|
|
|
 |
|
 |
|
Late try secure Vodacom Blue Bulls bonus point in Durban loss
18 July 2010 (07:30)
A late try by winger Gerhard van den Heever and a well-taken conversion by fly half, Jacques-Louis Potgieter, earned the Vodacom Blue Bulls a valuable bonus point in a 34-28 defeat against the Sharks in Durban on Saturday.
Eight tries were scored, five of them going to the Sharks and three to the Blue Bulls in a Absa Currie Cup match where the score and fortunes fluctuated throughout.
The Blue Bulls were however mostly catching up after an early 5-0 lead.
The Sharks were sharper and hungrier than the Blue Bulls who started off well but then were put under pressure by the running from the breakdown and mistakes.
The Bulls had problems clearing from the scrums, despite being strong in this area.
Missed tackles by the Bulls also contributed to their woes. Likewise the Sharks too often missed their passes or took the wrong options in a match that was fast, furious and exciting but not always of good quality.
The Sharks deserved their narrow 10-8 lead at the break.
When first Lwazi Mvovo and then Keegan Daniel rounded off outstanding team tries and took the lead to 13 points at 24-11 the Blue Bulls were in trouble.
The visitors' pack then took control as only the Bulls can, and Dean Greyling scored a try built on patience and power (24-18).
Another Bulls sortie from the forwards saw a Potgieter penalty shrink the lead to only three points (24-21) with nine minutes to go.
Mvovo scored the bonus point try and Keegan Daniel scored a great solo try after a kick ahead.
At 34-21 it was sealed, but more good work by the forwards worked Van den Heever over for some reward.
Scorers:
Sharks – Tries: Lwazi Mvovo (2), Keegan Daniel (2), Craig Burden. Conversions: Patrick Lambie (3). Penalty: Lambie.
Blue Bulls: Tries: Gerrit-Jan van Velze, Dean Greyling, Gerhard van den Heever. Conversions: Jacques-Louis Potgieter (2). Penalties: Potgieter (3).
The Blue Bulls u.21 team had some better fortunes in the Shark Tank, beating their counter parts 20-16. The Sharks lead 16- 5 at half time.
Scorers:
Blue Bulls – Tries: Justin van Staden, AJ le Roux, Clayton Blommetjies. Conversion: Van Staden. Penalty: Marnitz Boshoff.
Sharks – Try: Meyer Swanepoel. Conversion: Willie du Plessis. Penalties: Du Plessis (3).
|
|
|
|
 |
|
 |
|
| Blog |
|
1. Die O21 en O19 het darem gewen.
Posted by Stapper (Pretoria) Sunday, July 18, 2010 - 08:17
|
|
2. Dit was 'n goeie wedstryd. Persoonlik het die Bulle vir my goed gelyk, maar die Sharks het verdien om te wen.
Ek dink nie daar is veel verkeerd met die Bulle nie. Hulle het slegs twee swakpunte gehad - maar hierdie swakpunte het veroorsaak dat hulle nie voorlangs fisies kon domineer nie, en ook nie agterlangs die doodskoot kon toeken nie.
Die twee swakpunte is dan ook twee pare spelers, wat ongelukkig nie kon domineer teenoor die middelmatige spelers wat die Sharks in hierdie posisies gehad het nie.
Die twee pare is die slotpaar en die senterpaar. Die slotpaar het hul bes probeer, maar ongelukkig het ons met twee nommer 5 slotte gespeel, en terwyl ons lynstane dus bobaas was, het ons geen "grunt" in die enjinkamer gehad tydens die vastelos nie. Dus het ons vir meeste van die wedstryd verdedig, en kon ons kookwater losvoorspelers nie tot hul reg kom nie.
Steenkamp het vir my hard probeer - binne sy beperkinge - maar Mabeta is vir my nie fisies genoeg nie.
Alhoewel, dit is dalk onregverdig om hulle te oordeel aangesien albei van hulle gewoonlik 'n Matfield rol eerder as 'n Bakkies rol vervul. Vir my het ons beter gelyk toe daai groot onbekende slot in Mabeta se plek opgekom het - al het hy Gary se bal aangeslaan toe ons feitlik op die doelyn was.
Ons mis vir Flip, en ek hoop ons kan daar 'n plan maak - dalk as Kruger terug is.
Die ander probleem is meer ernstig, en dit is in die middeveld.
Hierdie twee sentertjies van ons sukkel om die stap na die hierdie vlak te neem. Watermeyer het goeie vaardighede, maar sy verdediging is maar so-so, en daardie aanslaan van hom in die laaste 10 minute toe ons na omtrent 20 fases in die Sharks se kwartgebied was het ons die game gekos.
Ons het nie iemand wat in die volgende 2 jaar by Olivier sal kan oorvat nie, en dit bekommer my ietwat.
Dan is daar Dippenaar, en hierdie ou is vir my 'n enigma. Hy het al twee jaar terug sy debuut vir ons in die S14 gemaak, en heel skaflik vertoon. Maar sedertien het hy na my mening agteruitgegaan, en nou sukkel hy om gapings te slaan teen 'n powere middeveld soos die wat die Sharks gister op die veld gehad het.
Wat die buitesenter probleem nog erger maak is dat Pretorius meer beseer is as wat hy kan speel. Ons gaan dringend hier 'n plan moet maak.
Die ligpunte was menig - Dean Greyling is 'n monster, Gary Botha was beter as ons Bok kaptein - weereens - en die Stander kereltjie lyk baie belowend.
Hierdie Bul span kan dit ver bring, en ek is nie te bekommerd oor hierdie verlies nie. Maar dat ons gebreke het is gewis, en ek is nie seker hoe Frans en Heyneke dit in die korttermyn gaan kan oplos nie.
Go Bulle!
Posted by Shannow Sunday, July 18, 2010 - 09:38
|
|
3. Wat was die tellngs Stepper????
Posted by Bergbok (Suid-Afrika vir altyd) Sunday, July 18, 2010 - 10:04
|
|
4. Sorry, Stapper...
Posted by Bergbok (Suid-Afrika vir altyd) Sunday, July 18, 2010 - 10:06
|
|
5. Dankie vir 'n goeie stukkie kommentaar, Shannow.
Posted by hout (Stellenbosch) Sunday, July 18, 2010 - 10:16
|
|
6. Ja,ek is sommer lekker vies vanoggend.....Hoekom word ons spelers ALTYD GE-GEEL KAART,MAAR DIE ALL BLACKS EN AUSIES KOM MET MOORD WEG???IS DIT OMDAT DAAR N KLOUSULE IN DIE KONTRAK IS DAT NET SA SE SPELRS CECITE MAG WORD??Oregan Hoskins......hulle (ZANZAR) lei jou lekker aan die ore rond??HOEKOM IS RAY RANGER NIE GECITE NIE???? Ek dink dis tyd dat SA uit hierdie kompetisie "PADGEE" en hul SPELERS weer vir die CB beskikbaar stel??Dan hoef ons NIE WEER te se...."Ja MAAR ONS TWEEDE SPAN HET TEEN JULLE GESPEEL NIE??"Die Bulle sou dan gister die Sharks opgefrommel het!!!
Posted by Bergbok (Suid-Afrika vir altyd) Sunday, July 18, 2010 - 10:33
|
|
7. O-21: 20-16 O-19: 25-15
Posted by Stapper (Pretoria) Sunday, July 18, 2010 - 11:06
|
|
8. Om die slotposisie regtig te verstaan is die rangorde volgens my mening soos volg: Enforcer slotte: 1) Bakkies Botha 2) Danie Rossouw 3) Flip vd Merwe 4) Juandre Kruger 5) Berend Botha
Lynstaan slotte: 1) Vicor Matfield 2) Wilhelm Steenkamp 3) Fudge Mbetha. 4) Cornel Hess van die O-21 span.
Verkieslik wil 'n mens met 'n enforcer en 'n lynstaan slot begin met 'n enforcer op die bank. Die Bulle se probleem is dat hulle eerste vier enforcer slotte nie beskikbaar was nie.
Posted by Stapper (Pretoria) Sunday, July 18, 2010 - 11:14
|
|
9. Wat 'n misrabele dag gister. Eerstens die Bokke. Ek het nog altyd vir John Smit opgekom in die verlede, na gister kan ek dit nie meer doen nie, ek dink hy is oor die muur. CJ vd Linde speel net op reputasie, hy was pateties gister. Wat kan mens oor PdeV se goue seun sê? Seker niks wat nie alreeds gesê is nie. Ruan Pienaar het 'n groot verskil gemaak toe hy opkom. Jaque Fourie was vir die hoeveelste keer vanjaar swak en die kombinasie met Wynand Olivier werk nie. Hoekom neem almal dit as vanselfsprekend aan dat Wynand moet plek maak vir Jean de Villiers? Hoekom kan Wynand en Juan de Jongh nie 'n slag saam op senter speel nie? Wynand het myns insiens 'n goeie toets gehad gister en Juan de Jongh is nie sleg nie. Ons het in elk geval niks om te verloor nie, die Drienasies is klaar in sy maai. Ek is bly Jean is geskors, dit beteken hy kan nie volgende Saterdag speel nie. Hy speel op die oomblik swak rugby, punt. Die feit dat hy dit op vleuel doen moet nie as verskoning gebruik word nie, hy speel swak, klaar. En dan, maak nie saak hoe 'n groot ondersteuner ek van hom is nie, Pierre Spies sal ernstig moet besin oor sy rugby. Hy is 'n fantastiese atleet, maar hy kan nie net altyd met die bal wil hardloop nie. Partykeer moet 'n ou bereid wees om die "vuil werk" ook te doen, en hy doen dit beslis nie. Myns insiens kan Gurthro, BJ, Victor, Danie en Schalk, onder die voorspelers, tevrede voel met hulle spel. In die agterlyn kan Mornè, Wynand en Zane redelik tevrede wees. Dit is 8 uit 16, nie baie goed nie, 9 uit 17 as ons Ruan bytel. Vir die mense wat kla oor Danie se geelkaart en Jean se skorsing. Jy skop nie 'n ou op die veld nie, al is dit nie baie hard nie, en jy boorvat ook nie 'n ou nie. Vra maar vir Gerhard vd Heever. En al was die skeidsregter (meer daaroor later) nie goed nie, dit was verseker nie sy skuld dat daar 4 of 5 "tackles" op Israel Dagg gemis is nie. Tweedens, die Bulle. Die telling vlei ons. (Hoeveel keer gaan mens dit kry dat 4 drieë nie toegeken word nie?) Die sharks was ons heeltemal oor. Besluitneming en verdediging het veel te wense oorgelaat. Verseker as jy 3 punte agter is met 9 minute speeltyd oor, speel jy in die ander span se kwartgebied? Daar was geen enkele sharks speler agter nie en die hele linkerkant van die veld was oop. Sekerlik skop jy dan die bal veldaf en jaag hom? Maar wat doen die Bulle? Hulle probeer met die bal op hulle eie doellyn hardloop, met katastrofiese gevolge. Ek kan nie saam met Shannow stem oor die senters nie, ek dink nie hulle was so sleg nie. Jacques-Louis Potgieter het nie 'n goeie wedstryd gehad nie en ek kan nie verstaan hoekom hy nie op 'n stadium vervang is nie. (Hy het darem die laaste doelskop, van die kantlyn af, oorgeskop en sodoende vir ons 'n bonuspunt verseker). Gerhard vd Heever moet sekerlik die luiste vleuel in die land wees. (Jy kan nie 'n wedstryd 80% van die tyd 50 meter van die aksie af speel nie, sefs al is jy 'n vleuel). 'n Vraag aan Frans Ludeke. John Mametsa is binne die eerste 5 minute beseer en Pietersen was hom totaal oor. Hoekom is hy eers diep in die tweede helfte vervang? Shannow, jy praat oor die senters wat volgens jou so swak was. Wat van meneer vd Westhuizen? Die sharks ondersteuners wou hulle vrek lag oor die manier wat Mvovo hom afgestamp het. Ek stem saam dat die slotte, veral Fudge Mabeta, nie so goed was nie. Maar ter versagting, hulle het teen 2 bleddie goeie slotte gespeel. (Cornell Hess het my glad nie beïndruk by die onder 21's nie. Ditto Rossouw de Klerk, by wie ek baie meer verwag het). Ek vra om verskoning aan Gerrit-Jan van Velze, ek dink hy het 'n baie goeie wedstryd gehad. Dan is ek bekommerd oor Werner Kruger, sy besering het ernstig gelyk, dit lyk of dit sy enkel kan wees. Wes-Transvaal Blou Bul, ek dink Gary was beseer, hy het nie lekker gelyk toe hy afkom nie. Laastens, die skeidsregter of -regters. Daar was 4 Bul ondersteuners in die losie waar ek gesit het. Al 4 van ons het gedink die skeidsreger het die sharks bevoordeel deur foute van hulle oor te sien en die Bulle onnodiglik te straf. Die sharks ondersteuners het almal, sonder uitsondering, gedink hy het dit met die sharks gedoen. (En onthou, hulle span het gewen). Hoe gouer ons ophou kla oor die skeidsregters, hoe beter. Ons almal sien net wat ons wil sien. Ek is jammer as ek vrek negatif klink vandag. Ek is seker 'n oorwinning oor die cheetahs Vrydag aand gaan my laat beter voel.
Posted by Rifrug (Richardsbaai.) Sunday, July 18, 2010 - 14:50
|
|
10. Selfs soetwyn proe vandag bitter.
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Sunday, July 18, 2010 - 14:57
|
|
11. Hoop nie ons het ernstige beserings nie want ons het elke man nodig teen die raasbekke. Dean en Gary het briljante rugby gespeel, baie krag en hulle verdediging was uit die boonste rakke. Jaco vdW en Gerhard vdH.... is dit die beste wat ons het? JLP het 'n af dag gehad, hoekom bly Brummer dan op die bank sit. Nogtans bly my bloed blou en my wyn g'n bitter. Hierdie manne het staal gewys, die laaste paar minute het hulle onnodige foute begaan wat in punte vir die Sharks omskep is. Paar jong manne het hulle hande hoog en sterk opgesteek in die game
Posted by bulkalfi (Pretoria) Sunday, July 18, 2010 - 21:22
|
|
12. Ek is bly om te dien iemand sien wat ek sien. Gehard v d Heever wag net vir a "opportunely" on n drie te druk verder is hy no good. Hy is delinitief die luiste ou op die veld. Jaag balle teen 10% van sy spoed ensovoort. Mickien moet ons n jong outjie n kans gee wat will speel. Ons verdedeging bestaan glad nie behalwe vir n paar ouens. Verlede jaar in die super 14 het dit all gewys. Nou het ons nie die Bokke om te help om die game van agteraf te wen nie. Ons beter dit nou reg maaak ander hardloop die WP ons stukkend. Weet nie wanneer ons teen hulle speel nie maar daar kom moeilikheid.
Posted by Bull perd (Johannesburg) Monday, July 19, 2010 - 07:27
|
|
13. middag al die bloues, stem saam met bulperd dat ons verdediging swak is en dit gaan ons nog kos, op die oomblik kan ek nie sien hoe ons gaan driee druk ,as ons naby die doel gebied is en daar kom niks van, verloor of gooi die bal sonder om seker temaak daar is iemand wat kan opvolg.
Posted by phillip (STRAND) Monday, July 19, 2010 - 13:07
|
|
14. As JL Potgieter so wil speel moet hy sommer nou al Sharks toe.Stem saam met Bullperd oor v/dHeever, hy staan net rond, geen dekverdediging en neem glad nie deel aan algemene spel nie. Bees Roux is maar flou,senters ook so-so. Kom Bulle ons sal moet baaaie beter want as al hulle driee getel het was dit `n lelike storie.
Posted by Bully (Pretoria) Monday, July 19, 2010 - 13:51
|
|
|
|
You need to upgrade your Flash Player
|
|
|
|
Happy birthday to:
1 Sept. - Jan Ackermann
2 Sept. - Danie Coetzee
2 Sept. 1930 - Thys Doubell
2 Sept. 1930 - Willie Els
2 Sept. 1930 - B Esterhuizen
2 Sept. - Corné Fourie
2 Sept. - Jacques-Louis Potgieter
2 Sept. 1930 - Dave vd Merwe
3 Sept. - Paul Botes
3 Sept. - Nico Engelbrecht
3 Sept. - Kobie Kidson
3 Sept. - Johan Roets
4 Sept. - Vincent Gwavu
4 Sept. - Pieter Meyer
5 Sept. - Oupa du Piesanie
|
|
|
|
|
|
|