Blue Bulls in semi-final
14 October 2012

The Blue Bulls overcame early jitters to secure a playoff spot when they beat the Golden Lions 50-29 in a riveting Currie Cup match at Ellis Park on Saturday evening.

The Pretoria-based side seemed rattled in the opening moments of the match but ran in five-tries-to-two to march on to next weekend's semi-finals.

Playing with a perceived weakened side, the Lions did not stand back to their provincial neighbours packed with Springbok players.

In the opening moments of the match, it even seemed like the Lions were in for an upset as they took an early 13-3 lead.

The score-line put the Bulls' hopes of reaching the playoffs at risk with even the last place on the log looming.

The Bulls, however, made a spirited comeback to guarantee a semi-final match against the Sharks in Durban next weekend.

The Pretoria outfit drew first blood as flyhalf Morne Steyn succeeded with his first attempt at goal after four minutes of play.

Three minutes later, Lions flyhalf and captain Butch James slotted a penalty goal for his side, to level the scores.

The Lions then stepped up the intensity as they smothered the Bulls of any possession while they also attacked the line with enterprising play.

James added three more points with his boot before the Lions finally pierced the visitors' defences when lock Michael Rhodes crossed the whitewash in the 13th minute.

The try resulted from solid interplay by the Lions players with hooker Callie Visagie playing a leading role in the try as he handled the ball twice before offloading to a speeding Rhodes on the sideline, with James converting.

Meanwhile, the Bulls patiently ground their way back in the match, keeping the Lions within sight through Steyn's accurate kicking.

Steyn slightly closed the gap as he punched over a drop goal in the 26th minute but James returned their lead to 13 points as he succeeded with a penalty kick a minute later.

The Bulls flyhalf brought his side within four points as two of his attempts at goal were on target.

With nine minutes left in the first half, the Bulls scored their first try, when flanker Jacques Potgieter found a gap and sprinted towards the line where he was stopped short.

Potgieter popped the ball to wing Bjorn Basson, who just needed to fall over the line to gather the points, with Steyn converting to give his side a 19-16 lead, before adding another three points shortly before the half-time break.

The Lions levelled the scores shortly after the restart with James succeeding with two penalty kicks.

The visitors, however, stepped up a gear in the 48th minute when scrumhalf Jano Vermaak made a dart for goal after a solid pass from eighthman Arno Botha, with Steyn converting.

The hosts then equalled the scores once again when wing Anthony Volmink went through the middle of a ruck inside the Bulls' 22 to score, while James converted (29-29).

The Bulls then ran away with the match as they added three more converted tries courtesy of Botha, Dewald Potgieter and Akona Ndungane to secure a playoff spot.

Next week's semi-finals will see the Lions take on Western Province while the Bulls take on the Sharks in Durban.

Meanwhile, the Cheetahs will play two rounds of promotion-relegation matches against the EP Kings after they finished last, after the end of the league stage of the Currie Cup.

The teams will play home-and-away matches over the next two weeks.

SCORERS

Golden Lions 29 (16): Tries: Michael Rhodes, Anthony Volmink. Conversions: Butch James (2). Penalties: James (5).

Blue Bulls 50 (22): Tries: Bjorn Basson, Jano Vermaak, Arno Botha, Dewald Potgieter, Akona Ndungane. Conversions: Morne Steyn (4), Louis Fouche. Penalties: Steyn (4). Drop goal: Steyn

Please log in at the top of the page to post comments
Comments
97
Billy O, ek stem saam met jou, kom ons praat rugby. Jy noem ons sterk punte, ek dink ons losvoorspelers, skakel paar en senters hoef ook nie terug te staan vir die Sharks nie. Ons moet egter vir Keegan Daniels en JP Pieterson fyn dop hou. As ons die druk op die Sharks kan volhou, ons skoppe akuraat is en ons vaste vyf kan domineer, kan ons wen.
Posted by Pieter#01 on 16 October 2012 04:14
96
Oops jammer daai comment moes net een keer deurgegaan het.
Posted by BillyO on 15 October 2012 22:31
95
Miskien moet ons net vir n wyle bietjie vergeet van Pine Pienaar en n bietjie oor die spelers gesels wat Saterdag vir ons gaan uitdraf en hoe hulle teen die Sharks spelers opweeg. Ek glo nie Pine Pienaar speel Saterdag nie lol;-) Die vaste vyf behoort te domineer, ons het by verre die beter voorry en slotte. Dit kan die grondslag lê om ons agterlyn effektief te gebruik. Spelers by die Sharks wat altyd gevaarlik kan wees, Keegan Daniel, Jaques Botes, Willem Alberts, Marcel Coetzee, Paul Jordaan, Cobus Reinach en Patrick Lambie. So as julle ander manne nou klaar mekaar bloedneus geslaan het oor Pine Pienaar wat is julle gevoel oor hoe ons opweeg teen die Sharks?:-)
Posted by BillyO on 15 October 2012 22:29
94
Miskien moet ons net vir n wyle bietjie vergeet van Pine Pienaar en n bietjie oor die spelers gesels wat Saterdag vir ons gaan uitdraf en hoe hulle teen die Sharks spelers opweeg. Ek glo nie Pine Pienaar speel Saterdag nie lol;-) Die vaste vyf behoort te domineer, ons het by verre die beter voorry en slotte. Dit kan die grondslag lê om ons agterlyn effektief te gebruik. Spelers by die Sharks wat altyd gevaarlik kan wees, Keegan Daniel, Jaques Botes, Willem Alberts, Marcel Coetzee, Paul Jordaan, Cobus Reinach en Patrick Lambie. So as julle ander manne nou klaar mekaar bloedneus geslaan het oor Pine Pienaar wat is julle gevoel oor hoe ons opweeg teen die Sharks?:-)
Posted by BillyO on 15 October 2012 22:29
93
Miskien moet ons net vir n wyle bietjie vergeet van Pine Pienaar en n bietjie oor die spelers gesels wat Saterdag vir ons gaan uitdraf en hoe hulle teen die Sharks spelers opweeg. Ek glo nie Pine Pienaar speel Saterdag nie lol;-) Die vaste vyf behoort te domineer, ons het by verre die beter voorry en slotte. Dit kan die grondslag lê om ons agterlyn effektief te gebruik. Spelers by die Sharks wat altyd gevaarlik kan wees, Keegan Daniel, Jaques Botes, Willem Alberts, Marcel Coetzee, Paul Jordaan, Cobus Reinach en Patrick Lambie. So as julle ander manne nou klaar mekaar bloedneus geslaan het oor Pine Pienaar wat is julle gevoel oor hoe ons opweeg teen die Sharks?:-)
Posted by BillyO on 15 October 2012 22:29
92
Se nog Pine nie die antwoord. Ons gaan nou speel teen spanne met springbokke terug en gaan uitval in semi's al maak dit die hart seer.
Posted by Leslie on 15 October 2012 21:23
91
Kzn bul, dit lyk my jy wil my druk om tussen HM en PP te kies, ek gaan dit nie doen nie. Ek ondersteun HM vanaf 2002 toe hy jonk en onervare was met hope talent. Daar was toe ook mense wat sy kop ge eis het. Gelukkig het die BB unie toe ook by hom gestaan. Vandag is hy een van die mees ervare afrigters. Vertrou net die BB bestuur van vandag, hulle is weer op die regte pad. Dis tog duidelik dat daar n goeie verbetering in die spel van die bulle was sedert die cheetah game, hierdie verbetering is geinisieer deur PP. Die terrugkeer van die bokke het momentum aan hierdie verbetering verleen. Natuurlik het HM die bulle-bokke afgerig toe hulle by die bokke was. Dis egter n feit dat net 2 goed genoeg war om die springbokspan te haal.
Posted by Pieter#01 on 15 October 2012 20:11
90
el verstaan nie nou so mooi nie. van die begin tot laas week is hier bloggers wat meen pine is nie die antw nie die ceo het selfs a q&a sessie gehad pine was bespreek en nou waar is daai bloggers?eweskielik is pine die beste.bloggers ek staan vas by dit wat ek heeltyd se pine is nie die antw as ons cc afrigter nie en my siening is nie soos di wind wat eendag so en dan anderdag so waai nie pieter#01 wil jy vir my se die spelers wat in die groep was het hm nie afgerig nie?soon as daar beserings was sou hul niks kon doen nie want hulle was op n shopping spree?ek sal enigetyd pine ondersteun in sy droom om n goeie afrigter te word solank hy dit begin as hulp afrigter en die trieks leer by iemand bv mallet, mitchell, stonehouse
Posted by kzn bul on 15 October 2012 18:16
89
Na 10 minute van Joel Stransky se geklaery oor die Blou Bulle se swak, voorspelbare taktiese skopwerk skakel ek toe mos oor na Breyton Paulse se Afrikaanse kommentaar. Breyton het weer die Bulle se uitstekende skopwerk geloof. Ek wonder of Joel en Breyton na dieselfde wedstryd gekyk het? Kommentaar kan mos nie soveel verskil nie, of is van die manne besig met eie agendas?
Posted by MelkbosBul on 15 October 2012 11:46
88
@84 Jy maak 'n goeie agrument Crit, maar hoeveel kans gee 'n speler om homself te vestig binne jou patroon? En moet mens dalk nie meer as een ou 'n kans gee om homself te bewys binne jou patroon nie, sodat jy dalk twee ouens het wat jy kan roteer en nie een ou in die grond in speel en sodoende sy loopbaan met 5 jaar verkort soos wat in Morne se geval gebeur het nie.

Ek is van mening dat Fouche nie die mas opkom in die bulle se struktuur nie en dat PP dalk moet kyk na sy opsies EN ook in geval Fouche ons ALMAL (behalwe jou) verkeerd bewys en tog ontwikkel in die ideale 10, meot hy dalk reeds begin om 'n adjutant te "ontwikkel" sodat LF nie dieselfde paadjie as Morne loop nie.

In my mening sou Francois Brummer 'n beter opsie as LF gewees het en beter in ons struktuur gepas het.
Die Bulle het die jaar asook laasjaar met tye regtig goeie rugby gespeel en die feit dat hulle dit nie konstant kan doen nie, kan seker toegeskryf word aan onervarendheid.

Soos ek vroeër gesê het, volgende jaar sal Pine en Fouche na die party toe moet kom.
Posted by Old Blue Eyes on 15 October 2012 11:19
87
Dankie Crit ek het lanklaas so n insig gewende ontleding van die bulle se huidige situasie gelees. Dankie ook aan al die ander positiewe bydra oor Pine, so kan ons ons span ondersteun.
Posted by Pieter#01 on 15 October 2012 11:17
86
een ding wat my beindruk van die sharks is hulle goeie hanteer werk, daai offloads in die tackle ens. Hulle het baie goeie support runners ook, en dis waar ons sal op ons hoede moet wees. Verder twyfel ek nie dat ons kan nie, dis n 60/40 call IMO omdat hulle tuis voordeel het.

Die Bulle het my verwagtinge oortref, maar hel solank die Weepee net nie die CC wen nie asb.
Posted by Nitronic on 15 October 2012 10:30
85
Well Done Boys... Ons is trots gewees saterdag aand ... Ons het bewys dat ons oppad op is,, Om nou te val in Durban is nie goed nie, maar om nou op die sharks se weakness te speel is die beste geweer... Kyk hulle pak voorspelers is nie n groep waarmee jy moet speel of onderskat nie.. En hulle full back en Vleuls is ook nie om mee te sukkel nie.. So ons hoe balle gan nie rerig werk as ons nie op die voor voet is nie.. Ons gan moet skop vir teritory dit verstaan ek maar ons gan moet die binne centre spot gekry om vir JJ daar deur te stuur.. Hulle centre combination mag dalk hulle down fall wees.


Eerlik dink ek ons kan dit doen die naweek.. En soos Richie se, leer uit julle foute...

Maar well done.. Ons sien uit na saterdag

Posted by Carel Support on 15 October 2012 10:21
84
Hier's een vir al diegene wat Pine se kop eis om aan te kou. Ons speel histories 10 man rugby by die Bulle en Heyneke self het twee probeerslae nodig gehad om ons huidige patroon vas te le, nogal met die hulp van 'n spul spesialiste as hulpafrigters. So het hy Pine Bulle toe getrek om met die jongklomp te werk binne sy (HM) se raamwerk op sterkte van sy prestasies by die Cheetahs. Pine was skaars hier toe laat val eers HM en toe 80 persent van die res van die afrigtingspan die bal hier by ons.

Nou is dit so dat ons die mees gestruktureerde spelpatroon in die land het . Daar word gekyk per posisie wat vereis word om die patroon optimaal te benut, so dit gaan nie oor die individu nie, maar oor die vaardighede wat hy bring en hoe elke speler se vaardighede aangepas kan word om by die patroon te pas. So iemand soos Serfontein kom hier as skolester aan en moet geslyp en geskaaf word om in ons patroon te werk al was hy hoe goed elders. Dieselfde met bv 8stemanne. Steggies, Dewald, CJ, Arno was almal SA skole 8's, maar tot nou toe is nie een van hulle, behalwe dalk Steggies, seker waar hulle in die lostrio gaan spesialiseer nie, want hulle is nog almal 'n"work in progress" gemeet aan wat die ge-identifiseerde vereiste vir elke posisie is, en hulle word as permutasies gekies eerder as individue. Net so pas Morne Steyn as 10 perfek in die prentjie van wat van 'n 10 vereis word, en is Louis Fouche die naaste replika van hom onder die res. Dus speel hy as Morne nie daar is nie, want anders moet daar oral verander word om die plan te laat werk.

Dit is Pine se kopseer. Dis maklik om te coach as dit oor individuele aspekte gaan, maar die probleem kom waar jy spelers se instink moet onderdruk om in spanverband die beste resultaat te kry VIR DIE SPAN AS GEHEEL. Met al die jong manne is daar te veel individualisme wat tot foute lei waarvoor jy nie kan beplan binne jou sisteme nie. En daar le die knoop. Net tyd kan dit regmaak, en dit is besig om nou te gebeur. Dit het niks met die Bokbulle wat beter is as die jonges te doen nie. Hulle is maar net verder in die pad af op reis na die kompleet produk wat in spanverband en spelpatroon verband vereis word van hulle om te wees, so hulle maak minder foute en speel meer binne die patroon as die jonger mannne. Dis maar al.

You go Pine!!!!!!!!!!!!!
Posted by Crit on 15 October 2012 10:19
83
Wel Jimmy jy het dalk jou redes hoekom jy Pine verdedig en jy is geregtig daarop, maar die feit dat hy hardkoppig bly om Fouche te speel en Lionel nie eens kans te gee nie laat by my ernstige vraagtekens ontstaan oor sy vermoë. Ek dink Lionel het die hele seisoen omtrent 15 min speelkans gekry, die minste van al die subs.

Ek het nog nie van 1 persoon kennis geneem wat dink Fouche is 'n goeie losskakel nie. Hy het ook nie laasjaar oortuig nie, maar nog steeds, soos laasjaar bly Pine om hom te speel.

Ek stem saam dat 'n afrigter kans moet kry om te groei saam 'n span. HM het ook maar gesukkel in sy eerste paar seisoene, so ek is meer as bereid om Pine nog volgende jaar kans te gee. Hy sal dan egter of beter spelers moet kies of Fouche sal moet begin wys dat sy keuse geregverdig is.

Ek dink ook jou aanval op HM is bietjie onregverdig. Hy het gewerk om Bok coach te word, dit was sy droom. Wat moes hy sê toe hy die geleentheid kry? Nee dankie, as ek waai by die bulle gaan hulle verloor?

Posted by Old Blue Eyes on 15 October 2012 10:15
82
Solank Pine net leer uit sy foute, want daar is 'n geneigheid om voort te ploeter met dieselfde nonsens. Balbesit = 5 driee wat beteken 60% en meer op die voorvoet, minder beserings, speller bewustheid ens.
Posted by Richie Bloumasjien on 15 October 2012 10:04
81
Dit is algememeen bekend dat die Bulle nie daarvan hou om onder Pine te speel nie (in dien gange in Loftus word daar gese die manne wil nie onder hom speel nie) as dit die geval is raak onslae van hierdie doring in die vlees
Posted by Realistix on 15 October 2012 09:39
80
@79 also think Fouche is not the answer.
Posted by Nitronic on 15 October 2012 09:29
79
Muzi@36 Agree 99% One of the many plus points of the game was the form showed by young Paul Willemse and Callie Visagie. Our under 19's and 21s are in the play offs so the depth are coming through. the only position I disgree with you is flyhalf. Due to the mismanagement of Linel Cronje we do not have a back up for Morne. Fouche is not the answer and Pollard mus be carefully manged so he will only play Super 15 in 2014. The Stormers and the Sharks also will have lots of depth next year. If you add Taute,Jantjies ,Cilliers and Rhodes to their current squad they have serious depth. Same goes for the Sharks. The Bulls must look at JC van Rensburg and even Butch James to provide cover in key positions.
I watched the Pumas/Kings final-young JC Roos had a complete flyhalf display for the Pumas. Just seem to have more talent and vision than Fouche.

Go BULLS!!!!! Ons het n kans Saterdag!
Posted by Pieter Blou on 15 October 2012 09:19
78
Hou vir Pine as afrigter heng mens verander nie sommer dan is alles weer van voor af hy begin nou eers sy voete mooi te vind -elke stapie hoeer op met afrigting is n aanpasing -so ja ekke moet se ek like Pine en wat hy gedoen het sover met die spellers wat tot sy besiiting was kan mens nie teen hom hou-wat was ons slegte game die jaar-die verloor teen wp toe ons eindelik daai game moes wen -dink ek
Posted by louisk on 15 October 2012 08:48
77
@76 stem saam met jou, hopelik verander Pine niks nie.
Posted by Nitronic on 15 October 2012 08:13
76
In 2002 het ons die Currie Cup met 'n jong span gewen van die 4 de posisie af. Ek glo soos Naas dat die geskiedenis hom self weer gaan herhaal. Hoop die Lions kan die WP wen, want ons kanse is baie beter op Ellispark as Nuweland.

Dink ook Pine moet die span net so laat. Bring Hougie op met 20 minute oor in Akona se plek. CJ in JP se plek en Dean in Morne Mellet se plek.

Jano is die vorm skrumskakel in SA.
Posted by FRANNABUL on 15 October 2012 07:10
75
Wel gedaan Bulle. ou siel baron ek is hier moet jy nie worry nie. Ek wonder nogsteeds waar jy was toe ons daai 3 verloor het in n ry? So much for being called a "ware" ondersteuner ne. Maar dit daar gelaat.

Ek dink die Bulle het uitstekend gedoen, om te dink waar ons was op die log.
Posted by Nitronic on 15 October 2012 06:18
74
Die Bulle moet net nie die bal aanhoudend wegskop Saterdag nie. Skop oordeelkundig dan is dit nie n probleem nie. Sonder Bismarck is die Haaie nie dieselfde gevreesde span voorlangs nie, in die vaste 5 gaan Beast alleen n fight moet opsit. Ek dink ons moet iemand kry wat sommer vroeg ou dik Jannie kwaad maak dan is hy uit die game uit. Hulle slotte is nog laaities. Ontsenu vir Pat met n harde tackle en stamp of drie van Jacques Potgieter en game over!
Posted by IRC on 15 October 2012 05:40
73
Ok boys ons moet nou nie die gun jump nie. Onthou net die Leeus het met B span begin. Hulle het verlede jaar die selde gedoen en toe val almal daarvoor en hulle is toe die champs. Die sharks het basically n boks span vir die semi final op hulle home game. Hoop ons maak dit maar die odds is teen ons!!!
Posted by Leslie on 14 October 2012 22:54
72
Billy O, ek het die grootste agting en respek vir HM. Ek het net die feite gestel, nl dat daar net 2 bulle was wat goed genoeg vir die springbok span was.
Posted by Pieter#01 on 14 October 2012 21:34
71
Billy O, ek het kennis geneem daarvan dat jy bereid is om PP n
"billike kans te gee" en ek het waardering daarvoor. Daar is egter ander skrywers wat PP wil weg jaag, ek het eintlik na hulle verwys. Ek aanvaar die blou bulle bestuur is verantwoordelik, hulle het vir Pine doelwitte gestel en sal sy prestasies daaraan meet, indien nodig sal hulle stappe neem. Verder het die bulle nie alle wedstryde verloor nie, slegs 5 uit 10. Die Sharks 3 uit 10 en die leeus 4 uit 10. Daar was ook nie een span in die reeks wat die bulle 2 keer kon klop nie.
Posted by Pieter#01 on 14 October 2012 21:28
70
@Pieter#01, so as n span al sy wedstryde in een seisoen verloor wil jy sê daars nog n kans dat hy n briljante afrigter is en jy impliseer ook dat hy Heyneke Meyer nie veel werd is as n afrigter nie?? Ek haal jou aan "verbeel jou die terrug kerende bokke het goeie afrigting by die bokke gekry". As jy mooi gelees het sou jy gesien het ek sê gee Pine Pienaar n billike kans voor ons hom oordeel !!! Nee lyk my eerder jy is een van daai "slim afrigters" , dis lekker om hier op die site sinvol oor rugby te gesels, ek het slegs my opinie gelig, maar n mens moet seker maar verstaan daar sal altyd mense op die site wees soos jy wat vinnig op jou perdjie is as almal nie saam stem met jou nie!!
Posted by BillyO on 14 October 2012 20:46
69
Goeie game Bulle, bly Morne is terug!

Ek was net so keelvol vir Supersport se engelse kommentators wat heel duidelik nie Bulle ondersteuners is nie! Joel Stransky het al die TV ref beslissings bevraagteken.

Jano kook op die oomblik, wonder wat Pine met hom en Hougies gaan doen? Dalk vir Hougie op nr 9 begin en later vir Jano opbring met Hougie wat vleuel toe skuif?

Durban gaan moeilik wees maar enige iets is moontlik in n Semi! Hoop die Leeus trap die Wp en ons die Haaie, dan darem n finaal nader aan Pretoria!!
Posted by Bullebakkies on 14 October 2012 20:37
68
Ek is verbaas oor al die slim afrigters wat hier komentaar lewer, verbeel jou die terrug kerende bokke het goeie afrigting by die bokke gekry. Dit was net FH en ZK wat plek in die span kon kry, Mornè is ook gedrop agv van swak spel. Al die bokke het baie beter gespeel as by die springbokke. Gee asb PP die krediet wat hom toe kom en ondersteun die bulle onvoorwaardelik.
Posted by Pieter#01 on 14 October 2012 20:20
67
Ek wens eintlik die Sharks wil Beast en Jannie du Plessis die komende naweek speel, want hulle kon my nog nooit oortuig dat een van hulle twee kan skrum nie. Ek dink Jannie du Plessis sal n beter spandokter vir die Bokke wees. So ons vaste vyf kan Saterdag die grondslag lê vir ons vir n wen.
Posted by BillyO on 14 October 2012 19:33
66
Enige afrigter word geoordeel na hoeveel sy span gewen het gedurende n seisoen, dit is nou maar net ongelukkig so, al kan die afrigter niks meer doen as die speler eers op die veld is nie. Die game in Durban op daai nat veld was impressive van die Bulle en ek glo n keerpunt vir hulle en Pine Pienaar, so kom ons gee Pine kans om die seisoen te voltooi en oordeel dan. Met die Bokke terug in die span het ons net so n goeie kans in Durban as die Sharks. Dit gaan definitief top harde rugby wees en n iets om na uit te sien vir almal wat werklike rugby liefhebbers is.
Posted by BillyO on 14 October 2012 19:21
65
Aai tog, Heyneke het seker vir Pine per BBM laat weet om die hele voorry te sub.
Posted by Jimmy on 14 October 2012 19:13
64
Baie geluk bulle. Die game is deur ons vaste 5 gewen. Baie goeie plan om hele voorry te sub. Dit het n groot impak gemaak. Sharks gaan nie so maklik wees nie. Ek dink die cb staan hierdie jaar in durban. Nou die blou!!!!
Posted by Bloumens on 14 October 2012 18:53
63
Ek is net dankbaar die bulle het dit gemaak.

Ek is nog meer dankbaar die regte spelers is fiks en lyk goed vir die semi's.

die derde ding waaroor ek dankbaar is is dat die bulle drie weke terug teen die cheetahs opgestaan het, naelskraap teen die sharks in durban verloor het en die wp heeltemal oordonder het. gister het hierdie comeback goed afgerond.

ek dink dus nie ons moet die seisoen net beoordeel ogv gister nie. die span se geploeter het reeds teen die cheetahs tot 'n einde gekom. hiervoor moet pine krediet kry. sekerlik nie net hy nie.


Posted by bloukaap2 on 14 October 2012 18:47
62
@61 moet ni van jimmy vergeet nie.
jimmy ek dink jy verstaan verkeerd ek het nooit gese ek wil in n argument bedroke raak ni,maar n gesprek voer met jou.
1) wat het dit te doen hoe ver ek van loftus bly?
vertel my net werk jy by di bbru is jy betrokke by di afrigting, gee jy insae vir pine pienaar .
2) ek het niks teen pine pienaar as persoon nie net dat hy nie die antw is as afrigter van ons cc span nie.
3) jou stelling dat jy nie omgee of dit sin maak nie en dat al wat vir jou belangrik is is dat die bulle in di semi is is belaglik soos jy self gese het het ons gewen omdat ons bokke daar was soon jy stem saam dat dit nie agv pine is nie.wat sou jy gese het as ons gewen het maar ook di cheathas en griekwas het hul games gewen nee wat jimmy michell is op di oomblik n beter posie
Posted by kzn bul on 14 October 2012 18:16
61
Baie Geluk Bulle!!!!!! En nou vir die semi-finaal in Durban, wat beslis nie maklik gaan wees nie, maar ons is daar, en op hierdie stadium is dit al wat belangrik is.
Nog bietjies te veel foute op die verdediging en met dissipline, maar die passie is terug en die bokke is ook terug, en die samespel (na die bokke se terugkoms) gaan ook beter raak. Dit gaan bitter moeilik wees in Durban, maar ek glo ons kan dit maak.
Ek sal beslis een verandering aan die span maak, CJ in JP se plek is vir my `n moet en ononderhandelbaar. Ongelukkig glo ek nie Pine Pienaar gaan dit doen nie. Verskil gerus maar van my, maar ek glo nie JP is naastenby in dieselfde klas as CJ nie. En ek hoop nie Mornè raak ooit beseer nie, want dan kan ons maar `n wen op ons mae skryf en met kerswas uitvee.

En dan, BB1 en Bluedog het seker baie binne inligting oor die afrigting van die span om met soveel gesag stellings oor Pine Pienaar te maak.

NOU DIE BLOU!!!!!!!!!
Posted by Rifrug on 14 October 2012 17:19
60
56. Rise above the hate Jimmi.
- John Cena
Posted by Monster Sharkie on 14 October 2012 16:34
59
Baie geluk Bulle.

Dus mos hoe dit gedoen word!
Posted by Kwagga3 on 14 October 2012 16:19
58
56 Stem saam, Jimmy, ek is net so teleurgesteld met Meyer wat ons verlaat het. As Meyer gebly het , sou die hulpafrigters ook gebly het , en sou Pine nie so gesukkel het nie. Die een oomblik was alles in plek gewees en toe ons weer ons oe oopmaak, is ons hele fondasie onder ons uitgeruk. Ons kan nie vir Pine nou fire nie - dan sal ons weer van voor af moet begin met n nuwe afrigter.
Posted by Loftus123 on 14 October 2012 15:56
57
Baie mooi vertoning Bulle. Stadig begin, 2 driee in die eerste 10 minute weggegooi en bietjie die ouens onseker laat lyk. Zane en Morne se lynskoppe was baie kort aan die begin, maar later verbeter. Die balans in die span is nou goed. Die 2de voorry werk goed, en dis asof Chilli beter speel aan die einde van 'n game as aan die begin. Dean en Juandre moet net baie hard werk aan hulle dissipline. Ek is bly Flip wys weer bietjie vuur. Daai eerste drie was te danke aan sy chase! Ek dink net regtig ons het 'n truuk gemis met Lionel Cronje asook om vir Jurgen Visser bietjie speelkans op losskakel te gee. Hulle sal beter opsies op die bench wees as LF. Bly Jano kry uiteindelik sy verdiende kans. Hoop net FH hou moed, want hy is steeds 'n spesiale speler wat elke wedstryd 'n verskil kan maak, hopelik op skrumskakel. Die Sharks is ongelukkig 'n baie goeie span (pynig my om dit te se!). Go Bulle!
Posted by Blou Vlam on 14 October 2012 15:15
56
Laat ek dit baie duidelik maak kzn bul dat dit nie my bedoeling is om in ‘n argument met jou betrokke te raak nie, net so min wil ek vir Pine Pienaar verdedig. Jy het my egter gevra vir my opinie so hier is dit.

Soos ek verstaan bly jy ver vanaf Loftus en is dit redelik veilig om te sê dat jy geen insae het in die dag tot dag afrigting van die Bulle nie. Om dan hier te verklaar dat Pine Pienaar absoluut gee waarde tot die Bulle byvoeg nie is net moontlik wanneer jou vertrekpunt is dat jy hom nie like nie.

Rugby gaan net vir ondersteuners oor die drieë, vir aandeelhouers is dit ‘n besigheid waar net wins tel. Dis ‘n gesonde sakebeginsel om nooit meer mense op jou payroll te he as wat nodig is nie, so as dit nie noodsaaklik vir hulpafrigters was nie sou hulle nie bestaan het nie.

Jy is heeltemal reg, net soos spelers vat afrigters tyd om ondervinding op te doen. Alhoewel baie meer traumaties as swemlesse leer mens baie vinniger swem as iemand jou by die diepkant instamp. Dis wat met Pine gebeur het nadat Heyneke se goeie oordeel hom versaak het en ek belowe jou, hy is lankal nie meer besig om te versuip nie. Laat ons nou maar eerlik wees, die enigste rede waarom die Bulle gister gewen het was omdat ons beter kwaliteit spelers op die veld gehad het, punt.

Ek is sommer van vooraf de bliksem in vir Heyneke, die hele idee was dat hy Pine se mentor moes wees. Hy word toe egter een oggend wakker, besef sy bloed is eintlik groen en skop die Bulle tussen die bene. Nou wat nou? Kom ons fire Pine en kry vir Pote Human wie se spelers net in die stof kan speel. Nee nog beter, kom ons kry vir kaalkop Mitchell wat soveel van groepsdinamika af weet as ‘n diktator.

Ek worry nie regtig of dit sin maak of nie, die Bulle is in die semis en dit is al wat vir my belangrik is. Om die waarheid te sê, dit skeel my min hoe ons tot hier gekom het. Drink ‘n paar koues en chill, oor twee weke haat almal ons nog meer as ooit.

Ek weet julle kan my Bulle, bring die Beker huistoe.
Posted by Jimmy on 14 October 2012 15:04
55
Well done BB baie karakter gewys .Hoop net ons kan selfde spelpeil behou volgende week.Net een negatief is die Bokke het vir Pine weer 'n kans gegee :-(
Posted by BlouSWL on 14 October 2012 14:39
54
Check what this Baylion prick has to say "Gifting the Bulls three tries, one from a forward pass everyone except the TMO saw and two from errors one might expect to see in a primary school match, the Lions managed ensure a much needed victory for the Bulls. All credit to the Bulls for taking their chances and converting them into points, and to Morne Steyn who kept the Bulls in the hunt through a good kicking display when the game threatened to run away from them" nog suur druiwe, becareful the Bergbokke don't kick your arses next week!
Posted by Barrybul on 14 October 2012 12:01
53
@46 pine het gesukkel om die span te bou sedert laas jaar.in die2011 cc het hy afrigters om hom gehad ,di jaar moes hy met minder klaarkom ek gee hom daai een maar as jy n hoof afrigter is moet jy iets weet van voorry, verdediging en agterlyn afrigting.hy het aan gehou met lf wat nie die mas opkom in cc rugby nie mens kon dit al laas jaar sien.wat het hy ons bokke geleer die week?as pine nie die bokke gespeel het nie sou ons verloor het en ek is dankbaar dat hul ons in die semis isgespeel het.dat pine n goeie afrigter kan word sal net tyd leer maar soos spelers eers omtwikkel moet word so geld dit vir afrigters laat hy eers hulp afrigter word die trieks leer by geskoolde afrigters.dat diebokke die game vir ons gewen het en nie pine pinaar se afrigting nie is verseker.jimmy dis my mening ek hoop om jou mening te hoor kzn bul
Posted by kzn bul on 14 October 2012 11:54
52
I must say Jano Vermaak just keeps on getting better and better he's a general at 9.Without a doubt Francois Hougaard is talented but for now vermaak is in great form he has given frans ludeke something to think about.
Posted by Muzi on 14 October 2012 11:49
51
Well done boikies! Dit was miskien nie die Leeus se A span nie maar mens speel dit wat voor jou is. Ek glo ons kan kompeterend wees SAT en selfs wen. volgens die wet van gemiddeldes is ons erg overdue vir 'n wen in Durban. BULLE vs weepee? Verkieslik nie. So ek hoop maar die welpies wen en die BULLE trek hom deur. Net verskriklik dankbaar ons speel nie Vrydagaand nie. Sal beslis vir die cheetahs skreeu want Vomit Watson-goeie speler wat hy is-kan ek nie vat nie.Hoop net Jano en die ander gekneusdes is ok. FH op buite senter? Die versoeking sou vir my baie groot gewees het.
Posted by bloubefoeterd on 14 October 2012 11:45
50
@Jimmy
Agree with you mate
Sadly the only way Pine can win over the supporters is by winning the currie cup.IMHO one uses the currie cup to build depth and introduce new players in the senior side.When some Bulls players miss a tackle then supporters will blame the coach.Winning the currie cup is great but look at the lions in the super 15.
Our Heyneke Meyer is already public enemy number 1 just about every bok supporter wants him gone.
I'm not saying Pine is perfect but atleast he was brutally honest we were poor at times.
Posted by Muzi on 14 October 2012 11:35
49
@ LB. Nee jong daai klom morone sal mos nou NOOIT hier kom humble pie eet nie. Hulle sal ook nie om verskoning vra vir hulle swak gedrag nie.

Mooi so BULLE van o 19 0 21 en Senior spanne!!!!!!!
Posted by Bl@de Runner on 14 October 2012 11:34
48
Ek dink nog steeds ons moet PP laat gaan en gister se game het dit gewys. Spelers kom terug wat afrigting gekry het en gee rigting aan n span. Niks met PP te doen. Enige afrigter wat die talent kry wat die bulle het om mee te werk en nie n sukses kan maak verdien nie om n afrigter te wees. Die bulle het die geld om goeie afrgters te koop ons het nie nodig om hulle te ontwikkel nie. Ek gee geen krediet vir pp vir gister se game. Ons seisoen het nie opgebou na n goeie game nie gister was net een van daai dae gewees. Die seisoen het ons briljante spelers gesien maar nooit n span. Dit is oor ons n afrigter kort. Ek weet pp is nie n afrigter en ek twyfel of hy enige respek het van die spelers.
Posted by BB1 on 14 October 2012 10:56
47
@46 agree -you can only do so much with the personal you have and you dont have
Posted by louisk on 14 October 2012 10:47
46
All I am asking Muzi is that those who demand Pine Pienaar's head on a plate must at least give valid reasons. Truth be told, biased opinion alone is simply not gonna cut it.
Posted by Jimmy on 14 October 2012 10:45
45
ag heng gaan so aan oor pine pinaar-hy was op n hiding vir niks die jaar geen hulpafrigters -monse is bokke toe nuwe spellers nie gevestige kombinasies ek sou graag wou sien die ouens wat so moan wat ou hulle doen daar wys dit saterdag wat n afrigter met gevestige spellers kan doen -net ook nie vergeet die leeus het ook nie hulle beste span gespeel -onthou ons span wat ons wp toe gestuur voor die eindstryd op Orlando
Posted by louisk on 14 October 2012 10:00
44
al wat ek se is toe die bokke die all-blacks gespeel het in DUNEDEN wie was die slot paar?
Posted by louisk on 14 October 2012 09:45
43
goei wen-die skare wat morne booooo -is n nee---------inpak spellers daai laaste 20 min briljant ---nou vir saterdag-my cc seisoen kla gemaak -nie laaste ge-eindig so
GO BULLE GO
Posted by louisk on 14 October 2012 09:43
42
Jimmy, jy vat raak! Dit wil vir my voorkom dat talle bitterbekke op die blog deesdae is ouens wat dit nie kon maak in die BLOUBUL strukture nie en is gefire? Que sera........
Posted by Ligblou Baron on 14 October 2012 09:42
41
Mmmf.....wonder waar's naaitronic?????
Posted by Ligblou Baron on 14 October 2012 09:38
40
@Ligblou Baron
Hahaha i see you're exposing those who want us to fail i admit it at times emotions were running in this blog high but my blood will always remain blue!!!!!!!
Posted by Muzi on 14 October 2012 09:33
39
SKITTEREND BULLE!!!! DANKIE!! NOU.............
Posted by Ligblou Baron on 14 October 2012 09:30
38
@Jimmy
People forget Pine Pienaar was instrumental for the cheetahs their junior teams were very strong when he was in their system.I heard Pine was involved in recruiting schoolboys for Naka.A friend of mine two years ago as soon as he left cheetahs rugby has regressed.
Andre Tredoux who replaced Pine in the scouting department rated Pine very highly.
Let's not forget Meyer did Pine no favours at all remember we did not replace all those bok assistants Meyer and SARU poached from us.
Without a doubt Pine has failed to impress but he's young atleast we made the semi finals i'm happy.
Posted by Muzi on 14 October 2012 09:30
37
“BRILJANTE” RUGBYBREIN OP ONSE BLOG OOR DIE AFGELOPE WEEK

Hoe goed ons ook al gespeel het dis bietjie te laat. Ons gaan nie sommer die Leeus in Jhb wen nie wat meen ons gaan teen die Kings moet uit speel, kan nie glo ons het ons self in so n posisie gekry nie.
Posted by Bull perd on 07 October 2012 09:54
Posted by Ligblou Baron on 14 October 2012 09:28
36
The Bulls are finally building quality in depth for the super 15 comp in 2013.
Prop Morne Mellet has been impressive IMHO he deserved the start last night.Cheetahs fatty Marcell vd Merwer is one for the futre that man is a beast.
Then we have Dean,Werner,Frik and Dawie steyn Bulls building nice depth now we just need a scrum doctor for the super 15.
What about at lock geez we finally have some of the best locks in SA.
Paul Willemse.Juandre Kruger,Flip vd Merwer and Wilhelm Steenkamp can match eben elizabeth and bekker.
Don't forget Bulls under 21 locks Marvn Orie,Mike Williams...the under 19 side is blessed with so much quality at lock.
SA schools locks Jacques du Plessis,Phillip du Preez and enforcer Irne Herbst have a chance to make Dawie Theron's SA under 20 side next year.Affies lokc Dennis Visser has been impressive for Paul Anthony.
It's a shame CJ Stander is leaving but Bulls have Jean Cook,Wiaan Liebenberg,Shaun Adendorff,Arno Botha,Pierre Spies,Dewaldt Pogieter,Deon Steggman,Grant Hattingh and Jacques Pogieter frans ludeke should be happy.
At scrumhalf we all know what we have in Francois Hougaard,Jano Vermaak and Ruan Snyman.
Ex Affies laaities carlo engelbrecht,rudi van rooyen and lohan jacobs have potential they just need to put in more hard work.
At 10 i'm not that worried Bulls are well covered with Lionel,Fouche and Tony will providing competition for Morne but mark my words don't be shocked if Handre Pollard spoils the party Bulls have BIG plans for him.
Perhaps that's why Bulls wanted Jaco Taute at 13 JJ is playing well but William Small Smith and Jan Serfontein will push him very hard.
I expect Francois Venter and Wynand Olivier to rotate at 12.
At wing Bulls will be ok with akona,basson,mastriet,ismael,blommetjies providing cover.
Full back is interesting Zane will wear the 15 jersey but Bulls are lucky to have Ulrich Beyers he's an asset look out for Jurgen Visser he looks hungry.
Riaan Britz is a footballer at 15 that man has x-factor those two craven week star full backs jesse kriel and jaco hayward without a doubt pure class!!!
Frans Ludeke has no excuses Bulls should have a better super rugb comp than this year i can't wait the future is bright.
My blood id blue!!!!!
Posted by Muzi on 14 October 2012 09:21
35
Wat is jou issue regtig met Pine Pienaar Bluedog? Jy karring en karring en karring, waaroor?
Posted by Jimmy on 14 October 2012 09:08
34
Passie en commitment was gisteraand daar. Die Bulle het die collision punt weer aangevat en wou domineer - tackle en ball in hand.
Ek wil net eending in perspektief bring en ouens vergeet sommer gou daarvan en dit is die Bulle se gameplan - daar is NOG steeds te veel geskop en besit afgegee!! Morne het nogsteeds geskop met manne langs hom om te hol!!! Daar is was vanaand egter 2 verskille. 1 die ouens het met passie die bal gejaag en 2 die bal het vanaand 'n paar keer meer na ons kant gespring. Ons kans mos nie aanhou staatmaak op sulke luck nie!!!
Die ironie is, die Bulle het heelwaarskynlik die beste spelers om die beste te wees met bal in die hand!!!!!
Victor, ou Morne is seker 'n groot tjom van jou, maar "man of the match"!!!!!
Kom Bulle wys die kommentators julle kan moderne rugby ook speel!!
Posted by Paarlbul on 14 October 2012 09:05
33
Wel Pine Pienaar, so moet n bulspan speel. Met of sonder bokke. Die wat Pienaar die eer gee vir die wedstryd is werklik aaan die slaap. Die HM hand op die bokke kan gesien word en die feit dat hulle min speel kans by die bokke gekry het kan net in ons voordeel trek. Dis blou bul rugby. Al wat nou kort is behoorlike afrigters by die bulle. Totsiens aan Pine Pienaar.
Posted by Bluedog on 14 October 2012 07:46
32
Puik bulle, Pateties Joel Stransky, doen almal n guns en gaan lewer kommentaar in die PSL.
Posted by Stampkar on 14 October 2012 07:46
31
well played Bulls was a great second half, Joel Stransky, enough said he is soooo biased against the bulls. Go Bulls, will be at the final when the Bulls play the Lions.
Posted by Rob on 14 October 2012 07:40
30
Enige iemand wat na gister se comeback en toe totale vermorselling van die Lions nog in die Bulle twyfel is nie n Blou Bul Supporter nie, punt! No guts no Glory! Well Done Bulle! Next stop Shark tank, en onthou julle doem profete net een ding, n semi finaal is n n groep fase game nie, dis altyd 50/50 maak nie saak waar jy speel nie! Beware of the Angry Bulls!!!!!!!!!!! Bulls for Life!
Posted by IRC on 14 October 2012 07:10
29
nope! Bulle baie gelukkig om te wees waar ons is...dankie tog aan ons 'flou bok bulle'...jammer....sharks gaan ons rol as ons nie ons act agter mekaar kry nie! Maar ok...geluk bulle, darem nie religation nie!
Posted by DIE BLOU BAAS on 14 October 2012 06:33
28
Nee Jimmy, dit gaan die bulle en die leeus wees.
Posted by Pieter#01 on 14 October 2012 05:32
27
Dit was 'n goeie dag vir die Bulle.. Die Bloubul eet nooit van die vloer af nie..
Posted by Jimmy on 14 October 2012 02:46
26
Sharks gaan ons rol... DIe Blou Baas.
Posted by Jimmy on 14 October 2012 02:32
25
So jy voorspel 'n final tussen WP en die Sharks, James Bond? Ha ha
Posted by Jimmy on 14 October 2012 02:25
24
Dis regtig moeilik om te snap hoe sogenoemde ondersteuners na alles sulke twak kan kwytraak.
Posted by Jimmy on 14 October 2012 02:18
23
Nou ja!!! Al die anti-Bulle kan maar terug kruip in hul gate. Ek erken dat ek ook deur die seisoen bekommerd was nie, maar die Bulle het minstens die laaste twee wedstryde kompeterende rugby gespeel en die hede tel baie meer as die verlede.

Die "has been" rugby kommentators is veronderstel om neutraal te wees tydens wedstryde, maar Paulse en suur Wiese het gesukkel om hul onderskeie teleurstellings weg te steek. Aan Kobus Wiese wil ek net sê, solank die unies hul Bokke se salarisse betaal, het hulle die reg om hulle te gebruik. Nie die Griekwas of Cheetahs verdien om in die semi's te wees nie want hulle het minder punte as die res - finish en klaar. Na Stransky se gepiep luister ek glad nie. Bob Skinstadt en Gavin Cowley is vir my die beste kommentators.

Die Haaie is vir my beslis die gunstelinge, maar het al voorheen verstik en dit kan weer gebeur - op Kingspark. Hulle is goed afgerig en het Vrydag gewys hoe klinies kan hulle wees. Die Bulle het die voordeel dat daar nie soveel druk op hulle is nie en speel gewoonlik beter as die "under dogs".

Natuurlik ondersteun ek die Leeus vs die WP. Die Leeus bly gevaarlik, maar ek dink die finaal is die Haaie vs die WP. Dalk is dit die Bulle op Nuweland? Solank die WP nie enige beker behalwe houtlepels wen nie, is ek nogal tevrede. Betreffende die relegasie wedstryde - dit skeel my min wie wen. Ek glo die Cheetahs sal die wedstryde maklik wen en volgende jaar weer terug wees.

Geluk aan Paul Treu en sy 7's Bokke. Om die Kiwis te wen is heerlik, maar die toernooi is nog nie gewen nie. Fokus manne!!!
Posted by James Bond on 14 October 2012 00:09
22
Improptum pool party. Alles is Blou.
Posted by Jimmy on 13 October 2012 23:28
21
Improptum pool party. Alles is Blou.
Posted by Jimmy on 13 October 2012 23:25
20
nope! Bulle baie gelukkig om te wees waar ons is...dankie tog aan ons 'flou bok bulle'...jammer....sharks gaan ons rol as ons nie ons act agter mekaar kry nie! Maar ok...geluk bulle, darem nie religation nie!
Posted by DIE BLOU BAAS on 13 October 2012 23:14
19
ek wil nie negatief wees nie maar, pine het sy bokke gespeel en jy kon die klas en verskil sien my vraag is net is pine pienaar nou ewe skielik ons beste afrigter? ek dink nie so nie ons kort iemand anders gelikkig vir ons het ons bokke die game gewen en speel di blikore teen kings @18 almal behalwe ons bull suporters is anti bulls soos jy se res van rsa ek hoop net ons supporters daag op by kings park in ons diusende op
Posted by kzn bul on 13 October 2012 23:00
18
Joel strawnsky is definitief anti bulls. maar so ken ons mos die res van rsa ook. ten minste het ons vir pro bulls victor daarso. wat ek veral geniet het is dat die toekkmstige stormers jantjies, pat cilliers en taute aan die verloorkant was.

Pine het raak gevat mer sy kombinasies. Sy grootste uitdagings was skakelpaar , lostrio en haker.ons agterste driehoek was briljant en ons taktiese skoppe op die puntjie af. ek het gedink ons bench het in laaste 20 minute verskil gemaak. Chilliboy was regtig goed. jeandre het ook die lynstane onder druk geplaas en dit kan groot faktor wees vlgde naweek. ek het ook vanaand weer zane kirchner se klas besef. vissertjie is baie goed maar zane was 'n rots vanaand.

Hopelik sal daar nie geforseerde beserings wees nie.
Posted by bloukaap2 on 13 October 2012 22:37
17
@Muzi, I agree with your views on Joel Stransky and shame he just hasnt got the voice for a comentator either lol. I always belive, you only play as well as your oponents let you play!!:-)
Posted by BillyO on 13 October 2012 22:13
16
@Bulls supporters

Joel Stransky is anti-Bulls he wanted the lions to win the poor guy was lost for words when elton jantjies made life easy for us with his schoolboy mistakes haha.
Posted by Muzi on 13 October 2012 22:01
15
Jimmy, vat maar enetjie vir my part, ek werk more oggend 4 uur, maar ek het my kant gebring gedurende die game lol:-) Gelukkig is die eienaar van die besigheid n Vrystaat ondersteuner en sal nie op die site kom nie, maak seker planne vir sy span se promosie relugasie wedstryd volgende naweek he he he:-)
Posted by BillyO on 13 October 2012 21:48
14
Moeilik om spelers uit te sonder in so n game, want die Bulle het as n span baie goed saam gespeel! Uitsonderings, Dewald Potgieter, Arno Botha, Morne Steyn, Akaona (wat nooit ophou probeer nie, net soos John Mametsa) CJ Stander, Chillyboy,Bjorn Basson eintlik daai hele span:-) En speel daai span weer net so met plaasvervangers, dit het exellent gewerk! Ek glo Morne Steyn werk die beste saam met Vlok Cilliers, uitstekende voor n mislike onbeskofte skare, well done!! Kzn bul, sou bitter graag op Kingspark wou wees volgende naweek, maar die werk skedule laat dit nie toe nie (paartyd hier nou lol) Muzi, maybe Pine isnt so bad after all lol;-)
Posted by BillyO on 13 October 2012 21:44
13
HIGH INTENSITY - Well done Bulls a good game, I think this is going to count against the Lions next weekend, their mouths are too big although I will support them, the only thing that added a sour note to the game was the Afrikaans commentator, "dick- head" Breyton Paulse, as the Bulls stretched their lead the quieter he became, even on the English commentary side Joel Stransky was delivering plenty of negative commentary, so here is to all the anti Bulls - Up Yours!
Posted by Barrybul on 13 October 2012 21:39
12
Dit gaan vanaand bitter moeilik wees om verantwoordelik te drink.
Posted by Jimmy on 13 October 2012 21:35
11
Wow what a great win guys haha maybe Pine Pienaar is a good coach all he needs is time and the right players.
Geez but didn't we teach those those lions a lesson huh ? that was a brilliant performance from the Bulls i'm so proud of the guys!!!
Morne Steyn class is permanent wow well come back you deserve the MOTM award is louis fouche watching ???
Dewaldt Potgieter and Arno Botha were huge both of them were brilliant!!!!
IMHO we bullied the lions our defence was huge lions had no answer to our dominant tight five.
The sharkies in the tank will not be easy but everything happens for a reason.
My blood is blue well done Bulls you made us proud!!!!
Posted by Muzi on 13 October 2012 21:25
10
aan die blou bul bestuur as morne so speel na 3 weke se rus dink net hoe hy teen die sharks gaan speel as jul hom laat rus die week en se net die kapteins oefening laat bywoon aan morne u are still simply the best boy aan hm het jy die game gekyk?????
Posted by kzn bul on 13 October 2012 21:23
9
Flippet

my hart. laaste 20 minute was die bulle s'n. well done boys en baie dankie. laaste vier games wys opwaartse kurwe. ons het kans in durban. sal net bal by afbreekpunte meer moet beskerm met krag. vermoed dit gaan nat en glad wees. mooi driee gedruk.

Hou die span so.
Posted by bloukaap2 on 13 October 2012 21:19
8
Net nie Peyper as ref vir Saterdag nie, groot assemblief !?
Posted by bendiebul on 13 October 2012 21:17
7
Baie geluk Bulle met 'n goeie wen en 'n plek in die semis .... nou begin die CB eintlik.

Groot vraag is nou, met wie begin jy en wie is op die bank:

Willie of Chili
Mallet of Dean
JP of CJ
Akona of Hougies

Vandag se opsie kan werk, maar dan moet jy nie agter wees die laaste 20 minute teen die Sharks nie. Sal die span net so hou, net oorweeg om Hougies op 14 te speel, kan nie een van jou beste spelers op die bank los nie.
Posted by bendiebul on 13 October 2012 21:14
6
@4 jong ek het so gehoop en en maandag is ek al 5h00 by kings park vir die kaartjies kan jy nie n plan maak en af kom nie?
Posted by kzn bul on 13 October 2012 21:11
5
Ek wil glo ons het genoeg skietgoed vir die Sharks om ons n baie billike kans te gee al is dit in Durban?
Posted by BillyO on 13 October 2012 21:05
4
DIS HOE N SATERDAGAAND MOET WEES!!!! ABSOLUUT BRILJANT BULLE, ABSOLUUT BRILJANT MORNE STEYN!!!!!!!!!!:-) En om SO BRILJANT te speel voor n moroon skare wat jou so geboe het, 11 uit 10 MORNE STEYN, jyt n paar sogenaamde "rugbykenners" stil gemaak vanaand, EK KRY SO LEKKER:-)!! En natuurlik kzn bul hoe gelukkig kan n mens wees jys sommer net daar vir volgende naweek se game:-)
Posted by BillyO on 13 October 2012 21:03
3
Baie geluk, Bulls. So dis Lambie teen Morras.
Posted by Monster Sharkie on 13 October 2012 21:00
2
so ek is op kings park volgende saterdag hoeveel van julle sien ek daar
Posted by kzn bul on 13 October 2012 20:51
1
ek se morne steyyyyyyyyynnnnn what a game bulllllls geluk
Posted by kzn bul on 13 October 2012 20:50
VIDEO
Highlights of the Super Rugby match between the Vodacom Bulls and Hurricanes from Loftus Versfeld, Pretoria.
Play   PLAY   MORE VIDEOS
BIRTHDAYS
13 May Johan Strydom
14 May Christo Bezuidenhout
14 May Ludwe Booi
14 May Dr. Ernst Dinkelmann
14 May Piet Matthys
15 May Tobie Kirkham
15 May Thys Lourens
15 May Wouter Moore
16 May Wally Newing
16 May Danie Rautenbach
16 May Donnovan Twiname
17 May Francois Brummer
17 May Willem Labuschagne (Oorlede)
17 May Pollie Pollard (Oorlede)
17 May James Young
18 May Michael de Bruyn
18 May Prof. Fritz Eloff
18 May Burger Geldenhuys
20 May Pieter de Haas
20 May Louiz Holtzhausen
20 May Clive Terre Blanche
21 May
JOIN US ON FACEBOOK