Manne; dit gaan tawwe een wees! ASB ASB PP, kies die REGTE Span!!!
Leeus gelaai met Bokke
2012-10-08 21:29
Artikelopsies
Druk artikel e-pos artikel Deel
Yahoo Google Digg del.icio.us Facebook Twitter Kry Beeld op
Jou selfoon Jou Facebook-profiel
Die Springbok-senter Jaco Taute ontgeld dit Saterdag toe die All Black-kaptein, Richie McCaw (links), en Ma’a Nonu hom in die FNB-stadion in Soweto stuit. Foto: Cornel van Heerden
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's
Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Pieter Jordaan
Nou moet Suid-Afrika se nuutste twee Springbokke, Elton Jantjies en Jaco Taute, die Goue Leeus oor die laaste hekkie in die Curriebeker-ligafase help.
Jantjies en Taute, vars uit ’n verwoede kragmeting teen die All Blacks, het gister saam met die Goue Leeus ingeval om vir Saterdag se groot Gautengse derbystryd teen die Blou Bulle op Coca-Colapark voor te verei.
Dieselfde geld die voorrymanne Pat Cilliers en CJ van der Linde.
Volgens die afrigter, Johan Ackermann, gaan al vier sy Springbokke vir die Jukskeirivier-derby oorweeg word.
Nadat die Leeus vir die tweede keer vanjaar hul moses teen Griekwas teëgekom het, is ’n inspuiting juis nodig vir die Bulle-wedstryd.
Alhoewel die span van JC Janse van Rensburg reeds van ’n halfeindstryd op hul tuisveld verseker is, sal ’n oorwinning oor die Bulle betekenisvol wees as die Haaie die komende naweek teen die einste Poubloues vasval.
Indien die Leeus dan tot in die eindstryd vorder, sal dít ook op hul tuisveld beslis word.
Voor hulle só ver kan dink, moet hulle eers die skade van die Griekwas-nederlaag herstel en herfokus.
Jantjies behoort Butch James as losskakel uit die kussings te lig, terwyl Taute moontlik as buitesenter, die posisie waarin hy nou sy eerste twee toetse vir die Springbokke gespeel het, ingespan kan word.
Dié twee sal groot byt aan die Leeus se agterlyn verskaf.
Vir Jantjies sou die 46 minute speelkans teen die All Blacks, toe hy ’n beseerde Johan Goosen, as losskakel vervang het, ’n groot persoonlike opkikker gewees het.
Veral aangesien Jantjies een van die Bokke se beter spelers was toe die span se algehele intensiteit ná rustyd gedaal het.
Goeie vertonings teen die Bulle en moontlik ook in ’n halfeind- en eindstryd kan die Springbok-afrigtingspan gerusstel dat dié tweetal in sleutelposisies vir die nasionale span op hul komende toer in Brittanje en Ierland gebruik kan word.
Dit sal ook die Leeus sekanse op ’n tweede agtereenvolgende Curriebeker-titel bevorder, want dié twee het die afgelope twee jaar in potensiële wedstrydwenners verander.
Daarom verbaas dit ook nie dat Taute in geen van die drie wedstryde wat die Leeus sover in die Curriebeker-reeks verloor het, gespeel het nie.
Dit was teen Griekwas, twee keer, en teen die Haaie in Durban. Jantjies het slegs in die nederlaag teen Griekwas in Johannesburg gespeel.
Doellose skopwerk was een van die Leeus se struikelblokke die afgelope naweek in Kimberley en Jantjies sal in die opsig ook ’n verskil kan maak.
Dit gaan nodig wees, want Springbokke soos Zane Kirchner, Akona Ndungane, Bjorn Basson en Francois Hougaard wag op die Leeus.
Dit sal interessant wees om te sien of Ackermann ’n plek vir Cilliers in die beginspan sien. Janse van Rensburg en Jacobie Adriaanse het groot indruk in as Leeus-stutpaar in die Curriebeker-reeks gemaak.
Van der Linde kan dus selfs sukkel om die 22-tal te haal.
Die Leeus het wel geen nuwe beserings ná die nederlaag teen Griekwas nie.
Die flank, Jaco Kriel, moes vir harsingskudding getoets word, maar is gereed om te speel.
Posted by DIE BLOU BAAS on 09 October 2012 07:30