weet dis nie hoe dit gewoonlik werk nie, maar Peter de Villiers kon gerus vir Stegmann ingespan het teen daai klom in die tuis wedstryde van die Drie Nasies. Ek hoop en bid dat die Here net n klein smile gooi en Sy kop knik en vir Steggies genees . Ja, daar is mense in ons lewens met erger probleme. Ja, Stegmann kan karakter en geloof hiermee bou- maar die Here se genade is onbeskryflik groot en daar is genoeg voorbeelde waar Hy mense se omstandighede bietjie versag.

Sterkte Deon. Hoop om jou in die Currie Beker finaal te sien die besit vir ons te wen.
Posted by Las (Pretoria) Monday, July 26, 2010 - 02:46
46. sterkte manne da is nog hoop os het baie tyd om op te maak vir die loss!!
Posted by khitagoh bulletjie! (Orlando) Monday, July 26, 2010 - 05:41
47. Groete uit die kaap. Ons moet ophou om die skeidsregters te blameer vir alles wat verkeerd gaan in ons rugby. As dit goed gaan se niemand iets nie. Die feit is Pdv droom van afrigting en Jake White kon afrig maar is onregverdiglik laat loop. Daar is fout in die bok groep en net Pdv kan vir ons se waar dit jeuk. Toe die bul reserwes opkom Saterdag druk Guntrho n stewige dryfbeweging drie. SE maar net. Wat die Cb aanbetref weet ek nie. Dieselfde patroon as laas jaar. Verloor teen die sharks en Cheetahs. Jonk en onervare span vir hoe lank nog? Ons het hardebaarde nodig om die jong spelers te lei. Vir hoelank bly n jong speler onervare met al die rugby wat deesdae gespeel word. Ons kAN EN MOET BAIE BETER SPEEL. Bulls baie geluk met jul vertoning teen die Cheetahs op volle sterkte. Dit wys net julle kan.
Posted by Bluedog (Cape town) Monday, July 26, 2010 - 07:13
48. more almal , volgens my is dit die feit dat ons bal weg skop en ons verdediging ,wat die wedstryd sat die bulle gekos het
Posted by phillip (STRAND) Monday, July 26, 2010 - 08:19
49. Rooi ligte het al teen die sharks begin flikker, skop te veel balle weg en daar is geen taktiese bewegings in die agterlyn, net soos die bokke. Elke ou hardloop maar sy eie lyn en nie een keer bv `n `run around` om spasie op vleuel te maak nie???
Posted by Bully (Pretoria) Monday, July 26, 2010 - 08:36
50. JB 007 (43),

Stem saam met jou oor die strafskoppe teen die Bulle.
Veral as mens in ag neem dat die strafskoptelling vir die eerste helfte 5 teen die Bulle, en 3 teen die Cheetahs was.

So, volgens mnr. die ref, het die Cheetahs die 2de helfte net 2 keer oortree??

Belaglik!!

Ek sê glad nie hy het die Bulle die wedstryd gekos nie.. maar hy het die 2de helfte met 'n heeltemal ander gesindheid op die veld gekom.. en duidelik net een doel voor oë gehad.. om die Bulle te straf vir elke moontlike dingetjie, maar die Cheetahs te laat maak en breek soos hulle wil.



Posted by Bulversie (Potchefstroom) Monday, July 26, 2010 - 08:36
51. Buiten Jaco wat weereens 'n middelmatige game gehad het..
dink ek regtig dis nou tyd dat vd Heever bietjie begin speel!!

Sy verdediging was baie goed.. (behalwe daai laaste drie).. maar met die bal in hand het hy maar die 1ste helfte baie bang gelyk..

Dit lyk net nie of hy die selfvertroue of geloof in sy eie vermoens het, om sy opponente aan te vat nie.
Posted by Bulversie (Potchefstroom) Monday, July 26, 2010 - 08:41
52. Ek dink Jake White is 'n oppertunis en slaan tans munt uit die Springbokkamp se verlies. Dis vir my snaaks dat niemand ooit vrae gevra het dta Jake, met rumours dat hy oral vir afrigtingsposte in aanvraag is, nooit een van hierdie poste gekry het nie. Einde ten laaaste het hy 'n afrigtingsbesigheid op die been gebring met borge wat waarskynlik na 3 jaar uitgeput sal wees en die besigheid wat nie vinnig genoeg van die grond afkom nie. Nie eens die Leeus het kans gesien om met jake se "Winning ways" aan te gaan nie. White het van Eloff ontslae geraak en Dick Muir is toe ingebring, met katestrofiese gevolge vir die Leeus. Hulle verloor toe ook sommer vir Ernst Joubert, Jac Fourie, ens. White vergeet, en die hele SA, dat die jaar voor die World Cup het ons met 0-49 teen Aus. verloor. Almal, insluitende sommige spelers, wou hom vervang. Toeggeee, Jake kon dit reg kry om die room van SA se spelers in 'n eenheid saam te voeg, met adjudante soos Coetsee en Smal wat hom hierin ondersteun het. Spanouens wat die geheel raaksien.

Dick Muir is volgens my 'n onwelriekende geur in die afrigtingsspan, en wil met elke liewe bal hardloop en gary gold is belsis nie die beste voorspeler coach in SA nie. (Hy het munt geslaan uit 'n Stormers span wat in 2008 5e geindig het) Pdev. het nie visie om een van die twee teen te staan of te laat saamwerk nie. (Onthou nog die relltjie aan die begin van die jaar met Gold in die pers)

Die vervanging van Morne Steyn na 55 min. met Butch James verklaar vir my alles. Ek et op daardie stadium vir die ouens langs my gese, met die telling op 23-3, ons kort twee driee en dan is ons terug in die game. Ons kry dit toe reg, met voospeler dryfspel om die Aussies te ontsenu, maar daar het ons nie betroubare skopper nie en in plaas van 23-17 is die telling toe 23-13.

En dan, uitputting. Prof. Tim Noakes het einde verlede jaar al weer die nuus gehaal en gese die bokke se beseringslys gaan groei asook moegheid wat gaan toeneem. Waarom sinnelose toere soos einde van die jaar en 'n simpel toets in Wallis onderneem is met spelers wat al die heel jaar speel, is inverklaarbaar. Vanjaar speel die senior Bokke nog minder CC rugby wat dit nie meer 'n krag teen krag kompetisie maak nie. En aan die einde van die jaar moet hulle weer gaan toer, en weer terugkom vir die super 14 en weer inskakel by ander afrigters se metodes. Die manne is moeg en sat en betaal die prys vir TV regte en groot geld. verloor hulle drie toetse, word hulle uitgekryt as te oud, te lui en nie lus nie. daar wa snie fout met die span Saterdag nie, elke speler in daardie Bokspan is 'n goeie speler. Zane habna en Gip was die betse agterste drie in die Super 14, die beste senters was Wynand en Jac, Morne die beste nr. 10 en Ruan bly my nr. 2 skrummie. Spies Burger en Louw (kankowksi het uitstekend gedoen) was in hul posisies skitterend, en die slotte was briljant. danie het sy beste Siuper 14 nog angter die rug. Die voorry, wel ek kan dalk vinger na ons kaptein wys, maar met Guthro en BJ Botha daar - is daar regtig fout met hierdie span?

Waar le die probleem? Integrasie in 'n kombinasie? Is daar afrigters wat nie steur aan integrasie nie? Dit vat een ou wat nie veel erg hieraan het nie en jy gooi die hele Bok sisteem omver.

Die Bokke moes leer by Alistair Coetzee se briljante verdedigingspatroon, en Frans Ludeke/Fourie du Preez se taktise briljantheid en dan hierdie faktore kombineer. Hoekom kan ons nie die sterkpunte in sinergie laat werk nie? Wie se job is dit en hoekom kry hy nie sy job gedoen nie?
Posted by mossel (Hout Bay) Monday, July 26, 2010 - 08:41
53. Ek het nog nie die video gekyk nie, maar van wat ek van die kant af gesien het, het die ref maar gesukkel.

Die 2 vlagmanne was ook in die voorwedstryd as ref en vlagman betrokke en ek het toe al bekommerd geraak oor hul vermoëns om die hoofwedstryd te hanteer.

Die wedstryd was op 'n mespunt op die einde en ek dink ons het so een of twee swak besluite geneem wat ons gekos het.

Maar omtrent so 90 sek. voor die einde as ek reg onthou het 'n VS speler op die middellyn oop en bloot met die bal gekruip terwyl hy in die laagvat nog vasgehou was en geen wedstrydbeampte wou dit raak sien nie.

Daar is 'n fyn lyn tussen wen en verloor in so 'n wedstryd, so ons moet miskien nie te gou mismoedig raak nie. Die span het beter gedoen teen die VS as wat ek verwag het.
Posted by Barend Coertze (Pretoria) Monday, July 26, 2010 - 08:47
54. W#at die Bulle aan betref, wil ek liewer nie te veel waag om opinie te lug nie, want hoewel die span duidelik baie aan ervaring en elsuitneming moe tontwikkel, is dit werklik nie realisties om te verwag hulle gaan super 14 kampioene in hierdie seioen wees nie.

Ligpunte is dat jong manne soos Dean Greyling, CJ Stander, Gerrit-Jan, Watermeyer en vd Heever beslis kan se hulle het vordering gemaak sedert verlede jaar en dat daar oomblikke van briljantheid in hulle te bespeur is. CJ verbaas my geweldig. Hierdie manne sal in volgend jaar se Super 14 al klaar meer ervare en beter wees en dis waar ons wil wees.

Ook die twee slotte het Saterdag al meer staal gewys en mabeta het sy gewig begin rondgooi.

Die taktiese skopwerk is nie goed nie en die lysnatne beroof ons van momentum. Dan ook die keuse om jou kaptein 10 minute voor die einde af te haal, en nie pale toe te skop nie, moet aandag kry. Die Cheethas het Saterdag hul volle pak op die veld gehad met die uitsondering van Brussouw. En die Bulle het duidelik dit gevoel toe Steggies af is. Ons eie balle het stadiger uitgekom.

As ons Saterdag teen die Leeus verloor, is dit tickets vir ons.
Posted by mossel (Hout Bay) Monday, July 26, 2010 - 08:58
55. Ek het Saterdag oggend wakker geword en my vrouen kind so op die ingewing van die oomblik fir die naweek Pilanesberg toe gevat.

Ek was baie bly dat ek in die wildtuin was en nie nodig gehad het om na nog 'n Ierse oorwinning te kyk in Brisbane nie. (Ek het nie die game gesien nie, weet net ons het 2 geel kaarte gekry en dat ouens weer oor die ref moan. Dit raak nou afgesaag om iemand anders te blameer as ons sleg verloor.)

Soos die duiwel dit wou hê het ek na die Bulle se game gekyk, en hier is my mening:

GvdH sal moet begin vinger trek. Hy is lui op die veld en soek nie werk nie. Ek was 'n voorstander wat gesê het hy verdien 'n kans in groen, maar ek dink nie meer so nie.

Watermeyer het 'n goeie game gehad maar Dippenaar het my (weer) teleurgestel.

Juandrë Kruger het goed gespeel en hy en Steenkamp maak 'n goeie slotpaar. Sal Steenkamp van die bench af speel teen die welpies as Flip terug is.

JLP het beter gespeel. Hoop nie die besering is te ernstig nie.

Jaco moet dit oorweeg om uit te tree. Harde woorde, maar hy word gekies op reputasie.

Ons voorry, reserwes ingesluit het great gespeel.

Met so bietjie "tweaking" hier en daar, gaan ons nog 'n paar groot scores opsit, en kan ons nog tuis speel in die semi's.
Posted by Jou_Ma (Centurion) Monday, July 26, 2010 - 09:11
56. More Blou Volk

Kom ons kyk eers na die positiewe kant.Stander en Watermeyer was briljant.150% toewyding.

Nou vir die moan.Die verskonings van n jong span en Springbokke wat nie hier is nie raak afgesaag.Oor n paar jaar in die geskiedenis boeke gaan daar nie staan die Vrystaat het teen die jong Bulspan of B span gespeel nie.Daar gaan staan Vrystaat 25 - Bulle 23.

Dan verder.Ek dink ek kort brille,want as enige iemand dink V/D Heever is Bok gehalte dan moet ek ,maar begin netbal kyk!Jaco,V/D Heever en Dippenaar.Dit is nou tyd om te begin rugby speel.Glo nogsteeds ons kan die ding doen,maar dan sal n paar spelers moet kyk na hulle toewyding.Go BULLS!!!!!!!
Posted by Lekkerblou (Durbanville) Monday, July 26, 2010 - 09:17
57. Alweer my 2c:

Ek dink die manne het nie sleg gespeel nie. Daar is net 3 posisies wat my bekommer.

1. Toe Steggies afgaan het ons nie meer 'n fetcher gehad nie. Kuun kon net 1 bal steel in die eerste 5 minute - daarna was hy nerens nie - hy is te stadig. Die Bokke het dieselfde probleem gehad, maar julle weet ek praat nie oor daai span nie.

Met die die nuwe reëls skop die ander spanne minder (ons skop maar steeds)... maar die probleem is, as die ander spanne nie skop nie - hoe kry jy die bal by hulle? a) jou 2e speler by die ruck moet 'n fetcher wees wat die bal kan steel - wat Steggies seker 1 van die top 2 in die land maak... of b) jy moet counterruck - maar dit kan jy net doen as die ander span te min getalle by die breakdown het, en jy meer het - maar dan laat jy jouswelf bietjie kort op die verdediging..... of c) die ander span moet 'n fout maak en jy moet juis hulle onder druk sit om 'n fout te maak.

Met Steggies toe van die veld af, en geen counterrucking van die Bulle nie, en 'n drift defense wat wag vir die Cheetahs het ons Blou span GEEN manier gehad om die Cheetahs se bal om te keer nie - VERAL nie in daai laaste 6 minute nie!!! Sonder Steggies is ons span 'n sitting duck teen spanne wat die bal in die hand hou. Hulle gaan net deur die fases tot die gapings oopgaan - jy kan nie hele game tackle nie.... Die Cheetahs het verder 'n interresante taktiek gebruik om hulle "runners" in die senter kanaal te laat speel - dan het ouens soos Juan Smith en kie met 1 of 2 spelers reeds aan hulle gebind, uit diepte en met spoed, op die senters afgehardloop... ons senters het uitstekend verdedig en hulle het nie een keer met daardie taktiek deurgekom nie.... MAAR hulle het telkens oor die voordeellyn gekom, die bal behou en vorentoe momentum gekry.... ek dink dit is die nuwe taktiek om te begin speel met die nuwe reëls. (of nuwe interpretasie of whatever) - skop en hoop die ander span maak foute is nie meer die regte opsie nie...
Posted by zet (Pretoria) Monday, July 26, 2010 - 09:26
58. My 2de kommer posisie is slot - Fudge is maar net te lig en alhoewel Wilhelm hard probeer is hy ook beperk.... GELUKKIG kom Flip nou terug en Juandre is ook daar (alhewel ek gesien het hy hou weer sy skouer vas Saterdag) - ek dink egter Wilhelm en Flip sal nie 'n slegte kombinasie vorm as Juandre nog beseer is nie - so daardie bekommernis is van korte duur (PS: Hoe vrot was Danie Rossouw Saterdag???? Was hy getrek of aan die slaap of iets)

Die laaste posisie is 15 - Jaco is 'n hasbeen - en bied niks vir hierdie span nie...nie eers sy ervaring help nie, want sy besluitneming is hopeloos. Sy verdediging is verdag en sy skopwerk ook nie goed nie. Die help nie om te sê ons moes nie Tiger laat gaan nie ens ens ens - te laat vir trane.... ons moet kyk wat se ander opsies ons het - en ek moet eerlik sê ek sie nie enige iemand wat hom kan vervang nie - miskien moet ons Groepes daar kans gee... dalk verras hy ons... maar ek het regtig nie 'n antwoord hier nie.
Posted by zet (Pretoria) Monday, July 26, 2010 - 09:32
59. Mossel #52. Ek is so bly daar is iemand wat my sentimente oor Jake White deel. As ek hier by ons iets slegs oor hom durf sê, word daar onmiddellik vir my vertel ek weet nie waarvan ek praat nie. Om hom slegs 'n opportunis te noem is volgens my gelykstaande aan 'n kompliment aan hom. Ek kan aan heelwat ander woorde dink.
Stem met baie saam wat jy, Jou_Ma, Lekkerblou en Zet oor die Bulle sê. Veral wat Jaco vd Westhuizen aanbetref. Voel oor hom soos ek oor De Wet Barry teen die stormers gevoel het.
Posted by Rifrug (Richardsbaai.) Monday, July 26, 2010 - 11:36
60. More Bulle

Gaan nie die Bulle sleg se nie, dink dit was 'n taai game en kon maklik anderkant toe gegaan het.

Mens moet ook vir die Cheetahs geluk se want om so aan te hou aan die einde sonder om die bal te verloor of 'n strafskop weg te gee is nie altyd so maklik nie.

Ek moet ook se dat ek nie die ref blameer vir Satergag nie maar vir Jaco, sy verdediging is onder gemiddeld en toe hy daai bal weg skop, was ek lus om op die veld te hardloop en hom te skop. Mens verwag meer ervaring van hom.

Kan seker nie alles op hom blameer nie maar die laaste twee weke het hy my erg teleurgestel
Posted by CC (Pretoria) Monday, July 26, 2010 - 11:42
61. Dag Vrinne,

Ek moet eerlik se ek het meer verwag van die vrystaat, en was aangenaam verras met hou die bulle gespeel het.Die vrystaat het amper net vir Brussouw missing... En dan kon hulle ons net net in die doodsnikke vd wedstryd wen.
Ons het myns insiens goed gedoen in die skrums, waar ek veral meer verwag het van die vrystaat.
Dus nooit lekker om te verloor nie, maar ek reken met respek ons is die enigste unie wat met soveel senior /eerste keuses uit die currie beker span, nogsteeds soveel diepte het!
Nee wat ek is trots op die klomp jong spelers, net jammer oor Stegman en hoop hy herstel gou.

Cheer up, ek worry nie oor die toekoms nie, ons het 'n puik groep jong spelers
wat die pap dik gaan maak vorentoe vir die senior spelers wat nog
gaan bly speel... praat nie eens van die opposisie nie.

Ek is veral beindruk met Dean Greyling, Watermeyer, van Velze en natuurlik praat ek nie eens oor Gary Bothe nie.

Wragtig, ek weet nie hoe Gary nie by die bokke is nie...
Tog dus die bokke se "loss"

Ek is eerlik waar moeg vir al die onnodige onprofessionele aspekte en persone wat Springbokrugby soos 'n kanker opvreet.
Dus hartseer om te kyk na internasionale rugby programme en te luister hoe hulle lag vir al die omstredenhede afkomstig uit die bok geledere op en van die veld af...

Dr Danie Cruyven rol seker in sy graf om ...
Ja ek is ook ongelukkig oor wat ek sien as dubbele standaarde, veral tov "citings" en bygaande strawwe, praat nie eens van onkonsekwente interpretasies nie.

Tog glo ek as spelers moet jy aanpas... "adapt or die..." En jy doen jou praatwerk op die veld.
En as jy verloor, vat jy dit soos 'n man... jy tjank nie na die game en kerm en kla nie.
Die gekerm het ons gesien na die super 14 finaal, lyk my dus nou ongelukkig deel van die bok gedrag ook..?
Jy bespreek daai dinge wat jou tydens die game ontstel het tussen mekaar na die wedstryd , en kyk hoe en waar jy kan en moet verbeter.
Jy leer daar uit.
Nes die bulle moet leer uit laas naweek se verloor teen die vrystaat...
Rugby is soos die lewe, 'n voortdurende leer proses, jy kan nie altyd bo wees nie, jy kan nie altyd reg wees nie, en glo dit of te nie soms draai dinge teen jou....
Elke span het in 'n game beslissing vir en teen hom, maar jy kan jou net toespits op dit wat jy kan beheer...
Laastens sal enige span wat glo hy moet net opdraf om te wen, 99% van die tyd afstap in trane...

Lekker dag vrinne.
Blou bul groete
Posted by Aiken Drum (Pretoria) Monday, July 26, 2010 - 12:04
62. Eish dit is nie lekker om te verloor nie, nou weet ons hoe die ander spanne voel. Hoegaan dit met steggies, en so bly die ander spelers kom trug van die bokke af hulle wil hulle nie gebruik nie ons kan.
Hou julle koppe hoog ons gaan dit maak, ons het laas jaar ook so begin en kyk waar het ons geeiendig.

Groete
Posted by Schoeman (Pretoria) Monday, July 26, 2010 - 12:11
63. Rifrug - as ek jou advies kan gee.... hou op na Marius Jonker luister...hehehehe
Posted by zet (Pretoria) Monday, July 26, 2010 - 12:15
64. Al die verskonings is aanvaarbaar dat ons dit moeilik gaan hê in die CB sonder bokke, die beserings, paar sleutelspelers verloor, ens.

Maar wat nie verskoonbaar is nie, is as ons alewig balbesit wegskop, veral op kritiese tye, en dan behou die ander span die bal en loods die een aanval op die ander, wat ons span so uitput op die verdediging, dat hul niks op die aanval kan doen nie.

Regtig afrigters, ons verstaan dat julle dit nie maklik het sonder 15 bokke nie, maar besef daar is net EEN speler wat met skoppe die wedstryd kan beheer, en hy is nou vir hierdie jaar uit by die Bokke en Bulle.

Regtig, as ons ons harte uitspeel, en nog steeds verloor, dan sal ons dit aanvaar. Maar, as ons aanhou hierdie vervelige skoprugby speel, aanhou besit oorgee aan die ander span, net heeltyd moet verdedig, dan sien ek baie swaar tye voorlê.

Kyk hoe het die Aussies die Bokke flou gespeel, deur eenvoudig balbesit te behou, en net te skop wanneer dit regtig nie anders kan nie.

Ons het goeie afrigters, pas aan asb, julle is sekerlik baie beter as daardie klomp narre wat die Bokke nou afrig, maak 'n plan !

Bulle !
Posted by bendiebul Monday, July 26, 2010 - 12:21
65. Kan niemand blameer nie behalwe ons self. Die game is nie oor as die hoeter blaas nie maar wanneer sie fluitije blass. Onthou die super14 teen die sharks toe hulle opgehou speel het en ons die wen drie gaan druk het.
Posted by Bull perd (Johannesburg) Monday, July 26, 2010 - 12:40
66. Jaaaaaa zet. Luister liewer na hom as na Craig Joubert.
Ernstig, die ou wat ek die meeste mee praat se naam is Koos Beukes. Hy was Natal se afrigter in die vroeë tagtigs en ook toe hulle in die 1984 finaal teen WP verloor het. Hy het hulle begin afrig net nadat hulle af is B-afdeling toe, en alhoewel hy hulle nie uit die B-afdeling kon kry nie, (het altyd met die uitspeel teen O.Tvl verloor), het hy hulle darem in 'n Curriebeker-finaal laat speel. As jy dit ignoreer dat hy 'n sharks ondersteuner is, is hy nogal nie 'n sleg ou nie, en hy het my vrek baie oor rugby geleer. (Ek moet dit sê want hy is 'n groot vriend van my).
Wag 'n bietjie, moet jy nie liewers tellings raai, eerder as om hier te skryf nie? lol
Posted by Rifrug (Richardsbaai.) Monday, July 26, 2010 - 12:58
67. lol - nee na die naweek raai ek nie meer tellings nie - jy moet maar vir Bergbok vra - ek dink hy is nou voor.... maar OPPAS hy raai altyd die Bulle gaan verloor!!
Posted by zet (Pretoria) Monday, July 26, 2010 - 13:34
You need to upgrade your Flash Player
Happy birthday to:
1 Sept. - Jan Ackermann
2 Sept. - Danie Coetzee
2 Sept. 1930 - Thys Doubell
2 Sept. 1930 - Willie Els
2 Sept. 1930 - B Esterhuizen
2 Sept. - Corné Fourie
2 Sept. - Jacques-Louis Potgieter
2 Sept. 1930 - Dave vd Merwe
3 Sept. - Paul Botes
3 Sept. - Nico Engelbrecht
3 Sept. - Kobie Kidson
3 Sept. - Johan Roets
4 Sept. - Vincent Gwavu
4 Sept. - Pieter Meyer
5 Sept. - Oupa du Piesanie