You need to upgrade your Flash Player
Choose your Blue Bulls Edition
My Profile  |  Logout
Gates open early at Loftus Versfeld as Blue Bulls face Cheetahs


© Gallo ImagesGates will open early on Saturday July 24th as the Vodacom Blue Bulls take on the Free State in an Absa Currie Cup match. With both junior teams also in action, a great day of rugby awaits spectators.

The program is:

SECURITY DEPLOYMENT: 08:00

SWITCHBOARD OPERATIONAL: 08:00

TICKET OFFICE OPENS: 10:00

ROAD CLOSURE: 11:30

DELIVERIES CLOSE : 12:00

GATES OPEN: 12:30

VODACOM BLUE BULLS u.19 v VODACOM FS CHEETAHS u.19: 12:50

VODACOM BLUE BULLS u.21 v VODACOM FS CHEETAHS u.21: 15:00

VODACOM BLUE BULLS v VODACOM FS CHEETAHS: 17:05

WITHDRAWAL OF SECURITY: 23:00



Print


Login Email adress Password


Click here to view the rules and regulations
Blog
1. 1ste soos die manne in blou!!
Posted by sakkie6yster (Centurion) Tuesday, July 20, 2010 - 09:07
2. 2de soos die res...
Posted by Jou_Ma (Centurion) Tuesday, July 20, 2010 - 09:18
3. 3de, soos in in 3de beker vir 2010 is oppad vir die Bulle !
Posted by bendiebul Tuesday, July 20, 2010 - 10:14
4. Lekker soos in die ou dae!

Drie games!!

Onthou nog die dae van die suid paviljoen toe dit staalstrukture was!! 'n hele dag se wedstryde tussen twee provinsies

LEKKER!!!!!!
Posted by Frik (Boksburg) Tuesday, July 20, 2010 - 10:15
5. Ek sien nêrens dat daai Bromblaaspype nie toegelaat word nie. Behoed ons van die drek op Loftus.
Span kom seker eers Woensdag. Net jammer ou dr Org lig ons nie weer in oor beserings ens nie soos hy met S14 gedoen het nie. Ek het indruk gekry dat Garry dalk seer was verlede SA en toe af is; Mametsa ook.
Posted by NETBLOU (Centurion) Tuesday, July 20, 2010 - 10:28
6. Ek sal 'n vuvuzella saambring net vir jou Netblou!!!! Lekker!!!!
Posted by sakkie6yster (Centurion) Tuesday, July 20, 2010 - 11:37
7. Sakkie6yster,

Jy weet natuurlik waar gaan die stuk drek eindig - kan nogal pynigend wees.

Bloumense is maar stil so op 'n Di; bang vir die Cheeters of wat?
Posted by NETBLOU (Centurion) Tuesday, July 20, 2010 - 11:50
8. #4 . Die dae van die "Hoenderstallasies" en toe provinsiale en Sprinbok
spelers nog vir klubs gespeel het. Toe ons nog skool wedstryde en ander op die "B", "C', "D' en die "Solder" velde btgewoon het. Die "A" veld het wedstryde vanaf 11.00vm op dae wat provinsiale wedstryde gespeel was..ons het 'n "dag" daarvan gemaak. Ons seisoenkaartjies was destyds die geld werd.
Posted by Thurlow (Pretoria) Tuesday, July 20, 2010 - 11:58
9. There was a smattering of good and bad news for the Vodacom Blue Bulls as they regrouped after their Absa Currie Cup loss to the Sharks on Saturday to prepare for this weekend’s big game against the Free State Cheetahs at Loftus Versfeld.

While there were still several battered and bruised bodies from the Durban loss, the Bulls were happy to hear that former Northampton Saints lock Juandre Kruger will be fit to take his place in the squad after missing the Sharks game with a shoulder injury.

But the news wasn’t that good as it seems Bok midfielder Jaco Pretorius and promising flanker Ockie Kruger will only be ready in a week or two. There was some hope that Pretorius, who is recovering from a foot operation, and Kruger, who has a hamstring strain, would be ready this week, but team doctor Org Strauss confirmed that was not the case.
Posted by Stapper (Pretoria) Tuesday, July 20, 2010 - 12:29
10. Juandre Kruger behoort 'n groot verskil te maak, ek sien ook Nico Breedt is uit met 'n nek besering.

Loftus behoort ook 'n groot verskil te maak, al wat ons manne kort is ons ondersteuning kom Saterdag!!
Posted by sakkie6yster (Centurion) Tuesday, July 20, 2010 - 12:37
11. Ek sien Robert du Preez het gister verjaar. Ek onthou in 1991, my eerste jaar op Tuks het hy in Kings Highway in a woonstel gebly. Hy het 'n Porch gery maar geen gordyne voor sy woonstel se venters gehad nie. En dan verjaar tjaart Marais more, hy het saam met Robert van Wes Transvaal oorgekom destyds, hy was die losskakel wat 'n glasoog gehad het.

Goeie ou dae!!! Era voor profesionele rugby.

Ek het weer na die game van Saterdag gekyk. Ek stem saam oor Dippenaar, hy moet wakker word. Ek wonder of dit nie beter sal wees as GvdH linker vleuel toe skuif nie. Selfs met Morne Steyn, kry die linker vleuel meer balle, aangesien die maklike-natuurlike rigting vir regs-handiges (losskakel en skrumskakel) is om na links te speel. Wat dink julle?
Posted by Bosveld (Stellenbosch) Tuesday, July 20, 2010 - 13:25
12. Baie interessante observasie Bosveld... ek dink dit help as jou linker vleuel 'n goeie linker been het, maar ek glo nie ons het in elke geval 'n ander linker vleuel op die oomblik met 'n linker skop skoen nie?

Hopenlik gaan GvdH 'n bietjie meer werk soek teen die Cheeters. Albei die Bulle en die Bokke behoort 'n beter kans te staan hierdie naweek, die vraag is, gaan hulle kan wen?
Posted by sakkie6yster (Centurion) Tuesday, July 20, 2010 - 13:42
13. Bosveld - Ek het 1 keer teen daai selfde Tjaart Marais met die glasoog krieket gespeel - dit was 'n middag/aand game en hy het ons behoorlik opgevoeter (ek was toe nog 'n matriek laaitie, maar het vir 'n Noordelikes gespeel - ek dink hy het vir Quins gespeel) - anyway ek moes op punt veldwerk doen en hy het soveel balle na my toe gekap...die meeste het verby my gevlieg, maar die wat ek kon voorkeer het naderhand 'n aartjie in my hand gebars!!!! Uiteindelik het ek hom darem skoon geboul, maar nie voordat hulle omtrent 250 in 30 boulbeurte geslaan het nie... glasoog of de nie - hy kon 'n krieketbal moker!!!
Posted by zet (Pretoria) Tuesday, July 20, 2010 - 14:16
14. S6Y,

Ja ek weet nie of die linker voet so noodsaaklik is nie. Ek dink persoonlik moet hulle kyk watter vleuel het die meeste in hom, en gebruik hom op linkervleuel. Gaan dink bietjie oor die linkervleuels van die verlede. Carel du Plessis, Joe Roff, Tony Underwood, Bryan Habana (hehe), Jacques Olivier. Dalk is ek verkeerd. Ek dink nie die Bulle het so sleg gespeel teen die Sharks nie, die Sharks het net meer intens en met meer honger gespeel. Ek dink die Bokke gaan BAIE BAIE beter speel met Ruan Pienaar en Aplon in die span.

Zet, ja Tjaart Marais was 'n besonderse sportman. Dink net hoe sou hy gespeel het as hy altwee oe gehad het. Maar ek kon nooit vat kry aan Robert du Preez nie. Snaaks dat NTvl daai tyd sulke irriterende skrumskakels gehad het, vat maar vir Johan Roux. Ek wonder altyd wat van Coenraad Groenewald geword het, hy was soos Joost (ook in Joost se tyd 'n game of twee gespeel vir BB). Hy was baie belowend, maar toe het Fourie op die voorgrond getree. Dankie tog.
Posted by Bosveld (Stellenbosch) Tuesday, July 20, 2010 - 14:53
15. DROP JACQUES LOUIS POTGIETER NOW EN SPEEL BRUMMER FOR NEXT YEARS SUPER 15!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Posted by Muzi (Johannesburg) Tuesday, July 20, 2010 - 15:12
16. MIDDAG AL DIE BLOUES, EK ONTHOU LOFTUS NOG TOE DIE OOP KANT NOG GROND WAS MET DIE STAAL AFSKORTINGS, TOE WAS DAAR , LAERSKOOL ,HOERSKOOL, O/19 , KLUBRUGBY, DIT HET AL HIER OM EN BY 10UUR DIE OGGEND BEGIN, HEELDAG RUGBY ,KAN ONS TOG ASB NIE WEER TERUGKEER NA DIT.
Posted by phillip (STRAND) Tuesday, July 20, 2010 - 15:38
17. Sjoe Phillip nou gaan jy darem vêr terug - na die dae toe Wonderboom nog 'n potplant was.
Jimmy, mooi raakgevat.
Ek kan verstaan almal is nou kwaad omdat JLP Shardientjies toe gaan, maar tog seker nie nodig om hom nou te kruisig nie. Stem wel saam hulle moet Brummer nou begin speeltyd gee dat hy kan "groot" word vir groot rugby.
Posted by NETBLOU (Centurion) Tuesday, July 20, 2010 - 16:30
18. Nobody is crucifying jlp i just think it's time brummer starts to play so he can get ready for next year.We know what jlp offers give brummer game time asseblief for the sake of next year!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Posted by Muzi (Johannesburg) Tuesday, July 20, 2010 - 17:29
19. NETBLOU, toe General Motors nog Corporal Motors was en Paul Kruger nog vir Diggers rugby gespeel het...
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Tuesday, July 20, 2010 - 17:45
20. Jimmy, nee toe moes mens nog Ellispark toe gaan. Loftus het bietjie later eers gekom. Nadat oom Paul reeds opgehou rugby speel het.
Phillip ek onthou daai dae nog goed. Maar ek onthou ook die staanplekke op die oos-paviljoen. Ons het altyd met toetse daar "gesit". (Dit was al wat ons kon bekostig). Ek sê sit, want as jy durf staan het die mense agter jou, jou met nartjies gegooi. Party ouens het hulle lemoene uitgesuig en dit dan vol grond gemaak en jou daarmee gegooi.
En met toetse het ons eers by kerkplein tou gestaan vir kaartjies, later, op die dag van die toets, by Loftus om die beste "staanplek" te kry. Beide kere deur die nag.
Ja, dit was die "goeie" en "lekker" ou dae. Amper verlang ek terug daarna.
Posted by Rifrug (Richardsbaai.) Tuesday, July 20, 2010 - 19:13
21. Jislaaik, party mense is rerig oud. Ek moet geskeidenisboke gaan naslaan om foto's van daardie tydperke te sien.
Posted by Stapper (Pretoria) Tuesday, July 20, 2010 - 21:59
22. Bloubulbloggers – TDM telbord na rondte 2. In volgorde: Posisie, TDM, blognaam.

01 – 07 - Zet
02 – 10 - Bergbok
03 – 21 - CC
04 – 23 - BBB08
04 – 23 - Bloubefoeterd
04 – 23 - Bloubosvelder
04 – 23 - Jimmy
04 – 23 - MR T
09 – 24 - B1
09 – 24 - Bl@de Runner
09 – 24 - bloubulbilling
09 – 24 - Frik
09 – 24 - hammer01
14 – 25 - BlousteBlou
15 – 27 - Bloumens
15 – 27 - CR
17 – 29 - Jou_Ma
17 – 29 - LB
19 – 31 - Blou-is-Baas
20 – 33 - Bulzak
20 – 33 - GreGorGy
20 – 33 - Lekkerblou

In ‘n poging om die kompetisie mededingend te hou, het ek ‘n perk van 20 geplaas op die punte waarmee ‘n blogger per rondte gepenaliseer kan word.
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Tuesday, July 20, 2010 - 22:36
23. Ek het daardie dae van Kempton Park afgery met die trein as 'n skoollaaitie, dan van Pta statsie afgeloop Loftus toe,al die games gekyk en dan weer teruggeloop stasie toe om trein te vang terug Kempies toe. Games het toe nog vyf-uur opgehou, ses-uur was ek by die stasie ne sewe-uur by die huis. Lekker sports gehad daai tye...
Posted by Bloubloed (Meyerton) Wednesday, July 21, 2010 - 06:44
24. Net om by te voeg, my gunsteling klubspanne was Harlequins en Tukkies, is vandag nog, sou baie graag 'n trui van die twee klubs wou hê maar het nie die voorreg gehad om in Pretoria te bly om daar te speel nie.
Posted by Bloubloed (Meyerton) Wednesday, July 21, 2010 - 06:46
25. Jimmy, ek sien zet is al weer voor.
Een van die tien goue reëls van die aandele beurs is:- "If you are making money on the stock exchange when everybody else is losing, maybe you don't understand the situation."
Dink jy zet weet waaroor dit gaan? lol
Posted by Rifrug (Richardsbaai.) Wednesday, July 21, 2010 - 08:08
26. net blou=rifrig, nou praat ek van 1964 toe ek in die lugmag was op 10 LD SAAM MET FRIK DU PREEZ, PISTON VAN WYK
Posted by phillip (STRAND) Wednesday, July 21, 2010 - 08:15
27. STAPPER, JONG AS JY NOG BEWE SOOS N HOND WAT GIF INGEKRY HET AS JY N MOOI VROU SIEN IS JY GLAD NOG NIE OUD NIE, DIE JAAR TAL IS MAAR NET N NOMMER
Posted by phillip (STRAND) Wednesday, July 21, 2010 - 08:22
28. #25 Ou Rifrug - jy't my met die S14 ook gekasty.... ek's maar net lucky ...dis al!!!

PS: Die kompetisie is nog lank en onvoorspelbaar :)
Posted by zet (Pretoria) Wednesday, July 21, 2010 - 08:51
You need to upgrade your Flash Player
Happy birthday to:
1 Sept. - Jan Ackermann
2 Sept. - Danie Coetzee
2 Sept. 1930 - Thys Doubell
2 Sept. 1930 - Willie Els
2 Sept. 1930 - B Esterhuizen
2 Sept. - Corné Fourie
2 Sept. - Jacques-Louis Potgieter
2 Sept. 1930 - Dave vd Merwe
3 Sept. - Paul Botes
3 Sept. - Nico Engelbrecht
3 Sept. - Kobie Kidson
3 Sept. - Johan Roets
4 Sept. - Vincent Gwavu
4 Sept. - Pieter Meyer
5 Sept. - Oupa du Piesanie