Vodacom Bulls name touring squad
05 March 2013

The Vodacom Bulls named their touring squad to Australasia for matches against the Blues, Crusaders, Reds and Brumbies. All four opponents are previous winners of the Super Rugby title.

The 26 man squad include Vodacom Bulls try scoring ace, Bjorn Basson, although the winger will only joining the squad in a week’s time. Basson injured ankle ligaments last weekend and medical advice suggested that he only travel once the swelling of the injury subsides.

The squad includes one new cap in prop Hencus van Wyk. The former Vodacom Blue Bulls Under-21 player can pack on both sides of the scrum and is match-fit, having played for UP-Tuks in the Varsity Cup.

Vodacom Bulls coach Frans Ludeke is hoping that the late departure of the team to New Zealand will help combat the jet lag before the first match against the Blues, who have won two on the trot under the guidance of new coach John Kirwan.

“They are certainly playing a very enterprising style of rugby and deserved both their very convincing wins. We have been good and bad in our two matches, so the obvious aim would be to eliminate the errors and produce the good spells for longer periods.”

Ludeke acknowledges the importance of the trip, given the poor record of his side in Auckland, Christchurch, Brisbane and Canberra.

“We will have to pick up points on tour if we want to be around at the business end of the competition. It is true that we have poor records at those venues, but this side has shown in the past that they can set new standards and break down barriers.”

The Vodacom Bulls kick-off their tour against the Blues on March 10, a team they have battled against in the past. In the 13 matches played between the two, the Bulls only won four, with one draw, but often lost heavily. In fact, the average score between the sides is 38-25.

Their record against the Crusaders, whom they play on March 16th, is slightly better, with five wins out of 14 and an average score of 33-23 to the Canterbury side.

The Bulls have beaten their March 23rd opponents, the Reds, in Pretoria quite often, but battle in Brisbane. The Bulls won 5 out of 12 encounters and lead the aggregate scoring 25-20.

The Brumbies have beaten the Bulls eight times in 12 matches, but it has been a close affair in recent years as the 31-23 scoreline suggest. This clash is on March 30th.

The Bulls touring squad is: Zane Kirchner, Jürgen Visser, Akona Ndungane, Bjorn Basson, Lionel Mapoe, JJ Engelbrecht, Wynand Olivier, Jan Serfontein, Louis Fouchè, Mornè Steyn, Francois Hougaard, Jano Vermaak, Pierre Spies ©, Arno Botha, Jacques Potgieter, Dewald Potgieter, Deon Stegmann, Grant Hattingh, Juandrè Kruger, Flip van der Merwe, Werner Kruger, Frik Kirsten, Mornè Mellett, Hencus van Wyk, Chiliboy Ralepelle, Willie Wepener.

Please log in at the top of the page to post comments
Comments
82
Ek is nou gatvol vir verloor teen spanne wat ons kan wen!! Waar is ons veggees? Dit is asof ons aanvaar ons gaan oorsee verloor en dan het ons klaar verloor nog voor ons opdraf. Veggees is nie om twee minute voor die end fluitjie blaas die bal te wil dra vir die eerste keer in die wedstryd nie!! daar is fout, en ek dink om die afrigter te pos is n goeie begin! Nege veranderings en dan sal dit nie die ritme versteur nie! Dit sou as daar iets was om te verteur! Dit was egter die selfde getjommel as laas week. Nog `n ding, het ons regtig nie `n beter heelagter as zane nie?? indien nie, KRY een!!!! En wie het Maphoe na ons toe gelok???? Stuur hom terug asb!!!!!!
Posted by Arie.g on 23 March 2013 15:27
81
@Little Blue Bull, eks van Cradock omgewing en jy?
Posted by BillyO on 07 March 2013 13:27
80
@74 Billy O - Nog n Oos-Kapenaar. Van waar gehasie?
Posted by Little Blue Bull on 07 March 2013 08:17
79
# 64 BB23, dankie dat jy betrokke is. Ek geniet die robuuste debat voering op hierdie blog, ek is 'n Blou Bul in murg en been, maar daar is 'n paar dinge wat ons bloggers kan beter doen:

1. Wedersydse respek, besef dat elke ou 'n opinie het en redeneer met hom daar oor
2. Bly weg van harde woorde soos idioot, dom, "baber" en allerhande afbrekende gesegdes, idiome, beeldspraak
3. Besef ons is almal gelyk op die blog, niemand is aangestel as godfather, prefek, of wat ook al. Hier is sommige mense wat nog nooit 'n rugby argument/stelling gemaak het nie en net sit en wag om ander bloggers aan te val.
4. Net 1 tipe blogger sal ek aan val en dit is die wat ander spanne ondersteun en net wil kom amok maak op ons blog.
5. Erken as jy 'n fout gemaak het en vra om verskoning.

Laastens. Oor die pienk trui, ek haat dit soos 'n lee bottel Whiskey, is daar geen manier dat ons net ten minste met blou kouse en blou broeke kan speel nie???
Posted by FRANNABUL on 07 March 2013 07:27
78
@ bloukaap2, ek is ook spyt Francois Venter is nie saam nie, ek het nogal gedink eerder hy op binne senter en Wynand buite en dan maar eerder vir Lionel Mapoe jammer kry om tuis te bly.
Posted by BillyO on 06 March 2013 21:11
77
Ek is regtig spyt Swys Venter is nie gekies nie, maar ek weet as dit 27 man squad was was hy daar. Ek voel regtig vir die ou en glo hy is goed genoeg vir hierdie vlak.
Ek persoonlik voel hy het teen die Stormers baie goeie game gehad teen uitstekende senterpaar. Hy moes teen Jean de Villiers speel. Ons sit met twee binne en twee buitesenters waarvan die buitesenters ook vleuel kan speel. versitality het die deurslag gegee.


Posted by bloukaap2 on 06 March 2013 20:45
76
Ligblou Barron,

kom bly eers in my huis of kom kyk rugby op Nuweland as die Bulle hier speel en skryf dan weer jou stories hier op die blog. Die "meeste" kan net sowel 2 wees. Jou bloed verdriedubbel met blou as jy eers uit Pretoria getrek het broer. Jou passie raak net groter.

Ek bly in die mooiste deel vd Kaap en het die beste van twee werelde. Bulle en Kaap. Soms gaan ek een maal per jaar op Pretoria toe en kyk op Loftus rugby.

WP? ek haat hulle met passie.
Posted by bloukaap2 on 06 March 2013 20:38
75
@73 Varsity Street 5, anybody with a pure rugby opinion should be wellcome to lift his or her opinion on rugbymatters here in a way that we dont offend each other. I just dont like silly comments if you are not prepared to state a reasonable argument, because then we forget to talk rugby and we are actually here to talk pure rugby. Nothing personal but that in itself is also my own opinion and you are wellcome to read or ignore my comments and opinions.
Posted by BillyO on 06 March 2013 20:12
74
@39 Little Blue Bull, baie goed gesê. Eks bly om te sien daar is meer as genoeg sinvolle ondersteuners van die Bulle ook hier. Om die Bulle in n ander provinsie met passie te ondersteun is miskien nie so maklik as in Pretoria nie. Hier in die Oos Kaap is seker amper 8 uit elke 10 rugby ondersteuners WP of Stormers ondersteuners, so as jy gaan opstaan vir die BULLE hier moet jy dit nog bietjie sterker doen as in Pretoria. So Ligblou Baron laat die son maar skyn oor ons ook in ander provinsies wat net so lief en ernstig is oor die Blou Bulle:-)
Posted by BillyO on 06 March 2013 19:59
73
BillyO and all the Blue Bull blogger I see I am the one that't being taken to task about my comments on the blog. Pls if you don't like the it don't read it.
Posted by Varsity Street 5 on 06 March 2013 19:44
72
Ek dink dis n baie mooi gebaar van Barend van Graan om hier op die blog te kom gesels, meeste van ons waardeer dit. Ek persoonlik hou nie van die pienk trui nie, maar ek glo daars beskaafde maniere om dit aan te spreek. Daar is mense hier wat nie regtig belangstel om sinvol en beleefd rugby te gesels nie en ek gaan ten minste een uitsonder, Varsity Street 5 as jy werklik n rugby liefhebber en ondersteuner van WP en die Stormers is, gaan sê jou sê op hulle website, dis absoluut onnodig om sarkastiese en breinlose aanmerkings hier te maak. Dit wil voorkom asof jy nie veel van rugby weet nie en ek het nie n probleem daarmee nie want ons is nie almal rugby kenners ons gesels net lekker oor rugby hier en dis nice om ander se opinies te hoor, maar sarkasme en onnodige simpel breinlose aanmerkings is ongevraagd. Soos Barend van Graan sê, as die Bulle n game soos teen die Force uit die vuur trek en met n bonuspunt, dan weet ek hoekom ek die Bulle ondersteun. @38 Ligblou Baron ek dink jou aanmerking oor kamma bul ondersteuners wat in ander streke woon en maklik twak praat oor die Bulle is belaglik breinloos sonder integriteit!!!! Ek bly in die Oos Kaap en ondersteun NET die BULLE van 1974 af al, deur al hulle wenne en verlore, nog altyd net die BULLE, as jy n opregte BUL ondersteuner is met integriteit sal jy nie sulke beledigings kwytraak en veralgemeen nie. As jy n probleem het met n blogger, noem hom by die naam asseblief. Ek hoop werklik dat sinvolle mense wat hier blog soos Jimmy, Kzn bul, Nitronic ens my sal ondersteun in hierdie gedagte. Dit hoort nie in Blou Bul kultuur nie!!!!! Sterkte Bulle ek weet julle sal julle beste gee!!
Posted by BillyO on 06 March 2013 19:25
71
70 O Bloumens jy gebruik ook 'n skuilnaam - Ek het Oom Barend nie beledig - jammer as dit so voorkom - aanvaar my verskoning.
Posted by Newspaper on 06 March 2013 17:43
70
@Newspaper - Jy is darem `n sterk man om agter `n skuilnaam te staan en vir Barend sommer hier te beledig. Hoekom bel jy nie vir Barend en bespreek jou klagte met hom nie. Hy is die enigste rugby baas wat met sy span se ondersteuners op n blog gesels. Ek dink dit verdien `n klop op die skouer, nie `n patetiese aanmerking soos joune nie.
Posted by Bloumens on 06 March 2013 17:26
69
@66 ek weet nie of dit nodig was nie.
Posted by Nitronic on 06 March 2013 17:20
68
Middag BB23
Ek wil net weet gaan die bulle se spelers ook soos die luipards nie beskikbaar wees vir die vodacom cup nie ek sien hulle spelers wil net varsity speel.Meer inlugting oor ons vodacom span sal wardeer word
Groete kznbul
Posted by kzn bul on 06 March 2013 17:18
67
65 @ Baie jammer om dit te hoor - alle sterkte wat 'n verlies vir TUKS en Blou Bulle!!!!
Posted by Varsity Street 5 on 06 March 2013 16:42
66
64# Barend van Graan julle mors darm lekker met julle jong spelers soos Swys ne!!! Nou kom hou jy jou slim op die blog!!
Posted by Newspaper on 06 March 2013 16:37
65
@62 Small-Smith het ernstige knie besering opgedoen Maandag aand. Ten minste 4 maande uit!
Posted by passdiebal on 06 March 2013 16:30
64
Bloggers,

Ek skryf hierdie insetsel met twyfel!

Van ons is tans so onverdraagsaam met mekaar!

Ek sien 'n blogger noem 'n ander blogger vandag of gister: " 'n Idioot!", party van ons huil en vloek oor die pienk truie, veroordeel en beoordeel die span- en toerkeuses! Ek sien party van ons is bang vir die toer wat voorle, want ons speel teen drie spanne wat ons nog nooit oorsee kon wen nie!

Ek verstaan die agtergrond en beskik oor ruimte en kapasiteit vir verskillende opinies wat gehuldig word deur ons ondersteuners! Partykeer wil die ongeduld en onverdraagsaamheid, op die blog, my ook onderkry!

Dan slaap ek 'n nag daaroor, en dan ontsnap die Vodacom Bulls verlede Saterdag teen die Force uit die tronk en ons wen met 'n vyfpunter!

Dan weet ek hoekom ek 'n Blou Bul is, al stem ons nie altyd saam nie!

Blou Bul Groete vanaf 'n pragtige Loftus Versfeld!

Barend van Graan
Posted by BB23 on 06 March 2013 16:30
63
47 # Bomskok Jou aanmerking op Swys Venter en JJ is totaal is in swak smaak!!! Gaan kyk maar op www.rugby-talk.com/tag/francois-venter/ en dan kyk ons regtig wie "overrated" is. Bring vir my 'n ander senter in die land met sy rugby CV

2004 – Free State (Under 13 Craven Week)
2007 – IRANZ (International Rugby Academy in New Zealand) Price for best young player of the course
2006 – Free State (Under 16 Coca Cola Grant Khomo Week)
2008 – Under 18 Elite Squad, SA Schools, Free State (Under 18 Coca Cola Craven Week)
2009 – Free State (Under 19 ABSA Under 19 Competition – Free State won competition)
2010 – Blue Bulls (Vodacom Cup), South Africa (IRB Junior World Championships), Vodacom Blue Bulls (ABSA Currie Cup Premier Division), Blue Bulls (ABSA Under 19 Competition)
2011 – Vodacom Blue Bulls (Vodacom Cup), South Africa (IRB Junior World Championship), Vodacom Blue Bulls (ABSA Currie Cup Premier Division), Blue Bulls (ABSA Under 21 Competition)
2012 – Bulls (Super Rugby), Blue Bulls (Vodacom Cup), Blue Bulls (ABSA Under 21 Competition), Blue Bulls (ABSA Currie Cup Premier Division), Blue Bulls (Super 15)

Om met jong speler so te maak wat nog altyd sy kant vir die Bulle gebring is nie reg nie maak nie saak watter verskoning gegee word nie. Swys is al 4 jaar by die Bulle en is op 21 jaar al een van die senior spelers.

Maar laat ons maar sien met wie hulle WO gaan verwag as hy klaar is.
Posted by Newspaper on 06 March 2013 16:30
62
@56: Dawie Steyn is nie op die amptelike lys van 35 spelers vir Super Rugby nie. Hy is deel van die breer groep ek reken.

In terme van die wat nie die oorsese trip gemaak het nie, daar is nog heelwat talent wat verskil kan maak na die einde van die seisoen toe:
Dean Greyling - nog uit met besering vir 'n maand
Sampie Mastriet - sal verseker oorneem by Akona wanneer hy ophou
Bongi Mbonambi - tans betrokke by Tuks, en seker VC, maar goeie rugsteun
Rudy Paige - weereens rugsteun as die ander skrumskakels beseer raak
Handre Pollard - sy tyd sal kom, ek wil graag dat hy meer betrokke is hierdie jaar met Super rugby; tans by Tuks
William Small-Smith - tans ook by Tuks
Wilhelm Steenkamp - nou net uit langer termyn besering uit, so sal seker gebruik word later in die seisoen
Francois Venter - seker een van die verbasendste van die uitlatings, maar dalk is die rumours waar van hy is op pad
Callie Visagie - het gedink hy gaan groot in die planne wees, maar sien hy oefen nou weer by die Lions
Paul Willemse - ook gedink hy sou al meer betrokke wees met Juandre wat skuif, maar hy lyk meer 'n no 4 slot te wees; ook tans by Tuks

Seker die verbasendste van die toergroep is Hencus van Wyk wat nie eers in die lys van 35 was nie, maar hulle kon seker nie vir Dawie saamvat agv sy tekort aan speeltyd nie - Hencus het darem vir Tuks gespeel.




Posted by GeenBloutjieNetBlou on 06 March 2013 16:16
61
Wat n sirkus!

Van wanneer af ruk die sogenaamde wereld sterre.Spelers wat nog net n handtjie vol provinsiale en Super wedstryde gespeel het en nog nooit n Springboktrui aangetrek het hulle gatte so?

As die spelers dan so goed is sou hulle in die span ingestap het.Danie Rossouw is die perfekte voorbeeld van n profesionele rugby speler.Nie sy gat gewip omdat hy nie elke wedstryd begin het nie.As jy nie nie daarmee tevrede is nie.Gaan na n ander span of land.Tuffies!!!!

Dan die kamma Bul ondersteuners van ander provinsies?LB gaan vlieg na jou kasteel.En dan die regte kamma ondersteuners.Volgens die ondersteuners het ons klaar verloor.So what!!!Enige span wat gaan toer en speel teen die Blues,Crusaders,Reds en Brumbies gaan n harde tyd he.Dit is dieselfde ondersteuners wat ons nie n kans teen die Stormers gegee het nie.

Ek sidder om te dink wat die ondersteuners sou gedoen het as ons Saterdag verloor het.Dit sal ook dieselfde ondersteuners wees wat die span wou kruisig in 2007 toe ons die eerste wedstryd teen die Sharks en toe teen die Force verloor het.Dit is daai tipe ondersteuners wat dan die hardste saamgesels as die bekers kom.

Ondersteun jou span.Gee opbouende kritiek.As jy nie dit kan doen nie.Hou jou mond!!!!!!


GO BULLS!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Posted by Lekkerblou on 06 March 2013 15:56
60
Bul ondersteuner vir jare - nuut op die blog!! Ek hou al lank die kommentaar dop en moet se, ek geniet dit. Ons weet almal dit gaan moeilik gaan daar in NZ en Australie maar ek dink hierdie is 'n span wat ons dalk net verras. Komaan Bulle!! Blou Tin.
Posted by Bloutin on 06 March 2013 15:44
59
Ek lees in Beeld dat Wynie Strydom ons ook groet die einde van die jaar hy tree uit.Dankie vir al als wat jy gedoen het vir BLOU BUL RUGBY n wedstryd sonder jou langs die veld gaan nie dieselfde wees nie.
HOU BY DIE BLOU
Posted by kzn bul on 06 March 2013 15:39
58
@57 Dit is net so lekker om groot baber te vang met 'n klein stokkie as om 'n oom karp te vang!
Posted by blou.sakkie on 06 March 2013 15:31
57
Hie,hie! Om in die herfs te hengel is darem maar tops! Uh.... jammer die babers pla so bietjie?
Posted by Ligblou Baron on 06 March 2013 15:11
56
@54 Nee Jimmy, daar word nie verwys na alle ondersteuners wat in ander provinsies woon nie maar wel na "... die meeste kamma-BUL-ondersteuners wat in ander streke (provinsies) woon..." en maak maar wat jy wil van die weereens sinnelose nikseggende bydrae van ons inwonende ligblou -min dae -baron, maar ek wag nogsteeds om 'n rugby bydrae van die skrywer te sien - As jy paragrawe wil he oor ander mense beledig en veralgemenings dan is hy jou man!!
Ek dink ook Venter, Mastriet en selfs Steenkamp is ongelukkig om nie te toer nie, maar hulle sal oorvlieg sodra daar beserings is. Weet iemand waar is Dawie Steyn, sy besering is laas berig om iets van die verlede te wees.
Posted by Les Bleus Cocardier on 06 March 2013 15:10
55
as @38 ooit iets te se het dan is dit altyd sinies of verhewe hy homself!! Selde dat hy meningsvol deelneem of debatteer - al "claim to fame" wat hy het is dat hy erens alleen op sy eie in Pretoria bly! kom kuier op Boksburg man - sal jou gou maniere leer hier
Posted by JanMBlou on 06 March 2013 14:53
54
Ek lees nerens in post 38 dat alle ondersteuners wat in ander provinsies woon twak praat of nie regtig ware ondersteuners is nie.
Posted by Jimmy on 06 March 2013 14:50
53
@38 ek is al sedert 1983 uit Pta uit en is n baie groot Blou Bul ondersteuner,as ek praat van "ons"dan praat ek van ons blou bul ondersteuners en wat is fout daarmee--get lost or get over it
Posted by Anti Province on 06 March 2013 14:43
52
@38 EK het groot geword in PTA en bly al n klompie jare in DBN agv my besigheid en jy gaan nie met jou twak vir my kom vertel dat ek n kamma bul supporter is en net twak praat nie.Wat jy nou se is as jy nie in PTA bly nie is dit nie almal se span nie en dat jy moet in PTA bly om te kan se ONS SPAN.Ek lewer hier kommentaar omdat vir my lekker is om te lees wat ander se en met hulle te komenikeer agv dat hier maar min BULLE ondersteuners is as jy nie my woorde wil lees nie skip dit en lees die ander so maklik soos dit.
Groete KZNBUL
HOU BY DIE BLOU
Posted by kzn bul on 06 March 2013 14:30
51
Wat Swys Venter betref, ek het gelees op www.ekdraniepienkpantoffelsnie.com hy het geweier om in pienk te perform, toe word hy gedrop uit die groep. ;-)

46: die Barbies van Moftus ?

hehe, eina, en ek kan nie eers my unie en span verdedig nie, want hulle doen dit aan hulself .... eish ja !

Wat is die gesegde, gee jou vir 'n toffie uit, dan moet jy bereid wees om gesuig te word.

Sterkte Pienkes, julle gaan dit baie nodig hê, want dit is klaar erg om te verloor in blou oorsee, met 'n pienk trui nog erger.
Posted by bendiebul on 06 March 2013 14:26
50
Ag shame.... die arme bloedjies...... miskien moet hulle pienk maar dra as hulle oor unies/coaches se kamma boodskappe hulself verknies.....
Posted by Ligblou Baron on 06 March 2013 14:20
49
jys reg Bomskok - spelers moet bereid wees om te veg vir hulle plekke - maar my punt is dat die spelers onseker raak tov die boodskap wat hulle kry van hulle unies/coaches en as hulle op n vlak kom wil hulle gereelde speelkans kry - dis seker onvermydelik dat sekeres ander weivelde sal soek. Ek het dit net teen die onnidige kontraktering van spelers - gaan tel al die senters, vleuels, heelagters ens en wat gaan hulle weldra doen - ander weivelde soek. wat gaan Dries Swanepoel, Piet Lindeque, Rohan van Rensburg ens doen - gaan hulle bly -
verder stem ek saam oor JJ - nie n senter nie!! maar puik vleuel!
Posted by JanMBlou on 06 March 2013 13:52
48
Ag elkeen het sy mening en keuse. Maar nie te se daai mening is reg nie. Hier waar ons bly is ons groot bloubul ondersteuners. Nie pienk bul ondersteuners. Almal weet Skaapstad is die pienk stad. Nie Loftus of Pretoria. So as jy nie probleem het om Blou Bulle in pienk pajamas te ondersteun, goed vir jou. Maar nee dankie vir my. As jy more werk toe gaan met pienk hemp, broek en kouse. Moet jy nie kwaad wees as die manne en vroue jou brandmerk Moftus nie. Jy soek daarvoor. As ek na ondersteunings getalle op loftus dop hou, lyk dit of meer mense saam stem.
Posted by Lekke Rugby on 06 March 2013 13:50
47
JanMBlou,
As Venter so slapgat is om Ierland toe te gaan en nie te fight vir sy plek nie, moet hy maar gaan. Hy is in my oe buitendien overrated soos JJ ook.
Die 2 kon nie 'n bal raak vang in die curriecup semi laas jaar nie.
Posted by Bomskok on 06 March 2013 12:42
46
die manne hier praat van die Barbies van Moftus! en ek moet dit heeltyd aanhoor! Ons outjies van Boksburg laat nie met ons lelik praat nie! maar ek wonder nou weer oor Venter - hoe werk dit - tot en met die Stormers game was hy deel van die groep en skielik daarna van die toneel af - dis die dinge wat my altyd laat wonder oor die magdom spelers wat gekoop word jaar na jaar en elkeen speel vir homself, want daar is nie commitment van die unie om n speler te groei nie - sodra n ander ene op die toneel verskyn, weg met die vorige ene. Venter is seker oppad Ierland toe - as sy unie nie kan commit met hom nie - hoe sal hy Springbok word.... nog n verlies vir die land is ek bevrees. Of is daar n ander verklaring hoekom hy nou skielik nie op die toneel is nie?
Posted by JanMBlou on 06 March 2013 12:16
45
Ligblou Baron #38, jy het nie `n idee waarvan jy praat as jy sê "Mede-bloggers, hier is n tendens wat pos begin vat...... kyk maar mooi..... die meeste kamma-BUL-ondersteuners wat in ander streke (provinsies) woon is die wat die maklikste twak praat oor ons span. Word hulle daar ge-indoctrineer? ge-breinspoel deur hulle omgewing, soos die lokale pers ens??". Jy het seker nog nooit in `n ander provinsie gewoon nie.
Ek was `n baie meer lojale Bul-ondersteuner toe ek nog in Richardsbaai gebly het want jy verdedig jou span die hele tyd teen mense wat nie `n goeie woord oor hulle kan sê nie. Sedert ek in Hartbeespoort bly is ek baie meer krities omdat almal, (wel feitlik almal), om jou die Bulle ondersteun. Waar dit voorheen die ander spanne se ondersteuners met hulle negatiewe kommentaar oor die Bulle was wat jou irriteer het, is dit nou die blinde absolute eenoog Bul-ondersteuners wat nie kan sien hoe swak die Bulle soms is nie, wat dit doen.
Ek stem wel saam met jou oor Frans Ludeke. Hier is nog te veel ondersteuners wat steeds glo dat Heyneke Meyer op water kan loop. Ek glo in Frans se oordeel. (Behalwe wanneer dit by ons tweede nommer 10 kom).

NOU (ongelukkig pienk op die toer) DIE BLOU!!!
Posted by Rifrug on 06 March 2013 12:08
44
Ons toer is 'n taaie. Die Blues first up en met 'n 6 dae omkeeryd die Saders.....As ons speel soos ons kan kan ons kompeterend wees. Ons mag dalk nie alles wen nie maar bonuspunte is net so krities. As ons daai 50 punte op die force gesit het was almal nou tot oorlopens toe vol vertroue maar ek dink die deurskraap teen die force was dalk die beste ding ooit aangesien die spelers geen span gaan onderskat nie, die waarde van speel vir die volle 80 geleer het asook dat jy in hierdie kompetisie elke minuut wat jy op die veld is voluit moet speel.

Die deurskraap teen die force is ook die rede vir die fans se neerslagtigheid want skielik is daar twyfel in die geledere.

Moenie twyfel nie. Die span sal hul bes doen en ons taak is om hulle te ondersteun deur dik en dun.

So eenvoudig soos dit.


GO BULLS!!!

As die BULLE daardie ingesteldheid het kan die span met 'n paar wenne huistoe kom.
Posted by bloubefoeterd on 06 March 2013 11:58
43
We are being ripped apart on other websites by all Non Blou supporters who reckon that we wont be able to win one of these away games. We need revengE on the Blues for last year and if they could beat us at home and then go on to lose all the rest of their games we can beat them at home. Also shouldnt have a problem with the Brumbies or Reds we are by far the better team so come on boys you know you can do it !! GO BULLS!!!
Posted by BullsRbest on 06 March 2013 11:40
42
@johannesbul - ek het n baie goeie idee waarvan ek praat. Ek volg hom al van std 9 af en is een van sy grootste ondersteuners.
Dis te vroeg om die laaitie op n 4 game toer te vat teen seker die 4 beste buiteland spanne.
Hy is Springbok materiaal maar is baie beserings prone. Ek hoop hy het n goeie toer van die bank af - maar ek sou F Venter saamgevat het bo Olivier, Mapoe JJ of Jan.

Tyd sal leer.
Posted by passdiebal on 06 March 2013 11:17
41
P38. Jy's moeilik vanoggend LB;)
Ek praat net vir myself; as ek na "ons" verwys (soos in toe ons teen die saders gespeel het ens) verwys ek na almal vir wie Loftus sy huis is en sy blyplek waar hy is as hy nie op Loftus is nie. Ek is oortuig Barend v Graan (wat volgens eie erkenning hierdie blog gereeld lees) onderskei tussen ONS en die geveinstes of sg ondersteuners wat alles rondom die Bulle (en spelers) kritiseer en ALTYD 'n ou straaltjie moet by......
Terselfdertyd is die blog daar vir almal wat 'n opinie het om dit te lug - en hierdie blog verleen byna totale vryheid van spraak, maar soos die ou mense gese het:"eet maar die vis en spoeg die grate uit!"

Jou slot is die kern ,veral vir die toer ; die span is gekies en op die vliegtuig : ONDERSTEUN DIE SPAN NOU OF HOU JOU BEK!
Posted by Bloubosvelder on 06 March 2013 10:52
40
@38 en 39: Hokaai nou so bietjie julle... Ek dink nie daar is enige plek in die land, insluitende Pretoria, waar die Bulle ondersteuners geen teenkanting het nie. En ek het baie respek vir ander Bulle ondersteuners wat in ander provinsies bly.

Tog is dit nie vir my die probleem nie. Die probleem is meer gebaseer op die basiese respek wat ons moet hê vir gesag en veral vir ander wat van ons verskil.

Ek sou baie graag meer konkrete argumente wil sien en minder los stellings oor die merietes al dan nie van die afrigters, die spelers, die wedstrydplan, en die kleur van die wegklere.

Wat ons almal baie duidelik moet verstaan is dat ons as ondersteuners het nie die verantwoordelikheid van wat gebeur met die seisoen nie. Ons mag so dink as ons so baie teenkanting van ander spanne se ondersteuners kry, maar ons betrokkendheid is heeltemal keuse-georienteerd. Nie so met die wat aangestel is om sekere resultate te lewer en doelwitte te daag nie. Hulle het die gesag om daardie besluite te neem, en ek is seker hulle sal die opinie en voorstelle van die ondersteuner in ag neem, maar dis hulle verantwoordelikheid.

So as ons kies om nie meer die Bulle te ondersteun nie, dan is dit klaar - einde van die storie. Nie so met die spelers, afrigters en bestuur van BBM nie. Hulle het kontrakte en ooreenkomste en doelwitte. Hulle het die reg om die besluite te maak, en as ons daardie reg wil hê, moet ons deel van hulle word.

As ondersteuners is ons vry om te verskil van hulle besluite, maar ons het nie die reg om oordeel te vel daaroor nie. Hou jy nie van die pienk nie - jy is vry om jou redes te lig en teenvoorstelle te maak, maar jy het nie die reg om oordeel op die verantwoordelikes se karakter, wysheid of gesag nie. Hou jy nie van die wedstrydplan nie, jy is vry om jou redes te lig en teenvoorstelle te maak, maar jy het nie die reg om oordeel op die verantwoordelikes se karakter, wysheid of gesag nie. En so aan.

So, my aanmoediging vir die Bulle ondersteuners daar buite: Kies! Nie net om die beste span te ondersteun nie, maar ook om met karakter op te tree in respek vir die verantwoordelikes, en om jou kommentaar in daardie raamwerk te gee.
Posted by GeenBloutjieNetBlou on 06 March 2013 10:48
39
Ja Baron, ek het in n vorige bydra genoem dat veralgemening nie goed is nie. NIEMAND hou van die pienk truie nie, Niemand dink ons afrigter is goed genoeg nie, ens. Bull@%$#*!! - die gesanik deur sommiges raak afgesaag en dan word daar ook ge"dreig" dat hy/sy nie die wedstryde sal kyk waarin die Bulls in pienk speel nie. Boo-Hoo, watse tipe ondersteuner het daardie tipe mentalitiet? Swak!!!

En, Baron, ek neem so effens aanstoot met jou uitlating oor ondersteuners uit ander provinsies - sommige van ons is die mees "rabid" ondersteuners ooit. Ons is dalk (soms) meer lojaal en agressief BLOU juis omdat ons meer blootstelling kry aan "die res" en hul anti-Bul sentimente as wat mense in die hartjie van Bloubulland kry. ;)
Posted by Little Blue Bull on 06 March 2013 10:02
38
Hier word baie gepraat van "ons"; dis "ons" dink dit en "ons" dink dat, ens. Ek sal graag wil weet 'WIE" is hierdie "onse" wat sommige bloggers hier na verwys.

Post 34: Wie is jou "ons" in die jou eerste paragraaf???

n "C-level" indiwudu word aangestel om resultate te lewer. Wie sou beter wees vir die BLOU BUL afrigter as die "incumbent? Wie het al elders beter resultate gelewer? Kan jy nie maklik n teen-argument gee wanneer jy sulke twak hoor nie?

Mede-bloggers, hier is n tendens wat pos begin vat...... kyk maar mooi..... die meeste kamma-BUL-ondersteuners wat in ander streke (provinsies) woon is die wat die maklikste twak praat oor ons span. Word hulle daar ge-indoctrineer? ge-breinspoel deur hulle omgewing, soos die lokale pers ens??

Dit hou net aan en aan. KOM ONS ONDERSTEUN ONS SPAN!!
Posted by Ligblou Baron on 06 March 2013 09:05
37
Ek hoop net van ter harte dat Zane nie weer gaan "in boender" teen die grootste ou op die veld nie! Hy gaan sy g@t sien as hy dit gaan probeer teen die Bulls! Ek dink as ons taktiese skoppe gaan goed wees en hul die heeltyd laat omdraai staan ons 'n kans! En natuurlik daai besit! Hou die besit manne!
Posted by DIE BLOU BAAS on 06 March 2013 08:56
36
Ai ou Lekke Rugby...weereens 'n idioot van 'n strompies ondersteuner wat fokus op die Bulls en wat in die verlede gebeur het eerder as op sy eie span wat pak gaan kry deur die CHIEFS! Ek raai aan dat jy eerder gaan fokus op jou eie span se wedstryd wat voorle...maar ja.....tipiese weee peee jpu leka ding mentaliteit! Terug na rugby....daai gesegde wat so bekend is..."if you're good enough....you're old enough" dis al hoe hy gaan leer en vertroue opbou! Ek se speel Serfontein op 12 en Wynand op 13. Mapoe op vleuel. GO BULLS! Telling, BULLS 28 BLUES 24.
Posted by DIE BLOU BAAS on 06 March 2013 08:53
35
passiebal jy het nie n idee waarvan jy praat nie serfontein is die beste
Posted by johannesbul on 06 March 2013 08:32
34
"Nie die Kundigheid", "Not Capable" is woorde wat ons deesdae baie hoor. Dit is my siening wat betref die hoofafrigter van die Bulls. Al sedert die aanstelling gemaak is.
Met dit wat ons sover hierdie jaar gesien het gaan die Bulle 'n baie lang toer hê.
Daar word nie geleer nie, gameplan bly Plan A.
Jong talent word gekoop en versmaai. Daar is nie vertroue in die jong spelers nie. As Louis Fouché so goed is, hoekom word hy altyd net in die laaste 5 minute van 'n wedstryd opgestuur?
Kan mens dan vir F Venter kwalik neem as hy gaan?
Kyk na die afgelope naweek se lostrio kombinasie - geen oopkaantflank en ons verloor amper die game as gevolg hiervan. Ek fluister iets, daar is 'n baie goeie oopkantflank by die Griekwas wat 'n baie goeie backup sal wees!!
Sterkte Bulle - dit is egter met 'n GROOT hoop.
Posted by Paarlbul on 06 March 2013 07:50
33
Dis jammer dat F Venter nie saamgaan nie. Hy gee sy alles vir BB rugby. Ek sal nie verbaas wees as n ander franchise hom nader om Super 15 te speel nie.
Serfontein is te vroeg.
Posted by passdiebal on 06 March 2013 07:06
32
Gaan Moftus op 'n ander plek. Idioot.
Posted by Undertaker on 06 March 2013 00:55
31
2 Junie 2012 @ Stormers op Pienk Moftus. Die ou WP manne het nog so gespot. Eerste keer wat ek saam ou WEEPEE manne soos Hempies moes stem. Gun wonder hulle het deesdae ysters voor. WEEPEE speel met blou.
Posted by Lekke Rugby on 05 March 2013 20:04
30
En die pienk nag op Moftus?
Posted by Lekke Rugby on 05 March 2013 19:54
29
Ek weet ten minste waar is Callie Visagie: terug by die Lions. Of ten minste oefen hy saam met hulle. Weet nie of dit 'n permanente skuif terug is nie, en of dit dalk net nou is omdat hy nie saam gaan toer het nie.
Posted by GeenBloutjieNetBlou on 05 March 2013 19:48
28
@27: Verkeerd, nie almal verloor nie - die Rebels en Waratahs wedstryd het ons gewen op toer.
Posted by GeenBloutjieNetBlou on 05 March 2013 19:46
27
Begin die facebook petisie teen pienk trui. Ek sal ondersteun. As reg onthou het ons al ons wedstryde in pienk trui laas jaar verloor. Hou by die blou en wen wedsryde. Dan sal ondersteuners terugkom en meer geld vir liefdadigheid.
Posted by Lekke Rugby on 05 March 2013 19:06
26
24# I hope he is looking for new Union It is shocking that he not in the group Well done FL you are one of the best coaches in the world and just know how to work with young talent !
Posted by Varsity Street 5 on 05 March 2013 17:23
25
Nee PIENK vir n tweede jaar is regtig nie nodig gewees nie. Miskien moet n mens n pitiesie loods teen pienk trui op facebook waar n mens n klomp mense bymekaar kan kry om ons as ondersteuners, en ek glo spelers ook, se misnoee te wys daaroor?
Posted by BillyO on 05 March 2013 16:57
24
Where is Venter - can someone tell us please? I am so worried about this tour it is one of the toughest we have had in a long time and I can only hope that our boys just go out and do what they do best when they are on form and show the world what we are really capable of. Play like your lives depend on it and remember we are all rooting for you. This team looks so awesome on paper why cant they just go out there and do it !! GO BULLS GO GO GO GO !!!!!!
Posted by BullsRbest on 05 March 2013 16:45
23
Hoekom het hulle die toergroep nie maar in hul baba-pienk uitrustingtjies afgeneem nie?

Ek ondersteun Noord Transvaal, die Blou Bulle en die Bulle al sedert die vroeë sestiger jare en nooit was my span met 'n ander kleur as blou vereenselwig nie tensy dit met oposisie se truie vir 'n wedstryd gebots het. Ek dink as jy destyds vir Mof Myburgh, Gys Pitzer, Frik du Preez of een van die manne sou vra om 'n pienk trui aan te trek sou hy jou sê om dit in te druk waar die son nie kan skyn nie. Ek sal die pienk gemors nooit aanvaar nie en as hulle aanhou daarmee sal ek maar elke keer die span wat diè betrokke wedtryd in blou speel ondersteun.

Ek wonder hoe gemotiveerd die spelers kan wees as hulle weet dat die uitrusting waarmee hulle speel die oorgrote meerderheid van hul ondersteuners walg. As julle dink dit is nie so nie daag ek julle uit om die ondersteuners se gevoel daaroor te toets!
Posted by RuggaFanToo on 05 March 2013 16:43
22
Dis asof die Bulle n bietjie meer aggressief speel met die pienk truie;-) miskien is hulle ook maar n bietjie vieserig vir die kleur lol. Met Morne wat einde van die seisoen aangaan, sou dit nie nou n goeie opsie wees om benewens Louis Fouche nog losskakel te begin grootmaak in Superrugby nie? Indien nie, sit ons volgende seisoen jaar net met Fouche wat Supperrugby ondervinding op losskakel het!! Niks persoonlik nie maar ek dink Fouche is n baie gemiddelde speler.
Posted by BillyO on 05 March 2013 16:31
21
Ek het uit goeie bronne verneem Swys Venter is verlore vir die Bulle - Watter Unie hom gaan kry baie geluk met goeie kopie!! of het ons 'n tweede JC op ons hande?
Posted by Newspaper on 05 March 2013 15:43
20
# 15

Pienk agter
Fuchsia voor
bly maar swak oraloor
solank die boikies in pienk
die opposisie versmoor
bly ons hul support oor en oor!
Posted by bloubefoeterd on 05 March 2013 15:28
19
Net om die argumente lekker holrug te ry:
Ek is seker daar bestaan nie mark navorsing wat kan bewys dat vrouens nou eweskielik rugby kyk en die Bulle ondersteun net omdat hulle pienk dra nie!!
As dit bloot gaan om die insameling van geld vir "vroulik" geooreenteerde instansies, dan is ek oortuig dat 'n pienk streep of pienk name dieselfde uitwerking sou he, jy skenk mos allermins geld vir die doel en vir iemand waarmee jy vereenselwig, as die stormpies nou pienk begin dra ken ek geen Bul ondersteuner wat geld gaan gee as andries bekker die verteenwoordiger is nie. Daar sal nog steeds baie truie verkoop met pienk strepe ens.
As dit 'n uitrusting is vir wedstryde waar dit bots met die opponente se drag, hoekom moet dit gedra word teen die Crusaders, Reds ens.
Pienk was nog nooit enige deel van die BLOU Bulle nie.
MAAR soos ek al voorheen genoem het: 'n wen in pienk bly beter as 'n verloor in Blou!!
Ek wil graag 'n vraag vra: Hoekom is hier 'n blog as tien mense op en afspring en ander beledig net oor iemand 'n opinie lig oor hulle denkwyse? - Dit is tog allermins die idee van 'n blog - So as Nitronic 'n negatiewe ou is en Bennie Stander nooit dink die Bulle gaan wen nie, hoekom is hulle nou "morone en super rugby breine"(sarkasties) of as bendiebul/Rifrug ens 1 000 keer wil kla oor iets wat hulle duidelik na aan die hart le dan word hulle vertel om op te hou - Hoekom word daar nie liewers goeie teen argumente gegee nie?
Onthou almal is geregtig op 'n opinie, al is dit 'n verkeerde een!!
Posted by Les Bleus Cocardier on 05 March 2013 15:20
18
Ag wat die pienk is nou wel nie my vrou se gunsteling rugbytrui kleur nie maar sy sê al speel hulle kaalgat sal sy nog steeds vir die bulle skree!!
Posted by bloubefoeterd on 05 March 2013 15:09
17
Sien Pierre tweet 'Time for tour boyzz!'

Is dit nie 'n spelfout nie, moet dit nie wees 'Time for tour ladies!' nie ? hehe
Posted by bendiebul on 05 March 2013 14:31
16
14: ek stel voor jy verander jou naam na pinkest .....
Posted by bendiebul on 05 March 2013 14:29
15
...en dit bly (swak) ooraloor!
Posted by Blyblou on 05 March 2013 14:29
14
Dis die tweede seisoen en julle kerm nog oor die pienk!!! Kry dit agter julle en beweeg aan, net daarvoor hoop ek hulle hou dit vir die volgende 12 jaar.
Posted by blouest on 05 March 2013 14:27
13
Dissie pienk orals nie!

Dis fuchsia voor!
Posted by bloubefoeterd on 05 March 2013 14:26
12
Wat die pienk trui betref:

Ek ondersteun die inisiatiewe wat geneem word om bewussyn oor vrouesake soos borskanker, of die aksies teen geweld teen vroue, te bevorder. 'n Pienk broek vir die speler van die wedstryd of 'n pienk bal vir 'n rukkie in 'n Varsity Cup game is OK - en ook heeltemal genoeg. Ek het nie 'n probleem met pienk ondersteunerstruie vir vrouens nie. MB @4 reken sy dame lyk te fraai in die pienk en ek glo hom. Maar dis presies my punt:

Pienk is 'n vroulike kleur - dit word sonder uitsondering gebruik om vroulikheid aan te dui - of dit sosiale sake is soos hierbo genoem, of dit is om babatjies aan te trek, noem maar.

Dit is hoegenaamd nie intimiderend nie, dit is nie aggresief nie, dit is nie 'n tradisionele rugbykleur nie. Pienk was verseker nooit deel van NTvl of die Bulle se kleure nie. As jy jou mansrugbyspan in pienk kan aantrek vir alle wegwedstryde, kan jy maar netsowel jou seuntjie pienk aantrek as jy vir ander mense gaan kuier!

Ek gun elke ou sy eie smaak, maar ek sal die pienk trui ook nooit aanvaar nie, nooit ophou moan daaroor nie, en nie my voete sit by 'n wedstryd as die Bulle pienk dra nie.
Posted by Blyblou on 05 March 2013 14:20
11
O ja, en net in geval iemand dink ek is "stupid", in die laaste stukkie van my laaste sin is Fouchè `n "deliberate mistake". Dit moet natuurlik 'Pollhard' wees. lol
Posted by Rifrug on 05 March 2013 14:19
10
Ben die Bul, en elke keer wat jy die spot daarmee dryf, sê ek hoor-hoor.
Posted by Rifrug on 05 March 2013 14:11
9
Geen Swys Venter, en dan kan Sampie Mastriet ook seker ongelukkig voel. Ek is nie seker watter kant van die skrum Hencus van Wyk druk nie, hoop maar hy is `n loskop, glo hy is seker, anders het ons `n probleem.

MariusBresler #4, baie mense steel ook, dit beteken nie ons moet dit ook doen nie. So die feit dat "die refs dit doen, franse clubs dit doen en die varsity cup dit doen", beteken nie ons moet almal van die pienk truie hou nie. Ek dink ook nie net pienk truie gaan "vrouens ook in die game kry" nie. So, jy is reg, ons moet seker ophou kla, maar dit beteken nie ons moet dit aanvaar of daarvan hou nie.
Jy vra ook "die ander vraag is wie haal ons dan uit as Pollhard met Fouche vervang sou word", Fouchè word uit gehaal. lol
Posted by Rifrug on 05 March 2013 14:06
8
Maruis, wou nog byvoeg, jy het geskryf: "Ek was Saterdag op loftus en daar is niks mooier as my pragtige dame in haar pienk trui daar langs my nie."

Die sleutelwoord in daardie sin is dame. D-A-M-E.

Sterkte vir die pienk 'dames' teen die Blues ! ;-)

Posted by bendiebul on 05 March 2013 13:59
7
Goeiedag almal,

Dis seker altyd moeilik om 'n toergroep te kies as mens beperk is tot 26 spelers. Ek is ook jammer Swys is nie daar nie, maar daar is reeds 3 senters (ek reken die Bulle beskou JJ as 'n senter en Mapoe as 'n vleuel) en 3 vleuels, asook 2 heelagters. Daar is 4 stutte - kan nie anders, jy moet 3 in die 22-tal he en 'n besering kort voor die wedstryd kan maak dat jy nie 'n speler betyds daar kry nie. Maar as daar nie beserings is nie, gaan Hencus v Wyk waarskynlik gladnie speel nie. Ons het wel net 2 hakers op toer en mens moet ook 'n haker op die bank he - ek wonder net wat gemaak as een van die hakers kort voor 'n wedstryd seerkry? Kan v Wyk haker speel, of enige van die ander stutte? Ook net 2 skrumskakels - hoewel daar nie 'n reel is oor 'n plaasvervanger nie, sal dit hoogs riskant wees om sonder een op die bank te speel.

Waaroor ek erg verlig is, is dat al ons loosies wel kan toer. Hulle is nie almal op die blog se gunstelinge nie, maar ek is steeds 'n groot ondersteuner van Dewald en Steggies en sal hulle elke keer in my 22-tal sit as hul fiks is. Natuurlik ook vir Pierre en Arno - met JP daar in geval van beserings aan die ander.
Posted by Blyblou on 05 March 2013 13:58
6
4: Marius, jy is geregtig op jou mening en as jy die pienk trui aanvaar en omhels, geniet dit, maar ons ander gaan dit nie doen nie, dit gaan maar 'n bespottting bly. As ek daarvoor geban gaan word van die blog, want ek gaan aanhou die spot daarmee dryf, dan moet dit maar so wees. So aanvaar maar dat ek dit nie gaan aanvaar nie ! ;-)
Posted by bendiebul on 05 March 2013 13:53
5
oh hell geen Swys Venter? Morne moet asb nie seer kry die seisoen, ons kan nie bekostig om Fouche op die veld te he nie.
Posted by Nitronic on 05 March 2013 13:13
4
@kzn bul ek stem saam ek sou dieselfde gedoen het, Fouche net soos Morne speel beter rugby wanneer hulle onder druk van ander spelers is. Morne kan juis nou vir Pollhard begin mentor in daardie posisie aangesien hy Frankryk toe gaan. Fouche is te onkonsekwent veral met sy skoppe pale toe en takties

@bendiebul dis tyd dat ons die pienk begin aanvaar (refs doen dit, franse clubs doen dit en die varsity cup doen dit) dit maak ons nie minder mans nie. so kom ons probeer die krietiek hou tot na die wedstryd want dis nie die trui wat speel nie maar die speler. (Van n bemarkings agtergrond dink ek dit is n uitstekende manier om vrouens ook in die game te kry). Ek was Saterdag op loftus en daar is niks mooier as my pragtige dame in haar pienk trui daar langs my nie.

@die blou baas, Venter kan ongelukkig voel dat hy nie ingesluit is nie, maar dit is seker vir goeie rede.die ander vraag is wie haal ons dan uit as Pollhard met Fouche vervang sou word
Posted by MariusBresler on 05 March 2013 13:12
3
Dis n goeie span ek sou net Fouche met Pollhard omgeruil het.
Sterkte BULLE maak ons trots op die toer
HOU BY DIE BLOU
Posted by kzn bul on 05 March 2013 12:45
2
Het hul al 'n naam vir die toer gekry ? Die (Af)slag van die Pienkes ?

Die groot grap is, dit is net die Blues se truie wat bots met die Blou. Ons kon in blou gespeel het teen die Saders, Reds en Brumbies.
Posted by bendiebul on 05 March 2013 12:40
1
Bly om Serfontein te sien maar waar is Francois Venter?
Posted by DIE BLOU BAAS on 05 March 2013 12:15
VIDEO
Highlights of the Super Rugby match between the Vodacom Bulls and Hurricanes from Loftus Versfeld, Pretoria.
Play   PLAY   MORE VIDEOS
BIRTHDAYS
20 Mei Pieter de Haas
20 Mei Louiz Holtzhausen
20 Mei
21 Mei Henry Rheeders
22 Mei Barries Barnard
23 Mei Jean du Randt
23 Mei Pierre Edwards
23 Mei Rassie J van Vuuren
24 Mei Draadkar de Lange
25 Mei Japie Barnard
26 Mei Hennie Jacobs
27 Mei Johan Reyneke
27 Mei Gert Smit
27 Mei Dylan van Bylevelt
28 Mei Luther Bakkes
28 Mei Johan Marais
28 Mei Devin Oosthuizen
28 Mei Jean Pieters
29 Mei Heini Adams
29 Mei Wium Arlow
29 Mei Fanie Lombard
31 Mei Peet Arnold
31 Mei Anton Leonard
31 Mei Jacques Schutte
31 Mei Alan Zondagh
JOIN US ON FACEBOOK