Potgieter extends Vodacom Bulls stay
27 February 2013

Springbok and Vodacom Bulls loose forward Jacques Potgieter has extended his contract with the Blue Bulls Company (Pty) Ltd, it was announced on Wednesday.

The robust flanker joined the Blue Bulls in 2011 from the EP Kings and immediately made an impact with his play.

He continued his fine form in the 2012 Vodacom Super Rugby season, in which he made his Bulls debut. Excellent performances at that level saw him being picked to play for the Springboks in 2012, earning three caps.

Commenting on the extension of his contract, Potgieter said the Bulls style of play benefits his game.

“I am very happy in Pretoria and have progressed so much as a player since my arrival here. I would like to stay on and develop my game even further. The great work ethic makes it easy to operate here if you believe in working hard.”

BBC High Performance Manager Xander Janse van Rensburg was very pleased with this development.

“Jacques has shown himself as one of the most committed and versatile loose forwards in the country over the last couple of seasons. His abrasiveness fits well with our style of play and to have him around till at least the end of November 2015 is a real bonus for us.”

•In another development, Janse van Rensburg confirmed a new deal with scrum coach Wessel Roux. The former Springbok front rower is now the Vodacom Blue Bulls Under-19 Forwards Coach and scrum coach to all junior and senior Blue Bulls sides.

“Wessel is the ideal mentor for the junior props in our structures and has the knowledge to assist at the highest level. He has played until fairly recently and has a fantastic way of working with the players. We are very pleased to have Wessel around for another stint.”

Please log in at the top of the page to post comments
Comments
42
Kyk hierbo kzn bul.
Posted by Jimmy on 28 February 2013 18:14
41
Waar kan n mens die BLOU BUL DROOM CD koop waarvan Spies praat? sAL DIT GRAAG WIL KOOP
@8 Ek dink FL en VM gaan die groep spelers reg bestuur die jaar en dat ons regtig goed gaan doen al wat my regtig bekommer is dat indien Morne beseer raak is Fouche ons back up en daar begin ons probleem hy wys nou al vir 2 jaar dat hy nie n reliable loskakel is nie en dis my opinie dat hy nie opgewasse is vir CC of Super rugby nie. Die bestuur kan gerus vir pollhard n kans gee en kyk hoe vaar hy op die groot verhoog met se 10min se speel tyd en verleng dit van daar wat dink jy
HOU BY DIE BLOU
Posted by kzn bul on 28 February 2013 17:41
40
Clyde Rathbone, Kevin Pietersen & CJ Stander het meer in gemeen as hulle sportvermoëns
Posted by BlousteBlou on 28 February 2013 16:09
39
Pitzer, gelukkig hou die stormers daarvan om net te verdedig. hoop net hulle doen dit goed genoeg dat tjarks nie 'n bonuspunt kry nie, maar swak genoeg dat hulle ook nie 'n bonuspunt kry nie.
Posted by Old Blue Eyes on 28 February 2013 16:02
38
Middag my Blou Volk.
Ek voel ons gaan die Force stamp met 'n bonus punt.
Vir die manne wat mekaar so aanvat hier oor CJ hy is weg, gaan nooit terug kom nie.
Stem saam Cook en Adendorf moet saam op toer gaan.
Gaan interesant wees om te sien hoe shape Cook saam met Jaques Potgieter.
Hoop om sommer vroeg al vir Serfontein te sien oppi veld, teminste 30 minute in 2de 40 minute.
Ons voorry het my nogals beindruk met die wyse wat hulle die Stormers se ervare pak aangevat het.
As dit die beste is wat die Stormers het sien ek 'n lang dag vir hulle voorlangs teen die Sharks, en 'n koue dag vir die agterlyn wat hulle gaan geen balle sien nie, net verdedig.
Posted by PITZER on 28 February 2013 15:31
37
As ons gaan volhard met hoogskop en jaag rugby maak dit nie regtig saak wie in ons agterlyn speel nie. Talentvolle spelers soos Jan bloot verander in nog n kop sak en storm speler!

Ek hoop ons gaan teen die Force bietjie die bal laat loop soos verlede jaar teen Reds en Cheetahs, kyk hoe baie driee het ons gedruk en hoe ver het ons gewen!
Posted by Bullebakkies on 28 February 2013 15:29
36
Ekskuus, by #33 moet Tom Walton natuurlik Tom Lawton wees.
Posted by Rifrug on 28 February 2013 14:13
35
Bomskok.My inligting is definitief nie verkeerd nie,soos ek gese het my bron is betroubaar.Hoekom is sy doel dan om vir Ierland te speel,want hy wil internationale rugby speel.As hy ontevrede was by die bulle kon hy by enige ander franchise ingestap het.Glo my dis waar..
Posted by SUIDKAAPBUL on 28 February 2013 14:04
34
O ja, en amper vergeet van die Aussie haker Stephen Moore, ek dink amper hy is ook 1,87m lank.
Posted by Rifrug on 28 February 2013 13:53
33
Bomskok #30, CJ is 1,88m lank, ja dit is seker lank vir `n haker, maar nie te lank nie. (Onthou vir Tom Walton van Australië wat ook vir Natal gespeel het}. En Saia Faingaa van die Reds is bv. 1,87m lank.

Kaap'se bul #15, die pienk truie was `n briljante bemarkings idee van Puma om meer truie te verkoop. Die Bulle kon met pienk armbande vir kanker speel en nog steeds dieselfde resultaat behaal het.

HOU BY DIE BLOU!!!
Posted by Rifrug on 28 February 2013 13:44
32
@26, Jy is reg oor CJ. Die Bulle behoort Saterdag met so 15 punte te wen. Dit is as hulle gefokus is. Ek is egter bekommerd oor ons lostrio. Al drie is baldraers en Arno is glad nie 'n "fetcher" nie. Cook en Hatting is ook twee baldraers. Geen "fetcher" op die bank nie. Jy kan nie so in NZ gaan toer nie. Hoe gouer hulle Adendorf betrek hoe beter. Wian Liebenberg is beseer en al is hy fiks sal ek eerder vir Adendorf kies. My voorspelling is dat Stegman nie die seisoen gaan voltooi nie en gouer die Bulle 'n plaasvervanger identifiseer hoe beter.
Posted by Poepindieketel on 28 February 2013 13:37
31
OBE @29 - my keuse van lostrio is amper soos joune behalwe dat ek Wiaan Liebenberg as nr 6 sal kies. Hy het nogal laasjaar met o/20 wêreld beker gewys hy is yster. Adendorf is bietjie van 'n showponie met min dissipline.
Dit is jammer dat Juandre weggaan, maar die oes slotte wat laasjaar O/19 gespeel is 'n goeie klomp - Dennis Visser, Jacques du Plessis, Herbst, Phillip du Preez. Dan is daar laasjaar se Cravenweek slot - Janse van Rensburg, die volgende Victor verseker!

Ek het gisteraand die eerste keer die Bulle Stormers game gekyk. Dit was nie 'n goeie game nie, maar kom ons skryf dit toe aan roes.
Die Bulle kan egter nie te opgewonde raak oor hulle vertoning nie. Morne het die eerste helfte baie goed die game beheer (taktiese skoppe). Die groot teleurstelling was nog steeds die ONNODIGE skoppe in die middelste deel van die game. Onnodige Boks kicks. Morne het hang skoppe gegee terwyl daar spasie voor hom was met support aan albei kante. Dit het toegelaat dat die Stormers die meeste speelwerk gedoen het, veral in die 2de helfte. Die Bulle kan baie bly wees Jantjies het so swak geskop.
Die Bulle se spel tussen 60 en 70 minute is meer wat hulle KAN doen, maar ai tog hoekom so min daarvan.
Die grootste ligpunt was die skrums.- mooi Mellet en Kirsten/Kruger

Posted by Paarlbul on 28 February 2013 13:21
30
Suidkaapbul ek is seker jou inligting is verkeerd, hy weeg 110kg en is te lank vir haker, of sal een van die langste hakers in die wereld wees teen 1.9m
Posted by Bomskok on 28 February 2013 12:55
29
Shannow @18. Ek dink oor so 2 jaar kan ons maklik 'n goeie lostrio van 8) Arno, 7) Cook en 6) Adendorf in die veld stoot.

Ek dink hulle sal menige ander trio ore aansit.
Posted by Old Blue Eyes on 28 February 2013 12:52
28
Sefontein is darem nog vas by die bulle, maar ek wonder hoe lank gaan Venter, Small -Smith, Swanepoel, by die bulle bly en ook of hulle hul kontrakte gaan hernu.

Ons kan maar aanvaar dat Jan die man op 12 is dus kompeteer hulle almal vir 13 en die man in die saal is 'n eintlik 'n vleuel (wat sukkel op 13) en sy "2IB" 'n LEEU??!!! Ek weet dis net vir die jaar se S15, maar wat is die boodskap wat die ander kry.

Dan is daar ook nog laasjaar se cravenweek fonds, Ruan Steenkamp en is Piet Lindque wat vir Tuks speel nie ook 'n ou SA Skole senter van Grey nie?

Ons moet aanvaar dat ons van al die jong talent gaan verloor. Louis Fouche is egter veilig, niemand sal hom wil koop nie, nie eens Japan nie.

dan
Posted by Old Blue Eyes on 28 February 2013 12:47
27
Bullebakkies, ek dink nie ons slotte is so bad nie ook nie die volgende generasie nie. Die probleem is net ons was vir omtrent 10 jaar bederf met Victor en Bakkies (en Danie en voor dit Geo) en het 'n sekere standaard gewoond geraak waaraan ons almal in di toekoms wil meet. Vergelyk ons slotte met die ander unies dan is ons nie so ssleg af nie. Al slot wat regtig uitstaan is Etsebeth (as hy nie beseer is nie). Bekker is moer lank, maar het my nog nooit regtig beindruk nie. Ek mis die dae wat Victor hom 'n das aangesit het.

Shannow @16, 'n Mens wonder soms hoe die bestuur die spelers oordeel. Dit is byvoorbeeld 'N feit dat HM ook baie waarde heg aan 'n speler se karakter. Alhoewel ek spyt is oor Stander se verlies het ons darem goeie diepte in die lostrio. Aan die anderkant het ons teen die Euro gekompeteer en dit si maar altyd moeilik.

Ek is baie meer die moer in oor Lionel Cronje. Pollard en Schoeman is nog nie S15 gehalte nie en as Morne nou moet beseer raak dan is ons in ons knor in. Louis Fouche is tans die "2de beste".

Stander het darem baie speelkans gekry terwyl Lionel nie eens 40 min in totaal in die hele CC gekry het.
Posted by Old Blue Eyes on 28 February 2013 12:35
26
Die werklike rede hoekom CJ weg is is omdat Heineke vir hom gese het hy is te lig om vir die bokke losvoorspeler te speel en wou hom haker toe skuif selfde wat hy met Derrick Kuhn gedoen het.Cj was uit die aard van die saak nie ingenome met dit nie en het besluit om te waai.Dis nie n roomer nie maar die waarheid en kom van n baie betroubare bron.Hy het die talent en wou graag vir SA gespeel het maar het gevoel dis nie vir hom beskore onder Heineke nie.
Posted by SUIDKAAPBUL on 28 February 2013 12:24
25
Ek hoop ons lostrio sal regkom, Arno Botha, Wiaan Libenberg darem 2 blink jong sterre! Ek is baie bekommerd oor ons slotte. Juandre gaan weer weg, wie gaan by hom oorneem? Flip ia ver van sy beste, Willemse beter vinnig ontwikkel!
Posted by Bullebakkies on 28 February 2013 11:34
24
o ja dis waar ek dit gelees het
http://www.rugbydump.com/2012/12/2917/cj-stander-scores-80m-try-vs-glasgow-on-home-debut-for-munster

The 22-year-old has been recruited as a 'special project', with an eye on him staying for three years then going on to represent Ireland, in much the same way hooker Richardt Strauss has.

While frowned upon in some parts, clubs such as Munster aren't afraid to admit their intentions, and Stander is one that is earmarked to make a big difference in Irish rugby over the next few years.

He said recently that he supported the Springboks when they played Ireland a few weeks back, but added that he was a little on the fence, as he does want to play for Ireland one day.
Posted by Bomskok on 28 February 2013 11:31
23
Ek dink 'n lostrio van Spies Arno Botha en Stander sou great gewees het
Stander ons Juan Smit, Arno die fetcher en Spies die agsteman
Posted by Bomskok on 28 February 2013 11:27
22
Ek het iewers gelees CJ Stander wil vir Ierland speel, so ek twyfel of hy gaan terug kom
Posted by Bomskok on 28 February 2013 11:25
21
Jimmy

Fair enough.

Dalk is dit dan maar vir die beste. Ek mis maar net n lostrio wat sy man teen enige internasionale trio ter wereld kan staan.

Dink maar aan n groep losvoorspelers wat die Pierre Spies van 2007 bevat, Jacques Cronje, Pedrie Wannenburg, Danie Rossouw, Wikus van Heerden etc.

Jy konnie a begin trio vir die Bulle kies sonder om a top klas Springbok uit te laat nie. Dit was darem maar lekker.
Posted by Shannow on 28 February 2013 11:22
20
Shannow, eerste keuse in ‘n tweede span is defnitief nie eerste keuse in die ware sin van die woord nie. Dis presies wat hier gebeur het, Stander is Munster toe terwyl hy wel geweet het hy sal vir die tweede span moet speel. Die BBM se kommentaar was eenvoudig dit, hulle kon nie die aanbod kon ewenaar nie. Die vraag is nou, as Stander so kwaad was vir die Bulle omdat hulle hom nie genoeg speelkans gegee het nie waarom op aarde sou sy agent die aanbod aan die Bulle voorgelê het om daarop te verbeter? Na my mening is die enigste logiese gevolgtrekking wat strook met al die feite dat hy Munster toe is vir die geld.
Posted by Jimmy on 28 February 2013 11:04
19
Baie bly jy bly by ons JP! Skitterende, lekker intimiderende speler sonder om geelkaarte te kry.
Posted by Bloubosvelder on 28 February 2013 10:23
18
Honibal

Ek verstaan. Dit is altyd die gevaar as mens van buite af opinies vorm sonder al die feite. En dis hoekom van ons vrae waarskynlik nooit beantwoord sal word nie.

In elk geval, ek sal dit maar net laat met die opmerking dat ek nie dink dat ons die die tipe lostrio op die oomblik het wat ons in die verlede gehad het nie.

Trouens, Heyneke kan nou met reg n eerste keuse lostrio vir die Bokke kies wat nie n enkele Bul in die beginspan of op die bank bevat nie. Dit vertel n storie opsigself.

Ek ek sal dit graag wil sien verander.
Posted by Shannow on 28 February 2013 09:17
17
Shannow, ek weet nie teveel nie, wat ek wel kan se is dat CJ deel van die Bulle was, die bokke en beslis iemand vir die toekoms.

Ek dink CJ het self besluit dat dit beter vir sy rugbyloopbaan sou wees om in die buiteland te gaan speel.

Ek dink niemand wil dit se nie, maar equity het 'n groot rol in CJ se besluit gespeel en ek neem hom geensins kwalik nie.
Posted by Honibal on 28 February 2013 09:14
16
Jimmy, ek wil nou nie te spesifiek raak nie, maar my probleem is dat CJ Stander onder andere die Bulle verlaat het omdat hy nie eerste keuse was nie.

En sonder om enige spesifieke spelers in die gesig te vat, as ek sien wie WEL behou is, is dit vir my moeilik om te verstaan hoekom sekere spelers behou is eerder as om in jong sterre soos Stander te bele.

Dit gaan nie oor die feit dat ons nie al die spelers kan behou nie - dit is verstaanbaar - maar dit gaan eerder oor die KEUSES rakende watter spelers wel behou word. In hierdie geval is die keuse absoluut verkeerd na my mening.

En jy hoef maar net die opinies van die groot gros ondersteuners van ander spanne te lees om te besef dat hulle baie bly is dat ons vir Stander verloor het eerder as van die spelers wat ons gekies het om in sy plek te behou.

So waarop dit neerkom is dat dit van buite af lyk asof die Bulle waarskynlik lojaliteit gebaseer op langtermyn persoonlike verhoudings bo pure talent verkies wanneer hulle hierdie keuses moet maak.
Posted by Shannow on 28 February 2013 08:54
15
Ek wil graag n versoek rig aan die Bulle se bestuur. Ons (ek) was nie bewus van die goeie doel wat die pienk truie vir liefdadigheid doen. Ek het self n ouma, ma en broer aan kanker afgestaan. My versoek is maak asb die fiete, al is dit net geld aan byvoorbeeld 10 organisasies vir kanker, ens bekend op die blog. Dit sal net nog meer ondersteuning vir die pienk kry.
So ietsie oor JdV se drie, so ver ek kon sien het FVenter en Habana om die bal gestoei op die grond wat beteken albie het die bal geraak en FV was duidelik uit dus moes daar na my mening n lynstaan wees of n strafskop vir die bal vashou op die grond.
Posted by Kaap'se bul on 28 February 2013 08:38
14
Come on Blue Bulls - what is happening with Morne ???? We cant afford to let him go!

GO BULLS !!!!!
Posted by BullsRbest on 28 February 2013 07:49
13
Net terloops: Dis heeltemal verstaanbaar as ons hier de dinges in raak oor belowende spelers wat ons verlaat. Ek onthou nog toe Shannow amper die horries gekry het in Oktober 2011 toe dit bekend geword het dat Shadow WP toe gaan. Om egter die BBM te verwyt dat hulle niks gedoen het om ‘n speler te behou nie is egter belaglik. Professionele sport het geen plek vir sentimente nie, al dink ons almal so. Die belangrikste vir enige speler is nie noodwendig om die Bloutrui oor die kop te trek en by die Bulle te bly nie. Soms is meer geld ook nie noodwendig die beslissende faktor nie, so dis nie Barend wat die beursie toeknyp dat spelers verkas nie.

GO BULLE GO!!!!!!!!!!!
Posted by Jimmy on 28 February 2013 02:08
12
Dis baie moeilik om die beste moontlike spelers te behou met die Rande tot 'n unie se beskikking. Sover dink ek die BBM doen bleddie goed.
Posted by Jimmy on 28 February 2013 00:24
11
@10: Hulle het duidelik gesê dat die euro te sterk was vir BBM om vir Juandre 'n teenoffer te maak.
Posted by GeenBloutjieNetBlou on 28 February 2013 00:14
10
Snaaks dat hulle nie vir Juandre gehou het nie. Xander dink seker Juandre is nie abrasive genoeg nie. Ha ha. Die bestuur gaan nog lang trane huil. Kortsigtig. Cj was ook 'n groot verlies. Maar welgedaan aan die span wat die Stormers welverdiend geklop het. Andries Bekker en kie het erg gesukkel teen ons in die lynstane. Lynstane 3/8 vir Stormers en 5/7 vir die Bulls.
Posted by Blou Bul Kaapstad on 27 February 2013 22:56
9
@kzn bul, ek glo CJ Stander is vir baie geld oor daai kant toe, maar gee hom so 3 jaar dan is hy weer terug hier, Jandre Kruger het ook maar dieselfde gedoen n paar jaar terug en ek het hom werklik gerate daai tyd en gewonder hoekom die BRU hom nie n goeie offer gemaak het nie, maar n mens kan nie kompeteer met Euros en Ponde nie. Ek sien Jan Serfontein is op die bank Saterdag, moet erken my gevoel oor hom aan die begin het baie verander, hy moet net nie opgebruik word soos Eben Etzebet nie.
Posted by BillyO on 27 February 2013 21:16
8
@kzn bul, ek glo CJ Stander is vir baie geld oor daai kant toe, maar gee hom so 3 jaar dan is hy weer terug hier, Jandre Kruger het ook maar dieselfde gedoen n paar jaar terug en ek het hom werklik gerate daai tyd en gewonder hoekom die BRU hom nie n goeie offer gemaak het nie, maar n mens kan nie kompeteer met Euros en Ponde nie. Ek sien Jan Serfontein is op die bank Saterdag, moet erken my gevoel oor hom aan die begin het baie verander, hy moet net nie opgebruik word soos Eben Etzebet nie.
Posted by BillyO on 27 February 2013 21:15
7
SORRY MOES KORT NIE KOET GEWEES HET NIE HAHAHA
Posted by kzn bul on 27 February 2013 18:36
6
@5 Ek dink as hy regtig wou bly sou hy en vir n plek in die 22 geveg het.In my oe het hy die easy root gekies met meer geld natuurlik nee wat ons koet spelers wat beruid is om vir hul plek te veg en en te bly as hy na se 2 jaar hard probeer het en nog steeds nerens kom nie dan ja dan kan jy gaan maar hy het net een cc en een super rugby seisoen gehou, Wil jy vir my se n mens gee so gou op.
HOU BY DIE BLOU
Posted by kzn bul on 27 February 2013 18:34
5
Hmmm.

CJ Stander...
Posted by Shannow on 27 February 2013 18:04
4
DANKIEdat jy bly ek hou ook van die span en n mens kan sien rotasie word gevolg.Ek is bly serfontien is op die bank.Julle moet hard oefen en maak ons trots
HOU BY DIE BLOU
Posted by kzn bul on 27 February 2013 18:04
3
Maak dit , Stem saam.
Posted by Greatest Team Ever on 27 February 2013 17:19
2
Stem ssam
Posted by Greatest Team Ever on 27 February 2013 17:18
1
Ek reken hulle het Francois Venter gedrop omdat hy die tackle op slapgat Bekker gemis het toe hy gaan score het. Enige senter wat sy sout werd is moes daai lang bliksem gekeer het daar
Posted by Bomskok on 27 February 2013 17:03
VIDEO
Highlights of the Super Rugby match between the Vodacom Bulls and Hurricanes from Loftus Versfeld, Pretoria.
Play   PLAY   MORE VIDEOS
BIRTHDAYS
20 Mei Pieter de Haas
20 Mei Louiz Holtzhausen
20 Mei
21 Mei Henry Rheeders
22 Mei Barries Barnard
23 Mei Jean du Randt
23 Mei Pierre Edwards
23 Mei Rassie J van Vuuren
24 Mei Draadkar de Lange
25 Mei Japie Barnard
26 Mei Hennie Jacobs
27 Mei Johan Reyneke
27 Mei Gert Smit
27 Mei Dylan van Bylevelt
28 Mei Luther Bakkes
28 Mei Johan Marais
28 Mei Devin Oosthuizen
28 Mei Jean Pieters
29 Mei Heini Adams
29 Mei Wium Arlow
29 Mei Fanie Lombard
31 Mei Peet Arnold
31 Mei Anton Leonard
31 Mei Jacques Schutte
31 Mei Alan Zondagh
JOIN US ON FACEBOOK