Willemse also Brisbane bound
18 March 2013

Junior Boks star Paul Willemse has also left for Brisbane to join the Vodacom Bulls squad due to Bok lock Flip van der Merwe being in doubt for the Reds clash.

There is still some hope that Van der Merwe may recover in time to face the Reds in their Vodacom Super Rugby match after he took a knock to the chest against the Crusaders. The initial diagnosis was 5-10 days out, but the Vodacom Bulls are hoping for a quick recovery.

According to Vodacom Bulls coach Frans Ludeke the decision to fly Willemse out is a precaution, as a final call on Van der Merwe will only be made on Wednesday.

Grant Hattingh, the other lock on tour, is also doubtful with concussion and although Jacques Potgieter can fill in at lock if necessary, Willemse can easily play in Brisbane.

• In a related incident, Crusaders hooker Ben Funnell was suspended for one week after a dangerous tackle on Hattingh which led to the concussion.

Please log in at the top of the page to post comments
Comments
36
Wel, JJ het ons nou al in die afgelope 2 wedstryde 'n hengse klomp punte gekos omdat hy heeltyd die verdedigingslyn breek. En dit is vir my baie snaaks dat hy nog nie gedrop is daaroor nie. Ek het niks teen JJ nie, maar in my opinie is hy net gemiddeld. Hy het nog niks in 'n Bulle trui gedoen wat sy plek in die span waardig maak nie. Drop hom heeltemal uit die 22 uit... hy moet terug gaan Vodacom Cup toe om vorm te kry.
Posted by Willebul on 19 March 2013 12:16
35
@33 Ek hou van jou keuse maar FL sal volhart met JJ op 13....
Posted by DIE BLOU BAAS on 19 March 2013 10:58
34
@17 as hy die Bulle sou afrig glo ek nie hy sal hulle haat nie.Mellet of Mitchell sal weer die dissipline en trots terug bring wat erg kort
Posted by Anti Province on 19 March 2013 10:54
33
My spankeuse teen die Reds:
15. Jurgen Visser
14. Lionel Mapoe
13. Jan Serfontein
12. Francois Venter
11. Bjorn Basson
10. Morne Steyn
9. Jano Vermaak
8. Pierre Spies (k)
7. Arno Botha
6. Deon Stegmann
5. Juandre Kruger
4. Jacques Potgieter
3. Frik Kirsten
2. Willie Wepener
1. Morne Mellet
----
Bench
Chilliboy
Werner Kruger
Paul Willemse
Dewald Potgieter
Louis Fouche
Ruan Snyman
Zane Kirchner
Posted by Willebul on 19 March 2013 10:31
32
Die wedstryd teen die reds gaan bepaal hoe ons die res van die seisoen gaan vaar. Eerlik, as ons weer 'n pakslae gaan kry soos teen die crusaders sien ek swaar tye. Maar ek glo die Bulle sal kop op tel! BULLS!
Posted by DIE BLOU BAAS on 19 March 2013 08:00
31
Tuks lyk my is Niks! Wys net dis waar wat een blogger gese het, daar is groot fout met die tuks span, hulle speel nie saam nie, oor hulle nie wil saam speel nie!! SKANDE!! Al wen ons die varsity cup bly dit n skande! Ek se weer,tuks moet hul eie afrigter he(die ou wat UP aangestel het) en hy moet as hy wil van die blou-bul spelers gebruik!!
Posted by DFG on 19 March 2013 07:36
30
En daar wen die Kings die Bulle! Amper dieselfde, NMU wen vir Tuks en dit is pateties.Die bloggers wat Pine Pienraar afgeskryf het en gesê het dat Nolis moet oorneem as Curriebeker afrigter, moet maar mooi gaan dink. Dit is 'n skande dat Tuks met al hulle gekoopte talent teen NMU verloor. Nolis is verlore sonder HM wat sy hand vasgehou het die laaste twee jaar. Ek dink nog steeds dat die Bulle is baie dun op hulle afrigtingspaneel. Ek sou graag vir 'n Dawie Theron en Brenden Venter wou sien as Curriebeker afrigters vir die Blou Bulle.

Posted by Poepindieketel on 19 March 2013 07:24
29
27.
Jy weerspreek jouself met allles wat jy se.
HM het Goosen gekies onder geweldige druk omdat Steyn swak presteer het.
Jy wil nie jong spelers in die groot rugby het nie(waarmee ek volkome saamstem) Maar dan wil jy Small Smith op buitsenter he. Hoe oud is Smith?
Posted by Soutpansberg on 19 March 2013 06:21
28
@ Rifrug #9:

Haha, Riffie, hoekom se jy jammer aan my? Weet jy, jy kan so vinning soos Usain Bolt wees, jy kannie ooral uitkom nie as die bal so rondgegooi word nie en die res van jou spanmaats bied geen weerstand nie, en wat nog gate op verdediging toestop? Wanneer ander AWOL is moet jy darem reg wees om te tekkel weet jy, jy kannie jou indompel by elke liewe afbreekpunt nie, dis net stupid.
Het jy nie gesien hoe hulle die bal versprei het nie? Wys my enige flank in die wereld wat so kan byhou met sy span wat nie hulle deel doen nie. Vertel ons liewer by hoeveel was hy,en wat hy wel gedoen het. En jy weet duidelik nie hoe vinnig hy is nie.

En ek dink BB23-hulle kan maar hulle tyd vat n reageer op sekere aantuigings soos dit hulle pas, op die regte manier ens.
Baie word gese van afrigting vs spelersbesluitneming. Wen ons dan is spelers tops, verloor- dan sit die fout met afrigting. Of julle nou met die afrigting saamstem of nie, twee dinge; die Bulle was vroeg moeg, en dit was duidelik dat die meeste van hulle nie motivering gehad nie, jy kannie vingerwys na die bestuurspan nie.
Posted by Las on 18 March 2013 22:32
27
Johan hoossen se tweede superrugby seisoen en die tweede wat hy misloop agv besering.

laat dit vur elkeen les wees wat die jong manne vroeg ryp wil druk. briljante speler wat op 21 reeds twee massiewe beserings agter die rug het en 'n bokafrigter wat ok nienop hom laat wag om goosen in te druk nie.

Baie bly francois venter is terug in die span. jan serfontein is wat my aan betref definitief een van ons groot findse maar moet nie afgejaag in span opgneem word nie. Frans verdien om in die beginspan na wynand te wees. en hoe gouer die bulle vir jj op buitesenter uitskuif hoe beter. naas mapoe behoort small smith sy plek in te neem.
Posted by bloukaap2 on 18 March 2013 22:11
26
Willemse is n groot seun, baie groot. 127kg. Ek weet nie hoeveel daarvan water is nie, maar hy behoort darem n verskil in die skrums te maak.
Posted by Soutpansberg on 18 March 2013 21:23
25
Ek hoop iemand kan hierdie week vir Morne leer hoe om af te skop! Kort voor rustyd kry Akona seer en die Crusaders druk. Akona kom aangestap met 'n stuk ys wat hy teen sy wang hou. Wat doen Morne? Hy skop weer af na die regterkant (Akona se kant), diep en plat sodat niemand van die Bulle by die bal kan uitkom nie. Ek hoop hulle gebruik vir Basson die naweek en sit tog hoogte op die bal! Die Bulle het waarskynlik 'n verdedigings patroon wat na regs werk, maar asseblief gee tog jou spelers kan om te kompeteer vir die bal en gebruik hulle reg. Hierdie getjommel van Morne met die afskoppe gaan nou al vir drie jaar aan en dit lyk nie of dit enigsins aangespreek word deur die afrigters nie. Die Bulle is heeltemaal te voorspelbaar met sulke taktiek wat swak uitgevoer word.
Posted by Poepindieketel on 18 March 2013 20:10
24
Ek sou Jurgen Visser n billike kans op heelagter gee teen die Reds en hom dan oordeel. Om in jou eerste game in Super rugby uit posisie teen die Crusaders te speel is baie hard op enige jong speler, ek glo nog steeds hy bied meer op heelagter as Kirchner. Voorlangs sal ek nie torring nie behalwe Werner Kruger terug en Frik Kirsten op die bank en dan sal ons seker eers Woensdag weet of Flip en Grant Hattingh reg sal wees. Teen die Reds dink ek n goeie opsie is Francois Venter binnesenter, Serfontein buite en JJ Engelbrecht en Basson op vleuel. Bitter min voorspelers het werklik met hart gespeel teen die Crusaders, hopelik sien ons daai guts weer teen die Reds, want die Brumbies gaan n bitter taai game wees ek sien dit kom!!
Posted by BillyO on 18 March 2013 18:55
23
Dis vreeslik op so te verloor en dan nog sonder my rooi wyn (dit was net te vroeg)
Het iemand dalk n video van Campese se goose step wat ons vir Kirschner kan wys. Die goose step word gebruik wanneer jy om die verdediger hardloop en se spoed te breek as hy jou moontlik kan inhaal.

Ons weet die tweede week van die toer is gewoonlik vir die Bulle moeilik maar dis nie n verskoning nie. Daardie commitment by almal was net nie daar nie. Verdediging is commitement.

Die crusaders ken ons plan, hulle weet ons speel net die agterlyn op sekere gebiede op die veld andersins skop ons. So hoe wen jy die Bulls hou hulle onderdruk in hulle eie half gebied en hulle sal nie hardloop nie net skop. FL, VM en PR moet na hulle self kyk want almal weet hoe ons plan werk. N agterlyn gaan nooit ooit goed wees as jy nie die bal onderdruk hanteer en hanteer en hanteer nie, maak nie saak of jy SBW in die span het het nie, kyk wat het met Frueen gebuer agv selfvertroue wat te kort gekom het van die vorige twee wedstryde.
Ag nee wat afrigters rerig dis n skande!
Posted by Kaap'se bul on 18 March 2013 17:42
22
Ek sien Spies tweet "great Team Dinner"plaas dat hulle aandag gee aan hulle getjommel
Posted by Anti Province on 18 March 2013 16:59
21
@20 baie waar wat jy se met jou laaste 2 sinne
Posted by Anti Province on 18 March 2013 16:56
20
19.
En dis presies waarvoor ek vrees wat met Serfontein en Pollard gaan gebeur as hulle te vroeg groot rugby speel.
Dis nie meer dertig jaar gelede nie, die spel is baie meer fisies en ons speel ook amper twee keer soveel...
En ja, die volstruise moet maar kla. Politiek is ongelukkig deel van die lewe en het n invloed op alles wat om ons aangaan.
Ek weet n Bloubul oorwinning is seker die lekkerste ding wat jy kan ervaar met jou broek aan, maar dit maak ongelukkig nie n verskil aan die blanke plakkerskampe en plaasmoorde nie...
Posted by Soutpansberg on 18 March 2013 16:47
19
Johan Goosen dalk uit vir ses maande!!

Stem saam met Rifrug @9 oor die aantuigings op die vorige draad wat sekerlik beantwoord moet word. As iemand my beskuldig van, geknoeiery met geld, en nogal op 'n publieke forum, en dit is nie waar nie, gaan ek mos nie stil bly nie!!

@Soutpansberg, van die ouens kla oor jou skrywe as dit bietjie polities is, maar ek moet se jy is omtrent die enigste ou wat my laat lag hier met jou verskeidenheid byvoeglike naamwoorde!!
Posted by Les Bleus Cocardier on 18 March 2013 16:36
18
More my Blou-volk,
Laat ek ook nou maar my opinie lig omtrent laas Saterdag se pakslae:
FL is steeds besig om met sy plan"A" van stampkar rugby se laaste bietjie Talent uit die jong spelers te coach.
Mens kan duidelik sien die onsekerheid by die jong spelers soos Visser, Mellet, Arno, Fouche, JJ en Serfontein ens hulle wil maar hulle mag nie.
Ek glo ook dat alhoewel Morne darem voorkom het dat ons ge"whitewash" is dit dalk nou die tyd om Pollard op die bench te kry.
Die Bulle is so voorspelbaar soos Zuma se volgende speech!
Waarom kan Morne nie die afskop afwissel met 'n korter afskop reg in die middelveld nie? dis die kortste afstand om te hardloop vir ons vurige losvoorspelers en ons kan die oponente onmiddelik onder druk sit. Magtig die ander spanne doen dit met ons DUH!!!!
Hemel soms kry ek die gevoel FL werk net vir sy pensioen en vir n moontlike aftree job by Garsfontein Hoerskool!
Die vorige Saterdag was ons fisies by die afbreek punte, het die manne hard gestamp? wat het laas naweek fout gegaan?
Beserings, Kneusplekke???? Vra dan liewer om replace te word en recover vir volgende game, maar moenie gaan rondhang en fotos neem om die losskrums net omdat jou lyf steed gevoelig is na die vorige naweek nie.
Barend ek dink jy moet begin dink aan nuwe afrigtings strukture, kyk na iemand soos Dawie Theron om FL mee te vervang, maak Victor Curriebeker en Vodacom Hoofafrigter.
Ook Spies as kaptein doen dit nie vir my nie, laas Saterdag moes hy die drie wat met rustyd aangebreek het bevraagteken het deur die ref aan te vat, dit raak amper soos cricket, gedurende die Sharks game het mens duidelik gesien hoe Keagan Daniels vir Johnathan Kaplan vra omtrent n vorentoe aangee wat hy toe verwys het na die tv ref, nie MR Spies nie hy gaan staan hanne op die kniee sy kop en skud.
Jean Devilliers ja almal booo hom as hy die ref nader oor n beslissing maar dit werk! Die ref kan ook foute maak en met die nuwe tegnologie kan dit n verskil tussen wen of verloor beteken.
Hoop oom Barend lees van ons kommentaar soos hy gedurende die voorseisoen belowe het.
Ons wil nie FL se werk he nie, maar hemel almal kan sien daar is fout wat nog groot kan word.
Nou voel ek beter>
Nag ou Grooooooote
Posted by PITZER on 18 March 2013 16:01
17
net nie Mallet nie, asb - hy haat die Bulle met 'n passie.
Posted by Little Blue Bull on 18 March 2013 15:20
16
Ek hoop net Paul Willemse is fiks,want vir Tukkies het hy baie onfiks voorgekom.Grant Hattingh gee ten minste alles
Posted by Anti Province on 18 March 2013 15:12
15
Kry Nic Mallet vir afrigter,hy sal die slapgatheid vasvat en dissipline terug bring.Onder hom sal die Bulle n helse krag word
Posted by Anti Province on 18 March 2013 15:11
14
Ek dink Frik - eintlik die hele voorry het Saterdag te staan gekom teen 'n skrum wat hulle met ervaring uitoorlê het. Die loskop van Crusaders, Crockett, is sterk maar 'n slim skrummer. Hy is eenkeer gestraf vir binnekant toe skrum die keer toe hy gesien is! Die probleem is egter nie opgelos toe Werner opkom nie, inteendeel die het toe slegter gegaan.
Byt vas met Frik wat net hierdie fyner kunsies kan aanleer, want hy IS BESLIS sterker skrummer as Werner. Onthou hy speel nog sy hele Bul loopbaan van die bank af.
Posted by Paarlbul on 18 March 2013 14:44
13
Ek sal hom bo grant kies omdat hy n 4 is en ook vir sy beter skrumwerk en gewig....
Posted by Soutpansberg on 18 March 2013 14:34
12
Beserings is deel van die spel en dis hoekom diepte en n rotasie beleid so belangrik is.
Veral Flip se afwesigheid gaan gevoel word, maar hoor my, hierdie drie beserings is n bedekte seen.
Die Bulle gaan Saterdag terugkom met n krag, veral omdat ons n nuwe senterpaar en vleuels gaan he.
Venter en Serfontein, met JJ en Basson op vleuels. Visser op die bank saam met dewald wat later sal opkom.
Die Rioolbabers van Indian Mynah country gaan ook hul brouwerk regmaak maar ek het net die gevoel dat die Vrystaat en die Kaapse Kroesaders gaan vou, veral sonder Etsebeth en Habana, en jantjies wat so sukkel om aan te pas by hul negatiewe spelpatroon....
Posted by Soutpansberg on 18 March 2013 14:32
11
I personally think that Steggies had a brilliant game on Saturday, Morne was fantastic and Juandre made a complete nuisance of himself in the linetouts - congrats to those three. I know we can beat the Reds if we can pull ourselves together and perhaps try not to kick possession away so much. Bad news about the boys that we have lost and best wishes for a speedy recovery but its gonna be fantastic to have their replacements in the team - perhaps perk up the team a lot !!! We can do this so GO BULLS !!!!!
Posted by BullsRbest on 18 March 2013 13:59
10
Middag Almal
ek sal venter op 12 en serfontein op 13 kies maar ek dink FL gaan serfontein op 12 kies met jj op 13
Hopelik kan ons n bonus punt teen die reds aan teken.Ek dink ook net ons probleme is tegnies van aard en dat die afrigters moet plan maak met jj en hom op vleul sit.
HOU BY DIE BLOU
Posted by kzn bul on 18 March 2013 13:56
9
Ja ongelukkig was dit maar `n swart naweek vir die Bulle, en as ons heeltemal eerlik wil wees, die telling vlei die Bulle. As dit nie vir swak hanteerwerk was by `n paar geleenthede nie, was die telling teen ons oor die sestig.
Willebul het op `n vorige draad `n ontleding van al die spelers gedoen en ek wil slegs `n paar opmerkings daaroor maak.
Stem saam oor Zane, en behalwe daardie "goosestep" van hom is die ding wat my die meeste irriteer, daardie gryp van die bal by `n lynstaan en dan maak of hy die bal vinnig wil ingooi.
JJ sal net doodeenvoudig vleuel toe moet skyf.
Mornè, beslis die beste in die agterlyn Saterdag.
Jano, as hy wil hardloop moet hy breek, anders moet hy die bal onmiddelik uitgee.
Pierre, beter as verlede jaar, maar beslis nog nie waar hy al voorheen was nie.
Stegmonster, het hard probeer, maar het net doodeenvoudig nie die speod van `n Matt Todd of Sam Cane nie. (Jammer Las). Maar het ons beter as hy?
Arno, het nie werklik tot sy reg gekom Saterdag nie, maar het alles gegee.
Flip het niks om oor skaam te wees nie.
Frik Kirsten was vir my persoonlik die grootste teleurstelling Saterdag, is nog nie naby die punt waar hy by Werner kan oorneem nie.
Willie, daar is seker beter hakers as hy, maar hy probeer hard en op hierdie stadium strate beter as Chilliboy.
Ek wil graag positief wees, so ek glo hierdie verloor gaan net as groter motivering vir die Reds dien. Dan moet mens darem ook krediet vir die Crusaders gee, niemand sou hulle Saterdag klop nie.

BB23, daar word op die vorige draad sterk aantygings oor die BBRU gemaak. Ek glo jy moet reageer daarop anders gaan daar groot twyfel daaroor heers.
Posted by Rifrug on 18 March 2013 13:48
8
Die saders se game plan was so doodeenvoudig. Hou die bal totdat jy 2 manne oor het buite al vat dit 50 fases, en laat loop hom dan. Verder sit druk op met die vaste fasette en kompeteer soos verwoede terriers vir elke losbal.

VOILA!! 6 drieë.

Ten spyte hiervan dink die Bulle kan wen teen die reds. Almal op die Serfontein trein gaan dalk smile want ek dink dis beter om darem een spesialis senter in die lyn te te hê as 2 vleuels (lees mapoe en JJ).

Miskien nie 'n slegte ding dat die jong manne kans kry nie. Die vories sal egter die kitaar moet tokkel want as Genia en Cooper te veel bal kry kan volgende naweek ook opgemoer word nog voor hy begin het.

Miskien maar begin met Visser op 15 want hy dink nie hy kan deur 'n betonmuur hardloop soos Zane "onstuitbare man van staal" Kirchner nie. Hy sal darem chip oor die defence of deur die gaping p[robeer gaan en is goed onder die hangbal.

Al wat ons kort om die toer "te red" is nog een wen. Al kom die Brumbies terug van hier af gaan hulle moeilike maters wees in Canberra. Ek het later die sharks begin jammer kry want hulle het ook maar onbeholpe gelyk. Ons het verloor met 22 oorsee maar hulle met 19 in Durban. Ai.
Posted by bloubefoeterd on 18 March 2013 13:38
7
Ons het saterdag omtrent niks bal gesien om te speel nie en dan die bietjie bal wat ons gehad het, het ons of gekknock of die crusaders het ons van die losgemaal afgedryf.
Ek dink ook Zane is maar power maar hy is 100 keer beter as Slaptjips Visser.

Wat ek nie kan verstaan nie is dat die Bulls laasjaar sekerlik die swakste skrum gehad het in die kompetisie en die jaar is dit maar weer dieselfde. Kan die afrigters dit nie reg gecoach het nie? Magtag geen span staan meer strafskoppe as ons af by die skrum nie.

JJ is nerens nie,
My backline sal so lyk:
Vermaak, Morne, Basson, Serfontein, Venter, Mapoe en Kirshner.
Dan sal ek voer, as daar nie ebserings is nie met Werner en Chillie begin en Jacques Potgieter uit die groep weglaat vir Dewald Potgieter
Posted by Bomskok on 18 March 2013 13:28
6
@5 en leer hom n bal uitgee
Posted by Anti Province on 18 March 2013 12:45
5
Zane Kirchner sal nie plek kry in Tuks of TUT se span op die oomblik nie. Hy het GEEN spoed nie, kan nie tackle nie. Al wat goed is van hom is sy posisionele spel. Hy moes seker maar baie lojaliteitspunte opgebou het oor die jare, want ek kan nie andersins sien hoe hy nog gekies kan word nie!
Posted by Bullebakkies on 18 March 2013 11:40
4
Hoekom kan SA heelagters nie aanval/teenaanvalle of in die lyn aansluit nie?

1)Zane hoe minder gese hoe beter!(Visser net nie fisies genoeg nie)Beyers?
2)Joe Petersen(Skop Skop)(Taute heel verlore)
3)Ludik(Skop Skop)
4))Danniler(Skop Skop)
5)SP Marais(Kry nie kans nie)

Word natuurlike flair uit die spelers ge coach?
Posted by Lekkerblou on 18 March 2013 11:19
3
Die Saders moes 60 punte teen ons aangeteken het! Ons wil mos aan donner met hierdie skop en jaag gemors rugby! Die Brumbies gaan vir ons nog verder wen! Hoe kan jy teen n span soos die Crusaders die bal doodeenvoudig vir hulle skop en dan wag dat hulle jou deurmekaar hardloop? Ons agterlyn het geen plan as hul aanval nie! Vergelyk ons agterlyn met bv die Brumbies sn...wat doen PR by die Bulle?

Dalk is mens nou net erg negatief oor die groot telling. As ons voluit gespeel het en met 5 of 6 punte verloor het sou mens dit kon sluk, maar ons het net eenvoudig ophou tackle en speel! As ons met die ingesteldheid van die Kings kon speel sou dit baie beter gegaan het!

Ek is n Bul ondersteuner al my hele lewe lank en sal altyd een bly, maar ons gaan nog lang trane huil hierdie seisoen as ons aanhou met hierdie wedstrydplan!! Skop en jaag rugby WERK NIE MEER NIE!!!!!!!

Ek stem saam metg vorige blogger, n V&A sessie met afrigters is dalk n goeie idee.

Posted by Bullebakkies on 18 March 2013 11:12
2
@1...Ja...dis darem Donderdag Vakansie dag! ha ha! Ja nee kyk, Saterdag was nie mooi...eerlik....ek het geweet dit gaan taai wees en natuurlik gehoop op wen maar dan at least bonuspunt? Probleem is verkeerde ouens op verkeerde posisies.
Posted by DIE BLOU BAAS on 18 March 2013 11:00
1
Ai, jai, jai. Enige goeie nuus op hierdie "swart" Maandag?
Posted by Little Blue Bull on 18 March 2013 10:45
VIDEO
Highlights of the Super Rugby match between the Sharks and Bulls from Kings Park.
Play   PLAY   MORE VIDEOS
BIRTHDAYS
20 Mei Pieter de Haas
20 Mei Louiz Holtzhausen
20 Mei
21 Mei Henry Rheeders
22 Mei Barries Barnard
23 Mei Jean du Randt
23 Mei Pierre Edwards
23 Mei Rassie J van Vuuren
24 Mei Draadkar de Lange
25 Mei Japie Barnard
26 Mei Hennie Jacobs
27 Mei Johan Reyneke
27 Mei Gert Smit
27 Mei Dylan van Bylevelt
28 Mei Luther Bakkes
28 Mei Johan Marais
28 Mei Devin Oosthuizen
28 Mei Jean Pieters
29 Mei Heini Adams
29 Mei Wium Arlow
29 Mei Fanie Lombard
31 Mei Peet Arnold
31 Mei Anton Leonard
31 Mei Jacques Schutte
31 Mei Alan Zondagh
JOIN US ON FACEBOOK