Bulls late surge beat Force
02 March 2013

The Vodacom Bulls used their get-out-of-jail card early this year, struggling to put the Western Force away 36-26 in a negative and frustrating Vodacom Super Rugby game at Loftus Versfeld on Saturday, writes Brenden Nel of SuperSport.com.

There is no doubt this is what they mean by winning ugly, and the Bulls will put this one behind them as they leave on Tuesday for Auckland and a much tougher challenge against the high-riding Blues at Eden Park next week.

But against a Force side that lived on negative tactics the Bulls were pulled down to the Australian team’s level and often came second in the exchanges as they produced a poor performance in front of 29 000 fans.

The Bulls will want to forget this one as quickly as possible, although it must be remembered that despite everyone writing the Force off throughout the week, they are a bogey team that the Bulls perennially struggle with, having beaten the Bulls at Loftus a few years back.

Still, with a clear game-plan in mind to attack the Bulls on the ground, the Force succeeded as they played the percentages, and while the home side should have put them away a long time before the end, they hung in there until the last minute when Werner Kruger snaffled their bonus point away from them.

The Bulls did what they needed to do though, and they won despite playing poorly. The experience in the side shone through and while it was never pretty, the five points they earned were worth their weight in gold.

But they did make things difficult for themselves.

To give 11 turnovers in the first half and another eight in the second was one of the biggest problems for the home side.

With both Deon Stegmann and Dewald Potgieter on the sidelines, they struggled to control their own ball but eventually regained their dominance as their maul took control in the second half to put them home.

Flyhalf Morne Steyn had another excellent game, scoring a try in the opening minute after being put into a hole by a perfect pass from Francois Hougaard, before sprinting into the corner for the try.

Steyn restored the lead with a kick of his own, but the Bulls were denied a bigger lead after a beauty of a run down the touchline by Bjorn Basson.

The TMO ruled the pass from Lionel Mapoe was forward though, and the try was denied.

Another penalty for Steyn sent the Bulls into a 14-9 lead, but it wasn’t long into the second half when Sias Ebersohn drilled his second drop goal to cut the lead to two points.

Steyn put Sampie Mastriet into a hole on the sideline, and the winger danced his way past the defence with little space to move to score a try on debut.

However, as another example of how the Bulls changed from Jekyll to Hyde, Steyn threw a poor pass shortly afterwards that was snapped by Andy Cottrell and the flanker ran 50 metres to level the scores.

Things looked to be going horribly wrong for the Bulls as Toby Lynn grabbed the lead by burrowing over from close range, and at 26-19 behind, the Bulls started to realise they could well lose the match.

The resolve came back, and the Bulls started using the rolling maul well.

The Force were lucky not to concede a yellow card as they infringed at will and Steyn snapped another penalty before Jean Cook added his name to the scorers list by going over at the back of another rampant maul.

With their noses in front the Bulls kept on hammering, and when Kruger went over on the hooter, they felt vindicated. Five points in the bag and two wins from two, they will leave on tour with confidence.

But they will also know they were lucky on the night and need to iron out a number of issues. Those, however, are easier to do when you’re winning, and for that they will be grateful.

SCORERS

Vodacom Bulls - Tries: Morné Steyn, Sampie Mastriet, Jean Cook, Werner Kruger. Conversions: Steyn (2). Penalties: Steyn (2).
Western Force - Tries: Angus Cottrell, Toby Lynn. Conversion: Sias Ebersohn (2) . Penalties: Ebersohn (2). Drop Goals: Ebersohn (2).

Please log in at the top of the page to post comments
Comments
49
@ BillyO:

Om my ‘n vraag te vra aangaande die tegniese aspekte van die spel is ‘n gevaarlike speletjie. Ek is net ‘n ondersteuner en glad nie ‘n kenner nie. Terloops, ek belowe jou ek was nie sarkasties op daardie vorige draad nie en ek hoop jy sal my woord daarvoor aanvaar.

Verdediging kan soos enige fasset van die spel ge-coach word, egter net tot op ‘n sekere vlak. Die feit dat JJ groot, sterk en vinnig is beteken nie noodwendig dat hy ‘n goeie verdediger sal wees nie. Alle ikoniese spelers van die spel het nog altyd sterk punte gehad wat tot ‘n mate ander leemtes in hulle spel gekompenseer het. Maar dan moes hulle sterk punte egter van so ‘n aard wees dat hulle onmisbaar vir die span was ten spyte van hulle tekortkominge. Dis ongelukkig net hier waar JJ oënskynlik te kort skiet, daar is baie ander spelers wat groot, sterk en vinnig is. Met die hoeveelheid rugby wat hy tot dusver in sy loopbaan gespeel het, buiten boonop algemene spanoefeninge ten opsigte van basiese vaardighede, moes hy verseker teen hierdie tyd sy verdediging opgeskerp het tot op ‘n aanvaarbare vlak. In alle billikheid moet mens ook darem in gedagte hou dat sekere posisies hemelsbreed van mekaar verskil, verdediging vir ‘n senter is baie meer onmiddellik en instinktief as byvoorbeeld verdeding vir ‘n vleuel. Ek stem heeltemal saam dat JJ uit posisie gespeel word en dalk moet hy meer speelkans gegun word in as vleuel. Wie weet, dalk val alles dan in plek. As Naas Botha gekies sou wees as buite senter en sy afrigters het deur die jare daarmee volhard, sou niemand ooit van hom geweet het nie. Nie eers die mense in sy eie straat nie.


Wat De Wet Barry aanbetref, wanneer ‘n speler bewys het dat hy kan verdedig en hy jaag daarna aan is dit bloot as ‘n gevolg van ‘n gebrek aan dissipline. ‘n Gebrek aan dissipline in hierdie konteks beteken bloot ‘n gebrek aan toewyding.

Verder word veral stutte en slotte wat kommentaar op hierdie blog aanbetref, gruwelooslik misken. Baie het opinies oor die vaste-los fasette van die spel wat hierdie spelers aanbetref en ook lynstaanspel. Almal vergeet egter van die brute krag en ook die verskillende skrumtegnieke wat hierdie posisies behels. Ek sal graag kommentaar hieroor wil hoor.

FRANNABUL, jy verwar Jimmy’s Jukebox met daardie ouens van die musiekfabriek wat lankal afgetree het.
Posted by Jimmy on 23 March 2013 00:50
48
@ BillyO:

Om my ‘n vraag te vra aangaande die tegniese aspekte van die spel is ‘n gevaarlike speletjie. Ek is net ‘n ondersteuner en glad nie ‘n kenner nie. Terloops, ek belowe jou ek was nie sarkasties op daardie vorige draad nie en ek hoop jy sal my woord daarvoor aanvaar.

Verdediging kan soos enige fasset van die spel ge-coach word, egter net tot op ‘n sekere vlak. Die feit dat JJ groot, sterk en vinnig is beteken nie noodwendig dat hy ‘n goeie verdediger sal wees nie. Alle ikoniese spelers van die spel het nog altyd sterk punte gehad wat tot ‘n mate ander leemtes in hulle spel gekompenseer het. Maar dan moes hulle sterk punte egter van so ‘n aard wees dat hulle onmisbaar vir die span was ten spyte van hulle tekortkominge. Dis ongelukkig net hier waar JJ oënskynlik te kort skiet, daar is baie ander spelers wat groot, sterk en vinnig is. Met die hoeveelheid rugby wat hy tot dusver in sy loopbaan gespeel het, buiten boonop algemene spanoefeninge ten opsigte van basiese vaardighede, moes hy verseker teen hierdie tyd sy verdediging opgeskerp het tot op ‘n aanvaarbare vlak. In alle billikheid moet mens ook darem in gedagte hou dat sekere posisies hemelsbreed van mekaar verskil, verdediging vir ‘n senter is baie meer onmiddellik en instinktief as byvoorbeeld verdeding vir ‘n vleuel. Ek stem heeltemal saam dat JJ uit posisie gespeel word en dalk moet hy meer speelkans gegun word in daardie posisie. Wie weet, dalk val alles dan in plek. As Naas Botha gekies sou wees as buite senter en sy afrigters het deur die jare daarmee volhard, sou niemand ooit van hom geweet het nie. Nie eers die mense in sy eie straat nie.

Wat De Wet Barry aanbetref, wanneer ‘n speler bewys het dat hy kan verdedig en hy jaag daarna aan is dit bloot as ‘n gevolg van ‘n gebrek aan dissipline. ‘n Gebrek aan dissipline in hierdie konteks beteken bloot ‘n gebrek aan toewyding.

FRANNABUL, jy verwar Jimmy’s Jukebox met daardie ouens van die musiekfabriek wat lankal afgetree het.
Posted by Jimmy on 23 March 2013 00:26
47
@ BillyO:

Om my ‘n vraag te vra aangaande die tegniese aspekte van die spel is ‘n gevaarlike speletjie. Ek is net ‘n ondersteuner en glad nie ‘n kenner nie. Terloops, ek belowe jou ek was nie sarkasties op daardie vorige draad nie en ek hoop jy sal my woord daarvoor aanvaar.

Verdediging kan soos enige fasset van die spel ge-coach word, egter net tot op ‘n sekere vlak. Die feit dat JJ groot, sterk en vinnig is beteken nie noodwendig dat hy ‘n goeie verdediger sal wees nie. Alle ikoniese spelers van die spel het nog altyd sterk punte gehad wat tot ‘n mate ander leemtes in hulle spel gekompenseer het. Maar dan moes hulle sterk punte egter van so ‘n aard wees dat hulle onmisbaar vir die span was ten spyte van hulle tekortkominge. Dis ongelukkig net hier waar JJ oënskynlik te kort skiet, daar is baie ander spelers wat groot, sterk en vinnig is. Met die hoeveelheid rugby wat hy tot dusver in sy loopbaan gespeel het, buiten boonop algemene spanoefeninge ten opsigte van basiese vaardighede, moes hy verseker teen hierdie tyd sy verdediging opgeskerp het tot op ‘n aanvaarbare vlak. In alle billikheid moet mens ook darem in gedagte hou dat sekere posisies hemelsbreed van mekaar verskil, verdediging vir ‘n senter is baie meer onmiddellik en instinktief as byvoorbeeld verdeding vir ‘n vleuel. Ek stem heeltemal saam dat JJ uit posisie gespeel word en dalk moet hy meer speelkans gegun word in daardie posisie. Wie weet, dalk val alles dan in plek.

Wat De Wet Barry aanbetref, wanneer ‘n speler bewys het dat hy kan verdedig en hy jaag daarna aan is dit bloot as ‘n gevolg van ‘n gebrek aan dissipline. ‘n Gebrek aan dissipline in hierdie konteks beteken bloot ‘n gebrek aan toewyding.

FRANNABUL, jy verwar Jimmy’s Jukebox met daardie ouens van die musiekfabriek wat lankal afgetree het.
Posted by Jimmy on 23 March 2013 00:20
46
Sien Tuks speel Pollard op 12 teen Wits vandag. Sal met groot belangstelling kyk. Van al die losskakels in SA is Pollard seker die beste verdediger!
Posted by FRANNABUL on 04 March 2013 09:27
45
As ons Sondag teen Blues speel soos laas Saterdag gaan hulle 50 punte op sit teen ons. Realisties gesproke sal ons net die Reds wen op die toer. Met groot luck dalk die Saders ook as hulle aanploeter soos teen die Blues.

MAAR, ek sal daar van hou as hulle my verkeerd bewys!
Posted by FRANNABUL on 04 March 2013 09:22
44
Ek dink hulle moet die volgende skuiwe maak:

Jacques Potgieter na 4 slot.
Dewald op 6 en Arno op 7.
Jan Serfontein op 12 , Wynand op 13.
As Bjorn Basson nie reg is nie kan Mapoe daar speel.
Posted by FRANNABUL on 04 March 2013 09:20
43
Ek sien FL se dit was die swakste Bulls game in 5 jaar. Stem volkome saam met hom. Was Saterdag die eerste keer in 'n lang tyd op Loftus en dit was maar 'n goor game om te kyk. Spies was na elke beweging voor 'n skrum, lynstaan of strafskop op sy kniee - vir my lyk hy nie lekker fiks nie!

Ek sluk ook maar swaar aan die 29 000 toeskouers, ek dink daar was nie eers 15 000 nie!
Posted by FRANNABUL on 04 March 2013 09:17
42
XGR hulle moet net terug kom aarde toe en hulle voete plat op die grond hou Dan sal hulle spel ook verbeter. Soos Doc Craven altyd wys geraak het: " niemand is groter as die spel nie" . As hulle swak game gehad het moenie dit op kinders uithaal wat hulle as heros sien nie. 'n ag f€k van 'n senior speler as kinders vra vir handtekening pas nie by die bulle nie. As dit die speler se holding is kan hy maar sy tassies pak en Frankryk toe gaan sommer nou al. Onthou die hoogste bome vang die meeste wind. Hoekom
Posted by Noordebul on 04 March 2013 08:24
41
@XGR - diep man diep.
Posted by passdiebal on 04 March 2013 03:57
40
Die mense wat die span so kritiseer moet net ophou! As julle so slim en goed is hoekom speel julle of rig julle nie daar af nie!
Posted by XGR on 03 March 2013 23:43
39
Snr bul spelers se koppe is te groot, ek dink hulle sukkel om hulle truie oor hul koppe te kry. Niemand is Groter as die spel nie. Los maar die egos in die kleedkamer en stuur die uit om handtekeninge te gee wat se koppe nog nie groter as rugby self is nie. As ek na hulle optrede kyk na die game by die handtekeninge geleentheid kan ek verstaan dat hulle spel ook so swak is. Sies Morne en Hougies, dankie Arno jy het 'n paar kinders se aand gemaak jy is al klaar 'n hero. Julle liedjie wat julle sing vir julle fans pas nie by julle dade nie. Julle gaan jong ondersteuners verloor oor julle swak gedrag. Dit pas nie in ons Blou Bul kultuur nie.Ons gaan nie die jaar die S15 wen nie, gee die Jong manne Soos Serfontein, Venter, Pollard en kie nou tyd om hulle voete te vind, dan wen ons die volgende 5 jaar weer bekers. Ek hoop net nie hulle koppe word ook groot nie
Posted by Noordebul on 03 March 2013 21:08
38
@Tee89, I have to agree with some points you made. One on one I believe JJ Engelbrecht is a much better defender and much faster than Mapoe. Ek gaan met klippe gegooi word maar as ons n ekstra vleuel, senter nodig gehad het dan kon ons maar eerder vir Gerhard vd Heever gekoop het, ek dink WP weet nie regtig wat hulle met hom wil doen nie en hy het talent. Francois Hougaard sal beter werk as impakspeler en Vermaak as n startup. Huidiglik maak Vermaak baie vinniger en veiliger skoon. Ek dink ons moenie vir Stegman en Dewald Potgieter saam in die begin 15 speel nie, want altwee is fetchers en dan het ons niks op die bank as backup nie. Jaques Potgieter speel te los en weg van ondersteuning af om in die begin 15 te wees, hy is n impakspeler na my mening. Wynand Olivier het n baie swak game gehad, maar hy sal regmaak ek glo. Maar as jou binnesenter sukkel dan sukkel die hele agterlyn. Zane Kirchner is n onbestendige wisselvallige speler en ek glo JURGEN VISSER is by verre n beter heelagter, ek hoop hy toer saam as hy nie beseer is nie. Die force het weggekom met baie by die afbreekpunte en die rolling mauls, dis plain negatiewe spel as jy nie jou oponente kan match nie. Tipiese All Black rugby en dit lyk of ons Suid Afrikaanse spanne nie n antwoord het daarvoor nie, ons wag eerder dat die ref dit raaksien en soms gebeur dit nooit. Dit was n "lelike" wen maar mission accomplished Bulle, ten minste weet julle waar die probleme is nou. Laastens, ons moenie alewig die coach wil fire as dinge nie reg loop nie, onthou daars 22 spelers insluitend n kaptein wat die gameplan moet aanpas op die veld as hy sien dinge loop nie reg nie. Sterkte Bulle, onthou n bonuspunt of twee op toer is later baie waardevol.
Posted by BillyO on 03 March 2013 13:22
37
Persoonlik dink ek die Force het die BUlls se tradisinele plan A gebruik terwyl ons daarvan afgehaak het en 'n ander strategie probeer het. Ek dink eerder die Bulle het 'n strategiese fout gemaak waarksynlik om op te maak vir die Dewald en Steggies wat nie kon speel nie. Die vraag is dus of jy hulle moet begn in wedstryd en of die een nie die ander moet afwisel nie? Hang seker af teen wie jy speel.

Ebersohn is gebruik om die bal agter die bulle te hou en die kans eop die telbord aan die rol te hou. Morne het heelwat minder geskop omdat die Force vir hom voorbereid was. al hul agterste drie was telkens by en onder die bal. Dis ons wat vir 'n slag onder die hoe bal soms nie kon raakvat nie en deur die skitterende cummins geklop is. Dit het ons onderd ruk geplaa sin ons eie gebied en ons daar gehou. Maar dit be=ygese, as dit nie was vir vorentoe aangee nie wasons halftyd 21-9 voor.

Baie vroeg id wedstryd was ons plan aan bande gele deur die Force se fokus op Wynand en Mapoe, en Hougaard wat die rucks skoonmaak. Hougaard sal moet vinniger skoonmaak anders kan die Bulle nie vir hom plek maak nie al wil hulle. sy eerste tree na regs en links gee die opponente tyd om hom te kelder. soms gaan 'n ref hu blaas en soms nie. Die Force se verdediging het Wynand en Mapoe geisoleer en ons is 7 kee rin die eerste helfde daar van die bal af geklop. Die onderskepdrie in die tweede helfde onderstreep hierdie feit.

Die Bulle se fout was om nie nader aan die rucks aan te val nie. hulle was nie so goed om ons daar te stuit nie en die tweede helfde driee bewys my punt. Arno en Cooke is baie goeie baldraers en wen elke keer veld. Sias se kanaal is bedenklik as jy op hom aanval. Hougaard kon ook baie meer doeltreffend so saam met die baldraers verwoesting gesaai het. Inteendeel, gister was 'n wedstryd waarin Dean greyling as baldraer sou gedy het, en vandaar kon Morne oorheers.

So, ek dink nie ons het swak gespeel nie, ek dink ons was te oortuig van ons strategie terwyl die Force ons verras het met "Bulls-rugby".

By dit als gese verdien ons span bietjie meer krediet oor die laaste 20 minute as wat tans die geval is op die blog. ek is nie seker of vd kritici bly is dat die bulle gewen het nie. in 2007 het ons met superspan verloor teen die Force op Loftus (ek praat onder korreksie). Ons verloor elke jaar edsryd wat ons moes gewen het, so hierdie een het ons deurgetrek en sal gelukkig nie by ons kom spook nie. Probee rom dus die groei in die proses raak te sien.
Posted by bloukaap2 on 03 March 2013 12:29
36
@Bull perd, jy verdien 'n paar snot klappe!
Dan Mnr van Graan - ek dink FL is besig om alle natuurlike flair en talent uit die jong spelers te coach. Mens kan duidelik sien dat almal insluitend die Kaptein Spies so volgens 'n game plan moet speel!
Die spontaniteit en onvoorspelbaarheid van 'n Hougaard is uit hom gecoach.
Victor wat die aanvals-coach is moet nou aandring om die jong talent van Serfontein, Swys, Ulrich Beyers, Pollard, Cook en Visser in te bring by die S15 groep en bou. Almal is dit eens dat die bogenoemde spelers binne die volgende 2 jaar vir die Bulls die S15 kan wen.
As jy kyk na die great span van 2007 dit was asof mens elke Saterdag iets nuuts en opwindends van Bulls gesien het.
Ja dit is so dat mens soms net kan speel wat jy toegelaat word om te speel, maar hoekom kan die Bulls nie soos in die verlede die span wees wat besluit wat gespeel gaan word en wat nie.
By vele games in die verlede het ons binne die eerste 20 min soms met 20-0 agtergeloop, dan het die onvoorspelbaarheid van 'n Du Preez, Spies, Jaco v d Westhuizen en Habbana die game net so om gedraai in 'n groot oorwinning.
Deesdae is die Bulle te voorspelbaar, as plan A nie werk nie het ons nie eens 'n plan B nie.
FL hou op om mense te probeer paai deur te se ons kies ervaring, ek glo nie die ondersteuners sal 'n probleem he as hy die jong talent met Victor se hulp los laat om te wys waarom hulle gekontrakteer is.
Sterkte met julle toer oorsee dit gaan hard wees maar speel julle harte uit!
Go Bulls!
Posted by PITZER on 03 March 2013 12:04
35
Bull perd by post 7: Ek donner jou persoonlik plat as jy sulke snert naby my kwytraak. Lekker hand op die blaas met die Stormers en Sharks bloubefoeterd? 5 Punte, bo aan die log.. Niks gaan hierdie Bulle stop nie.
Posted by Bully Beef on 03 March 2013 11:36
34
Kan iemand vir Morne Steyn leer om na die linkerkant toe af te skop! 'n Bietjie variasie sal nogal help, veral as dit na een van jou span se sterkpunte toe is (Basson beste in lug, ongelukkig nou beseer). Ek het voor die wedstryd op hierdie blog gesê die Bulle se lostrio gaan nie werk nie. Geen fetcher in die span nie. Ek sal nogal daarvan hou om vir Adendorf, Cook en Botha saam as 'n lostrio te sien speel. Hulle wil speel en sal die prima-donas (Spies, beide Potgieters en Stegman) in die grond inspeel. Stegman gaan nie die seisoen voltooi nie en die Bulle het 'n fetcher nodig.
Posted by Poepindieketel on 03 March 2013 11:15
33
Post 22: Relax. That oke and the one prior to him are both morons. They will keep on this way, every day, until the BUlLLS win again. Ignore.
Posted by Ligblou Baron on 03 March 2013 11:01
32
More almal
Ek dink dit was net die regte wedstryd wat ons nodig gehad het voor ons toer, nou weet almal dat stegman en potgieter gemis word en dat arno en cook moet begin indien hulle nog beseer is.Van laas week se goeie skrum werk was daar bitter min te sien. Ek dink ook hougaard het spesialus afrigting nodig op 9 hy was al so lank rond gegooi tussen vleul scrummy en bench dat ek dink dit is nodig.Jan en wynand kan gerus begin volgende sondag met mapoet op vleul ek dink basson se seisoen is verby (EK HOOP NIE SO NIE) mastriet verdien nog n kans
Wat sou ons geleer het as ons met 50 punte gewen het voor die toer?
en ons koppe is so groot dat ons dink ons is klaar champs dis hoekom my score vir die game 36-24 was ek het gesien dat die force ook gedink het hulle moet net op daag en wen teen die kings en toe verloor hulle en hulle het hul self gelig en ons geklop MAAR die bulle het veg gees gewys en die een gewen wat ek dink ons op toer gaan help.
Ek wil net se geluk BULLE met die wen en sterkte met die toer @30 Dankie dat jou span die stormers gewen het hier in my huis is ek n bul en my vrou n shark
HOU BY DIE BLOU
Posted by kzn bul on 03 March 2013 10:17
31
moeilike toer wat voorle --sterkte Bulle
Posted by louisk on 03 March 2013 10:03
30
Ek dink mense is te krities oor die Bulls. Dit is steeds 'n wen, met 'n bonus point. Iets wat so skaars is soos hoender tande.
Almal het jokes gemaak oor die Kings en nie ernstig opgeneem nie. Onthou elke week leer coaches van ander teams en kyk hoe om vordering te maak teenoor mekaar. Ek het geweet die Force gaan baie moeilik wees.
Nine points in the bag is still nine points in the bag.
Maar op 'n ander noot, om die Blues te klop en Brumbies te klop oorsee gaan beslis 'n verbetering verg vd Bulls. En dan speel ons teams nog teen die een-ogige refs en tv experts ook daarso oorsee.
Sterkte Bulls. Die beste spelers gisteraand was Mastriet en Arno Botha. Wonder wanneer gaan Ulrich Beyers 'n kans kry? Zane was nie hot stuff gewees gister nie.
Posted by mighty_sharkie on 03 March 2013 09:24
29
Ek wil nie sê welgedaan bulle nie maar dankie vir 5 punte. Die skrums was n gemors. Ons moes die force gebêre het met n 50 plus wen. Diegene wat die afrigters jammer kry dink weer. Hoelank is fl nou al by die bulle. Die hm era is verby en fl sukkel nou al twee jaar om n wenspan bymekaar te kry. Kom ons wees eerlik met mekaar. Die stormers moes nie teen die bulle verloor het nie en gisteraand het ons byna vasgeval teen die force. Hougaardt is nie die antwoord op skrumskakel nie. Jano vermaak is beter. Ons agterlyn bestaan ontrent nie. Hoe lank moet pieter rossouw nog geld maak by die bulle. Ons soek afrigters van gehalte indien ons weer super bekers wil wen. Ons het die spelers maar hulle word verkeerd geleer. Vat maar vir jaques potgieter. Hy kan n killer word maar huidiglik beteken hy niks werklik nie. Bulle, sterkte met jul toer wat wag maar ek sien geen wenne nie.
Posted by Bluedog on 03 March 2013 09:19
28
bb23 kan julle net daai tyd houer bietjie vasvat by die 63 min het jafta tyd af geblaas-die tyd het steeds geloop toe hy tyd aan blaas het die tyd eers gestop en dadelik weer begin so 2 min kan mens n wedstryd kos
Posted by louisk on 03 March 2013 07:47
27
aaai al die hoee emosies--heng ons speel met n vreemde lostrio --eerste keer dat die senter paar saam speel wat verwag mens -en dis dalk n goei wedstryd voor ons oor see gaan, dit wys dat die wedstryd nie gewen is voor die fluitjie blaas -so gaan toer goed bulle
Posted by louisk on 03 March 2013 07:41
26
To be fair Jafta was very lenient to the tactics of the Force. Lots of illegal play at the breakdown. We miss Deon and Dewald! They do a lot of hardwork that wasn't done this weekend. Everyone was calling for Lionel on outside centre but I think he is better on the wing. We need JJ back. Those Blues centres are dangerous, we need to be spot on on defense if we are to win in Auckland. Wynand needs to step up, Houggard needs to step up! Their set piece is not that great, that's where we need to put pressure!!!
Posted by Tee89 on 03 March 2013 07:29
25
@ Post 7: Hak hak die bulle is k...k...Bull perd jy is 'n grap. Ruk jouself reg,
Posted by Jimmy on 03 March 2013 03:32
24
Soos Naas se,die beker word nie Maart gewen nie, maar die ou is self bekommerd:-)
Posted by Druk'nDrie on 02 March 2013 23:37
23
Die Stormers lyk goed,hulle bou 'n innings; pasop!!
Posted by Druk'nDrie on 02 March 2013 23:27
22
sometimes people seem 2 forget that the players & coaching staff are just humans, think that 7th comment was a bit disrespectful
Posted by Blue Tommy Bull on 02 March 2013 22:37
21
Na altwee vanaand se games is ek effe bekommerd. Hoewel die sjarks strompies game ook maar tosserig was vanuit 'n rugby perspektief kan daai twee spanne meer positiewe goed huistoe vat as die BULLS. Ek kan nie glo dat die BULLE tsv 2007 se verloor wragtag weer die force onderskat nie. Ons kan nou maar eenmaal nie die agterlyn aan die gang kry nie maar met JS se opkom wou wou dit effe beter lyk. Die onderskep was ook amateuragtig van die BULLE. Goeie karakter en kalmte gewys want sommige spanne sou begin panic het maar die BULLW het kalm gebly en hom deurgetrek.

Die strompies speel agter al beter en beter al het hulle altwee verloor en vanaand baie geskop gaan hulle baie moeilik wees om te keer as hulle behoorlik momentum kry. Die sjaarks lyk ook vir my beter en meer gesettle as ons. Dis seker te verwagte met die langer kontinuuteit in hulle span en ons geduruge beserings help ook nie maar waar ek aan die begin en na laas Vrydag se game baie positief was se 'n lastige stemmetjie agter my oor iewers gaan onsnog moerse loesings kry. Maar wat ons staan by die span. GO BULLLS en well done met die wen.
Posted by bloubefoeterd on 02 March 2013 22:28
20
P19. die Varsity spanne kan 5 nie-bona fide studente he so nie almal is studente nie. Met die res van jou argument stem ek saam. Feit is mense ondersteun nie VB wedstryde nie; vat dit dan maar elders.
Die ouens hieronder is rof op die Bulle, dis moeilik om teen 'n span te speel wat so absoluut negatief is. Die derde keer wat Jaftha hulle hul "finale" waarskuwing gegee het vir onkant by die dryfmaal het hulle geweet hy's te bang vir 'n geelkaart en hulle kan speel soos hulle wil.
Hoe ons die S15 gaan deursien met die beseringslys wat weekliks langer word weet nugter. Moet se die jong ouens gryp hul kans aan en die Sormers het verlede jaar gewys dat nood leer bid en jong outjies het goed vertoon.
Posted by Bloubosvelder on 02 March 2013 22:19
19
Ek sien meeste van die Bulle se tuis games in die Vodacom Cup is op Loftus se B veld en baie van die ander wedstryde is op skoolvelde en minderwaardige stadions. Ek gun die platteland om die wedstryde te kry, ek bly self in die platteland, maar vir n kompetisie wat almal reeds vrees gaan tot niet gaan is dit nie goeie nuus nie dink ek. Eks miskien verkeerd maar ek dink dis verkeerd om n groter ophef van Varsity Cup rugby te maak as Vodacom Cup rugby. By Varsity rugby gaan jy nie eens 2 jaar in n ry die helfte van die spelers hê wat vir dieselfede span weer uitdraf nie, so hoe leer jy jong spelers om in n spanverband saam te speel wat so belangrik is in kompetisies soos Super Rugby. Varsity rugby het sy plek om jong talent uit te wys maar ek dink dit word teveel opgehemel. Studente wat ondersteuners van Varsity rugby is gaan ook nou nie sommer hulle vakansie opoffer net om rugby te gaan kyk en almal bly nie daar waar hulle swot nie. So nee daars baie vrae vir my rondom die feit dat Varsity Rugby so belangrik geag word.
Posted by BillyO on 02 March 2013 21:56
18
n wen is n wen maar ai, dit lyk glad nie goed nie. en nou speel ons die 2 spanne oorsee eerste wat ons nog nooit kon wen daar nie.

grootste probleem nog dieselfde - vaste vyf swak.
as steggies en dewey nog beseer is sal ek vir cook in jp se plek.
ons kort ook vir dean as baldraer.
skuif mapoe na vleuel in bjorn se plek wat lyk of hy uit is met besering.
jan en wo op senter.
Posted by bendiebul on 02 March 2013 20:31
17
En die ref se blaas van tackler release was pateties. daarom dat jano beter gevaar het.

En well done vir sampie.
Posted by bloukaap2 on 02 March 2013 19:33
16
Nou ja. Bonuspunt wen. onoorwonne in tuiswedstryde en oppad ns toe. dis waar ons wou wees en ons is nou daar. maar ek vermoed ons het gedink ons hoef net op te daag en wil so gou moontlik op die vliegtuig klim. verlede jaar het ons game soos hierdie verloor.maar vanaand het ons hierdie een teem ons persoonloke boogey team gewen



Vir my het die bulls nie so swak as verkeerde rugby gespeel nie. ons het duidelik ons fetchers gemis want elke liewe bal wat gestretch is tot by mapoe is afgestaan omdat die suppprt players nie betyds kon opdaag nie. numbers at the break down gentleman!.ons was baie meer effektief met stormlope naby die rucks
met die bal wyd het ons bloot die verdediging geskuif en morne ontneem om posisioneel vorentoe te speel soos verlede naweek.

goeie besluit van afrigters om chilliboy en hougie af te haal. Die spelers moet die boodskap begin kry. hougie is gans te stadig agter en die average force teen hom het hom uitgehaal. chilliboy se kop was somewhere else but here.

Geluk bulle. gaan baie strawwe begin wees teen die blues. john kirwan sou vandag paar dinge gesien het wat hom hoop gee.

Posted by bloukaap2 on 02 March 2013 19:31
15
Wen is wen maar die een laat dit nie goed voel nie. Ek sal n bietjie opkom vir die Bulle, ek dink die ref het die rolling mauls nie goed geblaas nie, Force het 9 uit 10 keer van die kant af ingekom en 2 min na hulle streng gewaarsku is het Jean Cook gedruk. Maar ons mis n fetcher en die forwards het nie ons bal goed beskerm nie.
Kirchner - Swak verbeeldingloos Mastriet - Baie goed Mapoe - Toks v d Linde het hom teveel opgehemel, swak
Olivier - Nee werklik niks geskep vir sy agterlyn nie: Jan Serfontein baie goed in daai kort rukkie
Basson - Goed min kanse gehad
Morne - Goed
Hougaard - swak, Vermaak baie vinniger skoongemaak
Spies - Laat begin probeer maar nog nie nastenby op standaard nie
Potgieter - hardloop nog steeds mal en doelloos rond ; Jean Cook baie goed Botha - Weereens baie goed
Juandre Kruger - nie die donkie werk gedoen nie
Flip - Effens beter as Juandre
Werner Kruger -nie sleg geskrum nie, dankie tog vi daai drie
Chilliboy - Swak, Wepener beter Mellet - average, een skrum gepenaliseer
Posted by BillyO on 02 March 2013 19:24
14
Mooi terug gekpm bulle. Sterkte vir die toer. Sjoe op n stadium het ek gedink ons is slegter as die kings.
Posted by Bloumens on 02 March 2013 19:19
13
@11 ek sal die wen vat , maar enige ander span sou ons getrap het.
Posted by Nitronic on 02 March 2013 19:07
12
Our Frans en Victor sal moet hard praat. Brilljante begin en dan average laaste 13min. Maar die res was pateties.

Kirchner - Useless
Mastriet - Goeie debut
Mapoe - Ag nee wat
Olivier - Het hy gespeel?
Basson - Average
Morne - average
Hougaard - swak, Vermaak nie juis beter nie
Spies - Weer weg geraak ndat hy verlede week puik was
Potgieter - swak
Botha - MOM baie goed
Kruger - useless
Flip - useless
Kruger -ok, dankie tog vir sy laaste drie
Chilli - Swak, Wepener swak
Meller - het hy gespeel?
Posted by Nitronic on 02 March 2013 19:07
11
Geluk BullS. Win is a win...
Go Go Go Sharkies...
Posted by mighty_sharkie on 02 March 2013 19:04
10
ons verdien eers die wen nie, nevermind die bonus point.
Posted by Nitronic on 02 March 2013 18:59
9
Baie geluk bulle - tawwe paar weke wat voorle vir julle
Posted by Druk'nDrie on 02 March 2013 18:59
8
same old skop en hoop rugby.
Posted by Nitronic on 02 March 2013 18:34
7
Hak hak die Bulls is K-------------------------K. Kings played with the Force and we look pathatic. We will loose all the overseas games. Same old pattern as the last 2 years. Please fire the couching staff now!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!111
Posted by Bull perd on 02 March 2013 18:27
6
Net soos teen die blues laas jaar is die bulle besig om vas te val teen een van die swakste spanne in die jaar se super rugby kompetisie. Ons lyk soos Amateurs!!!!!!!!!!
Posted by Nitronic on 02 March 2013 18:27
5
Swak besluitneming pierre spies. Vat strafskoppe pale toe.
Posted by bloukaap2 on 02 March 2013 18:25
4
kan iemand vir Zane Kirchner se hy kan nie en sal ook nie oor spelers kan hardloop nie.
Posted by Nitronic on 02 March 2013 18:24
3
Dis die hoeveld en bulle sukkel
Posted by Druk'nDrie on 02 March 2013 18:17
2
Kom Bulle julle kan nie so sukkel teen die span nie, julle moet bo die Kings eindig vannaand.
Posted by Druk'nDrie on 02 March 2013 18:05
1
Patetiese eerste halfte!!!!!!!!! Maak my maar wakker bulle wanneer julle ook wakker geskrik het
Posted by Nitronic on 02 March 2013 18:01
VIDEO
Highlights of the Super Rugby match between the Vodacom Bulls and Hurricanes from Loftus Versfeld, Pretoria.
Play   PLAY   MORE VIDEOS
BIRTHDAYS
20 Mei Pieter de Haas
20 Mei Louiz Holtzhausen
20 Mei
21 Mei Henry Rheeders
22 Mei Barries Barnard
23 Mei Jean du Randt
23 Mei Pierre Edwards
23 Mei Rassie J van Vuuren
24 Mei Draadkar de Lange
25 Mei Japie Barnard
26 Mei Hennie Jacobs
27 Mei Johan Reyneke
27 Mei Gert Smit
27 Mei Dylan van Bylevelt
28 Mei Luther Bakkes
28 Mei Johan Marais
28 Mei Devin Oosthuizen
28 Mei Jean Pieters
29 Mei Heini Adams
29 Mei Wium Arlow
29 Mei Fanie Lombard
31 Mei Peet Arnold
31 Mei Anton Leonard
31 Mei Jacques Schutte
31 Mei Alan Zondagh
JOIN US ON FACEBOOK