Visser earn start for Vodacom Bulls
13 March 2013

Utility back Jürgen Visser will start on the wing for the Vodacom Bulls in their Super Rugby clash against the Crusaders in Christchurch on Saturday.

Visser, whose Vodacom Super Rugby debut came off the bench last weekend in the win against the Blues, replaces Lionel Mapoe on the left wing. Mapoe picked up a shoulder injury in that match.

The rest of the side remains unchanged, but Visser’s spot on the bench will be taken by Jan Serfontein.

“We got the momentum we wanted on tour with the good win against the Blues,” coach Frans Ludeke said.

“By naming the same side bar the injury, we hope to continue the way we finished against the Blues. We will need a good performance against a very good side.”

Captain Pierre Spies was happy that they are on the front foot.

“We started the tour we wanted and now need to make it work for us. We came close here in the past and now must try and get that rare win in Christchurch.”

The Vodacom Bulls team is: Zane Kirchner, Akona Ndungane, JJ Engelbrecht, Wynand Olivier, Jürgen Visser, Mornè Steyn, Jano Vermaak, Pierre Spies (c), Arno Botha, Deon Stegmann, Juandrè Kruger, Flip van der Merwe, Frik Kirsten, Willie Wepener, Mornè Mellett. Replacements: Chiliboy Ralepelle, Werner Kruger, Grant Hattingh, Jacques Potgieter, Francois Hougaard, Louis Fouché, Jan Serfontein.

Please log in at the top of the page to post comments
Comments
83
60.
Feite is feite.
Ndugane, Basson, JJ en self Visser is almal beter vleuels Mastriet of mapoe. Mastriet is n 7s speler en Mapoe niks meer as n CB speler nie. Ons moes nooit vir Gvd Heever laat gaan het nie. Selfde met Kirchner, ek kies Visser enige tyd bo hom.Sy patetiese afgly teen Ranger verlede naweek is die enigste vlek op n goeie wedstryd.

64. Nee ek praat namens myself. Waar het ek namens ander gepraat?

En sal sekeres tog nou ophou kerm oor Serfontein, Pollard, Small Smith en die ander jongelinge? Hulle is nog kinders in die grrot rugby. Die unie beskerm hulle met n doel, om hulle stadig groot te maak vir die toekoms.
Kyk na wat het sover met Johan Goosen gebeur deur te vroeg groot rugby te begin speel.....
Posted by Soutpansberg on 15 March 2013 10:24
82
Hello almal. Hierdie is my heel eerste artikel so ek gan skryf oor als wat sover gbeur het. Ek werk in amerika en ht laat wakker gbly saterdag aand om di bulls game te kyk. Was regtig brilliant. Oor JS: ek dink FL moet krediet kry dathy hom nu al so vroeg in di seisoen kans gegee het. Ek het regtig ni gedink hy sal voor di toer al gespeel het vidi superugby span ni. En dan wil ek ook by se FV het niks verkeerd gedoen teen di stormers om gedrop te word ni. Behalwe vir sy missed tackle op bekker het hy goed gespeel. Ek hoop daars n rede dat hy ni saam gaan toer het ni. Hy lyk goed sover in di Vodacom cup .

Zane kan eki veel oor se ni net sodra dt lyk of hy my beindruk dan sit hy n shocking performance in. Ek like di idee van beyers op 15. Ons moet hom kans gee in CC saam JV op 15.

Ek is bly chili, kruger en hougi het gbench. Al bly hulle eerste keuses was dt goed om kirsten wepener en jano kans te gee. Ns 2de keuses moet net so goed wees soos ons 1ste keuses. Dis hoe di span aan di begin sou gelyk ht sonder beserings;: zane, akona, jj, wynand, basson, morne, hougie, spies, dewald, deon, kruger, flip, kruger, chili, dean, bench: willie, frik, wilhelm, jacques, jano, fouche en mapoe. Ons trek by rondte 5 en ander ouens het al hulle hand op gesteek soos: visser (kry nu sy kans al isit net agv besering), jan. Arno ( op di oomblik n moet vir di begin span en hy was in di begin van di seisoen ni eens n keuse in di 22 tal ni). Hattingh beteken vir my niks. Mellett (selfde geval as arno, en speel uutstekend).

Oor ons diepte op senter:
Small smith is n genius. Brain o driscoll van sa rugby in the making. Gee hom stadig maar seker blootstelling.
Jj is n vleuel ni n senter ni.
My kombinasies:
Wynand en mapoe
Venter en serfontein
Swannepoel en small smith
Rohan janse van rensburg(vir nou) en lindeque.

Op lostrio:
Spies, arno en dewald (staan minder penalties af as deon)
Cook, jacques, deon
Iemand, liebenberg, adendorff.

Ek is excited om marcell van der merwe na sy besering op di veld te sien

Dink pollard word reg bestuur nu en gaan morne se plek atelselmatig oorvat.

Op di oomblik sit ons met te veel spelers wat goed genoeg is op syperugby vkak maar wat ni daai step up kan maak na international level ni. Soos: werner (coenie pat jannie is beter) deon (brussow daniel kolisi cietzee louw burger is beter) wynand en jj ( jordaan steyn sadie (saam n attackibg backline) de jongh, selfs ons jong spelers is beter as jj op senter. En op vleuel is hy ni in di top 5 bydi bokke ni. Ek se ni ons moet ontslae raak van di ouens ni. Ek se nt ons moet aan hullle werk en ook aan hulle plaasvervangers. Want daarvan ht ns baie ons mowt hulle kans gee om te kyk op hulle di step up kan maak.

Dis eers alles vir nou. Hoop di bulls kan weer so goed speel teen di crusaders.
Posted by martinlouis on 15 March 2013 02:37
81
Houtoog ek onthou WSS het 'n goeie drie gedruk in een van die JWC wedstryde, maar dit was danksy goeie werk deur Jan op 12.

ek stem saam dat sy verdediging baie goed is, maar van wat ek sover gesien het (en ja ek het nie al sy games gesien nie) bied hy nie veel op die verdediging nie. My punt is meer dat ek nie dink sy spel regverdig die "bohaai" wat daar oor hom gemaak word nie.

Indien jy baie meer van sy games gesien het en wel voel dat hy die "bohaai" regverdig is gaan ek nie van jou verskil nie.

Ek stem egter heeltemal met jou saam oor Lohan jacobs en dink elke blogger hier is bly hy is nie meer in die span nie.
Posted by Old Blue Eyes on 14 March 2013 16:44
80
@79 Ek was by elke tuiswedstryd van Tuks. Ek stem saam met jou oor die wedstrydplan en Jacobs was treurig en ek het al gesê dat ek hoop 'n ander unie wil hom koop. Die feit is dat Tuks het strafskoppe gehad in maklike posisies wat Small-Smith verkies het om kantlyn toe te skop wat nie gewerk het nie. Dit was die veskil tussen wen en verloor. Met so 'n taai wedstryd vat jy maar jou 2 punte vir 'n strafskop en dit is wat Maties 5 minute voor die einde gedoen het.

Tuks het reeds effens verander aan die wedstrydplan. Wel, jy kan dit by die Bulle ook sien. Daar word nie meer net heeltyd hooggeskop nie (wel, minder maar meer selektief). Die probleem met Tuks is dat hulle nie kontinuteit in hulle spankeuses het nie. Orie, Liebenberg, Ross en Small-Smith was almal al kapteins in die Varsitycup. Kyk hoe verander hulle lostrio, slotte, skakelpaar en selfs senters van week tot week. As die span gaan "gel" en as hulle wegbly van Jacobs en net hoogskop (Blommetjies oordoen dit nog en hy is treurig), gaan geen huidige Varsitybekerspan hulle klop nie!

Ek ken nie vir Bart persoonlik nie. Ek weet nie wat sy redes is nie, maar ekself was al baie skepties oor Nollis. Hy moet nog bewys dat hy sukses kan behaal sonder HM wat sy hand vas hou. Met die Tuks groep gaan dit onverskoonbaar wees as hy nie sukses behaal nie. Daar is net te veel talent.
Posted by Poepindieketel on 14 March 2013 16:00
79
Old Blue Eyes #73, as jy Small-Smith nog nie goed sien speel het nie, kom jy eerstens te min op Loftus en tweedens het jy nie verlede jaar se Junior Wêreldbeker òf vanjaar se Varsitybeker dopgehou nie. As Small-Smith byvoorbeeld nie op die veld was tydens Tuks se eerste wedstryd vanjaar teen Pukke nie, kon dit 'n slagting gewees het. Die comeback, wat hulle in staat gestel het om 'n agtestand van 24 punte byna uit te wis, was weens sy leierskap en puik spel.

Poepindieketek #75, jou opmerking dat WSS se kapteinskap Tuks die wedstryd teen Maties gekos het, wys vir my jy het òf nie die wedstryd gesien nie, òf jy is oningelig oor wat daar gebeur het.

Tukkies het daardie wedstryd verloor weens die verkeerde wedstrydplan deur die Bloubul-afrigters wat by die span betrokke is. Die wedstryd is verloor weens die skop-en-charge taktiek en weens die swak spel van sleutelspelers soos Luhan Jacobs op 9. Tuks se bestuur het 'n 9-man en 10-man gameplan uitgewerk en toe misluk hul voorspelers. Sonder oorheersing voor kan jy imers nie 10-man rugby speel nie!

Ironies genoeg kon Tuks steeds daardie wedstryd gewen het, maar weens 'n gebrek aan afronding het hulle 'n paar drieë gemis. Ek weet nie van jou nie, maar my logika sê vir my afrondingsprobleme is 'n afrigter se verantwoordelikheid, nie die kaptein s'n nie!

Hoekom dink jy het 'n profeet van hardlooprugby soos Bart Schoean in daardie selfde week sy bedanking ingedien as afrigter by Tuks en 'n pos by die Leeus aanvaar?
Posted by Houtoog on 14 March 2013 14:59
78
OK guys I am going to "Stand by You" and pick you on my Superbru picks to win so PLEASE don't let me down cos I am doing really well up to now - not that I can ever go agaisnt the Bulls anyway. Come on guys I believe that if you win this one on Saturday then we are on our way to our 4th title. GO BULLS GO GO GO GO !!!!!!
Posted by BullsRbest on 14 March 2013 12:41
77
From an article on News24, written by Tank Lanning

"News surfacing this week is that a very prominent Varsity Cup side is again in the dock, having been accused of cheating on student numbers in every game this season. It is alleged that the side accused of cheating are angling for some sort of plea bargain that will see them docked just five log points from a single game, but at least one advocate suggests that there is precedent from overseas leagues where all points are docked from a team for each transgression."
Posted by Bul Se Ma on 14 March 2013 12:38
76
Interessant, die Stormers het die naweek af, maar speel dan week daarop steeds tuis. Hulle kry dus geen voordeel uit hul af naweek nie. Ons het ook nie 'n breek gehad voor ons NZ toe is nie nie so speelveld is gelyk.
Posted by NETBLOU on 14 March 2013 10:49
75
@47 Die Bulle het baie talentvolle senters. Iemand gaan loop en jy is waarskynlik reg dat dit Venter gaan wees. Dit gaan waarskynlik afhang hoeveel geleenthede hy gaan kry as die S15 span terug is vanaf hulle toer. Small-Smith is goed, maar ek dink hy kry te maklik seer. Terloops, sy kapteinskap het Tuks die wedstryd teen Maties gekos.
Posted by Poepindieketel on 14 March 2013 10:16
74
Dink die manne het gewys teen die Blues dat enige iets op die dag moontlik is. Ek het net een probleem met die span keuse en dit is JJ op senter, hy is n vleuel en hoort daar. Sou Jan kans gegee het.

Maar sterkte bulle hoop ons kan dit doen Saterdag maar gaan baie moeilik wees teen n baie goeie Crusaders span, wat baie uitgeslape sal wees teen ons.

Posted by Bulle vir ewig on 14 March 2013 10:15
73
my 5 sent omtrent die span vir die toekoms. Moenie van laasjaar se Cravenweek skrummie vergeet nie. Hy is die jaar by Waterkloof in matriek en sal verseker die jaar in die SA Skole span wees.

oor die wat so aangaan oor Small- Smith, ek het nog nie 'n goeie game van hom gesien nie. Ek hoor net baie goed oor hom. Van wat ek hoor is Dries Swanepoel beter, maar ek het hom ook no nie gesien speel nie.

Ek wens ons kan bietjie meer Vodacom rugby sien. Hopelik kan ons al die jong manne in die curriebeker en o19 en o21 reekse sien.
Posted by Old Blue Eyes on 14 March 2013 10:09
72
Sterkte aan die Bulle, bly koelkop, en as julle duik, duik die manne dat hulle weet n Suid Afrikaner het my geduik.
Posted by Namib on 14 March 2013 09:36
71
Sterkte aan die Bulle, bly koelkop, en as julle duik, duik die manne dat hulle weet n Suid Afrikaner het my geduik.
Posted by Namib on 14 March 2013 09:36
70
@68: Dis hoekom daar nog 'n heelagter op vleuel speel aan ons kant.... om reg te staan vir Carter
Posted by GeenBloutjieNetBlou on 14 March 2013 09:08
69
Dit gaan n donker dag in Pretoria wees as ons Small-Smith laat gaan omdat ons eerder vleuels en heelagters op 13 wil gebruik!

Weet iemand tot wanne Wynand se kontrak is? Ek het so idee dit verval einde 2013...? Ek dink ook n Serfontein/Small-Smith kombenasie is die een wat die Bulle weer na Superrugby oorheersing kan lei met Pollard aan hulle binnekant!!!
Posted by Bullebakkies on 14 March 2013 08:49
68
BULLE.....

Wees versigtig. Die pers en mense in NZ se dat die crusaders hard aan die oefen is om ons voorlangs vas te vat. Hulle het ook kamma vele truuks ingeoefen om ons :rolling maul" hok te slaan. HIERDIE IS N "RED HERRING"!

Die wedstryd gaan n "Dan Carter Show" wees. Hy gaan tipiese 10 man rugby afdwing en ons agterspelers laat bontstaan onder hoe skoppe. Ons sal MOET die IK van Carter neutraliseer as ons wil wen.

Weereens, hierdie is nie my IMHO of IMO nie. Dis net n feit.

L'AT DIE BYLE HYL EN DIE HORINGS GAFFEL

Groetnis AVBBOBS
Posted by Ligblou Baron on 14 March 2013 08:44
67
Crusaders team to play the Bulls:

1. Wyatt Crockett
Reserves

2. Corey Flynn
16. Ben Funnell

3. Owen Franks
17. Joe Moody

4. Samuel Whitelock
18. Tom Donnelly

5. Dominic Bird
19. Luke Whitelock

6. George Whitelock
20. Willi Heinz

7. Matt Todd
21. Tyler Bleyendaal

8. Kieran Read (c)
22. Adam Whitelock

9. Andy Ellis

10. Dan Carter

11. Johnny McNicholl

12. Ryan Crotty

13. Robbie Fruean

14. Tom Marshall

15. Israel Dagg

Ons kan en ons gaan hulle stamp - GO BULLS - hierdie is 'n guled geleentheid wat ons nie sommer weer gaan kry nie, gebruik dit.

Bulls 25 Saders 17
Posted by Boel on 14 March 2013 07:40
66
ek wonder wat gaan met chilie aan hy het nie goei vorm weet iemand of hy dalk n besering het wat bietjie pla?
Posted by louisk on 14 March 2013 07:33
65
More Almal
@62 die Bulle speel eers saterdag oggend hoor hahahaha
Weet enige iemand of daar nuus is oor ons vodacom cup span?Al wat in beeld is is die Pumas se span en dat Jan se ouer broer op slot vir hulle uitdraf
HOU BY DIE BLOU
Posted by kzn bul on 14 March 2013 07:31
64
Ek hoop Soutpansberg weet hy praat nie naastenby namens almal nie
Posted by BlousteBlou on 14 March 2013 07:27
63
Baie bly daar is nie n groot getorring aan die span van laas week nie. Maak nie saak wie in watter posisie speel nie, solank ons n voledige game kan speel soos Sondag vir 80 minute, kan ons hierdie een deur trek. Die Crusaders gaan n ander doring wees, maar as ons ons wedstrydplan kan aanskaf vir die omstandighede op die dag kan dit n goeie naweek wees. Die Crusadres hou van strukture, m.a.w die basiese dinge eerste, en van daar af speel hulle hul rugby. Skrums, lynstane en hul bal op die grond, dis hul punt van aanval. As daai dinge vir hulle reg gaan, speel hulle wyd met verskrikle goeie balspelers. As dit los raak, met hulle strukture in plek, gaan ons in n moeilike plek wees. Ons sal groot indruk op ons vaste vyf moet maak, en as Morras die bal kry sal ons hulle in hulle eie helfte van die veld moet sit. Die Crusaders skop nie hul eerste bal nie, dis dalk iets wat ons kan gebruik om pressure op hulle precious nr 10 te gebruik.

Sterkte Bulle en my mede ondersteuners.
Posted by Fly on 14 March 2013 07:06
62
Ons liek darem om te kla! Ons wen vir die eerste keer in 17 jaar n game in Auckland en dan vind ons nog steeds fout! Ja JJ se verdedeging is swak maar dis at least nie agv n lack of commitment nie, dis net sy tegniek en timing wat aandag kort! Jan Serfontein op 13 sal n goeie opsie wees met JJ eerder op regter vleuel. Die swakste oomblik van die wedstryd was eintlik Zane se val voor Rene Ranger! Goeie wedstryd gewen, more vir nommer 2! Go Bulls!
Posted by IRC on 14 March 2013 06:22
61
In elk geval, jou post is 'n klap in die gesig van Mastriet en Mapoe om al die verkeerde redes, ag nee man.
Posted by Jimmy on 14 March 2013 00:54
60
@ 53: Soutpansberg, los asseblief politiek uit op hierdie blog.
Posted by Jimmy on 14 March 2013 00:42
59
Naand Almal
Ek dink dit was goed om die span te behou so behou jy momentum.Ek hoop net dat die Bulle nie nou gaan staan en dink dat hulle net moet opdaag en wen nie wat die Crusaders is met hul rug teen die muur n gevaarlike span.Ons verdediging sal spot on moet wees en ons uitvoering van ons wedstryd plan moet op dieselfde standaard wees as wat dit was teen die Blues.Ek dink dis baie onregverdig dat al die skeinsregters in die game van NZ is maar hoopelik kan ons dit oorkom.
HOU BY DIE BLOU
Posted by kzn bul on 13 March 2013 17:29
58
@52 Ek stem saam Nou ja daar is die ander stut!
Dankie Houtoog
Posted by blouest on 13 March 2013 17:18
57
56.
Nee glad nie kras nie, dis harde feite en realiteit.
Posted by Soutpansberg on 13 March 2013 17:17
56
P52. Stem. Nog jonk maar goed genoeg.
Baie bly JV kry 'n start; ek dink hy kan nie glo dat hy nou die dag nog Varsity Beker gespeel het nie!
P53. Begrip vir jou sentiment maar miskien is jy bietjie kras, of hoe?
P54. Daarmee sou ek saamstem, het Jurgen nog nie op vleuel gesien in VC nie maar 'n goeie heelagter met spoed (soos hy) kan gemaklik vleuel toe skuif. Op dekverdediging is die kombinasie ideaal. Ek reken hulle doen dit met Carter in gedagte.
Posted by Bloubosvelder on 13 March 2013 17:14
55
Stem saam met Houtoog oor Small Smith. Briljante kaptein vir die Bokkies en baie slim speler met determinasie soos min. JJ is by verre baie meer effektief op vleuel.
Posted by bloukaap2 on 13 March 2013 17:07
54
Ek sou eerder vir Visser op heelagter wou sien, met JJ en Ndugane as vleuels met Jan saam met Wynand op senter.
Posted by Soutpansberg on 13 March 2013 16:39
53
47.
Baie goeie agterlyn maar ongelukkig te wit en dis harde feite.
Die african national criminals soek nie net meer kleurlinge nie, hulle soek steenkool.
Dus sal mastriet,Mapoe ens bo begaafde spelers soos JJ gekies word.
Posted by Soutpansberg on 13 March 2013 16:37
52
Blouest #51: Hencus van Wyk is 'n bulletjie hoor! Ons gaan hom nog binnekort in die groen en goud sien! Tegnies die beste jong stut in Pretoria.
Posted by Houtoog on 13 March 2013 16:30
51
My toekomstige span oor so 3-5 jaar

15: J Visser/U Beyers
14&11: JJ, Basson, Skosan en Sampie
12&13 Dries, Jan, Venter en SS
10: Pollard en Louis
9: Hougaard en ?? Nie seker hoeveel Jano nog in hom het nie
8: Spies en Arno
7&6: 2x Potgieters, Stegman,Wian en Adendorf (selfs Cook)
5&4: Flip, Grant, Paul en dalk Steenkamp
3&1:Kirsten, Mellet, vd Merwe Wonder hoe lank Werner en Dean gaan hou
2: Chillie en Bongie Sal daarvan hou as Callie kan aanbly
Posted by blouest on 13 March 2013 16:05
50
ek voel ook Bjorn moet hier bly en dan sommer vc speel om spel fiks te bly.
Posted by blouest on 13 March 2013 15:04
49
Ek wil net konstateer dat ek nie vir Dries Swanepoel en Ruhan J van Rensburg afskiet nie, maar gee hulle kans om by die juniors te ontwikkel. Ons het tans baie diepte onder die jong manne in die middelveld en ek is bevrees binne 'n seisoen of twee gaan sommige van hulle ons verlaat. Moenie verbaas wees as Swys Venter eerste skuif nie...
Posted by Houtoog on 13 March 2013 14:51
48
So kom ons kyk in ons kristalbal in die toekoms 4-6 jaar hoe ons span kan lyk met spelers wat onder jaar oud sal wees.

15) J Visser/U Beyers (coin flip)
14) JJ
13) Dries Swanepoel
12) Serfontein
11) Basson
10) Pollard
9) Hougaard
8) A Botha(Kapt)
7) ????
6) ?????
5) ?????
4) P Willemse(Sokkies optrek)
3) Kisten
2)??????
1) M Mellett
Posted by Lekkerblou on 13 March 2013 14:51
47
Poepindieketel #43, jy los darem 'n stinke as jy sê "ek dink Piet Lindeque en Dries Swanepoel is beide beter as Small-Smith"

Daar is nie 'n beter 13 in Suid-Afrika as William Small-Smith nie! Niemand verdedig beter in daardie kanaal nie en dan het hy boonop weens sy sewes-ondervinding die vermoë opgebou om sy teenstanders na binne òf na buite te klop, soos ek dit laas gesien het toe Danie Gerber nog op ons rugbyvelde rondgehol het.

Small-Smith is 'n rugbygenie wat wag om ten volle ontdek en reg gebruik te word. En dan is hy nog 'n briljante leier met puik organisatoriese vermoëns ook! Ek is bevrees dat hy egter om die verkeerde redes nie by die Bulls na waarde geskat word nie. Ek weet vir 'n feit die Stormers én die Sharks sit hul kans en afwag om hom aan die einde van die seisoen op te raap -- hulle is bereid om miljoene vir hom te betaal. Dít sal 'n tragedie vir Bloubul rugby wees.

As die Bulls wakker is kan hulle van volgende jaar af 'n monster span met die opwindendste agterlyn in SuperRugby hê. Dink net (as jy Maandag se Varsitybeker vertoning van Pollard in ag neem) hoe gaan 'n agterlyn amok maak met Jano se flink diens op 9, Pollard se kombinasie van 'n geleerde skopvoet met flair en krag op 10, Serfontein se briljantheid op 12 en Small-Smit se genialiteit op 13! Dan het jy nog Swys Venter as backup met Bjorn Basson en JJ Engelbracht as vleuels en Ulrich Beyers op 15!

Ek kan nie wag nie!
Posted by Houtoog on 13 March 2013 14:48
46
Hier is `n vars bries op die blog. Nuwe respek vir mekaar en vir mekaar se opinies. Mooi manne en dames, nou kan dit weer lekker raak om hier te kuier. Nog net so een of twee probleem kinders..
Goeie span, ek dink ons gaan die saders `n lessie leer. NOU DIE BLOU!!!
Posted by Bloumens on 13 March 2013 14:17
45
Dag bloubulvriende. Ek glo as ons so tussen 8 en 10 punte op toer kan kry sal dit geslaagd wees. eneige iets mmer is n groot bonus. Ons is die enigste span wat toer wat al die vorige kampioene moet pak. die sardientjies en visvoete het dit makliker. ek sou graag wou sien wat Serfontein teen Crusaders in die beginspan maak aangesien hy die engste senteris wat 2-3 verdedigers kan trek en die bal kan uitgee in die tekkel. ek dink ons gaan dit nodig kry teen saders.
Posted by enrico on 13 March 2013 14:10
44
@43 ek wou nou net vra waar is Janse van Rensburg?
Posted by Nitronic on 13 March 2013 13:48
43
@42 Venter is goed, maar Jan is beter. Ongelukkig het Venter te min spoed vir 'n buite-senter. Small-Smith is ook goed, maar ek dink hy kry te maklik seer. Tyd sal leer, maar ek dink Piet Lindeque en Dries Swanepoel is beide beter as Small-Smith. Dan is daar nog Beyers ook, maar ek dink hy hoort op heelagter. Hengse klomp talent met Pollard op 10! Onthou ons het ook nog vir Ruan Janse van Rensburg. Hy het op senter amok gemaak by die Cravenweek van 2012.
Posted by Poepindieketel on 13 March 2013 13:31
42
Swys Venter is goed, maar ek dink FL en Kie besef Jan het meer vaart en krag. Ek dink hulle mag dalk n goeie senterkombinasie vorm met Jan op 13 en Swys op 12. Small-Smith is ook goed. Ons het baie goeie jong senters, hoop net almal kry n regverdige kans om stempel af te druk! Ons sal van die manne moet laat gaan, jy doen n speler net onreg aan om hom te hou maar hy moet heeltyd die bank warm hou!

Pollard is die toekoms, dalk n goeie idee om hom nr 10 te speel in die Varsity Cup?

Ek dink ons kan Crusaders klop, maar dit gaan moeilik wees. hulle sal nie 3 in n ry wil verloor nie!!
Posted by Bullebakkies on 13 March 2013 13:21
41
@38 Mapoe het 'n swak wedstryd teen die Blues gehad. Veral met sy verdediging. Teen Stormers was hy weer een van ons beter spelers. Habana kon niks teen hom uitrig nie. Ek dink hy het teen die Blues met 'n besering gespeel en dit is goed dat hy die naweek gerus word. Ek hou van Visser, maar hy sal aan sy verdediging moet werk.
Posted by Poepindieketel on 13 March 2013 13:21
40
@39 Willemse is besig om fiks te raak. Klaar beter as 'n paar weke gelede. Hy het verlede Saterdag vir die Vodacomspan saam met Wilhelm Steenkamp gespeel en daarom was hy nie ingesluit in die Tuksspan wat teen UJ gespeel het nie. Dit is nie dat Tuks hom uitgegooi het nie. Tuks se rotasie beleid / Vodacomverpligtinge benadeel dalk hulle samespel, maar kom dit by die uitspeelwedstryde kan hulle baie maklik spelers soos Cook, Willemse en Liebenberg speel. Hou vir Schalk van Heerden dop as jy nou 'n onfikse en oorskatte speler wil sien!
Posted by Poepindieketel on 13 March 2013 13:15
39
Ek sal ook Grant Hattingh kies,want Paul Willemse sal moet baie vinnig fiks word as hy groot rugby wil speel.Hy haal nou nie eers meer Tukkies nie
Posted by Anti Province on 13 March 2013 12:50
38
Ek wil ook nogal dink Mapoe se weglating uit die span het meer te doen met sy vorm as met sy besering. Ek dink nie hy was so n goeie koop nie maar miskien bewys hy my nog verkeerd. In die Vodacom Cup reken ek ons het seker weer n tuff game teen die Pumas en weereens word dit nie op tv uitgesaai nie, dis baie jammer.
Posted by BillyO on 13 March 2013 12:48
37
Op n ander noot, hier is n versoek aan die webbie:

Is dit moontlik om op die Super Rugby fixture list die Bulle se wedstryde in Bold of Italics of in n ander kleur aan te dui? Dit sal dit heelwat vergemaklik as mens vinnig wil opsoek wanneer die Bulle teen watter span speel.

Dankie
Shannow
Posted by Shannow on 13 March 2013 12:36
36
hattingh
Posted by louisk on 13 March 2013 12:25
35
juandre se plaas vervanger is Grant hatting
Posted by louisk on 13 March 2013 12:25
34
aai die wat so kla oor JJ op senter --die outjie is jonk gee hom kans om in te skakel -
Posted by louisk on 13 March 2013 12:21
33
@32 Na my mening moet Bjorn glad nie oorgaan, laat hy sommer 'n rus kans kry. Bjorn is ons beste vleuel, en kan nie bekostig dat hy weer 'n besering optel.
Posted by Richie Bloumasjien on 13 March 2013 12:20
32
Ek glo Bjorn is al reg, en ook dat dit 'n goeie ding is dat hy nie NZ toe is vir een game en dan Aus toe moet vlieg vir die ander twee nie. Dit sal beter wees as hy direk Aus toe vlieg. Dit sal die Vlugvlouheid so bietjie minder maak.
Posted by blou.sakkie on 13 March 2013 12:09
31
Is nou duidelik dat daar word nou gedink deur die afrigitng span. Goeie afwisseling van spel skeppers, wonderlik. Visser, Serfontein, Vermaak en Hougaard is spel skeppers, maw skep iets uit niks agv pure talent. Wat volgende begin die oponente dink....
Posted by Richie Bloumasjien on 13 March 2013 11:58
30
Net gewonder in die laaste 15 minute, Serfontein op 12, Wynand 13, Engelbrecht vleuel in Visser se plek en Visser op heelagter. Voorlangs moet n mens seker nie baie peuter nie behalwe dat ek Werner Kruger bietjie vroeer sal op bring. Wonder hoe naby aan reg Bjorn Basson is? En natuurlik sal Dewald Potgieter erens moet inkom in die volgende game na hierdie naweek.
Posted by BillyO on 13 March 2013 11:33
29
Bulls 21 Saders 17
Posted by DIE BLOU BAAS on 13 March 2013 11:08
28
@20 ek hoop Pine sien dit.
Posted by Nitronic on 13 March 2013 11:07
27
@25: Dis nou as hulle uiteindelik vir JJ vleuel toe skuif, anders sal hy seker steeds daar wees. Die feit dat Jan nou al betrokke is beteken verseker dat hulle beplan dat hy moet oorvat. Weet nie van Swys en die rumours wat rondgevleig het so ruk terug nie.

As Jaundre se plek van binne af gevul gaan word, sal dit seker maar Wilhelm Steenkamp wees wat die plek inneem. Ek weet nie van Paul Willemse nie, maar hy lyk eerder soos die no 4 slot. Anders is Xander Janse van Rensburg seker besig om 'n plaasvervanger vir hom te soek...
Posted by GeenBloutjieNetBlou on 13 March 2013 10:30
26
Bulls 27-16 Saders
Posted by blouest on 13 March 2013 10:15
25
Volgende jaar is nie Wynand of Mapoe daar nie dan sal Jan en Sweis voor in die ry staan as senter paar. Akona se kontrak eindig volgende jaar dan sal JJ moontlik daar oorvat. Dan is Ulrigh en SmallSmit ook nog daar. Dan Moras se plek is ek nie seker of dit Louis of Handre sal wees nie. My vermoede is Louis!

Weet jul dalk wie by Juandre gaan oorvat?
Posted by blouest on 13 March 2013 10:06
24
Sommer n lekker span. Baie bly oor Jurgens se kans. Hy kan ook dek op losskakel as dit moet. Jurgens bring ook n ander "vibe" op die veld omdat hy so bekkig is en die manne altyd aanmoedig!! Wat ons pak betref dink ek dis great.Lekker sterk em "mobile" die pak wat ons nou het. Wonder wat se die manne nou wat die artikels geskryf het oor die Bulls se pak net voor die stormers game. Ook goed om tesien ons as bloggers en die afrigters stem saam oor die lostrio vir n slag.

GO BULLS
Posted by blouest on 13 March 2013 09:53
23
Excellent team, guys you have all the talent and experience! Go out there and have a blast!!
Posted by sakkie6yster on 13 March 2013 09:49
22
Hierdie is ons beste pak, sonder enige twyfel. Werner ook dalk beter as impakspeler. Ons moet net onthou dat Morne al die jare meeste van die games 70min + speel. Ek sal dan verkies dat Fouche op die bank sit eerder as Pollard. Hy kry nou goeie speelkans in Varsity Beker en Vodacom Beker. Morne is oor 7 maande weg. Wat die agterlyn betref sou ek dit so kies: 11 - JJ, 12 - Jan, 13 - WO, 14 - Akona, 15 - Visser, met Zane op die bank. Zane doen elke wedstryd verskeie teleurstellende dinge. JJ doen nie regtig die werk van 'n tweede heelagter nie en dis dalk hoekom die Bulle hom 'n 13 wil maak. Ons het egter beter jong 13's as hy, so sal hom eerder leer om 'n beter vleuel te wees. As Bjorn terugkom sal ek vir Zane drop en JJ bank toe skuif. Ek dink steeds Mapoe is 'n beter 13 as vleuel.
Posted by Blou Vlam on 13 March 2013 09:41
21
@16...oe neee asb! nie Zane op 13!! Dan eerder Olivier 0- 13 en Serfontein op 12
Posted by DIE BLOU BAAS on 13 March 2013 09:30
20
@19: Nitronic, nog belangriker op jou vraag is of Pine dit gesien het en dit gaan regmaak.

Ek moet sê, dit sal regtig goed wees as ons hierdie konstantheid van 2 driee per wedstryd afstaan kan breek en bietjie suiniger raak daarmee. As ons dit nie doen nie, gaan die Brumbies ons goed straf, en ek dink ons (die Bulle span) het nodig om die spook van verlede jaar se wedstryd teen die Brumbies te kan wegsit en hulle goed te wen. Maar ja, kom ons probeer nie die laaste hoofstuk van die boek lees voor ons nie weet wat gebeur in die volgende hoofstukke nie. Nou vir die Crusaders! #StandByTheBulls
Posted by GeenBloutjieNetBlou on 13 March 2013 09:29
19
@17: ek hoor jou en daarom het ek wel gesê dat stats is ook maar net stats...
Posted by GeenBloutjieNetBlou on 13 March 2013 09:19
18
@15: At least McCheat will not be there with his underhand tactics, but we should expect the Crusaders to dig deep in the murky side of their playbook to try and stop the Blue (sorry Pink) Rush stampeding through the land...
Posted by GeenBloutjieNetBlou on 13 March 2013 09:17
17
@12 sluit dit die kere in wat JJ uit die defence lyn uitgekom het? Ek glo nie dit val onder een van daai katogoriee nie.
Posted by Nitronic on 13 March 2013 09:08
16
So eerder vir JJ op vleuel gekies het. Zane het al 13 gespeel as FL geleidelik vir jan wil blootstel met so 20min oor, Jan is in elk geval in n ander klas as JJ en sal nie die span drop nie. Jurgen dan op 15. Dink nie Hougie wil vleuel speel nie. Sou baie graag vir Pollard op toer wou he.

Weet iemand wanneer Fouche klaar maak?
Posted by Wolf Pack on 13 March 2013 09:07
15
Aaaaaaahhhhhhh man - I just love my Blue Bulls - we are coming second overall and first in the South African conference we have to take the Crusaders while they are battling like they are. My only worry for this weekend is that the Crusaders have now got their backs to the wall and are desperate for a win!! Come on Bulls you just go in and do what yu do best and behave like raging Bulls and you should be able to take them. GO BULLS !!!!!!!
Posted by BullsRbest on 13 March 2013 09:06
14
Jurgen Visser speel elke jaar net beter en beter en ek het nie veel van 'n probleem met die skuif nie.

Ek dink ook dat die dalk die verkeerde span is om Jan teen te laat begin. Ek sou egter graag vir Francois Venter ook hier wou sien en dalk eerder hom en WO op senter en JJ op vleuel.

Ek kry egter die gevoel dat ten spyte van die klomp puik senters by die bulle ons nie vir JJ op vleuel gaan sien nie.
Posted by Old Blue Eyes on 13 March 2013 09:03
13
Môre almal, ek sien die skeidsregters vir ons wedstryd Saterdag is as volg: Crusaders vs Bulls at Ami Stadium, Christchurch
Referee: Chris Pollock (New Zealand)
Assistant referees: Nick Briant (New Zealand), Kane McBride (New Zealand)
Television match official: Vinny Munro (New Zealand)

Wat is julle gedagtes rondom hierdie skeidsregters? Gaan ons 'n regverdige kans hê?
Posted by KemptonBlouBul on 13 March 2013 09:01
12
@6 en @8: Lionel is nie hierdie keer daar nie, en sy swak stats het dalk te doen met sy skouer. Hoop maar Wynand maak ook seker, want sy stats vir die Blues was erger as JJ sinne. En dan moet Jano ook seker maak. JJ se stats die beste van die 4 hieronder in terme van suksesse. Maar nou ja, stats is nie alles nie...

Wynand Olivier 80 min, 13 probeer, 8 (62%) gedoen, 2 (15%) oneffektief, 3 (23%) gemis
JJ Engelbrecht 80 min, 11 probeer, 8 (73%) gedoen, 2 (18%) oneffektief, 1 (9%) gemis
Jano Vermaak 80 min, 8 probeer, 4 (50%) gedoen, 1 (13%) oneffektief, 3 (38%) gemis
Lionel Mapoe 54 min, 8 probeer, 2 (25%) gedoen, 2 (25%) oneffektief, 4 (50%) gemis
Posted by GeenBloutjieNetBlou on 13 March 2013 08:57
11
Hoekom nie engelbrecht op vleul met serfontein op senter nie,verstaan nie so lekker nie....
Posted by mattfield 1 on 13 March 2013 08:52
10
Lekker span! Ludeke roteer span goed! Hougies sal moet sokkies optrek! Ek sou hom dalk op vleuel oorweeg het, maar Visser verdien sy kans!

Rocky rocky rocky rocky!!!!!!!!!
Posted by Bullebakkies on 13 March 2013 08:51
9
Ek weet nie so lekker nie. Dog hulle gaan vir FH op 11 sit en vermaak daar los vir 80min. Dan hoop ek JS los vir JJ af in die 2de helfde. Ek dink hy sal goed doen saam WO (13). Dan dink ek LF sal nie sleg wees agter n wen pak met die los drie wat nou so mooi bind nie. Baie bly FK begin. Weet nie wat julle dink nie.
Posted by 123Hannes321 on 13 March 2013 08:51
8
@6 agree his defence is shocking at times.

@7 soos dit vir my lyk moet dewald maar sy plek probeer terug wen, die lostrio werk en sal dewald roteer met J Potgieter op die bank.

Visser op 11? Weet nie so mooi nie, Visser is n baie goeie heelagter.

Anyway Go Bulls!
Posted by Nitronic on 13 March 2013 08:39
7
So wonder of hulle Dewald spaar vir die Reds of die Brumbies?
Posted by GeenBloutjieNetBlou on 13 March 2013 08:34
6
I cannot believe the management cannot see that JJ is a poor defender. Both Blues tries were the result of him not keeping his line.
Posted by Gooner on 13 March 2013 08:34
5
Baie bly vir Jurgen Visser net jammer dit was nie op heelagter nie. Ons het baie goed gedoen verlede week so geen rede om te verander aan die span nie, mens krap nie aan iets wat werk nie. Hoop Serfontein kry genoeg speeltyd, dis n goeie kans om jonger spelers bloot te stel as die druk nie so erg is nie. MAAK DIT 4 IN N RY BULLE!!!!
Posted by BillyO on 13 March 2013 08:31
4
JA, hy verdien dit verseker!
Posted by GeenBloutjieNetBlou on 13 March 2013 08:29
3
Ek neem aan ons speel darem in Blou? Kyk, al het ons mooi gewen in pienk verkies ek maar altyd die blou! ha ha
Posted by DIE BLOU BAAS on 13 March 2013 08:29
2
Arno...sorry
Posted by DIE BLOU BAAS on 13 March 2013 08:21
1
Dag Almal. Bly Armo bly in begin 15!
Posted by DIE BLOU BAAS on 13 March 2013 08:20
VIDEO
Highlights of the Super Rugby match between the Vodacom Bulls and Hurricanes from Loftus Versfeld, Pretoria.
Play   PLAY   MORE VIDEOS
BIRTHDAYS
13 May Johan Strydom
14 May Christo Bezuidenhout
14 May Ludwe Booi
14 May Dr. Ernst Dinkelmann
14 May Piet Matthys
15 May Tobie Kirkham
15 May Thys Lourens
15 May Wouter Moore
16 May Wally Newing
16 May Danie Rautenbach
16 May Donnovan Twiname
17 May Francois Brummer
17 May Willem Labuschagne (Oorlede)
17 May Pollie Pollard (Oorlede)
17 May James Young
18 May Michael de Bruyn
18 May Prof. Fritz Eloff
18 May Burger Geldenhuys
20 May Pieter de Haas
20 May Louiz Holtzhausen
20 May Clive Terre Blanche
21 May
JOIN US ON FACEBOOK