Blue Bulls Under-21's champions again
27 October 2012

The Vodacom Blue Bulls Under-21 team won the Absa Under-21 Provincial Championship finals for a second year in a row by beating Western Province 22-13 in the final in Durban.

Damian van Wyk scored a try, with the rest of the points coming from the boot of Tian Schoeman and Tony Jantjies.

This is the second time in two years that coach Nollis Marais lifts the trophy. Well done to all.

Please log in at the top of the page to post comments
Comments
21
Terloops my MOM Saterdag was Marvin Orie. Die seun is nog 19. n Bulletjie! En as ek dit nie mis het nie het hy een van die passes gemaak na Venter na Damian om te score. Meeste van die ander forwards sou weer crash en bash!!!!
Posted by passdiebal on 29 October 2012 14:19
20
Ek het die o21 game live gesien en toe weer op TV. Wat my absoluut mal maak ( en dit was so by die o19's ook) is die feit dat die spelers net vir hulle self speel. Die eerste reaksie is moenie pass nie of die 2e reaksie is skop die bal.
Dit is n BB ding wat my stomslaan. Hulle koop die land se beste junior spelers en dan maak hulle die nr 12's crash en bash spesialiste en die nr 13's tacklers en cleaners by die losskrums. Die vleuels word toeskouers. Die flanke en voorrye word flyhalves. Channel 1 crash en bash. Magtig dis jong briljante spelers wat so afgestomp word.
Kyk maar hoe het die gekooptes soos JJ en Sadie gefaal. En die wat gewaai het great rugby speel soos Brummer en Dippenaar.
Ek vergelyk die BB o21 span met die Junior bokkies - soveel van dieselfde spelers - maar toet en tale ander spelpatroon wat gecoach word.
Telkemale Saterdag sou die laaste pass op n drie uitgeloop het - maar nee - probeer self score. Moet net nie dat n ander speler moontlik die shine vang nie.
Nouja die mannetjies het gewen - dis seker al wat tel. Maar dit was nie mooi nie. Die o19's het hulle eie graf gegrawe met die patroon - skop die bal vir die WP dat hulle kan jol.
Ek wens daar word tot ander insigte gekom by BB rugby.
Die les van die hoofspan wat seker die swakste seisoen ooit gehad het, lyk nie geleer nie. Losskakels wat diep staan en skop. Morne of Fouche - net dieselfde.
Asseblief laat Pollard kom en hulle wys hoe speel mens vlak - soos met die junior Bokkies. Alhoewel hy sal seker tot diepstaan gecoach word.
Posted by passdiebal on 29 October 2012 14:15
19
Baie geluk my maat Nollis Marais en die onder 21 Bulle, nie Bulletjies nie Bulle! As al die jong manne mooi opgepas word, reg aangewend word en op die regte tyd en plek opbeweeg na Sup 15 het die Bulle niks om oor bekommerd te wees nie, weereens net gewys dat Trots groter tel as enige fansy voetwerk! Baie geluk BBRU,BBM, Nollis en jou bestuurspan. Miskien moet Mnr. Nollis Marais beloon word vir sy twee finale in twee jaar deur die CC span in 2013 af terig!
Posted by IRC on 29 October 2012 06:50
18
Hi Frickey B

Ons het lanklaas gesels. Ook nie veel om seker deesdae te sê nie maar ons manne sal reg kom.

Onthou jy nog die Youtube van Rynhardt De Waal o/16. Hier is Rynhardt eerste jaar o/19. Ek kon net videos kry vir van sy games (Die wat af geneem was.

Hy het tot die voorlaaste rondte proewe gevorder en was Polard se binne senter. (Hy is ongelukkig nie in een van die groot skole nie... en word maar moeilk raak gesien. Sien uit na volgende jaar weer o/19.

Hy weeg nou 97Kg en doen die 100m in 11,4 en die 200m in 22sec.

Groetnis van uit die Kaap! http://www.youtube.com/watch?v=mTqmt7T_rns
Posted by blue from Cape town on 28 October 2012 17:19
17
Manne ons het probleme volgende jaar! Die Stormers/WP weet nou hulle kan wen en met Jantjies en Taute ook nog daar vlg jaar moet hulle sekerlik gunstelinge wees om die S15 vlg jaar te wen! Ons sal ons spelpatroon drasties moet aanpas!

Ons sal moet ophou om so baie besit weg te skop! JJ is NIE N SENTER NIE en dan is ons lostrio vir my n groot bekommernis. Stegman, DP en Spies is nie die oplossing nie! Kom ons hoop FL en Kie kom tot hul sinne!
Posted by Bullebakkies on 28 October 2012 16:33
16
Mooi O21's maar pasop as julle senior span toe kom met Pain Pienaar dan is dit verby, ek haat die WP en hulle onderkreuners met 'n passie, Burden met sy swak lynstaan ingooi het hulle gekelder, afbreuk het die Guppies gekos, net bly dis nie die Bulle wat teen die moffies veloor het!
Posted by Barrybul on 28 October 2012 13:39
15
Baie geluk WP. Nie lekker om dit te se nie. Moet se dat hulle d@nners gelukkig was om in die finaal te kom. Ek dink die Leeus kan nou nog nie glo dat hulle die wedstryd verlede week verloor het nie.
Die WP het gewys dat as jy goed genoeg is, maak nie saak hoe oud jy is nie, jy speelkans moet kry. Kyk net hoeveel van hulle is nog O/21. Hoop ons mense sien dit raak en gee ons jong ouens speelkans. Ek het gedink dat die Sharks met so 10 tot 15 punte sou wen maar nou ja, hulle het my baie teleurgestel. Die skeidregter was ook maar swak. Hy het 'n paar beslissings gemis maar vir die WP het dit gelukkig nie benadeel nie. Wys jou maar net dat jou verdediging goed moet wees en dat jy jou kanse in 'n finaal moet gebruik. Ek dink die Stormers gaan 'n baie moeilike span wees om volgende jaar te klop. Hulle kry 'n paar goeie aanwinste en dan is Kolisi, S Burger ens ook nog daar.
Aan ons O/21 moet ek ook baie geluk se. Hulle was vir my strate beter as die WP en as ons die bal nie op kritieke tye verloor het nie, kon die telling bietjie meer in die Bulle se guns gewees het. Ek dink die jong outjies moet stelselmatig wedstryd tyd gegee word. Bring hulle in of speel hulle van die bank af.
Hoop nie daai stut van die Cheetahs wat Bulle toe kom het te ernstig seergekry nie. Het ernstig gelyk. Wonder of die Bulle nog 'n speler of twee gaan bykry. Ek dink tog met ons huidige groep en die paar aanwinste kan ons goed doen volgende jaar. 9 en 10 sal moet beter doen en konstant goed speel. Ons gameplan sal ook moet verander na 'n meer aanvallende speelstyl. Hoogskop en storm kan werk maar nie met elke bal nie en dan moet dit so uitgevoer word dat ons darem 'n gelyke kans het om die bal terug te wen. Ons verdediging was op 'n stadium die jaar nie baie goed nie maar het verbeter na die einde van die seisoen. As ons dit kan doen soos die WP verdedig sal dit baie goed wees. Nog iets waaraan ons spelers kan werk is om die spasies aan te val en die bal baie meer lewendig te hou - offload in die tackle. Hoop dat die regte mense angestel gaan word as afrigters en hulp afrigters en dit sommer gou gedoen kan word sodat almal - afrigters, spelers en ondersteuners - kan weet waar ons staan.
Spelers moet lekker rus en vars terugkom volgende jaar. Aan die Bokke wat nog moet gaan speel, alle voorspoed vir julle en aan ons ondersteuners wil ek net se dat ons volgende jaar meer positiewe kommentaar hier moet lewer en nie mekaar moet aanval en beledig nie. Kom ons ondersteun ons span en respekteer mekaar se opinies. Tot volgende jaar as die Here ons spaar.













Posted by Bul van die Kaap on 28 October 2012 12:13
14
My kar is gewas, my gras gesny, die bure s'n ook en ek het gister selfs my vrou uitgevat vir 'n wynproe. Daar was nie TV. Kan iemand vir my se of daar gister 'n rugby-game was en wat die telling was.

Posted by Bul van die Kaap on 28 October 2012 11:47
13
wat n wonderlike game op kings park deur die onder 21 geluk boytjies ek het hard vir julle geskree.aan die bestuurspan wel done. wp geluk monster sharkie sory it was not to be.aan die onder 19 dit was close julle kan julle koppe hoog hou
Posted by kzn bul on 28 October 2012 11:05
12
Geluk WP. Soos altyd bly die sharks met hul groot bekke maar chokers. Geen Mark lawrence wat hulle bevoordeel nie en hulle val uit die bus. N Springbok trui maak jou nie noodwendig die beste speler nie. Dat n span soos die huidige WP die CB wen wys dat ons rugby nie goed is nie. Daarvan getuig 2 uit 6 wenne vir die bokke. Ek vat niks weg van die WP nie. Hulle moet die beker geniet. BB23 en sy mense moet egter wakker word of daar wag nog vernederende pak slaes op ons in 2013. Geniet jul boktoer mense.
Posted by Bluedog on 28 October 2012 08:00
11
Brijant W P. . Julle kon doen wat ons bulle nie kon nie. Alister at least 200% better coach then PP or FL
Posted by Bull perd on 28 October 2012 07:00
10
Ja wel fine, elke supporter verdien seker ten minste een Curriebeker in sy of haar leeftyd. En niemand verdien dit verseker meer as Allister Coetzee nie, tog kan hy sy sterre dank dat hy nooit weggejaag is na al die seisoene wat hy absoluut niks gewen het nie. Dankie tog vir die 0/21 beker, help darem bietjie...

Maar... kry julle g@tte in rat BULLE, dis die groot bekers wat my regtig happy maak.

GEE DIT HORINGS BULLE!!!!!!!
Posted by Jimmy on 28 October 2012 03:38
9
Sekerlik die kakste rugby seisoen in 'n dekade afgesluit met die visvoete se vernedering van die sharks op hulle tuisveld met 'n tros vol Bokke.

Die Bulle se hoogtepunt was die o/21's en die 1ste twee weke van Superrugby met oorwinnings teen die sharks tuis teen alle verwagtinge in en ons tweede beste wedstryd teen die cheetahs in Bloem. Die Reds wen was seker die beste maar toe was die krake teen die Blues al gewys en die donnerse pienk truie was orals!

Die Bulle doen beter as verwag met die 5de plek op die log (eintlik 4de) maar lyk nooit rerig of hulle die hele ding kan wen nie.

Ons manne vertoon nie baie goed tydens hulle Bok kanse nie en maggies dit was 'n beroerte van 'n Curriebeker - Die ergste die verloor teen wp op Nuweland en die een in Kimberley. O ja en 'n baie lee Loftus. Eina.

Goeie ding is dit die mense wat saak maak dit natuurlik ook weet en sekerlik sal sorg dat dinge reggemaak word voor Feb 2013.
Sela.
Posted by Les Bleus Cocardier on 27 October 2012 23:38
8
Darem is daar een plek in hierdie heelal waar ek kan se ek is afgepis met die wp se wen maar mens moet toegee hull guts was bewonderenswaardig.

My baie laat dink aan die jong bulle wat in 2003 die sharks op loftus geklop het. sulke jong ouens verstaan nie altyd die bagasie en die druk van finale nie en kan op so dag soos vandag baie sterk deurkom.

Plumtree het fout gemaak om nie sy bench dieselfde te hou as teen die bulle nie. en jaco peyper verstaan nie dat tacklers moet release nie. dit was weereens ook lus om losskakels dop te hou wat beheer oor wedstryd neem en die uitslag swaai. catrikilis speel volgende jaar vir die kings maar hy het vandag moii deurgekom. die laaste 20 minute was die gameswaaier.

Nou ja. die bulle se jeug lyk minstens ewe gesond en ons het darem ploeter ploeter vamjaar alreeds een stap beter gevaar in die superreeks en die cc.



Posted by bloukaap2 on 27 October 2012 21:35
7
Die tweede ding wat ons moet leer oor die afgelope twee jaar se rugby:

Die super 15 afrigtingspan en die CB afrigtingspan moet dieselfde wees, punt. Hierdie plan van verskillende afrigters was 'n groot flop, erken dit en maak reg. Ons maak almal foute, dit is 'n gegewe, wat ons met die foute maak wys of ons daaruit geleer het.
Posted by bendiebul on 27 October 2012 19:36
6
Wat leer ons uit hierdie wen van die WP ? (geluk aan hulle)

Goed genoeg = oud genoeg. En ja, daar is gevaar om sekere spelers te vroeg te speel, maar by ons is die gevaar dalk na die anderkant, ons wag dalk te lank om spelers deur te bring.

Daar was 6 x 0/21 spelers in die WP span, ons moet die jong manne inbring, In die begin gaan hulle sukkel, maar speel hulle: Beyers, Jan S, WS Smith, Pollard, Liebenberg, Williams, Willemse, ens.
Posted by bendiebul on 27 October 2012 19:30
5
Alistair Coetzee verdien hierdie beker.Dis n jong wp span die,maar hulle word goed afgerig.Baie van hulle moes eintlik vandag vir hulle onder 21 span gespeel het.Hier in die suidkaap gaan ek nie die einde van die oorwinning hoor nie Ek is suur maar maar moet toegee die wp het almal verras deur eers die Leeus weg te wen en toe teen alle verwagting in die Sharks op Kingspark te klop.Dit wil gedoen wees,maak my bang vir volgende jaar,want as ons weer 3 uit 4 games teen hulle gaan verloor gaan ek myself beblerts.Tot volgende jaar.
Posted by SUIDKAAPBUL on 27 October 2012 18:57
4
Is ons al so gewoond aan kritiseer dat ons dit al doen selfs na n beker gewen is(ons enigste een vir die jaa)? Kom nou bulle, die heel jaar speel hierdie span skitterende rugby en domineer die hele seisoen (meeste driee gedruk in seisoen en minste teen hulle en 8 log punte voor die naaste teenstanders). Finals rugby is tradisioneel minder aanskoulik omdat die spanne nie foute wil maak nie. Die feit is dat die span alles behalwe een dimensioneel speel en dat hulle die beker het om dit te bewys, die afrigter het reeds bewys dat hy ook een vir die toekoms is(twee o 21 titels en n varsitycup in 2 jaar). Hoekom moet ons elders gaan soek . Moenie n ding fix wat nie stukkend is nie, Marais verdien om oorweeg te word vir die toekoms. So ,laat vaar nou maar alle negatiwiteit vanaand en geniet die oorwinning.
Posted by Stampkar on 27 October 2012 17:46
3
Sharks is besig om wp te onderskat
Posted by SUIDKAAPBUL on 27 October 2012 17:43
2
Mooi gedoen Bulle. Baie goeie span. Moes baie verder gewen het. Steeds onwillig om die bal wyd te gooi as ons in hulle 22 is. Ten minste is daar goeie spelers vir die toekoms. Feit van die saak is ons het 'n coach nodig met visie en guts wat met hierdie ouens ons spelpatroon kan aanpas sodat ons weer dominerend kan wees. Toekomstige wenspanne word gebou op O'21's en 'n Vodacom span wat wen. Onthou dat ons in die gloriejare van 2002-2006 omtrent elke jaar die Junior kompetisies gewen het en daarna het ander spanne dit begin doen wat met ons verswakkende CB rekord ooreengestem het. Ons het darem nou 2 in 'n ry gewen. Nie oortuig met Schoeman nie en Jantjies was nie lank genoeg op die veld nie. Ten minste het Jacobs minder geskop as gewoonlik. Geniet die wen manne en vlg jaar moet julle die Varsity Cup en Vodacom Cup wen.
Posted by Blou Vlam on 27 October 2012 16:51
1
Geluk Bulle, nie mooi nie, maar wen is wen. Twee opmerkings oor die wedstryd:

- WP se verdediging is baie goed, ons sal moet plan maak om dit te kan uitoorlê.
- Bulle rugby is te een dimensioneel, daar word nie ge-offload in die tackles nie, ons probeer bloot bo oor ander spanne hardloop. Ons spanne moet weet: ander unies het ook gyms, so 'ek is sterker as jy' rugby werk nie meer nie, veral nie in senior rugby nie.

Voorstel om te help: kry video van ITM Cup final vanoggend tussen Saders en Auckland, en sien hoe rugby in die toekoms gespeel moet word. Ons het die spelers, kort nou net 'n wedstrydplan van 'bal in hand-offload in die tackle' vir die toekoms.

Wie Ludeke as sy losskakel gaan kies vir die super 15 volgende jaar, gaan ons hele seisoen en toekoms bepaal.
Posted by bendiebul on 27 October 2012 15:39
VIDEO
Highlights of the Super Rugby match between the Vodacom Bulls and Hurricanes from Loftus Versfeld, Pretoria.
Play   PLAY   MORE VIDEOS
BIRTHDAYS
13 May Johan Strydom
14 May Christo Bezuidenhout
14 May Ludwe Booi
14 May Dr. Ernst Dinkelmann
14 May Piet Matthys
15 May Tobie Kirkham
15 May Thys Lourens
15 May Wouter Moore
16 May Wally Newing
16 May Danie Rautenbach
16 May Donnovan Twiname
17 May Francois Brummer
17 May Willem Labuschagne (Oorlede)
17 May Pollie Pollard (Oorlede)
17 May James Young
18 May Michael de Bruyn
18 May Prof. Fritz Eloff
18 May Burger Geldenhuys
20 May Pieter de Haas
20 May Louiz Holtzhausen
20 May Clive Terre Blanche
21 May
JOIN US ON FACEBOOK