Kruger, Visagie ready to tackle Cheetahs
04 February 2013

Their injury list has shortened considerably and chances are very good that both Werner Kruger and Call Visagie will be declared fit to face the Toyota Cheetahs in Polokwane on Saturday.

Vodacom Bulls team doctor Org Strauss will make a call on Tuesday, but he is happy with the progress shown by Kruger (back spasm) and Visagie (hamstring). Both players will train on Tuesday.

Strauss will make a final call on Zane Kirchner’s back injury on Wednesday and the fullback could also see some action in Limpopo.

Louis Fouchè is battling with a hamstring and will be out for at least two more weeks.

There were minor niggles following the MTN Lions match on the weekend, with only Travis Ismaiel (hand) en Jean Cook (cork) reporting for light duty on Monday. Both will train on Tuesday.

Tony Jantjies (Gilmore groin, 2 weeks), Dawie Steyn (fracture, 18 Feb), Wilhelm Steenkamp (Gr 3 AC, 4 weeks), Marcel van der Merwe (knee operation rehab, May) and Dean Greyling (stress fracture foot, 3 weeks) are doubtful starters for the opening weekend of local Vodacom Super Rugby, when the Bulls take on DHL Stormers on February 22nd.

Please log in at the top of the page to post comments
Comments
43
O my donner, met sulke spelling lyk dit of ek en Wit Buffel n dop deel...
Posted by Las on 05 February 2013 14:15
42
@40. Wahhh! HEt ju antwoord op die nuwe draar getik:

"...ou Poepsak, dis ook my gunstelling onderwerp, maar die gesprek raak bietjie afgesaag na 'n jaar of wat, so kom ons stop dit nou.
Net een laaste vraag:
Wie dink jy gaan die Bulle se eerstekeuse oopkantflank wees die jaar?
Ek gee jou 'n clue; sy naam begin met 'n "Steg" en eindig met "Manneer"."

Ek's seker die BBRU stel daarin belang om ouens te betaal wat dit werd is.
Posted by Las on 05 February 2013 14:14
41
Beste wat ons nou kan doen is 8 Spies, 7 Arno, 6 Dewald. In my opinie is die enigste posisie waar Jacques Potgieter nou oorweeg moet word nr 4 slot!

CJ, as jy ooit hier lees, kom asb gou terug!!!!
Posted by Bullebakkies on 05 February 2013 14:08
40
@37, tyd sal leer. Hy was maar redelik vrot verlede Saterdag. As jy hoogsbetaal is beteken dit nie dat jy dit werd is nie!
Posted by Poepindieketel on 05 February 2013 13:57
39
Daai witbuffel is 'n verskriklike tappet. Ek reken SBW gaan hom moer, hy lyk oor die muur en asof hy te veel brannas gevat het.
Ek reken Bismark sou 'n beter fight gewees het teen SBW.
Posted by Bomskok on 05 February 2013 12:52
38
Ai Bullebakkies, ek hoop Witbuffel sit hom weg binne die eerste 10 secondes, maar Sonny is baie fikser, ons sal moet sien. Ek dink Sonny het genoeg fiksheid en n klein beitjie boksintelligensie om Francois gas te gee.

Ek ken Wit Buffel se neef, ou Pienk Buffel, hehehe, funny ou. maar hulle is n lot softies :( Hoop Frans strip hom behoorlik 1stee ronte al.
Posted by Las on 05 February 2013 12:28
37
@24: Ag Poeper, moenie jaloers wees op ons liefde nie. So jy reken Steggosaurus is useless. Ok. Hy's een vd hoogsbetaalde by die unie, die bestuur hom bygestan deur dik en dun as n waardevolle asset... maar julle weet seker wat gaan vir wat en dis tog maar net politics, ne?

@26: FRANNABUL, wie's "klein"? ;)
Het jy nie #20 gelees nie? Ek vat eerder n "kleiner" briljante flank aan die oopkant, as a goeie "groter" flank.
Sit bietjie vir Dewwies en Steggies op teen mekaar in n stoeigeveg. Wie dink jy gaan elke keer in n 16'' tyre opgerol word? Potgieter het n goeie sin vir humor, n eerlike ou wat terugvoering geniet, kan hom gerus vra.

Dis nie net baljag en/of baldra nie. Baljag word aangewend as n sambreelterm in elkgeval...ek se maar net.
Posted by Las on 05 February 2013 12:24
36
Tuks het begin driee druk toe hul ophou met die skop en jaag gemors wat mos maar die tipe rugby is wat ons speel.

Maar op n ander noot...hoeveel rondtes dink julle gaan SBW staande bly teen die Wit Buffel Vrydag oggend? Ek reken ou Fransie sal SBL so in die 2 rondte uitslaan!
Posted by Bullebakkies on 05 February 2013 12:02
35
Tukkies forwards was swak. Hulle is so gewoond om in die agterlyn te staan dat hulle nie die druk in die 1ste helfte kon vat toe PUK forwards gedryf het nie.
Small-Smith was uitstekend. Hy het in die 1ste helfte ten minste 14 tackles gemaak - en daai tackle wat hy die PUK vleul by die kantlyn uitgeduik het was briljant. Op aanval net so goed - die pass na Britz great. Hy is reg vir groot rugby.
Schoeman moes die hele tyd speel - en Bosch het ook lewe in die agterlyn ingebring.
jammer oor Jono - dit het die span ontsenu - en dit het so gelyk die 1ste helfte.

Posted by passdiebal on 05 February 2013 11:38
34
Tukkies forwards was swak. Hulle is so gewoond om in die agterlyn te staan dat hulle nie die druk in die 1ste helfte kon vat toe PUK forwards gedryf het nie.
Small-Smith was uitstekend. Hy het in die 1ste helfte ten minste 14 tackles gemaak - en daai tackle wat hy die PUK vleul by die kantlyn uitgeduik het was briljant. Op aanval net so goed - die pass na Britz great. Hy is reg vir groot rugby.
Schoeman moes die hele tyd speel - en Bosch het ook lewe in die agterlyn ingebring.
jammer oor Jono - dit het die span ontsenu - en dit het so gelyk die 1ste helfte.

Posted by passdiebal on 05 February 2013 11:38
33
@31 Jis, maak ek nou my naam gat.

Stem saam met jou oor die slotte. Ek kon glo Marvin Orie is so maklik by die kantlyn uitgeduik daar op die einde nie. Ek wil amper sê dat enige ander voorspeler daar sou gedruk het. Hy moes net sy lyf laat sak het en oorval.
Posted by Old Blue Eyes on 05 February 2013 11:32
32
TUKKIES het my baie teleur gestel in die 2de helfde.Ons was ore aangesit in die skrums indie los en ons verdediging was swak.Toe kom halftyd en NOLIS maak veranderings en wat n impak het schoeman nie op loskakel gehad nie as hy van die begin gespeel het wie weet ons kon dalk gewen het.Twee spelers wat my beindruk het was Small-smit en schoeman.
HOU BY DIE BLOU
Posted by kzn bul on 05 February 2013 11:23
31
@30, Adendorf het nie gespeel nie. Dit was Eksteen en die aanvanlike lostrio was Eksteen, Williams en Ross, wat vroeg beseer was. Dit is waarskynlik een van die redes waarom Tuks so gesukkel het. Hulle loskop het ook baie swaar in die skrum gekry, maar met sulke liggewig slotte is dit dalk te verstane. Williams was nogal goed maar hy is eintlik 'n slot en sal eer gewig gee as hy weer op slot sak.
Posted by Poepindieketel on 05 February 2013 10:16
30
Ek was opgewonde toe ek gisteraand sien Adendorf speel vir tukkies, maar teleurgesteld toe ek sien hoe hy speel. Alhoewel hy 'n paar goeie dinge gedoen het, was hy nie naastenby so effektief soos in die u20 RWC nie.

maar dit gesê, William Smal Smith en Riaan Britz is propvol rugby.
Posted by Old Blue Eyes on 05 February 2013 09:15
29
Las/Houtoog

Stegman bly n goeie speler,maar 2009 & 2010 wat na verwys word was die samestelling van die agtal heeltemal anders.Stegman kon hom amper 100% toespits om balle te steel en stadig te maak.Wat hy briljant gedoen het.Maar toe het spelers soos Steenkamp,Gary,Bakkies,Rossouw en selfs Spies ons bal draers gewees.

En dit is waar Frannabul n goeie punt maak.Ons het nie meer daai bal draers nie en daar sal nou verwag word van die lostrio om almal die bal oor die voordeel lyn te kan dra.En dit is miskien waar Stegman kan sukkel?
Posted by Lekkerblou on 05 February 2013 08:35
28
Ek dink daar is plek vir Stegman in die groep. Hy is baie goed, nie so goed soos Houtkop ag oog en Las reken nie, mar wel 'n goeie provinsiale speler. Hy is soos Wynand Olivier, 'n waardevolle provinsiale en super rugby speler maar nie internasionale gehalte nie.
Ek dink Spies (omdat hy kaptein is) en Arno (omdat hy die beste los forward is wat die bulls het) kies hulle self. Dan is daar een spot op wat tussen 3 mediocre spelers (potgieter, Potgieter of Stegman) gevul moet word.

Die SA 0/21 kaptein van laas jaar (die flankie) het my saterdag nogal teleurgestel toe hy op die veld was. Het meer van hom verwag.

Ek hoor al vir 3 jaar by Las hoe vinnig stegman is en hoe goed hy 'n bal kan dra, maar het dit nog nooit gesien nie.
Posted by Bomskok on 05 February 2013 08:15
27
ek dink weer as daar ander is wat die bal kan dra dan kan n speler soos stegman plek gemaak word -dit gaan oor kombinasies so ek nie te veel gepla oor wat wie doen net solank hulle mekaar aanvul
Posted by louisk on 05 February 2013 07:47
26
Las, 'n goeie grootte is altyd beter as 'n goeie kleintjie........ook in rugby!
Posted by FRANNABUL on 05 February 2013 07:30
25
Eintlik gaan die argument net oor dat 'n baljagter nie net 'n baljagter alleen meer kan wees nie, hy moet die bal kan dra ook. As baljagter is Stegman een van die bestes. As baldraer vaar hy nie so goed nie, hy kom selde oor die voordeel lyn en word maklik getackle. Selfs kleiner manne is beter baldraers as hy. Deon Fourie is 'n skitterende baldraer en baljagter.

Dus speel ek eerder vir Dewald Potgieter want hy kan beide doen. Miskien bietjie swakker baljagter as Stegman maar strate beter bal draer.
Posted by FRANNABUL on 05 February 2013 07:27
24
Stegyster/Stegmasjien/Steggies/ ........: Is julle verlief? Skrik wakker, die man het geen impak op die rugbyveld nie!
Posted by Poepindieketel on 05 February 2013 07:22
23
moet hulle nou die wp teen boland uitsaai--die bulle cheeta fame is mos soveel better
Posted by louisk on 05 February 2013 07:19
22
20 : Bravo!

Puik gese. Hoop hulle stop met hierdie "klein" nonsense. Een van die groot redes dat die Bulls so dominant was in 2009, 2010, was omdat Stegmasjien soos n hotrod stootskraper om daai bal was en die Bulls die aanvalslyn so vinnig kon opbeweeg, en deurentyd stotter die opposisie besit en vloei.
2011 was daar baie ontwrigtings, 2012 was Stegmonster beseer. Oh Well. Kom ons kyk wat gebeur die keer.

Ongelukkig het ou Deon sy hammie heeltemal afgeruk teen die Cheetahs, maar hy was vinnger gewees as al daai manne wat Houtoog noem, en min weet dit. Sterk op sy voete, en jy vat net eenvoudig nie n bal by Steggies nie- ek dink hy vaar heel goed as baldraer, as jy in ag neem sy rol gee hom nie veel kans nie, en dat hy letterlik moeggestooi op hol moet wees. Gepraat van afvat, ek het gelees dat sy hanteering van die heel netjieste is in die land; maak maar min foute So.....
Posted by Las on 05 February 2013 00:17
21
SE HULLE Houtoog.

jy het wel een ding uitgelaat: Hy was in Grey.
Posted by bloukaap2 on 04 February 2013 22:44
20
So, Deon Stegmann, die man sonder die Bulls nie die sukses van 2009 en 2010 sou kon behaal nie, is nou skielik oor sy beste. Hy het te klein geword en is nie meer relevant weens die veranderende tendense van rugby nie. Dis die argument, korrek?

Kom ons krap ‘n bietjie rond in die statistiek.

Michael Hooper van Australië het die internasionale arena verlede jaar soos ‘n warrelwind getref. Hy was ‘n doring in die Bokke se vlees met die toets in Perth in September, toe Heyneke verkies het om sonder ‘n fetcher in sy beginspan te speel. Die Waratahs het groot geld betaal om hom by die Brumbies af te rokkel. En raai net, die knaap is 1,82 meter lank en hy weeg maar 97kg! Dus een sentimeter langer as Steggies, maar 3kg ligter.

Die Reds se Liam Gill is 1,84 meter lank en weeg 96kg. Hy is verlede jaar op 20 reeds deur die Wallabies nadergetrek en is al deur die Aussie-media “die beste balsteler in die spel naas David Pocock” genoem.
Pocock self het geen bekendstelling nodig nie. Behalwe miskien om te noem dat hy ook net 1,84 meter lank is en 100kg weeg.

Die Braid-broers van die Blues is welbekend vir die skade wat hulle kan doen aan enige span, veral as hulle saam as kombinasie speel. Gaan kyk maar weer na daardie skok-nederlaag wat ons verlede jaar hier op Loftus teen hulle gelei het. Stegmann het daardie dag met ‘n besering opgedraf en moes later die veld verlaat, waarna die Braid-broers gemaak het wat hulle wou, want CJ Stander is nie ‘n fetcher nie en Jacques Potgieter duik eerder bo-oor die losskrum as om daar in te duik en die bal te gaan uithaal. In elk geval, Daniel Braid is 1,83 meter lank en weeg 100kg, terwyl kleinboet Luke 1,85 meter lank is en 101kg weeg.
Tanerau Latimer van die Chiefs, wat so lekker saamspeel met Liam Messam dat hy in verlede jaar se Superrugby finaal bo die All Black Sam Cane gekies is, is 1,83 meter lank en weeg 101kg. In die finaal het hy Keegan Daniel totaal geëlimineer.

Matt Todd, die man wat deur Richie McCaw en Tod Blackadder met die hand uitgesoek is om McCaw se plek vol te staan by die Crusaders in sy afwesigheid, is 1,85meter lank en hy weeg 103kg.

John Hardie was een van die Highlanders se sterre in die eerste deel van verlede jaar se Superrugby reeks, voordat hy beseer is. Hy is 1,83meter lank en weeg 97kg.

Les bes, Deon Fourie, wat verlede jaar die beste fetcher in die Curriebeker was en ’n reuse aandeel in die WP se veldtog gehad het, is maar 1,78meter lank en weeg 102kg! Sy spanmaat, Siya Kolisi, wat skielik deur almal as die “next best thing” in rugby beskou word is 1,87meter lank en weeg 101kg.

Deon Stegmann is 1,81meter lank en weeg 101 kg. Dit is 6cm korter as die langste man wat hierbo genoem is (Kolisi) en, terwyl heelwat van hulle ligter as hy is, is nie een van hulle meer as 2kg swaarder nie. Nou vra ek aan al die kenners: Watter verskil maak 6cm sonder ten minste 10kg daarmee saam? Hoekom sal Kolisi, wat presies dieselfde weeg as Stegmann, nou skielik ‘n beter baldraer as hy wees? Wie het hierdie belaglike argument uitgedink van “groter baldraers” is beter as klein baljagters? Waarom kan Stegmann nie ook ‘n baldraer wees nie? Hy is maar 3kg ligter as Arno Botha, wat aangeprys word as die beste ding sedert gesnyde brood as dit kom by die dra van die bal!!

Wie was die Cheetahs se beste baldraer in die Curriebeker verlede jaar? Ek wil my verstout om te sê Kabamba Floors het baie naby aan dié titel gekom,want hulle het hom gereeld gebruik om oor die voordeellyn te dryf. Dis nou Kabamba die bottelblonde flankie/agtsteman van 1,75m en 89kg!

I rest my case, djou hoender!

Dames en Here, Appels en Pere, hou op om julle slim te hou met praatjies wat hulle langs die braaivleisvure of in die kantoor rondom die teepotte hoor en begin om vir julleself te dink!
Posted by Houtoog on 04 February 2013 18:47
19
18: hy is daar, lees by #14.
Posted by bendiebul on 04 February 2013 17:33
18
Deon Stegman is baie goed. of hy sal kan bo bly met die kompetisie rondom hom sal ons moet sien. Maar hy bly kliphard. Hy was maa rmin in aksie die afgelope 2 seisoene. Ek mis vir Shaun Adendorf tussen die name.
Posted by bloukaap2 on 04 February 2013 16:53
17
Stegman is een van daardie spelers wat ondersteuners of van hou of nie.
Posted by Jimmy on 04 February 2013 16:39
16
15: dit is omdat hy so hard speel, en nie vir die kamera en die meisies op die paviljoen nie, dat hy seerkry. Ander manne vermy kontak en daarom kry hul nie so baie seer nie.
Posted by bendiebul on 04 February 2013 16:16
15
@bendiebul, waar kom jy aan die naam Stegyster? Yster is iets wat hard en robuust is en nie maklik seerkry nie! Aan die ander kant het yster het ook nie 'n verstand nie en kan ook nie hoor nie ...
Posted by Poepindieketel on 04 February 2013 16:10
14
'n Mens hoef nie een speler af te skryf (Stegmeneer) om 'n ander (Dewald) op te skryf nie. Maar goed, as jy nie 'n mens is nie, kan jy dit doen ! hehe

Kom ons wees eerlik, nie een van ons voorspelers is uitstaande op hierdie stadium nie, daarom moet die manne nou hande opsteek. As elkeen sonder beserings na sy volle potensiaal speel, dan kies ek hierdie lostrio:

6) Stegyster
7) Arno
8) Spies

Met Dewald op die bank en JP in die koelkas !

Feite is, ons het al vyf die manne nodig, so ook Cooke en Liebenberg en Adendorf vir diepte.
Posted by bendiebul on 04 February 2013 15:54
13
Ooo bliksem Poepies! hahaha
Posted by Las on 04 February 2013 15:49
12
O Ja, en ons wil bietjie kyk wat maak Visagie. Bongi, jou simpel kedaal!! haha, sukkel jy steeds met afstandskat?
:D
Gaan hulle nou Mapoe vleuel hou?
Posted by Las on 04 February 2013 15:47
11
@Houtoog, ek lees en lees wat jy skryf en stem redelik saam, totdat jy by Stegman kom. Jammer, ek sal hom kaptein maak van die Vodacombekerspan en agterlangs sal ek vir Akona kies om die jonges te help. Glad nie vir Super 15 nie! Akona het goeie diens gelewer, maar dit is nou tyd om iemand soos Mastriet 'n kans te gee. Stegman het geen impak nie!

Willemse toon baie belofte, maar hy is beslis nog nie fiks nie. Kirsten moes al verlede jaar bo Werner Kruger plek gekry het. Fouche is nie 'n opsie nie. Ek dink Pollard is die man vir die groot oomblik. In die bokkies se opwarmingswedstryde was hy maa so-so, maar sit druk op hom en hy gaan presteer!
Posted by Poepindieketel on 04 February 2013 15:47
10
Lekker bree glimlag nou. Houtoog! Se hulle!
Wanneer gaan hulle besef watse indirekte impak daardie harde werk van afbreuk punt tot punt op die telbord het?
80%+ van die turnovers gee jou n drie, maar al sukkel jy om n klein handvol te veroorsaak in die hele wedstryd, hoef jy nie direk geleenthede te skep nie, jy spaar jou spanmaats n groot gesukkel, en dit sal begin wys in alle fasette.
Ek dink onse ou klein oopkant flankie brand seker meer kaloriee elke game, elke keer, met meer stampe en stote as enige ander ou wat geniet om sy groot salaris te trek by die BBRU.
Ai tog mense, kom bietjie by!
:) Lekker jaar van rugby le voor!
Posted by Las on 04 February 2013 15:39
9
Houtoog ek moet erken Bomskok se naam vir jou is in hierdie dag en uur 'n shocker. Miskien het hy net per ongeluk 'n fout gemaak. Verder dink ek jou opsomming van gebeure is baie naby aan my eie. Jacques P het myns insiens nog nie aan die verwagting voldooen nie maar nou-ja hy verdien seker nog 'n kans.Steggies het 'n blinder gehad en ek stem nie saam met die kenners wat reken 'n klein fetcher se dae is getel nie en dan gebruik hulle Brussow as voorbeeld. Wat van Keegan Daniel saam met die 2 reuse Alberts en Dyesel.

Daai Daniel is kleinerig maar het ons die Bulle al groot trane besorg so moenie die kleiner outjies summier weggooi nie.

Enigste ding wat my regtig bekommer is ons stutte. Ongelukkig word die cheetah game nie uitgesaai nie want ek sou bitter graag ons voorry teen Strauss en sy maters wou toets.
Posted by bloubefoeterd on 04 February 2013 15:23
8
Houtoog, ek wil met jou saamstem oor jou observasie oor Frik. Die oomblik toe die tegniese probleme met die nuwe skrum reel uit die weg geruim was het jy die ordentlike regterskouer gesien wat maar 'n skaarste was die afgelope klompie seisoene. Kom ons hoop regtig dit is die jaar waar Frik homself kan bewys en dat hy sal kans gegee word deur die afrigter.
Dan stem ook met jou saam oor die showponie spelers. Schalk Burger is seker een van die beste eksponente van speel vir die show!
As Bongi egter sy lynstaan ingooi regkry is hy 'n uitstekende talent!

'n Ander aspek wat vir my Saterdag uitgestaan het, was hoe goed die Blou trui gelyk het!!!
Posted by Paarlbul on 04 February 2013 15:20
7
Houtoog, ek dink Steggies moet gaan haker speel. Dis maar my opinie, kleiner baljagter flanke wat nie die bal goed kan dra nie is besig om te verdwyn, sien maar vir Brussouw ook. Groter manne soos Mc Caw, Francois Louw en selfs Kolisi gedy meer!
Posted by FRANNABUL on 04 February 2013 15:13
6
Bomskok, met 'n skuilnaam soos joune beweeg jy nogal op gevaarlike terrein deur my te probeer beledig.

Ek respekteer jou mening en jy het die reg om te glo dat jy gesien het wat jy gesien het. Ek ook. Wat ek gesien het is dat die Bulls twee lynstaanballe by die Leeus afgevat het in die eerste helfte. Die krisis het ontstaan die oomblik toe Bongi Mbonambi op die veld verskyn het. Vir 'n man wat reeds SuperRugby ondervindig het, was sy vertoning skokkend en dit is uitgebuit deur Sous Mostert wat waarskynlik die situasie vooraf verwag het, omdt hy self al saam met Bongi gespeel het. Bongi probeer hard in die algemene spel, maar sal nie naby SuperRugby losgelaat kan word voor hy nie sy ingooie op standaard kry nie. Hy is oorskadu deur die Bulls-"reject" Robbie Coetzee.

My vraag is: Waarom moet manne soos Zane Botha en Henry Bantjes na klubrugby verban word ter wille van 'n speler soos Bongi? Almal op hierdie blog weet so goed soos ek dat ons nie oor die antword op daardie vraag mag praat nie!

Ek vergewe jou ook dat jy duidelik nie veel van losvoorspelespel weet nie. Die stryd tussen Steggies en die Kriel-Minnie Combo was egter vir losvoorspelerkenners 'n heerlike lekkerny om aan te smul. Sê vir my, Bomskok, wat dink jy was Steggies se tackle-count? Het jy die man ooit vir net vyf minute lank intens dopgehou, of is jy een van daardie couchpotatoes wat agterna net gesels oor al die sterre wat die drieë gedruk het en die gapings geslaan het?

Rugby is eintlik 'n baie intense spel, ou Bomskok. Die balle wat so lekker deur die agterspelers rondgegooi en rondgeskop word, word iewers daar diep in die oond deur vreeslose vegters uitgedelf. Dis dáár waar jy klokslag vir Deon Stegmann sal vind, mater!

Jacques Potgieter laat my nogal dink aan iets wat die vermaarde rugbykenner van weleer, Zandberg Jansen, altyd gesê het oor die ouens wat soos malkop hoenders die veld vol hardloop en bo-oor losskrums duik. Hy het gesê jy kry die eerlike harde werkers waarvan die massas op die paviljoen nie eintlik kennis neem nie, want hulle het nie die in-style haarstyle nie en hulle trek nie hul hemde uit vir Huisgeboot se fotograaf nie (in verwysing destyds na Ruben Kruger). Dan kry jy die Blink Stefaanse wat rugby speel vir hul meisies op die paviljoen!

Stegmann, Dewald Potgieter en Pierre Spies is 'n bewese kombinasie wat saam reeds twee SuperRugby trofees en 'n Curriebeker gewen het. Dit het nie per ongeluk gebeur nie. Al drie van Hulle het verlede jaar gesukkel, hoofsaaklik weens beserings, behalwe miskien vir Spies wat reeds voor sy besering sy afjaar beleef het. Al drie lyk egter vanjaar weer lus vir groot rugby en met opkomende sterre soos Arno Boitha, Jean Cook en ander jong Turke as backup kan hulle vanjaar weer die wenkombinasie vir die Bulle wees.

Jacques Potgieter is 'n goeie keuse op nommer 4-slot vir die Vodacombekerspan.
Posted by Houtoog on 04 February 2013 14:28
5
@ 1 - You have left out Serfontein ??

GO BULLS !!!
Posted by BullsRbest on 04 February 2013 13:55
4
Houtkop,
ek en jy het nie dieselfde game gekyk nie.
Grant Hatting was oral op die veld maar het niks gedoen nie. Hy het tackles gemis en hulle het hom elke keer tree terug geduik.
Ou Deaon Stegman sal gelukkig wees as hy op die bank plek kry. Ek dink sy tyd is verby.

Willemse was great. Lekker aggresseif en tref die rucks hard wat 'n paar keer turnovers tot gevolg gehad het.

Al 2 die losskakels wat gespeel het is beter as Louis Fouche.
Ek sal die senterkombinasie net so kies vir die begin span.

Jurgen Visser kan nogsteeds nie tackle nie. Enige heelagter was sy sout werd is sou daai ou van die Lions wat gescore het by die hoek uitgetackle het.

Ons lynstane was 'n warboel, dink ons het omtrent net 60% van ons eie ingooie gewen.
Posted by Bomskok on 04 February 2013 13:26
3
Ek is saam met almal op hierdie blog opgewonde oor Jan Serfontein se vertoning Saterdag, maar ek dink omdat hy so goed was het hy 'n paar ander puik vertonings in die skadu gestel.

Eerstens, ek dink ons twee slotte in die beginspan se vertoning was baie goed. Met Juandré wat waarskynlik Europa toe gaan uitwyk en Flippie was blykbaar 'n bietjie in sy kop sukkel, dink ek hierdie twee jong slotte is die toekoms van Bulls rugby. Hier het ons weer 'n klassieke kombinasie van 'n atletiese lynstaanman en 'n bul van 'n nommer vier wat 'n paar manne op 'n slag besig hou. Het julle opgelet dat ons skrums nie so effektief was die oomblik toe Willemse die veld verlaat het nie?

Hattingh het nou sy voete gevind en ek dink hy is dalk te gou gekritiseer toe hy verlede jaar waarskynlik aanpassingsprobleme in Pretoria ondervind het. Dié knaap kán rugby speel en hy sal met 'n bietjie meer ervaring Juandré se skoene kan volstaan.

Dan was daar die vertoning van Frik Kirsten. Ek kan nie glo niemand het nog iets daaroor gesê nie. Ek dink sy kop is nou uiteindelik reg ingestel en as die beserings wegbly, gaan ons vanjaar uiteindelik die Frik Kirsten sien wat as junior so baie belofte getoon het. Ek dink nie Werner kan langer as ons nommer 1 vaskop beskou word nie. Kirsten was die eerste vaskop in 'n baie lang tyd wat JC van Rensburg gas gegee het. Jy kon op 'n stadium sien JC is ongemaklik en effens oorbluf met Frik se skrumkrag.

Dan natuurlik Steggies. Die manne wat hom uit die Bulls span wil weglaat moet weer gaan dink. Steggies bly een van ons waardevolste wapens. Hy is nou hopelik beseringsvry en ek dink hy gaan hierdie jaar weer wys dat hy eintlik Suid-Afrika se beste fetcher is! Daardie bal wat hy kort vor rustyd gesteel het vyf tree vand ie Leeus se doellyn af was in di eklas van die heel beste fetchers in die wêreld, want ons moet onthou dat hy teen twee flanke gespeel het wat waarskynlik in 80% van al die Superrugbyspanne plek sal kry.
Posted by Houtoog on 04 February 2013 13:12
2
Ek is bly daar is nie erg beserings nie en dat daar ouens is wat nou gereed is.@1 stem saam met jou akona moet plek maak vir die jonges hy kan as reserwe op kom en n mentor rol speel vir die ouens
Posted by kzn bul on 04 February 2013 12:57
1
Sal nie omgee as hul al die spelers wat nie afgelope Saterdag gespeel het, komende Saterdag 'n kans gee nie. Die span kan so lyk as al die manne reg is:

Zane
JJ
WO
Venter
Basson
Morne
Hougies

Spies
JP
Dewald
Juandre
Flip
Werner
Chili
Mellet

Op die bank
Visagie
Kirsten
Willemse
Arno
Jano
Pollard
Jan

Wedstryd teen die Stormers sal hierdie my span wees:

Zane
JJ
WO
Jan
Basson
Morne
Hougaard

Spies
Arno
Dewald
Kruger
Flip
Werner
Chili
Mellet

Bank:
Kirsten
Visagie
Willemse
Stegmann/JPP
Jano
Pollard
Mapoe

Akona is 'n groot staatmaker en dienaar van Bulle rugby, maar ek dink nie ons kan hom meer bo spelers soos JJ en Mastriet en Mapoe, wat almal speedsters is, speel nie. As hul Akona bly kies, dan beteken dit ons bly by 'skop en chase' rugby, en dit sal my bekommerd maak.
Posted by bendiebul on 04 February 2013 12:15
VIDEO
Highlights of the Super Rugby match between the Vodacom Bulls and Hurricanes from Loftus Versfeld, Pretoria.
Play   PLAY   MORE VIDEOS
BIRTHDAYS
20 Mei Pieter de Haas
20 Mei Louiz Holtzhausen
20 Mei
21 Mei Henry Rheeders
22 Mei Barries Barnard
23 Mei Jean du Randt
23 Mei Pierre Edwards
23 Mei Rassie J van Vuuren
24 Mei Draadkar de Lange
25 Mei Japie Barnard
26 Mei Hennie Jacobs
27 Mei Johan Reyneke
27 Mei Gert Smit
27 Mei Dylan van Bylevelt
28 Mei Luther Bakkes
28 Mei Johan Marais
28 Mei Devin Oosthuizen
28 Mei Jean Pieters
29 Mei Heini Adams
29 Mei Wium Arlow
29 Mei Fanie Lombard
31 Mei Peet Arnold
31 Mei Anton Leonard
31 Mei Jacques Schutte
31 Mei Alan Zondagh
JOIN US ON FACEBOOK