You need to upgrade your Flash Player
Choose your Blue Bulls Edition
My Profile  |  Logout
Juandré Kruger signs with the Bulls


Juandre Kruger © Gallo ImagesThe Blue Bulls Company (Pty) Ltd has secured the services of Juandré Kruger, who is currently playing in the English Premiership for the Northampton Saints.

Kruger will join the Vodacom Blue Bulls in the beginning of June 2010 and his contract expires in May 2013.

Kruger starred for the Blue Bulls in 19 matches in 2008 after which he departed for Europe, but he has been one of the Bulls’ stalwarts during his time at Loftus and it is great news that he will join up with his former teammates.

The 24-year-old is a product of Paul Roos Gymnasium in Stellenbosch and he first tasted senior provincial rugby in 2007 when he played a couple of matches for Western Province.

He won the European Challenge Cup with the Northampton Saints in 2009 and they are currently in a good position on the log in the Heineken Cup, Premiership as well as Anglo Welsh Cup.

Kruger told vodacombulls.co.za that Loftus Versfeld is the place where he wants to be and he believes the Bulls are the best team and franchise in the world.

“The coaching staff, the management team, the facilities and the whole culture at Loftus is every rugby player’s dream and I am very excited about my second spell with the Bulls.

“What I have experienced at the Bulls in 2008 is something that I do not want to exchange for anything. I would like to make a substantial contribution to the Bulls when I arrive in June and ultimately I want to represent South Africa.”

Kruger played with fellow South Africans such as Brett Sharman, Regardt Dreyer and Brian Mujati at Saints and the fact that coaches like Jim Mallinder, Dorian West and Paul Grayson wholeheartedly believed in him, meant that he could maximise his potential in the Northern Hemisphere.

“In Europe you play against international opposition in every match. That had the result that I picked up a lot of experience and the Heineken Cup forced me to sharpen up my lineout play as well as my decision making and contact skills.”



Print


Login Email adress Password


Click here to view the rules and regulations
Blog
1. First?????
Baie goeie nuus.
Posted by Thurlow (Pretoria) Monday, February 01, 2010 - 11:03
2. Fantastiese nuus. Die logiese opvolger vir ons huidige Bok slotte.

En ons weet dat Matfield, Bakkies en Rossouw uit die Curriebeker onttrek sal word, so Juandre sal by die beginspan instap.

Volgende jaar sal hy waarskynlik met Matfield, Bakkies en Rossouw roteer in die S15, en daarna sal ons veterane seker uittree, so Juandre maak die skuif op die regte tyd in sy loopbaan. Hy kan die volgende Ster Slot van Loftus word.

Ek vind die Bulle se aankoop strategie baie interessant. Ons weet dat ons nie almal kan hou terwyl ons wereldklas slotte soos Matfield en Bakkies in hulle fleur het nie. So ons moes toe vir Juandre laat gaan in 2008.

Nou het almal daarby gebaat. Juandre het gaan geldmaak in Europa, hy het gegroei as speler en waardevolle ervaring opgedoen. Nou dat Matfield hulle oppad uit is, kry ons hom weer terug, beter as wat hy vantevore was.

Nes Gary Botha met sy nuwe ervaring.

In die moderne professionele era moet sulke innoverende strategiee gebruik word om met die ponde en euro's te kompeteer. Welgedaan Bulle, julle wys weereens julle is die professioneelste unie in die land.

Dis lekker om 'n Bul te wees.
Posted by Shannow Monday, February 01, 2010 - 11:07
3. Nee kyk, hierdie Bulle bestuur weet darem wat hulle doen.

Nou nog net vir Mapoe, WP Nel en Coenie Oosthuiszen koop, dan sit ons met die volgende 10 jaar se bokspan. ;-)
Posted by bendiebul Monday, February 01, 2010 - 11:16
4. Onthou daar is sprake om die Springbokspelers gedurende die Currybeker te laat rus. Dan sal 'n speler soos Juandre baie geleenthede kry om te speel.
Posted by Stapper (Pretoria) Monday, February 01, 2010 - 11:19
5. Wat die koerante betref was die games tussen Bulle en Lions maar n gemors spul,waar die WP s'n baie goed was.dink nie die Sharks het iets probeer bewys nie.waar die Twinkies hulle harte uit gespeel het.
Posted by Blou Dino (Witbank) Monday, February 01, 2010 - 11:40
6. Dus nou goeie nuus, hierdie jong man gaan nog groot rugby speel...

Posted by Aiken Drum (Pretoria) Monday, February 01, 2010 - 11:47
7. #5. Is dit nie moontlik dat die Sharks nie op hierdie stadium hul hand wou wys nie?. Rugby deesdae is ook maar 'n kat en muis strategie, hou sekere beweegings onder die dekmantel .
Posted by Thurlow (Pretoria) Monday, February 01, 2010 - 11:55
8. Ek dink die Sharks wou nie graag hulle hand wys nie, maar hulle het ongelukkig. En nou weet almal watter powere hand dit hierdie jaar is...
Posted by Shannow Monday, February 01, 2010 - 12:05
9. Maar hierdie is top nuus....

Posted by blouBoerseun (Hou by die BLOU) Monday, February 01, 2010 - 12:54
10. Die shark lyk regtig swak...

Ek het Hargreeeeeves gehoor se dat hulle baie tyd in die gym spandeer.

Dit help nie mens het spiere maar kan nie n plan speel nie...

Posted by blouBoerseun (Hou by die BLOU) Monday, February 01, 2010 - 12:55
11. Net op die vorige blog het iemand dit voorgestel - en hier is dit - ongelooflike nuus. Ons direkteur van afrigting se oë is oop! Wellocome back monsignore Kruger!

Sharks het nie hande om te wys nie. Hulle het wel handdoeke om in te gooi. Ons weet hulle gaan choke.

Cheetahs het brandwonde wat lyk soos kolle

Stomers kom en gaan soos die suidooster.

Lions lyk mean met maanhare maar is eintlik funny little kittens

Bulls is the real thing.

Posted by mossel (Hout Bay) Monday, February 01, 2010 - 12:57
12. Die strormers sal bietjie beter as verlede jaar wees. Maaaaar nog nie op die regte vlak nie.

Die Brumbies uit Aus sal die sterk span vir Aus wees.

Crusaders se nuwe coach is maar net nie goed genoeg nie.

Die Bulle gaan stadig begin, oor die min game time, maaaaaar sal sterker word soos die comp verloop.

Posted by blouBoerseun (Hou by die BLOU) Monday, February 01, 2010 - 12:58
13. Geluk aan die BB bestuur. Hierdie is die beste nuus van die jaar. Hierdie jongman speel werklik goeie rugby vir Saints. Hy het die top slotte van Munster net nou die dag oorskadu in die Heineken Cup. Hy speel nie net slim nie maar sy vastelos spel is uit die boonste rakke. Wat Saints se verlies is , is die Bulle se wins! Juandre is is 'n groot aanwins vir ons blou kampioenspan. Ek is seker hy kon kies en keur waar hy wil speel , maar dat hy die BUlle gekies het wys watter goeie unie en bestuur ons het.
Posted by Blou Bul Kaapstad (Cape Town) Monday, February 01, 2010 - 13:03
14. Dit is baie lekker lekker om ons eie manne terug te kry...... Ek dink die bestuur het Habana maar laat gaan aangesien hulle 'n blink toekoms vir van den Heever gesien het?? Francois Hougaardt het in sy onderhoud hier reeds genoem dat van den Heever vinniger is as Habana, nou kort hy net speeltyd en fyn instelling van die fynere kunsies.........en baie hart....
Posted by Vaskophaker (Pretoria) Monday, February 01, 2010 - 13:17
15. Hierdie sal my span wees vir eerste wedstryd, sonder beseerde manne:
Zane
Shadow
Jaco P
WOFHMSDpiesdtgmanVcGyuhoElBK (reserwe flank en haker)
Pottie
Mametsa
Jaco vd W (is hy al hier?)
Posted by bendiebul Monday, February 01, 2010 - 13:38
16. 15: Wel, as die WP spelers met snaakse name kan kies, kan ek ok !
Posted by bendiebul Monday, February 01, 2010 - 13:39
17. Laat ek weer probeer:

Zane Shadow Jaco WO FH MS FDP

Spies Pedri Steggies Vic Danie Werner Gary Guthro
Posted by bendiebul Monday, February 01, 2010 - 13:40
18. Goed, dit het gewerk. Nou die reserwes:

Bees Koei Ooi Os Buffel Bul en Beer

;-)
Posted by bendiebul Monday, February 01, 2010 - 13:42
19. Laat ek weer probeer:

Bees Engels Flip Kuun

Pottie Mametsa Jaco vd W (is hy al terug?)

Ek het nie die beseerde manne in ag geneem nie.
Posted by bendiebul Monday, February 01, 2010 - 13:43
20. Al wat ek kan sê is welgedaan Bloubul bestuur.... ons vra al die laaste jaar dat hierdie outjie terugkom Loftus toe. Hierdie is EXCELLENT nuus!!!
Posted by zet (Pretoria) Monday, February 01, 2010 - 13:50
21. Yessssss!!! Uitstekende nuus!
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Monday, February 01, 2010 - 13:53
22. Ek se weer met Heyneke Meyer daar het ek geen worries op aarde nie. Onthou Heyneke se eerste opdrag was om die Backup plan in werking te kry. Hierdie is uitstekende nuus.
Posted by Bloudonner (Pretoria) Monday, February 01, 2010 - 15:45
23. Welkom terug Juandrè.

Hierdie is baie goeie nuus. Sy spel het baie gebaat by die Europese spel, waar meer klem gelê word op harde voorspelerspel. Pas perfek by die Blou Bul spelpatroon. Geluk en welgedaan aan die Bestuur.
Posted by Pa se Bulkalf (Koppies) Monday, February 01, 2010 - 17:06
24. Onthou net my woorde op vorige draad;
Duik asseblief sewe soorte rook uit Habana uit en mog hy nooit ooit agter die Bulle se doellyn gaan kuier nie - WO, GvdH, AN, JM, DIS JULLE WERK OM DIT TE VERSEKER, en waneer hy die dag wil terugkom, jy's nie meer goed genoeg nie mnr Habana.
Lank lewe die Bulle op Loftus!!!!!
Posted by Boel (Mooinooi) Monday, February 01, 2010 - 18:11
25. Die Curriebeker span kan so lyk sonder die Springbokke
15 Tiger Mangweni; Jaco van der Westhuizen
14 Akona Ndungane, John Mametsa
13 Jaco Pretorius, Stephen Dippenaar
12 Jaques Louis Potgieter, Stefan Watermeyer,
11 Gerhard van den Heever, Sampie Masriet
10 Francios Brummer, JC Roos
9 Francois Hougaard, Heinie Adams
8 Pedrie Wannenburg, Dries van Schalkwyk
7 Dewald Potgieter, Van Veltze
6 Deon Stegmann, Derek Kuun
5 Juandré Kruger, Wilhelm Steenkamp
4 Flip van der Merwe, Mabetha
3 Werner Kruger, Bees Roux
2 Gary Botha, Bandise Maku
1 Jaco Engels. Dean Greyling

En dit sonder Zane, Wynand, Morne, Fourie, Pierre, Danie, Bakkies, Victor,Guthro en dalk Chiliboy.
Dit is duidelik dat van die Springbokke gaan rus.
Dit maak dit ook moontlik dat Habana nooit vir die WP gaan speel nie. Want as hy vanjaar rus en dan volgende jaar in die Wereldbeker gaan speel dalk kan hy en Jaques Fourie nie vir die WP speel nie en slegs vir die Stormers.
Baie goeie beplanning van die Bulle. Heyneke se hand kan duidelik gesien word. Die Bulle het juis gesukkel in die Curriebeker omdat die slotte nie heeltemal op standaard was nie.
Flip sal beter wees die jaar met Victor langs hom in die Super 14.
Posted by Wes-Transvaal Blou Bul (Noordwes) Monday, February 01, 2010 - 22:49
26. Hello alle Bloues !!! Voorspoed vir die 11 maande wat nog kom.

Ja, die nuwe jaar het reeds sy eie hartseer gebring met die afsterwe van ons oud-Bulle - veral Ruben wat nog so jonk was. Ruben jou werk hier is voltooi en Hy het groter planne vir jou - rus in vrede.

Op die rugbyfront hou ek maar die dinge dop. Die Lions gaan ongelukkig niks vermag met die Alberts / Ludik saak nie. Die Sharks het genoeg kontakte en ek hoop net hulle bubble bars weer - soos met hul Argentynse winskopie. Die Stormers wen weer die voorseisoense S14 soos altyd. Onthou die Bulls het verlede jaar al hul oefenwedstryde verloor, dalk onthou die Sharks dit.
Die Cheetahs lyk op die staduim na die melkkoei. Die Lions kan dalk vanjaar 'n paar spanne verras. Carlos Spencer gaan 'n reuse verskil maak. Die Stormers kan seker nie vrotter nie, maar dit sal vir my persoonlik uiters moeilik wees om hulle te cheer, selfde met die Sharks. Patriotisme se dinges.

Die twee grootste uitdagings en faktore sal weer beserings en swak skeidsregters wees. Die spanne wat dit die beste verwerk, is amper in die semi's. In Australie gaan die Brumbies die span wees en in NZ is daar nie swak spanne nie, net swak skeidsregters!!!

Die Bulls weet dat almal hulle sal wil verwoes. Voorlangs glo ek sal dit beter gaan met 'n honger en slimmer Gary terug. Hopelik is Danie betyds reg want Flip is nog nie 'n "grinder" nie. Hoop net Bakkies kan gaan toer.

Dewald kry 'n welverdiende ruskans en hopelik is dit sy laaste besering vir die jaar. Ek verneem Pedrie lyk beter as verlede jaar. Derek is terug waar hy hoort en sal Steggies op sy tone hou. Pierre behoort ook uitgerus te wees.

Agterlangs is ons vleuels papier dun - letterlik en figuurlik met Gerhard daar. Spoed het hy baie, mag hy vanjaar 'n "man" word. Mametsa het weer soveel hart, as hy net bietjie spoed kon leen by Gerhard. Hougaard sal ons nie drop nie. Die probleem gaan kom wanneer die spel gerek word en daar spasies op die punte oop gaan.

Die terug keer van Juandre Kruger is BAIE GROOT !!!!! Geluk aan die BBRU. Kry nou asb vir Wickus van Heerden ook terug en moenie vergeet van JP Nel nie.

Posted by JB 007 (Centurion) Tuesday, February 02, 2010 - 02:31
27. Halo die Blou,

Wat het gebeur dat Wickus by die Leeus is?Jaco sal eers die 13de Feb terug wees.
Posted by Blou Dino (Witbank) Tuesday, February 02, 2010 - 07:41
28. Dink maar Wikus wou te veel he, in die huidige situasie het die Bulle baie van sy kaliber. Dalk moes hy maar net lekker kom aftree het.
Posted by superBul (Hoedspruit) Tuesday, February 02, 2010 - 09:55
29. Wonder waneer kondig hulle die squad van 30 aan?
Posted by superBul (Hoedspruit) Tuesday, February 02, 2010 - 10:00
30. Lees in Die Burger daar kom miskien nog n Springbok terug.Hulle se dit kan CJ
Van Der Linde wees.Dit sal n goeie kopie wees om vuur onder Guthro en Werner te maak!
Posted by Lekkerblou (Durbanville) Tuesday, February 02, 2010 - 10:32
31. die nuwe reel gaan baie geelkaarte veroorsaak.Gelukkig hoef ons nou minder te skrum , ek hoop ons doen beter as laas jaar in skrums ek glo Gary gaan reuse verskil maak.
Posted by bulperd (kimberley) Tuesday, February 02, 2010 - 11:40
32. hallo superbul, waar bly jy in hoedspruit, was in die lugmag op hoedspruit, baie lekker plek , sal graag wil terug gaan
Posted by phillip (STRAND) Tuesday, February 02, 2010 - 11:41
33. Goeiedag Bloubul Bloggers,

Na 'n ontstuimige begin vir 2010 by die soutmyn kon ek darem gisteraand tyd inruim om die Varsitybeker se eersterondte wedstryde by Tukkies se velde te gaan kyk.

Groot was my verbasing toe twee van Centurion rugbyklub se sterre van verlede seisoen, die slot Tiaan Nel en die agtsteman Marius Weber vir Tukkies uitdraf! Waar gaan ons ruby heen as universiteite al moet begin om oopklubs se spelers af te rokkel?!

Ek het toevallig Heyneke Meyer se gesig opgemerk tussen die derduisende toeskouers en die rasende studente. Ek hoop in elk geval hy het kennis geneem van die spel van bogenoemde twee spelers. Miskien sal die talentsoekers by die Bulle ook nou besef dat klubspelers nie regtig so ver agter die bevoorregte professionele manne is soos wat hulle soms dink nie.

Tiaan Nel het die potensiaal om Curriebekerrugby te speel. Dalk nog hoër, as hy toegewyd is. Dié seun is 'n ongeslypte diamant wat wag om raakgesien te word. En Weber laat my so baie dink aan Anton Leonard in sy fleur. Ek dink dié twee manne kan met vrug in die Bulle se Vodacombekerspan gebruik word. Ek dink hulle is beter as die meeste ander kandidate wat tans aspireer! As die Bulle se talentsoekers hulle wéér miskyk, is ek oortuig daarvan ons gaan hulle oor 'n seisoen of twee in 'n ander Curriebeker-unie se trui sien.
Posted by Sooi Brandt (Pretoria) Tuesday, February 02, 2010 - 15:24
34. Testing
Posted by Little Blue Bull ((We Came, We Saw, We Conquered!)) Tuesday, February 02, 2010 - 20:35
35. One two three....
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Wednesday, February 03, 2010 - 00:36
36. Hierdie blog is nou so stil soos Nuweland op n "FINAL" dag .

Posted by B~B~B (Benoni) Wednesday, February 03, 2010 - 04:18
37. Ek kan nooit onthou nie is dit "Die stilte voor die storm" of "Die stilte na die storm" ..........?
Posted by B~B~B (Benoni) Wednesday, February 03, 2010 - 04:21
38. Hier gaan nou minder aan as in n shark ondersteuner se kop ,...............wel miskien bietjie meer .
Posted by B~B~B (Benoni) Wednesday, February 03, 2010 - 04:24
39. Hi Almal glo dit gaan goed. Wil eerstens net Vir Ruben se Famillie en vriende se Sterkte vir Vandag en ons dink aan julle.

Hierdie sal my Span wees vir die Super 14 Game teen die Cheethas.

1. Gathro Steenkamp
2. Gary Botha
3. Werner Kruger
4. Danie Rassouw
5. Victor Matfield
6. Derick Kuun
7. Pedrie Wannenburg
8. Pierre Spies
9. Fourie du Preez
10. Morne Steyn
11. Francois Hougaard
12. Wynand Olivier
13. Jaco Pretoruis
14. Gerhard vd Heever
15. Zane Kircher

16. Banduso Maku
17. Jaco Engels
18. Flip van der Merwe
19. Deon Steggman
20. De Wet Barry
21 Jacques Louis Potgieter
22. John Mametsa
Posted by JP Nel (Noordheuwel) Wednesday, February 03, 2010 - 09:25
40. Halo.....ZZZzzzzzz
Posted by Blou Dino (Witbank) Wednesday, February 03, 2010 - 12:24
41. het ek die wegraping gemis??
Posted by Blou Dino (Witbank) Wednesday, February 03, 2010 - 12:32
42. Dino, met sulke taalgebruik sou dit my nie verbaas nie.
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Wednesday, February 03, 2010 - 13:18
43. LOL @ Jimmy!
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Wednesday, February 03, 2010 - 14:35
44. Nou raak ek self bekommerd...
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Thursday, February 04, 2010 - 00:25
45. Op hierdie stadium weet ek dat Jimmy, Dino, Baron, BBB, JP Nel en ek self nog "hier" is - sal al julle ander BB's asb laat weet of julle OK is, EN Webbie, ons mis jou!
Posted by Little Blue Bull ((We Came, We Saw, We Conquered!)) Thursday, February 04, 2010 - 08:22
46. As mens die Woord reg vertaal, en die konteks reg lees, dan is dit die righteous wat agter bly, so julle hoef nie te worry nie. :) Angaande die stilte... dink mens kan soms ook net soveel sê voor mens begin gemors praat (hoe lyk die weer, my gras is mooi groen, ek het nuwe skoene gekoop, yada yada...). Ek dink meeste mense sit maar in afwagting, en dit is nog 'n klein rukkie... Na die eerste game gaan die comments weer in rol! Beide Bulls en ander tien teen een 'n paar suckers van ander teams!
Posted by Willie Blou (Pretoria) Thursday, February 04, 2010 - 09:05
47. LBB,

Ek is ook dam hier daagliks.

Die ouens sit en tel die min af tot die game be die cheetahs..........

tik tok tik tok tik tok..........

Die blou bom gaan ontplof..!!! tik tok .......

Posted by blouBoerseun (Hou by die BLOU) Thursday, February 04, 2010 - 09:48
48. Julle ouens laat my darem beter voel. Ek dog hier was dalk fout met my internet of iets. O well no news is good news I pressume.
Posted by Bloudonner (Pretoria) Thursday, February 04, 2010 - 09:51
49. Ek is sooo uitgehonger vir BB-rugby en kan nie glo dat onse webbie nie darem so n ou paar klein brokkies "nuus" vir ons kan gee net om die "cravings" te stil nie.
Posted by Little Blue Bull ((We Came, We Saw, We Conquered!)) Thursday, February 04, 2010 - 10:07
50. Het ons enigsens 'n kans om ons titel te verdedig as ons nie ons semis en die finaal op Loftus mag speel nie?

Watse grap is dit? Hoekom het ons ingestem om die Sokker uit te help ten koste van onsself? Stuff die sokker, die plig van die Bulls maatskappy is om sy aandeelhouers se belange te dien, en daardie belange is dat die span so suksesvol as moontlik moet wees.

Volgens die nuusberigte, is dit nou 'n voldwonge feit dat die Bulle elders sal moet speel in die uistpeelwedstryde.

Daar gaan 'n 10 punt voordeel alreeds. Dit is totaal onaanvaarbaar.
Posted by Shannow Thursday, February 04, 2010 - 11:52
51. As die Bulle dit maak, en ons moet op 'n ander stadion speel, dan moet hulle toelaat dat 75% (ten minste) van die kaartjies voorkeur gegee word vir Blou Bul ondersteuners. En dan moet hulle moet miskien die stadion ook blou verf. :)
Posted by Willie Blou (Pretoria) Thursday, February 04, 2010 - 11:58
52. Laaste sin in vorige comment was eintlik beplan om reg te wees... Oops.
Posted by Willie Blou (Pretoria) Thursday, February 04, 2010 - 12:00
53. Soos ek die inligting het mag daar geen sportbyeenkoms in 'n radius van 50 Km vir twee weke voor die SWC begin plaas vind nie.

Die sokker begin 11 Junie. Twee weke voor dit gee dit 'n datum van 28 Mei. Die semi-finale vind die naweek 21/22 Mei plaas. Volgens meykan daar op Loftus 'n semi-finaal plaasvind.
Posted by Stapper (Pretoria) Thursday, February 04, 2010 - 12:14
54. Dit sal baie nice wees as dit so is. Veral as die Bulle dit dan vat, dan sal die gees sommer ook hoog wees vir mense om die SWC atmosfeer ook te geniet. Ek sal soms eerder sokker (of enige sport) in die agtergrond op tv sit as al die depressing sepies en dokumentêrs wat op is, maar moet vir niemand sê nie...
Posted by Willie Blou (Pretoria) Thursday, February 04, 2010 - 12:20
55. Ai hoeveel dae nog................ 7dae...... nog 7dae.....

Posted by blouBoerseun (Hou by die BLOU) Thursday, February 04, 2010 - 13:20
56. Hi Alle Blou Ondersteuners.

Weet iemand dalk hoe die Super 14 Trui van die Bulle gaan lyk ?

Ek het vandag die lions sin gesien. Lyk glad nie te sleg nie hoor.
Posted by Bl@de Runner (Krugersdorp) Thursday, February 04, 2010 - 16:27
57. JP , ek hou van jou span , wat van Barry op senter in Pretorius se plek met Hougaard op die bench met Pretorius wat vleuel toe skuif?
Posted by BloubulindieBoland (Ashton) Thursday, February 04, 2010 - 17:17
58. Onthou Barry was verwoestend vir die OP teen die Chieters , so sielkundige veldslaggie.
Posted by BloubulindieBoland (Ashton) Thursday, February 04, 2010 - 17:18
59. Bl@de Runner

Ek het die trui vandag gesien. Bloody smart, ek dink dis die beste trui nog.
Posted by Bloudonner (Pretoria) Thursday, February 04, 2010 - 21:01
60. Hi Bloudonner

Is dit die Bulle se trui wat jy gesien het?
Posted by Bl@de Runner (Krugersdorp) Thursday, February 04, 2010 - 21:46
61. Bl@de Runner, ek sou so bleddie hoop!

Daar's net een trui en dis die BLOUBULTRUI.... Die res is net goed genoeg vir vloere was en vir honde om op kleintjies te kry!

Whoza 12 Februarie!!!!!!!!!!!!!!!!
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Friday, February 05, 2010 - 01:20
62. Bl@de Runner

Jip, Die Blou trui homself. Mag sekerlik nie adverteer op die blog nie, maar het die trui by n bekende sportswinkel in PTA gesien en het bevestig dat dit die nuwe trui is. Natuurlik kos die trui R460.00 (4 Wedstryde se geld)
Posted by Bloudonner (Pretoria) Friday, February 05, 2010 - 07:25
63. Nog 1 week, kannie wag nie. Ons het 3 taai wedstryde om mee te begin: Cheaters weg, Brumbies en Waratahs. Baie belangrik dat ons so 13 punte kry in daai 3 wedstryde. Dan 'n rus naweek voor ons oorsee gaan!

Ek sien die refs gaan op 3 plekke fokus:

1. Tackle ball
2. Skrums
3. Chaser wat agter die skopper moet wees
Posted by FRANNA (CENTURION) Friday, February 05, 2010 - 07:34
64. Hey alle bloubul maters.

Kom ons wees nou eerlik met mekaar, dit is 'n bitter goeie teken die, maar die bul gaan moet operate om te kompeer met die alreeds great spelers wat ons het soos Matfield,Bakkies, Pierre, Steggies,Potgieter en en en.

Maar wel 'n baie goeie speler.
Posted by number8 (Bloemfontein) Friday, February 05, 2010 - 07:46
65. Jimmy, aai jong, wat het jou hond aan jou gedoen dat jy haar so sou straf? LOL
Posted by Little Blue Bull ((We Came, We Saw, We Conquered!)) Friday, February 05, 2010 - 08:40
66. number8, kanse is goed dat die Bokke gaan nie in die C Cup gaan speel nie. Volgende jaar is W Cup en dan sal hulle ook nie speel nie en daar na sal Vic, Bakkies en Danie retire.

So Juandre gaan perfek in pas. Hy is 'n mengsel van Vic en Bakkies. Kan 2 of 4 spring en kan ook in klim soos Bakkies! Beste van als hy is net 24, so 2 jaar van nou af is hy op top vorm op 26 en kan dan nog 6 jaar speel!
Posted by FRANNA (CENTURION) Friday, February 05, 2010 - 09:08
67. Thanks Bloudonner. Weet jy waar ek n foto of iets van die trui kan sien ?
Posted by Bl@de Runner (Krugersdorp) Friday, February 05, 2010 - 10:22
68. Goeie middag aan al julle blou mense,

Kan nie wag vir die rugby om te begin nie! Soos al die rugby kenners voorspel, dink ek ook die Bulle en die Stormers gaan die beste vaar van die SA spanne. Met sewe home games elk vir die Bulle en die Stormers lyk hulle baie goed vir n plek in die semi-finaal. Van die ander drie SA spanne wat oorbly dink ek die Sharks gaan die slegste vaar... Die voorry is n gemors en beskik glad nie oor kwaliteit senters nie. Ek lees Andre Pretorius is uit vir die hele S/14 weens n hamstring besering, dink hy moet maar eerder net sy toks ophang want hy is meer beseer as wat hy speel. Die Force het n lekker gat in die sak gekoop!
Posted by Scarface (Sharks Forever) Friday, February 05, 2010 - 12:55
69. Halo die Blou,

Bl@de Runner jy kan op die site by die on shop gaan loer,of eerder hulle sal jou n mail stuur met alles,prys,sizes,foto...alles.
Posted by Blou Dino (Witbank) Friday, February 05, 2010 - 12:58
70. Scareface!!!!!lewe jy nog???

Dink nie die Chokers is so sleg nie.Dis nog vroeg.
Posted by Blou Dino (Witbank) Friday, February 05, 2010 - 13:01
71. Het bietjie op die on-line shop-skakel gaan kyk vir die nuwe ondersteunerstrui en sien 'n prys van R629 - wonder nou net of dit vir 15 truie is. Is hulle stuitig? R629 vir EEN ondersteunerstrui is heeltemal mal.

Sien ook ou bergbokkie het weer kop begin uitsteek hier. Het ook die subnaam van "Nagtegaaltjie" verander so ons weet nou ons het nie met 'n vrou te doen nie.
Posted by Boetie (Pretoria) Friday, February 05, 2010 - 13:36
72. Boetie: Ja,ek steek kop in en uit!!
Lyk my jy is nog n seuntjie,want anders sou jou naam Oom Boet gewees het??
Aangesien julle so groot Blou Bul Ondersteuners is,is R629 mos nie te veel gevra nie!!
Of Hoe????
Posted by Bergbok (Suid-Afrika vir altyd) Friday, February 05, 2010 - 14:09
73. Boetie....Gaan kyk weer mooi, die trui waarvan jy praat is die 2009 kampioene trui, die nuwe mans trui vir supporters van 2010 kos R450,00
Posted by Vaskophaker (Pretoria) Friday, February 05, 2010 - 15:15
74. Pretorius OUT for the season
Fri, 05 Feb 2010 11:02

Injury prone: Western Force flyhalf Andre Pretorius

The Western Force have just realised that they have bought the most expensive injury-prone flyhalf in the world, after it was confirmed that Springbok André Pretorius will miss the entire Super 14 season - after sustaining a season ending hamstring injury at training this week.

Pretorius, who joined the Force this season as the franchise's marquee player, felt pain in the back of his left leg during Wednesday's session and was treated by club medical staff.

The veteran No.10, who had only about 40 minutes of pre-season rugby with the Force at Newlands, will now head to Japan. His career has been littered with a catalogue of ankle, knee and hamstring injuries - which has meant he has not completed a full season of rugby for the past five years.

Pretorius, who signed a one year contract with the Western Force, the maximum allowed under the ARU marquee system, has recently concluded a multi-year contract to play in Japan following the 2010 Super 14 season.

The Force medical staff first reported that Pretorius had suffered "leg stiffness" at training this week.

Follow-up scans Thursday and a consultation with a specialist on Friday revealing the severity of the injury and showed the World Cup-winning Bok had torn his left hamstring from the bone.

The injury will require surgical reattachment and an extended period on the sidelines, approximately three months, meaning he will not take part in the Western Force 2010 season.

"I've gone to work with the boys for so long now and it has been my best pre-season in many years. I'm really disappointed that I won't be able to have the opportunity to represent the Western Force and play rugby with the new mates that I have made here," Pretorius said.

"My body was in the best condition it has been in a long time and after watching the video footage of the training session and seeing when the injury occurred it didn't look like much at all. The physios at the club said it was a just a freakish type of injury.

"I guess the only good thing from a personal point of view is that the Force has the best hamstring rehab program that I have ever worked with.

"It's a bitter pill to swallow after putting in all the hard yards and committing myself to a great bunch of guys at the club. I still want to remain involved and offer any assistance I can to help make this a successful season for the Force," Pretorius added.

Pretorius made the move to Western Australia after 69 Super Rugby caps with the Lions in South Africa and had been rejuvenated by the switch to the Western Force. The 31-year-old completed a solid pre-season build-up and played in the club's trial match win against the Sharks in Cape Town a week ago.

Coach John Mitchell said it was extremely disappointing to lose a player the quality of Pretorius but praised the work ethic and commitment the South African had brought to the club throughout the pre-season.

"It is really unlucky for Andre, I feel gutted for him," Mitchell said.

"From a playing perspective we now have to look at what we've got and move forward without him, that's just part of rugby," added Mitchell.

The Western Force will assess their options in relation to a replacement player and are in discussions with the Australian Rugby Union to derive a suitable outcome.

ARU rules allow a club to recruit only one marquee player per season.
Posted by BaberBok (Jacarandastad) Friday, February 05, 2010 - 16:07
75. Blou Dino my maat van yster en plaat! Ongelukkig lewe ek nog... jy weet mos onkruid vergaan nie. Kyk ek is n GROOT Sharks fan maar partykeer moet jy gaan wat jou kop vir jou se en nie jou hart nie. Ons gaan sukkel die jaar! My geld is op die Bulle om die eerste span te word om die S/14 twee jaar in n ry te wen.
Posted by Scarface (Sharks Forever) Friday, February 05, 2010 - 20:03
76. 69. Dankie Blou Dino.

Ek het gaan kyk. Die trui is AWSOME !!!!
Posted by Bl@de Runner (Krugersdorp) Friday, February 05, 2010 - 20:08
77. Die nuwe truie lyk regtig awesome. Geen ander woord nie. Ek hoop die manne speel soos die truie lyk. Stormers sal weer in hul boring outfits uitdraf en Investec se name bollie maak, sharks lyk soos 'n Mr. price Poster en die Cheetahs se truie lyk soos fakulteit regsgeleerdheid se adminafdeling. Net een Blou en dis die Ligblou.

Jammer vir Andre Pretorius. Hete maar die sekere spelers kan net nooit van beserings ontslae raak nie. Tyd om op te hou.
Posted by mossel (Hout Bay) Friday, February 05, 2010 - 22:45
78. Scarface,

Moenie jou steur aan pre-season games nie. Dis absoluut geen barometer nie. Sharks sal reg wees. Hul enigste groot kommer lê op nr. 10.
Posted by mossel (Hout Bay) Friday, February 05, 2010 - 22:47
79. I can wait another day until I call you you've only got my heart on a string and everything’s a flutter but another lonely night, might take forever we've only got each other to blame, it's all the same to me love…. No More Lonely Nights – Paul McCartney
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Saturday, February 06, 2010 - 01:20
80. Hey Nikita is it cold in your little corner of the world; you could roll around the globe and never find a warmer soul to know. Oh I saw you by the wall
ten of your tin soldiers in a row with eyes that looked like ice on fire the human heart a captive in the snow….. Nikita – Elton John
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Saturday, February 06, 2010 - 01:28
81. Marvin, he was a friend of mine and he could sing a song his heart in every line. Marvin sang of the joy and pain, he opened up our minds and I still can hear him say: Talk to me so you can see what's goin' on….. Nightshift – Commodores
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Saturday, February 06, 2010 - 01:34
82. Said, said, said I remember when we used to sit in the government yard in Trench town and then Georgie would make the fire light. Log wood burnin' through the night then we would cook corn meal porridge of which I'll share with you….. No Woman, No Cry – Bob Marley
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Saturday, February 06, 2010 - 01:36
83. Ridin' along in my automobile my baby beside me at the wheel, I stole a kiss at the turn of a mile my curiosity runnin' wild. Cruisin' and playin' the radio with no particular place to go… No Particular Place To Go – Chuck Berry
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Saturday, February 06, 2010 - 01:39
84. I saw her today, I saw her face, it was a face I loved, and I knew, I had to run away, and get down on my knees and pray that they'd go away, and still they begin, needles and pins, because of all my pride, the tears I gotta hide…. Needles and Pins – Smokie
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Saturday, February 06, 2010 - 01:41
85. And that sweet city woman, she moves through the light, controlling my mind and my soul. When you reach out for me yeah, and the feelin' is bright, then I get night fever, night fever. We know how to do it….. Night Fever – Bee Gees
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Saturday, February 06, 2010 - 01:45
86. Let the GAMES begin...................................

1) Guthro Steenkamp
2) Gary Botha
3) Werner Kruger
4) Danie Rossouw
5) Victor Matfield
6) Dewald Potgieter
7) Pedrie Wannenburg
8) Pierre Sssssssspies
9) Fourie du Preez
10) Morne Steyn
11) Gerhard vd Heever
12) Wynand Olivier
13) Jaco Pretorius
14) John Mametsa
15 Zane Kirschner

reserwes:
Jaco Engels
Fudge Mabeta
Francois Hougaard
Deon Stegman
Jaques Louis Potgieter
Derrick Kuun

Posted by blou boelie (Cape Town) Saturday, February 06, 2010 - 11:55
87. Daar val die blitsbokke weer uit die bus uit. Ek dink Paul moet vir Jake inkry om n bietjie raad re gee
Posted by Bl@de Runner (Krugersdorp) Saturday, February 06, 2010 - 18:26
88. Wat gaan aan dat hier niks aangaan nie?

Webbie, leef die Bulle nog? Ek het 'n week laas iets van hulle gehoor!

Posted by Shannow Monday, February 08, 2010 - 09:19
89. Hallllooooooo......., waar's Webbie? Ons Bulls speel Vrydag, net so terloops.
Posted by Little Blue Bull ((We Came, We Saw, We Conquered!)) Monday, February 08, 2010 - 11:07
90. haloooooooooo webbie. ek gaan elke keer vol verwagting in op die site en dan is dit nog steeeds Juandre se gesiggie wat die web verfraai. a nee a hou jy vakansie of wat????
Posted by groot blou (Pretoria) Monday, February 08, 2010 - 13:16
91. Hallo almal,

Lanklaas gesels, maar al baie lus vir die rugby om te begin! Stem aam met Franna oor Juandre - 'n mengsel van Bakkies en Victor. Hy sal verseker die volgende geslag topslot vir ons wees na daardie twee menere en Danie Rossouw waarskynlik volgende jaar uittree. En ek dink hy sal meestal saam met Flip v.d.Merwe speel - ek het nie vreeslike verwagtinge van Steenkamp of Mabetha nie, met alle respek aan hulle.

Blou boelie, lekker span daardie - ek dink net nie Dewald is al reg nie - sal Stegman saam met Pedrie en Pierre speel. As Pierre nie reg is nie, Pedrie op 8 en dan sal ons 2 fetchers moet speel, met Kuhn wat inkom.

Op reserwe sal ek 'n vaskop kies - enige van Bees Roux of Frik Kirsten. Ook virMaku op haker. En net nie Fudge op slot nie - my eerste keuse sal v.d.Merwe wees, daarna Steenkamp en net in 'n noodgeval Fudge.

Maarr kom ons hoop die span word gou aangekondig sodat ons kan ophou spekuleer en daar 'n nuwe "thread" kan kom!
Posted by Blyblou (Middelburg) Monday, February 08, 2010 - 13:33
92. Is dit stilte voor die storm hier op die bulle se webblad?? Ek hoop nie dit gaan 'n kaapste storm(er) wees nie!!!

Kom Bulle, vertel ons bietjie wat gaan aan of is julle intens besig om voor te berei vir Vrydag. Webbie, jy is stil, is jy ook nou besig om die Bulle met die voorbereiding te help, is jy die duiksak??
Posted by Vaskophaker (Pretoria) Monday, February 08, 2010 - 13:57
93. Halo die Blou,
Ek het so feeling dat Derrick Hougaard een van die mooi dae vir die Chokers gaan uitdraf!!!!!Dit sal ons skud.
Posted by Blou Dino (Witbank) Monday, February 08, 2010 - 14:28
94. Is my web browser gebreek?

Want hy wil lyk my nie refresh nie. Maak nie saak hoeveel keer ek die webblad oor laai nie, maak dit elke keer oop op die Juandre Kruger berig!

Help asb, want sekerlik was daar al meer berigte sedert 1 Februarie, en ek is duidelik die enigste ou wat uitmis op die nuutste verwikkelinge.

Wie was die Q&A persoonlikheid hierdie week? En hoe vorder almal se beserings? Die van julle wat wel die nuutste inligting het, laat my maar weet jong.

Hehehe...
Posted by Shannow Monday, February 08, 2010 - 14:30
95. Dalk is ons ouens op 'n Kamp Bloudraad, waar geen media kontak toegelaat word nie.

Of hulle laaste vlug het 'n "detour" deur die Bermuda Triangle geneem...
Posted by Shannow Monday, February 08, 2010 - 14:34
96. Web browser probleem nog nie opgelos nie.

Weereens Juandre Kruger se gesig toe ek die webblad oopmaak. Ek moet maar my rekenaar invat vir 'n diens. Sal julle op hoogte hou van my vordering...
Posted by Shannow Monday, February 08, 2010 - 14:44
97. Gee net so vloek woord of twee dan sal julle merk hoe vinnig gebeur daar iets,dit mis onse webbie nie.
Posted by Blou Dino (Witbank) Monday, February 08, 2010 - 14:52
98. Shannow - ek dink dis n virus, myne doen dieselfde.
Dino - ek dare jou!
Posted by Little Blue Bull ((We Came, We Saw, We Conquered!)) Monday, February 08, 2010 - 15:05
99. Hi LBB,

Tyd om wee in Durbs te gaan kuier!!Payback time.
Posted by Blou Dino (Witbank) Monday, February 08, 2010 - 15:10
100. Hulle noem dit bekeer,van minder na meer.
Posted by Blou Dino (Witbank) Monday, February 08, 2010 - 15:14
101. Dino, sal verkies om die payback in Petoorsdorp te doen - daai Durban staan my nie juis aan nie LOL
Posted by Little Blue Bull ((We Came, We Saw, We Conquered!)) Monday, February 08, 2010 - 15:15
You need to upgrade your Flash Player
Happy birthday to:
6 Sept. - Juandré Kruger
6 Sept. - Adolf Malan
6 Sept. - Fanie/Rens van Rensburg
7 Sept. - Danie de Waal
8 Sept. - Eduard Coetzee
8 Sept. - Dr Daan du Plessis
8 Sept. - Os du Randt
10 Sept. - Hennie Bekker
10 Sept. - Fanus Engelbrecht
10 Sept. - Awie Nel
10 Sept. - Oupa van Zyl
10 Sept. 1921- Tobie Wiese