Vodacom Bulls injury update
17 March 2013
Wynand Olivier, Francois Hougaard and Akona Ndungane will all be returning home following injuries in the Vodacom Bulls defeat at the hands of the Crusaders on Saturday.
Olivier (knee, 4 weeks), Hougaard (ankle, two weeks) and Ndungane (cheekbone, four weeks) will be replaced on tour by Francois Venter, Ruan Snyman and fit-again Bjorn Basson.
The Vodacom Bulls are in Brisbane to play the Reds this weekend and have another match in Australia in a fortnight, when they will face the Brumbies in Canberra.
Flip van der Merwe (chest) is also doubtful for the Reds clash, whilst Grant Hattingh suffered a knock against the head and will not train early in the week. Lionel Mapoe and Dewald Potgieter will also be fit for selection this week
Apart from the touring squad, the recovery of Dean Greyling and Marcel van der Merwe is on track.
Van der Merwe will be ready to return to the playing field in May and Greyling could be back in three weeks.
Please log in at the top of the page to post comments
Comments
|
19
|
Beserings is deel van die spel en dis hoekom diepte en n rotasie beleid so belangrik is. Veral Flip se afwesigheid gaan gevoel word, maar hoor my, hierdie drie beserings is n bedekte seen. Die Bulle gaan Saterdag terugkom met n krag, veral omdat ons n nuwe senterpaar en vleuels gaan he. Venter en Serfontein, met JJ en Basson op vleuels. Visser op die bank saam met dewald wat later sal opkom. Die Rioolbabers van Indian Mynah country gaan ook hul brouwerk regmaak maar ek het net die gevoel dat die Vrystaat en die Kaapse Kroesaders gaan vou, veral sonder Etsebeth en Habana, en jantjies wat so sukkel om aan te pas by hul negatiewe spelpatroon....
Posted by Soutpansberg on 18 March 2013 14:32
|
|
18
|
Las @ 13 - motivering is (on)gelukkig een van die belangrikste aspekte van 'n rugby wedstryd en die Bulle het lank reeds hierdie geneigdheid om vir sekere wedstryde net nie op te daag nie, veral op toer. Ek het voorheen altyd gekyk na Danie Roussouw, hy was 'n goeie barometer van hoe die span gemotiveer is. Spelers en Afrigters het te doen met die motivering. Afrigters moet die spelers kan "aanskakel". Spelers wat moet speel vir hulle plekke en nie elke wedstryd 'n vrypas het nie, is gewoonlik die beste gemotiveer. Verantwoordelikheid, volwasse en grootkop dra ook by tot spelers motivering.
Posted by Paarlbul on 18 March 2013 11:05
|
|
17
|
Nouja as ek negatief is dan moet dit maar so wees.As ons so gaan speel teen die Brumbies en hulle speel soos in daai 1ste 40min wag daar n m....telling teen ons.Volgens my was die Bulle baie gelukkig om nie 60 punte af te staan nie.Kyk iemand van Bestuur na die postings wat hier geplaas word want dit is week na week dieselfde probleme wat uitgewys word.Sien FL,PP,VM,en PR dit nie raak nie bv JJ is nie n senter nie,maar word elke game daar gekies.Die Bulle speel uitgediende,voorspelbare rugby want ons forwards doen nie wat hulle moet doen nie en verdediging bestaan amper nie.Hulle speel ook nie met erns en intensiteit nie.Ek haat om dit te se,maar tans speel die Stormers met baie meer vuur en hoer intensiteite as die Bulle.Jan Serfontein het heel verlore gelyk en vir my het Louis Fouche 10 keer beter as hy gespeel.Leer tog vir Zane hoe om n bal te pass hy weet nou nog nie hoe nie.Dan hoe kry ander spanne dit reg om so maklik overlaps teen die Bulle te kry .Dan BB23 reel vir ons n V en A met die afrigters dit sal waardeer word.GO BULLE lig die koppe en slag die REDS.Altyd n BUL
Posted by Anti Province on 18 March 2013 09:27
|
|
16
|
@15 - Jy noem 'n baie belangrike punt, ja die Crusaders was baie goed gewees Saterdag - maar ek dink ons span het so sleg verdedig ons sou teen meeste verloor het. Daar is 'n paar spelers in die span wat net glad nie meer daar hoort nie. Aangesien ons in elkgeval 'n nuwe span moet bou, gee dan die jonger outjies kans. Mastriet ipv Ndungane is 'n goeie voorbeeld. Speel spelers slegs in-posisie - JJ is daar die kanidaat. Hy het nog nie 1 goeie wedstryd gehad op senter nie, maar tog hou FL hom daar. Ons het 2 van die opwindendste 12's in die land, maar nou hou ons aan met Wynand wat 1 uit 4 keer 'n goeie game het.... Speel vir Jan of Francois.. Soos die geluk en ongeluk ons nou tref, sal ons sien wat een van die 2 jong senters het die Saterdag aangesien Wynand beseer is... So, ek hoop van harte dat die naweek se wedstryd beter sal verloop.. As die Force die Reds kan klop, kan ons beslis die Reds klop! Ons het die talent..
Posted by Willebul on 18 March 2013 09:25
|
|
15
|
As ek na 14 kyk, moet ons byna die hele span vervang - waarmee! Ag nee wat; ons het wel sleg verloor, maar wys my 'n span wat Sa die Saders sou stuit. Hulle strategie/taktiek/noem dit wat jy wil, is onverbiddelik. Maak die spelers skoon voor jou en jy baljaar met die bal en dis wat hulle doen. Brumbies presies dieselfde met Sharks gedoen
Posted by NETBLOU on 18 March 2013 09:09
|
|
14
|
15. Zane - Kan net glad nie aanval nie, net so voorspelbaar soos Wynand 14. Ndungane - Raak nou te oud, tyd vir Japan of aftree. Hou asb jou legende in een stuk en tree af. Kry deesdae heeltyd seer. 13. JJ - Asseblief se vir FL jy wil nie senter speel nie...ook nie vleuel nie, jy sal eerder die water aandra, hardloop soos 'n afkop hoender daar rond 12. Wynand - matiglik bestendig - maar baie voorspelbaar want hy pass nooit 11. Jurgen - Sal nie graag die wedstryd wil onthou nie. 10 Morne - Skop baie goed, kan nogsteeds nie ordentlik verdedig nie. 9 Jano - Leer asb pass sonder die 5 Meter kant toe hardloop 8. Pierre - Tackle ook heeltemal te veel mis, dit is asof hy daai aggresiewiteit kort wat Vermeulen het.. maar was darem orals en het 'n paar keer die opposisie gestuit agter die voordeellyn. 7. Arno - Hierdie outjie is op die stadium ons yster in die voorspelers. Probeer baie hard, maar het nie genoeg ondersteuning van sy spanmaats nie. 6. Steggies - Hard probeer, maar kom nie altyd vinnig genoeg by afbreekpunte nie. Goeie game gehad 5. Juandre - Hy kyk seker Fourie du Preez tapes want hy moan nou net so baie by die ref. Andersins baie stil game gehad 4. Flip - Weer baie goed, hy speel sover hierdie jaar goeie rugby. Solank hy sy dissipline kan behou kan hy maar gerus weer opgeroep word bokke teo 3. Frik - Het nog baie om te leer... die Crusaders voorry het ons s'n omtrent 'n les geleer 2. Willie - Ek is steeds nie oortuig met hom nie, nog minder met Chili, speel eerder vir Callie Visagie 1. Morne - Selfde as met Frik, daai Crusader manne het hierdie jong bulle omtrent 'n les geleer, maar hy wys baie potensiaal, wil nou sien of gaan enige van hierdie 2 span kry sodra Dean en Marcel weer fiks is...
Posted by Willebul on 18 March 2013 08:12
|
|
13
|
@ Poepindieketel #8: Haha, dit se vir my dat jy nie die wedstryd baie mooi dopgehou het nie. Steggies het meer as een bal omgedop. Kyk gerus weer n keer my maat. En dan wat van al die gate wat hy toegestop het toe die sluise oopmaak?
@ Paarlbul #11 Dis meestal die spelers se skuld, of wat stel jy voor die afrigters doen? En ek is ook gatvol vir Zane se goosestep, dit bereik niks, dit maak hom net n teiken en breek momentum. Maar nie elke speler was sonder motivering nie jy weet. Daar is van die meer volwasse spelers wat hulself motiveer.
Posted by Las on 18 March 2013 08:11
|
|
12
|
Can someone please read this post and pass it on to our team - it is so disgusting to see the rugby players blowing their nose onto the field and this is the second week that a camera has caught one of our guys doing it - it is really disgusting.
Apart fom that - sorry our boys lost but it was to a rampant Crusaders team desperate for a win. I know we can do better this week so keep your heads up boys and GO BULLS !!!!
Posted by BullsRbest on 18 March 2013 08:11
|
|
11
|
Jy kry spanne soos die Kings - 'n span met nie baie talent nie, eintlik 'n groep C-span spelers van ander unies, maar hulle gee absoluut alles en dan kry mens spanne soos die Sharks en veral die Bulls - al die talent in die wêreld maar ouens wat dink hulle kan maar sekere wedtsryde "afvat". 'n Ou kon nie verwag dat hulle Crusaders Saterdag moes klop nie, want hulle moes wen, maar as die Bulle 100% gemotiveerd was en gespeel het soos teen die Blues, sou die telling mos eerder 31-28 gewees het en nie 41-19 nie! Waarby kom dit in? Afrigters, want dit is nou al hele klomp jare wat dit so gaan. Net 'n paar oomblikke in die wedstryd wat eintlik die hele storie opsom: Na 15 sekondes - Morné kry bal met baie tyd in sy kwart en skop die nie uit nie, en hy kon direk uitskop. 44 ste minuut - vleuel van die Crusaders hardloop amper deur hele Bul span en vir ou laas stamp hy vir Morne Steyn soos 'n vrot vel van hom af. 53ste minuut - Bulle kry 'n vryskop net binne hulle eie half gebied. Besluit op 'n hoë lugskop (?????), kry nie die bal nie en staan toe amper weer 'n drie af - watse soort logika en gameplan is dit? Is daar niks beplanning wat bv vir Spies spasie kan maak nie? Bjorn Basson - hoe sê hulle "poetry in motion" met bal in hand, maar waar is die spasie vir hom. Al wat hy moet doen is hoë skoppe jaag. Kan Zane gladnie meer hardloop sonder om daai goose step te gee nie? Wat bied hy wat Visser en Beyers nie bied nie?
Posted by Paarlbul on 18 March 2013 07:42
|
|
10
|
Ek weet ook nie hoekom hulle Visser op vleuel laat speel nie. Hy is n goeie heelagter. Kirchner het weereens elke keer in groter manne vas gehardloop en dan is hy terug geduik. Maybe moet iemand hom so hard tackle dat hy dit nie weer doen nie?
Posted by Nitronic on 18 March 2013 07:34
|
|
9
|
Goeie more. Hier is 'n waarneming vir julle kommentaar. Ons agterlyn staan baie vlak. Vermaak maak vinnig skoon, maar hardloop waarheen hy gaan pass. Dus harloop hy 3 - 5 meter sywaards, selfs agtertoe, en dit bring die opponente 3 - 5m voorentoe. Dit sit ons hele agterlyn onder druk en maak geen indruk nie. Hierdie waarneming is nie net myne nie, en wat ek die minste kan verstaan is dat leke soos ons dit raak sien week na week en die profesionele afrigters nie.
Posted by IBM on 18 March 2013 07:21
|
|
8
|
@Las. bly jy lewe nog! Steggies lyk beter en ek hoop hy kan die seisoen hou, maar ek het hom Saterdag nie 'n enkele bal sien steel nie. Ek hou hom ook dop as hy 'n losgemaal tref en ek moet sê ek sien geen impak nie. Met val in hand het hy egter verbeter. Ons stutte en Chili sal moet wakker skrik by die losgemale. Hulle maak nie skoon nie. Die enigste ou wat skoonmaak is Flippie en ek sien hy is uit vir Saterdag.
Posted by Poepindieketel on 18 March 2013 06:44
|
|
7
|
ons sal moet teen die reds wen, die brumbies sal ons weereens n miracle nodig het. Verloor ons al twee dan is die toer n mislukking.
Posted by Nitronic on 18 March 2013 05:59
|
|
6
|
Nog n week. Wat gaan hulle nou maak met die agterlyn? En #4 Poepindieketel, ek stem saam met jou , maar jy's glad nie regverdig rakend Stegmann. Wat nog moes Steggies doen? In my opinie het daardie game eintlik gewys hoe waardevol hy is, en watse kanniedood houding hy het. Briljante speler. Ek wonder nou maar of Jacques op 4 gaan wees, Dewwies op bank?
Posted by Las on 18 March 2013 05:35
|
|
5
|
@4 Nee wraggies ek weet nie wat dit is met Chilliboy nie, maar vandat hy weer terug is vat hy verskriklik lank om in te gooi, dis asof hy onseker is oor die call van die springers af. Ek dink darem teen die Reds behoort ons voorlangs beter die mas op te kom, hopelik verstik ek nie aan my eie woorde nie. Die game teen die Reds is n moet wen, want kan jy dink die Brumbies hardloop oor die Stormers ook, hoe stert in die lug sal hulle dan in hulle eie backyard wees. Ek reken darem die afrigtingspan is nie blind nie, kom ons hoop in die Crusaders game het ons goeie lesse geleer om nie weer dieselfde foute te maak nie.
Posted by BillyO on 17 March 2013 22:20
|
|
4
|
@2, Fouche was ons beste agterspeler! Dit sê vir jou hoe swak was die ander. JJ kan nie op senter of op vleuel verdedig nie. Hy skiet knaend uit sy lyn en Robbie Fruen het te maklik om hom gehardloop toe hy op vleuel was. Ons het 'n probleem Saterdag. Basson kan die een vleuel wees maar ek weet nie wie die ander een gaan wees nie. Dalk vir Serfontein (binne), Mapoe (buite) en dan weer vir JJ op vleuel. Visser self was baie swak op vleuel en ek sal hom eerder op heelagter kies. Venter is by uitstek 'n binne senter. Hy is te stadig vir enige ander posisie in die agterlyn. Miskien vir Venter op binne, Jan buite en Mapoe op vleuel saam met Basson. Ons moet egter goed skrum en die kontak posisie domineer. Die Crusaders het ons daar geboelie en Stegman het nie oortuig nie. Die stutte sal ook meer hulle deel moet doen om skoon te maak by die losgemale. Chilli sukkel hom dood om 'n bal in die lynstaan in te gooi. Dit is die Bulle se vernaamste aanvalswapen en dit is belangrik dat hulle momentum vanaf die lynstane kry. Victor het baie werk die week!
Posted by Poepindieketel on 17 March 2013 20:23
|
|
3
|
My wyn proe vandag soos lewensessens. For vark steaks Bulle ek try my bes, julle beter bleddie ook.
Posted by Jimmy on 17 March 2013 15:17
|
|
2
|
Hoop ons sien volgende naweek Francois Venter op 12, Jan Serfontein 13, JJ Engelbrecht vleuel, Jurgen Visser heelagter en Dewald Potgieter op die bank, sodat hy vir Stegman kan replace die laaste 20minute. Stegman doen baie goeie harde werk voorlangs en n mens wil hom nie breek in n paar games nie. Hoop Werner Kruger speel weer start up met Frik Kirsten van die bank af. Mapoe en Kirchner kan ook maar vir n slag van die bank af speel. Meeste van ons hou nie baie van Fouche nie, maar ironies genoeg het hy ten minste 3 baie goeie tackles ingesit toe hy opkom, maar eks nie steeds nie n groot fan van hom nie.
Posted by BillyO on 17 March 2013 14:37
|
|
1
|
Ek hoop al die spelers en afrigters kom maandag bymekaar en kyk mekaar in die oe en erken dit was nie n goeie poging deur die span nie.Ek hoop ook dat hulle die naweek sal vergeet en 200% die week gaan gee teen die reds.Ons doen alreeds beter as laas jaar dink ek en glo ons gaan net sterker word as n span.Die span sal verseker ook n force wees in die cc.Sterkte vir die hele BULLS span die week HOU BY DIE BLOU
Posted by kzn bul on 17 March 2013 12:37
|
VIDEO
Highlights of the Super Rugby match between the Vodacom Bulls and Hurricanes from Loftus Versfeld, Pretoria.
BIRTHDAYS
| 20 Mei |
Pieter de Haas |
| 20 Mei |
Louiz Holtzhausen |
| 20 Mei |
|
| 21 Mei |
Henry Rheeders |
| 22 Mei |
Barries Barnard |
| 23 Mei |
Jean du Randt |
| 23 Mei |
Pierre Edwards |
| 23 Mei |
Rassie J van Vuuren |
| 24 Mei |
Draadkar de Lange |
| 25 Mei |
Japie Barnard |
| 26 Mei |
Hennie Jacobs |
| 27 Mei |
Johan Reyneke |
| 27 Mei |
Gert Smit |
| 27 Mei |
Dylan van Bylevelt |
| 28 Mei |
Luther Bakkes |
| 28 Mei |
Johan Marais |
| 28 Mei |
Devin Oosthuizen |
| 28 Mei |
Jean Pieters |
| 29 Mei |
Heini Adams |
| 29 Mei |
Wium Arlow |
| 29 Mei |
Fanie Lombard |
| 31 Mei |
Peet Arnold |
| 31 Mei |
Anton Leonard |
| 31 Mei |
Jacques Schutte |
| 31 Mei |
Alan Zondagh |