|
|
|
 |
|
 |
|
Vodacom Blue Bulls start Currie Cup defence with convincing win
10 July 2010 (09:55)
The Vodacom Blue Bulls cruised past the Barloworld Toyota Pumas on Friday night, beating their easterly neighbour 38-15 in the opening match of the 2010 Absa Currie Cup competition.
The defending champions Blue Bulls, playing without 15 Springboks that were available for the Super 14 final five weeks ago, scored five tries to two and ran up a 31-3 lead before a fight back by the visitors saw them clinch a try before halftime.
In a game of few highlights and 26 penalties/free kicks the sides went into the break with the Blue Bulls 31-10 up and already with a bonus point in the bag. They dominated play after the restart but player replacements and good Pumas defence combined to keep the Blue Bulls scoreless in the second half until the 70th minute when they stretched the lead to 38-10.
The Pumas had little of the ball and relied on their defence more than anything to keep the score down.
Referee Stuart Berry penalised the Blue Bulls endlessly - and there must be a fair amount of frustration in the Blue Bulls camp because of the way they were penalised while opposition tacklers clung on or didn't roll away.
Despite 15 penalties and free kicks to the Pumas no yellow cards were issued.
Scorers:
Blue Bulls 38 (31). Tries: John Mametsa (2), Stefan Watermeyer, Dean Greyling, Stephan Dippenaar, Deon Stegmann. Conversions: Jacques-Louis Potgieter (3), Francois Brummer.
Pumas 15 (10). Tries: Tian Meyer, Alistair Kettledas. Conversion: Ricardo Croy. Penalty: Croy
- The Blue Bulls u.19-side also were far too strong for their opponents, the Griffons and smashed them 71-5 in the opening match of the Absa u.19 competition. The Blue Bulls were up 35-5 at the break and did not let up in the second half either.
Scorers: Courtnall Skosan, Pieter van der Walt, Lean Schwartz, Bongi Mbonambi, Juan Schoeman, Zander Redelinghuis, Franco Maritz, Pieter Oosthuyzen (2), Lohan Jacobs (2). Conversions: Pieter van der Walt (8).
|
|
|
|
 |
|
 |
|
| Blog |
|
1. Soos die Bulle!
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Saturday, July 10, 2010 - 10:16
|
|
2. John Smit en Ricky January is nou sonder twyfel die swakste spelers in hulle posisie! Twee drieë van swak planlose skoppies. Nie een van hulle kan verdedig nie. January probeer sy naby stormramme doodgooi. Klein walvis kan nie by die spel kom nie, en hy kan nie eens die bal ingooi nie. Dis tyd vir die twee chubbies om te gaan.
Posted by Judge (Middelburg Mpumalanga) Saturday, July 10, 2010 - 10:26
|
|
3. Die mekeniek sal nie uitgelaat word nie.
Posted by Stapper (Pretoria) Saturday, July 10, 2010 - 11:22
|
|
4. No excuses vir die Bokke se verloor.
Die all Blacks het eenvoudig die bal vd voorpselers en vaste fasette weg gehou met vinnige lynstane en deur die bal aanhoudend aan die lewe te hou, slim agterspel wat ons verdediging die heeltyd oorhoops gehad het en mens kan nie aanhoudend teen 10 agtereenvolgende fases verdedg nie.
Daarenteen kon die Bokke nooit jaloers genoeg op ons eie besit waak nie en die tye wat ons wel fases opgebou het het ons goed gelyk, maar te veel turn overs en nie fisiek genoeg by rucks nie het ons game gekos. Ons kan nie los speel tee die All Blacks nie, hulle gaan ons doodhardloop, en dis presies wat ons vir groot gedeeltes nie kon regkry nie.
Plus, Bakkies se dom fout (wat hom weer 3-4weke langs die kantlyn gaan hou) het ons tien minute gekos en in daardie tyd is ons sielkundig van die veld af gespeel van 3-3 na 3-13 toe.
Probeer maar weer volgende keer. Daag net op.
Posted by mossel (Hout Bay) Saturday, July 10, 2010 - 11:25
|
|
5. Jimmy, hier is een vir Ricky:
I am sad to say, I am on my way, I had to leave the Bokke team in Eden town.
Posted by Stapper (Pretoria) Saturday, July 10, 2010 - 11:26
|
|
6. "They dominated play after the restart but player replacements and good Pumas defence combined to keep the Blue Bulls scoreless in the second half until the 70th minute when they stretched the lead to 38-10."
Het die Pumas dan nie ook spelers vervang nie? Ronnie Uys het die Bulle behoorlik aan hom laat hang as hy die bal kry.
The Pumas had little of the ball and relied on their defence more than anything to keep the score down.
Ekskuus webbie, maar die game wat ek gekyk het het die Bulle 18% vd tyd in hul (Pumas) kwartgebied gewees en die Pumas 22% in die Bulle s'n. ons het vir lang rukkie nooit die bal gesien nie en moes behoorlik verderdig. was dit nie vir aanslane nie, was die telling definitief closer as 15-38.
Posted by mossel (Hout Bay) Saturday, July 10, 2010 - 11:30
|
|
7. Die toets is verloor by die los voor spelers ons mis vir Brusow, Fourie du P en Briekmerk ons kan ook nie toelaat dat die A B ons intimideer en dan kop verloor nie .Jean Div het misluk ,Olievier beste verdediger op die veld .
Posted by B~B~B (Benoni) Saturday, July 10, 2010 - 11:31
|
|
8. NZ het met mmord weggekom. Obstruksie by die afskoppe onkant en vertraging van besit. TS hiervan is die Bokke uit hulle boots uit gehardloop deur 'n AB span wat op die dag briljant was.
Of hulle weer so 'n vertoning kan gee weet ek nie maar vandag wou hulle teen alle koste wen en alles het hulle way gegaan.
Volgende week het ons weer 'n kans en sal maar net harder moet probeer.
Ons loosies is te lig en al het Schalk twee keer aangeslaan was sy verdediging goed. Hy en VM en WO en BH veral.
Try maar weer volgende week.
Posted by bloubefoeterd (Pretoria) Saturday, July 10, 2010 - 11:43
|
|
9. Post 5: Mag dit so wees Stapper, dis hoeka tyd dat hy loop snoek vang.
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Saturday, July 10, 2010 - 12:28
|
|
10. Wel, ek veronderstel 'n wen is 'n wen, veral as daar nog 'n bonuspunt ook by is. Maar, daar lê beslis harde werk voor as die Bulle die Curriebeker wil wen. Aan die positiewe kant moet ek sê ons agterlyn was giftig in die eerste 20 minute, en ek het gedink ons losvoorspelers (flanke) was ook uitstekend. Maar wat het ewe skielik met die skrums gebeur? Lyk my ons is terug waar ons verlede jaar was. Gurthro kan tog sekerlik nie so 'n verskil maak nie? Ek wonder ook of Gerrit-Jan van Velze werklik al die stappie op gemaak het. En, jammer Mossel, ek dink nog steeds Gerhard van den Heever is die mees "over-rated" vleuel in die land. Maar, nou ja, ek veronderstel, enige wen is 'n goeie wen. Hoe minder mens oor die springbokke sê hoe beter. Ek glo vas dat dit volgende week beter sal gaan. Kan Bakkies nie iewers berading kry nie? So 'n fantastiese speler, maar hy is deesdae 'n groter las as 'n bate vir sy span. Wat 'n jammerte dat hy blykbaar nie kan of wil leer nie.
Posted by Rifrug (Richardsbaai.) Saturday, July 10, 2010 - 14:11
|
|
11. Ek hoop dit bly hierdie keer staan ????
Posted by Bergbok (Suid-Afrika vir altyd) Saturday, July 10, 2010 - 16:07
|
|
12. Jammer om dit te sê maar Bakkies Botha het intensiewe berading nodig of moet besluit om te gaan boks of rofstoei te gaan speel. Gustro en Wynand het hulle harte uit verdedig maar ons moet dit maar herken dat die AB op die dag beter aangeskakel was as ons. Die verloor maak seer maar ons sal weer Saterdag opstaan. Geluk Bulle met die wen maar daar lê nog baie harde werk vir ons voor as ons teen die Sardyntjies wil wen. Voorspoed vir die week wat voorlê.
Posted by Blouklip (Despatch) Saturday, July 10, 2010 - 19:16
|
|
13. Stapper, nog so ‘n bietjie Eden Town vir Ricky wanneer hy vanaand bed toe gaan:
Sounds of laughter everywhere, and the nightmares swing to and through...
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Saturday, July 10, 2010 - 19:56
|
|
14. Nou weet ek ook hoekom Bakkies altyd langs die kantlyn kniel..Hy Bid"ASB HERE MOET MY NIE WEER VAN DIE VELD AFJAAG NIE"??
Posted by Bergbok (Suid-Afrika vir altyd) Saturday, July 10, 2010 - 20:29
|
|
15. Geluk met jou span Bergbok, dit lyk darem nie of hulle heel laaste sal eindig nie.
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Saturday, July 10, 2010 - 20:58
|
|
16. Die probleem wat Bakkies het is dat hy geskors word elke keer as hy voor 'n tug komitee verskyn. Hy gaan gelukkig wees om met minder as ses weke weg te kom. Dit beteken hy sal feitlik vir die res van die drie nasies nie weer speel nie.
Posted by Stapper (Pretoria) Saturday, July 10, 2010 - 21:04
|
|
17. Maksimum straf vir 'n kopstamp is 12 weke maar jy kan vir 2 jaar gestraf word
Posted by Wes-Transvaal Blou Bul (Noordwes) Saturday, July 10, 2010 - 21:21
|
|
18. Ek wil nou nie dom klink nie WTBB, maar hoe bedoel jy?
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Saturday, July 10, 2010 - 21:34
|
|
19. Miskien moet die Sharks eerder hulle naam verander na Babers of iets. Nee wag, eerder Modderbekke, Babers is hopeloos te vreesaanjaend vir hierdie lot clueless, choker, clowns.
AL WAT JY SIEN IS DIE BLOUMASJIEN!!!!!!!!!!
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Sunday, July 11, 2010 - 02:08
|
|
20. Bakkies het 9 weke skorsing gekry.
Posted by Undertaker (Death Valley) Sunday, July 11, 2010 - 04:43
|
|
21. Ek het weer na die Bakkies voorval gekyk. Ek dink nie 9 weke is toepaslik nie, want dit beteken dat hy voor die einde van die jaar wéér kan speel en wéér 10 minute in die sin bin gaan sit, en wéér geskors word omdat hy in 'n regte vuiluil ontaard het wat lyk of hy geskors wil word.
Posted by Jou_Ma (Centurion) Sunday, July 11, 2010 - 07:55
|
|
22. More mense
Die Bokke was swak op die dag. Die AB wou wen teen alle koste en ek dink John Smit en Ricky January hoort nie daar nie. Lyk in elke geval of Victor die besluite oorgeneem het in die 2de helfde.
Bakkie moet asb uit die span gehou word, tot hy sy vuilspel kan staak. Laat hy Currie beker speel om deur die ding te werk of iets. Ek dink hy laaik om geskors te word...Kry hul pay, al is hul geskors?
En wat op die aarde soek Butch, ek-soek-skoor, James nog daar? Hy was 5 minute of so op die veld, toe waarsku die ref hom. Hy en Bakkies in een span beteken 13 spelers op die veld.
Geluk Bulle, dit was mooi, veral daai eerste 30. Maar het julle toe gaan rus? Met tyd gaan die agterlyn nog 'n lekker kombinasie vorm.
Posted by Blou-is-Baas (Drie Riviere ondersteun Bulls!!!!!) Sunday, July 11, 2010 - 09:12
|
|
23. Daar is geen verskoning of rede hoe die insluiting van "has beens that never were" soos James & January of selfs JS regverdig kan word nie. Wat het met BB gebeur?! Voor sy lang aftyd het hy in kerke en vir almal buite getuig oor sy Christenskap en hoe dankbaar hy is teenoor veral HM wat hom gehelp het om uit te styg bo "spannervalley" (sy eie woorde). Sy harde, onverksrokke spel het plek gemaak vir breinlose impulsiwiteit wat meebring dat hy elke paar maande so 30min rugby speel en geld kry vir wat- gholf speel? Hel, Bakkies, ek & miljoene ondersteuners hoop jy ruk jouself blitsvinnig reg sodat jy rugby kan groet op 'n waardige manier. Asseblief ou!
Posted by Bloubosvelder (Bosveld) Sunday, July 11, 2010 - 11:06
|
|
24. 'n Bietjie laat Bergbok, maar baie geluk met jou span. Ek reken van die top spanne is dit net WP en die Leeus wat na die 1e rondte heeltemal tevrede is.
Posted by Bloubosvelder (Bosveld) Sunday, July 11, 2010 - 11:08
|
|
25. Personally I think player 31 was outstanding in demonstrating how one can play a merry tune on an ordinary whistle. Perhaps someone should prsesent him with a "penny whistle" then he can play a non melodic kwela tune
Posted by Thurlow (Pretoria) Monday, July 12, 2010 - 07:31
|
|
26. More al die bloubul mense. Wen is 'n wen en ek het die game op Loftus geniet, dit was heerlik om weer daar te wees. Dink nie die manne het sleg gespeel nie, as jy vat hoeveel van ons sleutel spelers is by die Bokke, ek het hulle soms nie eers gemis nie. Dis die begin van die CC en die ouens moet nie nou piek nie, maar ek stem saam daar is werk te doen, maar nie ernstige probleme nie. Het gisteraand weer na die game gekyk en ek stem saam met Webbie, die ref was soms deurmekaar en nie konsekwent nie. Ek staan agter die manne, my bloed is te blou om my polse te kou!!!!!
Posted by bulkalfi (Pretoria) Monday, July 12, 2010 - 08:14
|
|
27. More Mense
Wil bietjie negatief vanoggend wees maar dit is uiters swak dat daar so min mense opdaag vir die eerste currie beker wedstryd op Loftus. Ons wil ons span vinnig kritiseer maar doen nie moeite as ware ondersteuners nie.
Ek het nog altyd vir Bakkies ondersteun maar genoeg is genoeg, saterdag het hy my regtig teleurgestel en sal ek defnitief nie hom as 'n voorbeeld wil he vir my seun nie. Ek dink hy moet nou maar oorsee gaan speel want hy doen meer skade aan sy eie span. Met al sy beserings en skorsings speel hy nou minder as Andre Pretorius en dit is min.
Posted by CC (Pretoria) Monday, July 12, 2010 - 09:05
|
|
28. More almal. Ek weet dis rugby hier, maar geluk Spanje. Jul kom toe en kelder my gunsteling en wen gisteraand na een lang game. Hemel, hoeveel tyd is werklik gespeel met die ekstra 2 minute en 3 minute na elke helfde?
Dit daar gelaat. CC, baie van die Bulle se ondersteuners kom uit ander gebiede as Pretoria. Om na werk uit Vereeniging die pad aan te durf Pretoria toe, deur Johannesburg en al sy padwerke is nie maklik nie. Om na die tyd weer terug te ry is ook nie altyd lekker nie.
Posted by Blou-is-Baas (Drie Riviere ondersteun Bulls!!!!!) Monday, July 12, 2010 - 09:35
|
|
29. bulle se eerste game lyk baie goed.Griekwas het die haaie weer teruggebring aarde toe.Die bokke se vleuls lyk bang vir tackle wil net onderskep die AB het dit geweet en jean vir pampoen gevoer met die eerste drie aplon sou baie beter gedoen het Louw lyk lig vir AB , waar is cj . Die arme skrum as danie craven geleef het sou sy fax gelees het skrum skrum skrum
Posted by bulperd (kimberley) Monday, July 12, 2010 - 09:47
|
|
30. Hoe minder ons sê oor Bakkies hoe beter. As groot BB ondersteuner kan ek egter nie met sy optrede saamstem nie, hy raak nou 'n groot verleentheid. Ons BB span het gespeel soos die S14 span aan die begin van die seisoen. Die eerste paar wedstryde uitstekende hardloop en ondernemende rugby en skielik van die 5e/6e wedstryd af in hulle dop gekruip met skoprugby. Die BB het Vrydag dieselfe gedoen. Eerste 30 min of wat goeie konstruktiewe hardloop rugby net om skielik hul spelpatroon te verander. Het Werner Kruger nie maar weer gewys hy is nie opgewasse vir die vlak nie? Dit was die eerste wedstryd en glo ek dat die BB hulself binnekort weer op volstoom gaan hê.
Posted by Buller (Port Elizabeth) Monday, July 12, 2010 - 10:07
|
|
31. Ek wonder of die meeste van ons nie maar aan rugby overdoze lei nie? daarom die lee paviljoene tydens die CC?
CC het die teelaarde geword wat strawwer as die vodacombeker is, maar nie op die vlak van super 14 nie. Ek dink dit wys in mense se belangstelling.
Posted by mossel (Hout Bay) Monday, July 12, 2010 - 11:07
|
|
32. Span wat die AB's sou kon wen (sou, want die span sal nooit gekies word nie)
15 Francois Steyn (ons beste heelagter) 14 Gerhard vd Heever (ons beste r-vleuel 13 Jacques Fourie (ons beste 13) 12 Wynand Olivier (ons beste 12) 11 Bryan Habana 10 Morne Steyn (ons beste loskakel) 9 Ruan Pienaar (ons 2e beste 9 - ander in die land het nie sy ondervinding nie) 8 Pierre Spies (ons beste 8) 7 Juan Smith (ons beste 7) 6 Schalk Burger (ons beste 6) 5 Victor Matfield (ons beste 5) 4 Flippie vd Merwe (ons 2e beste 4) 3 BJ Botha (ons beste vaskop) 2 Gary Botha (ons beste haker) 1 Guthro Steenkamp (ons beste loskop)
16 CJ vd Linde 17 Heinko vd Merwe 17 Bandise Maku 18 Danie Rossouw 19 Dewald Potgieter 20 Francois Houghaard 21Jacques-Louis Potgieter 22 Zane Kirchner
Posted by sakkie6yster (Centurion) Monday, July 12, 2010 - 11:49
|
|
33. Welgedaan Bulle. Goeie begin!!
Posted by Bloumens Monday, July 12, 2010 - 11:57
|
|
34. Webbie, by due CC log is daar `n probleem. As jy die volledige log oopmaak, wys die S14 se log nog. Maak reg asb.
Posted by Bloumens Monday, July 12, 2010 - 11:57
|
|
35. Dit is tyd dat Bakies nou maar Frankryk to gaan soos hy lankal wou. Dit is sy 3de skoring in 12 maande. Die oortreding raak al hou erger ook. Ek so hom vir n jaar geskors het. Om n ou vanagter met die kop te stamp is nog erger as vanvoor want die ou sien dit nie eens kom nie. Bakkies veroorsaak ook nou dat diei Bokke en Bulle weer gaan klasifiseer work as vuil spelers.
Posted by Bull perd (Johannesburg) Monday, July 12, 2010 - 12:22
|
|
36. P32. sakkie6, e pos daai span ssm vir SARU, PdV sodat veral lg kan sien hoe lyk 'n wenspan gekies deur iemand wat NIKS daarvoor betaal word nie! -) VM is seker jou kaptein, wonder bietjie oor HvM (17), of is weer op dreef? Al wie dan nog swaarder gaan kry as die AB is die Bloubulle!
Posted by Bloubosvelder (Bosveld) Monday, July 12, 2010 - 12:29
|
|
37. #31. Ek kla al 'n geruime tyd oor die swak ondersteuning by wedstryde anders as die S14 en die wat ons teen die groter unies speel. Die o/19, o/21, die amateurspan en die CC wedstryde kry maar power ondersteuning, selfs vanaf die president se losie is dit nie beter nie, wanneer die groot name teenwoordig is kan mens amper nie 'n kaartjie bekom nie.
Posted by Thurlow (Pretoria) Monday, July 12, 2010 - 13:00
|
|
38. Bloubosvelder, wie sou jy in die plek van Heinko kies?
Posted by sakkie6yster (Centurion) Monday, July 12, 2010 - 13:19
|
|
39. Sakkie6yster jy het 8 reserwes (2 nr. 17's) in jou span. So, Heinke vd Merwe is outomaties uit. Hy kon in elk geval nie eers die Lions se Super 14 span haal nie, en daar is beslis baie stutte wat voor hom in die ry is. Selfs 'n baie groot en (somtyds) eenogige Bul ondersteuner soos ek sal nie eers vir Gerhard vd Heever kies nie, inteendeel, ek sal hom nie eers vir die Bulle kies nie. En Jacques-Louis Potgieter? Bietjie gelukkig om daar te wees, is hy nie? Verder lyk jou span heel goed vir my. Kan in elk geval nie slegter doen as Saterdag nie.
Posted by Rifrug (Richardsbaai.) Monday, July 12, 2010 - 14:19
|
|
40. Rifrug, ek dink ons is elkeen geregtig op ons eie opinies en ek respekteer joune. Jy is reg oor Heinke, maar ek glo tog hy is een van ons sterker stutte, moet bieg ek was ook nie seker hoekom hy nie in die Lions se S14 span was nie, het gedink dit was oor beserings.
Ek verskil wel met jou oor vd Heever en Potgieter. Ek voel Potgieter is die volgende Springbok loskakel en vd Heever se statistieke vir die S14 vanjaar is veronderstel om genoeg bewys te wees as jy dit vergelyk met die res van die r-vleuels in die land.
Posted by sakkie6yster (Centurion) Monday, July 12, 2010 - 15:52
|
|
41. Laat ons eerlik wees, daar is nie regtig baie goeie vleuels in SA nie.
Posted by Stapper (Pretoria) Monday, July 12, 2010 - 15:57
|
|
42. Bul perd en Buller, wat ek ook nog in my agterkop onthou van Bakkies, is dat hy homself so bietje hooghartig gehou het toe hy vrygestel wou word van sy kontrak, om Frankryk toe te kan gaan. Hy het vertel hoe hy graag meer kultuur wil beleef, hoe moeg hy is vir die ouens wat net altyd braai, bier drink en 7de Laan kyk, en nie bietjie saam teater toe gaan nie. Ek gedra my eerder soos 'n gewone rugbyspeler langs die veld, maar ook op die veld. Nie soos 'n kultuursoeker in 'n hoër klas langs die veld, en 'n "sokker hooligan" op die veld nie. Ek wou nog nooit iets negatief van Bakkies hoor nie, het hom eintlik verdedig tot my eie nadeel, maar Saterdag was die laaste - tensy hy vir my wys dat iets geweldigs verander het. Ek dink eenvoudig nie ons kan die kans in die wêreldbeker vat om miskien in 'n kwartronde wedstryd uit te val a.g.v. 14 man teen 'n 15 man-span nie
Posted by BlousteBlou (Centurion) Monday, July 12, 2010 - 16:10
|
|
43. Rifrug
Stem saam met jou oor V H Heever.Potgieter is n goeie Currie Cup speler,maar dit is waar hy sal bly.Stefan Dippenaar is vir my die grootste teleurstelling van die jong klomp.Soveel bohaai is al oor hom gemaak ,maar het nog nooit deliver nie.Speel baie halfhartig.
Posted by Lekkerblou (Durbanville) Monday, July 12, 2010 - 16:13
|
|
44. Goeie punt wat jy maak Stapper. Bryan is ook beslis nie meer die speler van ouds nie... ek glo wel dat Jean de Villiers bewys het dat hy ook nie op vleuel moet speel nie.
Posted by sakkie6yster (Centurion) Monday, July 12, 2010 - 16:13
|
|
45. Lekkerblou dink jy nie dit is te vroeg om sulke stellings te maak nie? Al 3 hierdie spelers wat jy noem speel vir my werklik elke seisoen beter rugby en hulle is beslis nog in die begin van hulle rugby loopbaan. Veral Stefan Dippenaar (22) en GvdH(21) het nog baie om te leer en kan en hopenlik sal hulle nog baie groei met tyd en ondervinding.
Posted by sakkie6yster (Centurion) Monday, July 12, 2010 - 16:23
|
|
46. sakkie6yster
Sommige spelers groei in statuur met ouderdom,maar die probeem met Dippenaar en V/ D heever is dat hulle nie 100% commitment wys by die kontak punte nie.En hart kan n mens nie leer nie.Kyk na n Juan de jongh 22 en super speler met groot hart.
Posted by Lekkerblou (Durbanville) Monday, July 12, 2010 - 16:30
|
|
47. Ek hoor jou Lekkerblou... sal met jou saam stem oor Dippenaar, ek het nog tot op hede nie gesien dat hy alles gee nie, maar vd Heever het hierdie seisoen vir my elke wedstryd beter en beter gelyk. Ek hou duim vas dat veral hy die ouens wat nog in hom twyfel verkeerd gaan bewys.
Posted by sakkie6yster (Centurion) Monday, July 12, 2010 - 16:34
|
|
48. #43,45,46. Vrydag aand het die bal nie een keer van den Heever bereik nie. Waarom het ons span nie sy spoed en vernuf gebruik nie?? Eienaardig dat die vleuel wat die meeste S14 driee gedruk het toegelaat is om in die koue te staan en om warm te bly moes hy maar skoppe jaag. Kloutjie kom nie by die oor nie.
Posted by Thurlow (Pretoria) Monday, July 12, 2010 - 16:56
|
|
49. Die Bulle was Vrydagaand baie gestraf en dit het die span momentum gekos.
Posted by Stapper (Pretoria) Monday, July 12, 2010 - 17:33
|
|
50. Die Bulle was baie gestraf tussen die 31ste en 40ste minuut van die 1ste helfde. Deels hiervan was agv die Pumas wat volgehoue druk op ons geplaas het en die Bulle nie meer balbesit gehad het nie - die skeidstregter alleen kan nie elke keer blameer word as die Bulle begin sukkel nie. Fidge Mabeta is in die lynstane geklop en ons 8steman het heelwat balle verloor. so het ons ook momentum ingeboet. Die Bulle se belangrikste twee wapens taktiese skoppe en lynstane, was gemiddeld tot ondergemiddeld. Nie alleen die skeidsregter nie.
Posted by mossel (Hout Bay) Monday, July 12, 2010 - 18:03
|
|
51. Deur die skeidsregter te blameer kom neer om jou eie foute mis te kyk. Dit is 'n gevaarlike speletjie.
Posted by Stapper (Pretoria) Monday, July 12, 2010 - 22:39
|
|
52. Die besering wat die Bulle se losskakel, Jacques-Louis Potgieter, teen die Pumas opgedoen het, is nie ernstig nie en hy sal die Haaie weer kan treiter.
Die skrumskakel Ruan Snyman en die loskopstut Dean Greyling behoort ook op hul pos te wees teen die Haaie, maar die plaasvervanger-slot Juandré Kruger se vordering ná sy besering lyk glo nie te rooskleurig nie.
Posted by Stapper (Pretoria) Tuesday, July 13, 2010 - 07:03
|
|
53. Springbokspan vir Saterdag teen die ALL BLACKS - 1 Beast Mtawarira 2 Bandise Maku 3 Brian Mujati 4 Fudge Mabeta 5 Wayne van Heerden 6 Kabamba Floors 7 Jonathan Moekoena (c) 8 Ashley Johnson 9 Ricky January 10 Earl Rose 11 Brian Habana 12 Juan de Jong 13 Lionel Mapoe 14 Jongi Nokwe 15 Gio Aplon
Posted by BaberBok (Jacarandastad) Tuesday, July 13, 2010 - 08:27
|
|
54. ek moes die more met `n grappie begin het...
Posted by BaberBok (Jacarandastad) Tuesday, July 13, 2010 - 08:37
|
|
55. #53 Ek hou van jou span, ek is seker hulle sal 'n paar skole se 1ste spanne in Soweto klop.
Posted by koedu (Brits) Tuesday, July 13, 2010 - 08:38
|
|
56. Moet se was gister nog baie kwaad vir Bakkies,maar na gisteraand op Superrugby het ek hom vergewe.Dit vat n groot man om op nasionale tv onverskoning te vra.En dit was nie net n front nie.Die groot man was baie emosioneel.Sterkte vorentoe Bakkies!
Posted by Lekkerblou (Durbanville) Tuesday, July 13, 2010 - 09:17
|
|
57. Baberbok
Ek dink jy moet dalk plek maak vir Chilliboy iewers in daai span... daar is altyd plek vir Chilli in 'n Springbokspan!
Posted by sakkie6yster (Centurion) Tuesday, July 13, 2010 - 09:22
|
|
58. The Bulls were given a scare when prop Jaco Engels injured his neck at training on Monday.
But X-rays done at a local hospital revealed the damage was minimal and that the burly prop will be ready to take his place again in the training squad later this week.
Posted by Stapper (Pretoria) Tuesday, July 13, 2010 - 09:58
|
|
59. Thank goodness for X-rays!!
Posted by sakkie6yster (Centurion) Tuesday, July 13, 2010 - 11:02
|
|
60. Ek stem 100% saam met lekkerblou. V D heever het nie die hart om n groot speler soos Habana te raak.nie. Hy het gewis spoed maar is lui. Kyk maar as iemand veld op skop hoe draf hy agterna. Saterdag het hy dit n paar keer gedoen. Vat vir Masetsa hy jaag elke bal so vinning soos hy kan en sit dan druk op die ontvanger. Habana het hoeveel driee so gedruk of gemaak. Ek sal eerste wees om vir Gehard te prys as hy dit kan reg maak maar ek twyfel. Dit is in die hart.
Posted by Bull perd (Johannesburg) Tuesday, July 13, 2010 - 15:30
|
|
61. Sharks vs Blue Bulls at Absa Stadium, Durban Referee: Jason Jaftha Assistant referees: François Veldsman, Reuben Rossouw Television match official: JC Fortuin
Posted by Little Blue Bull ((We Came, We Saw, We Conquered!)) Tuesday, July 13, 2010 - 15:33
|
|
62. Ek wil net opkom vir Bakkies seker een van die mees gevreesde voorspelers in wereldrugby. Ja hy moes nie die klotkop met die kop gestamp het nie skuldig soos aangekla. Die ref kon op die groot skerm die voorval 3 keer sien en toe besluit hy op 'n geel kaart wat nie 'n geel kaart moes wees vir daai oortreding 10 min later nie. Ek het 'n probleem want die skeidsregter kan dan 'n speler straf jare later oor iets wat hy in 'n wedstryd gemis het en dan later weer op 'n reply gesien het. As hy geblaas het toe hy of DICKenson die trui vashou episode gesien het was Bakkies nie afgejaag nie.
Posted by tokolosh (Gauteng) Tuesday, July 13, 2010 - 16:23
|
|
63. #50, 51 As oud skeidsregter aanvaar ek dat #31 nie blameer kan word nie vir strafskoppe ens. maar daar kom die tyd dat die spelers wat aanhou oortree vir dieselfde fout maak die trekpas moet kry.Gewoonlik is die derde oortreding genoeg vir so 'n optreding, waarom bly waarsku en daarna niks daaraan doen nie?. Die fluitjie was eentoonig en het die hele wedstryd .ontsier.
Posted by Thurlow (Pretoria) Tuesday, July 13, 2010 - 16:32
|
|
64. Die van julle wat nou vir Bakkies opkom. Glo julle rerig dat hy nie die kopstamp sou doen as die skeidsregter aanvanklik vir Jimmy Cowan gestraf het nie? Ek dink hy sou dit nog steeds gedoen het. Feit van die saak is dit help nie om daaroor te bespiegel nie, want ons sal nooit weet nie. Verder, as die skeidsregter die kopstamp gesien het toe dit gebeur het, het ons vir 60 minute met 14 man gespeel, i.p.v. slegs 10 minute. So, waaroor word daar gekla? Kom ons erken dit maar, Bakkies het 'n probleem en het 'n verleentheid vir sy span geword. Dit is hoog tyd dat hy behoorlik gestraf word sodat hy kan leer. As hy dit hierna weer doen, moet hy net doodeenvoudig nie weer gekies word nie. Om na die tyd op televisie te huil help ook niks. (Laat my aan James Dalton in 1995 dink. En hy het hom darem daarna mooi bekeer nè). Laastens, ek dink die manier hoe PdeV hierop gereageer en dit hanteer het, is pateties. Weer eens, net verskonings, en spreek nie die probleem aan nie.
Posted by Rifrug (Richardsbaai.) Tuesday, July 13, 2010 - 19:45
|
|
65. Dit klink hard, Rifrug, maar ongelukkig die waarheid. En nou is Flip ook op pad NS toe- geluk! , jammer vir die Bloubulle!
Posted by Bloubosvelder (Bosveld) Tuesday, July 13, 2010 - 20:09
|
|
66. Rifrug As my tannie iets anders gehad het was sy my oom soos jy tereg sé dit help nie om daaroor te bespiegel nie, ek dink as Cowan geblaas was vir sy oortreding sou die kopstamp nie plaasgevind het nie en jy dink dit sou so elke ou op sy eie opinie. Die man het gese jammer en basta moet hy nou jou voete was soos oud min Vlok vir jou vergifnes? Januarie en die res was dan seker ook Bakkies se skuld of hoe
Posted by tokolosh (Gauteng) Tuesday, July 13, 2010 - 20:15
|
|
67. Bakkies het al meer as 70 toetse vir die Bokke gespeel, dat hy n fout gemaak het is waar maar hy is een van ons grootstes en as hy sy agrasie reg kanaliseer is hy n groot aanwins. So ek hoop die wat hom wegwens nou sal die guts he om hier omverskonning te kom vra waneer hy n groot positiewe impak in die Wereldbeker het volgende jaar.
Bakkies hou maar n lae profiel en maak dinge reg, oor n paar maande cheer al hierdie hoogheiliges jou weer.
Posted by superBul (Hoedspruit) Tuesday, July 13, 2010 - 20:23
|
|
68. Jacques Louis Potgieter teken by die Sharks vir die 2011 seisoen!
Ek kan dit nie glo nie. Uiters teleurstellend, meneer Potgieter.
Ag wat, nou gun dit ons die geleentheid om Brummer meer speelkans te gee. Maar dit rig groot skade aan ons diepte vir die 2011 S15, want Brummer gaan nog 'n paar seisoene benodig om dit te maak op senior vlak. As Morne moet seekry sit ons nou in tamatie straat.
Lyk my as jy eenmaal 'n huursoldaat is...
Nou ja, wat kan ek se. Ek is baie teleurgesteld.
Posted by Shannow Tuesday, July 13, 2010 - 20:27
|
|
69. Ja en die All Blacks is sulke ou engeltjies hulle kan tog niemand skade aan doen nie, lé glad nie onkant nie, kom nie van die kant af nie,Mcaw word nie gestraf hy is untoucable................. ek wonder maar net die enigste rede hoekom die All Blacks nog ooit world champs was is omdat die Bokke nie daar was nie!!!! sela
Posted by tokolosh (Gauteng) Tuesday, July 13, 2010 - 20:29
|
|
70. As ek die Bulle is speel ek Brummer op loskakel vir die res van die Curriebeker. Ons moet hom nou so vinnig as moontlik ontwikkel.
Aangesien Potgieter nie vir ons gaan speel in 2011 nie, hoekom moet ons hom verder ontwikkel net vir die Sharks se "benefit"?
Hy het sy keuse gemaak, en gedoen wat hy dink die beste is vir hom, so nou moet ons doen wat die beste is vir die Bulle.
Posted by Shannow Tuesday, July 13, 2010 - 20:33
|
|
71. Stem Shannow, ek sal in fact teleurgesteld wees as ons hom verder speel. Ek dink hy moet sy nuwe base maar bedank as hy gesideline word.
Posted by superBul (Hoedspruit) Tuesday, July 13, 2010 - 20:52
|
|
72. My laaste sê oor Bakkies. Nie net het hy drooggemaak by die Bokke nie, nou is die Bulle ook onder druk oor hom. Boonop gaan FvdM tien teen een nie eers speel tyd kry by die Bokke nie. En superBul, die mense wat hom kritiseer is nie hoogheilig nie, net realisties. Ek was (verlede tyd) nog altyd 'n groot Bakkies ondersteuner, en niks sal my groter plesier verskaf as dat hy homself regruk nie. Ek kan jou verseker dat ek een van die eerstes sal wees om hom daarmee geluk te wens. Ek stem saam met jou en Shannow dat die Bulle nou vir Francois Brummer moet speel tyd gee. Laat JLP maar op die bank sit. Sakkie6yster, kies jy nou nog vir JLP as springbok reserwe? lol
Posted by Rifrug (Richardsbaai.) Tuesday, July 13, 2010 - 21:08
|
|
73. Potgieter just did to the Bulls what he did to the Cheetahs. Sign with another union during a Currie Cup season. How long will he stay with the Sharks though ?
Posted by Sharko (Petoorsfontein) Tuesday, July 13, 2010 - 21:10
|
|
74. That is the problem with the Sharks they might buy good players , but those players have little loyalty.
Posted by superBul (Hoedspruit) Tuesday, July 13, 2010 - 21:16
|
|
75. Sharko, onthou hy is darem nou by die see. So, hy sal seker bietjie langer bly. Of, miskien ook nie.
Posted by Rifrug (Richardsbaai.) Tuesday, July 13, 2010 - 21:18
|
|
76. Rifrug ek hoor jou, maar gaan lees die coments op News 24 en Supersport se webblaaie oor Bakkies. Hulle mors met Bakkies man en ek dink dit is laag.
Posted by superBul (Hoedspruit) Tuesday, July 13, 2010 - 21:19
|
|
77. SuperBul ek stem saam met jou oor die kommentaar. Ongelukkig kom 99.9% daarvan van mense wat die Bulle haat. Ek glo hulle reaksie sou dieselfde wees, al was dit Pierre Spies. Ongelukkig gaan dit nooit verander nie. Dit wys net weer, as die mense 'n geweer op jou rig, moenie vir hulle patrone gee om jou te skiet nie.
Posted by Rifrug (Richardsbaai.) Tuesday, July 13, 2010 - 21:32
|
|
78. Die een se dood is die ander se brood.
Die Bulle moet nou stuif duim vashou dat Juandre Kruger fiks sal wees vir die naweek.
The Bulls had mixed emotions about his departure, with forwards coach Johan van Graan wishing Van der Merwe well on tour.
“It is a big loss for us before a big game like the Sharks, but it is a great opportunity for Flip to gain more experience with the Boks,” Van Graan said.
“We will always back our system -- the same one that has now contributed four locks to the Bok squad. We will go to the next guy and back him to succeed.”
Posted by Stapper (Pretoria) Tuesday, July 13, 2010 - 21:33
|
|
79. Die Bulle sal moet heelwat be maar ten koste van die Blou Bulle... Bakkies het die span (nie net die bokke nie) van die Bulle erg benadeel. Juandre Kruger moet eers wedstryd fiks raak voor hy speel ... en nou is hy blykbaar beseer en dit was duidelik in die wedstryd dat hy sy skouer seer gemaak het. 'n Fikse juandre kruger is die beste slot in SA... die Bulle moet hom mooi manage anders is ons in groot moeilikheid. Dis regtig 'n ramp dat hy beseer is.
Posted by Blou Bul Kaapstad (Cape Town) Tuesday, July 13, 2010 - 21:46
|
|
80. I have nothing personal about jlp but he is not a team player for me he is scared of competition.Now if frans ludeke is bravve he MUST DROP JLP now to the bench ASAP.Brummer will need all the experience in the currie cup to get ready for super 15 rugby.
Posted by Muzi (Johannesburg) Tuesday, July 13, 2010 - 21:56
|
|
81. Bloubulbloggers – TDM telbord na rondte 1. In volgorde: Posisie, TDM, blognaam.
01 – 01 - CC 02 – 03 - BBB08 02 – 03 - Jimmy 02 – 03 - MR T 05 – 04 - B1 05 – 04 - Bl@de Runner 05 – 04 - bloubulbilling 05 – 04 - Frik 09 – 05 - BlousteBlou 10 – 06 - Zet 11 – 07 - Bloumens 11 – 07 - CR 13 – 08 - Bergbok 14 – 09 - Jou_Ma 14 – 09 - LB 16 – 11 - Blou-is-Baas 17 – 13 - Bulzak 17 – 13 - GreGorGy 17 – 13 - Lekkerblou 20 – 20 - Bloubefoeterd
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Tuesday, July 13, 2010 - 22:08
|
|
|
|
You need to upgrade your Flash Player
|
|
|
|
Happy birthday to:
1 Sept. - Jan Ackermann
2 Sept. - Danie Coetzee
2 Sept. 1930 - Thys Doubell
2 Sept. 1930 - Willie Els
2 Sept. 1930 - B Esterhuizen
2 Sept. - Corné Fourie
2 Sept. - Jacques-Louis Potgieter
2 Sept. 1930 - Dave vd Merwe
3 Sept. - Paul Botes
3 Sept. - Nico Engelbrecht
3 Sept. - Kobie Kidson
3 Sept. - Johan Roets
4 Sept. - Vincent Gwavu
4 Sept. - Pieter Meyer
5 Sept. - Oupa du Piesanie
|
|
|
|
|
|
|