More vriende.
Hoekom het ons Lionel Cronje ooit gekoop? Ek het gereken , die idee was om te kyk wat sy potensiaal is, wat hy na die span bring ens. Niks teen Louis Fouche, maar is dit nie tyd om te kyk of Lionel nie dalk iets anders na die spel patroon kan bring nie.As dit so aangaan, is dit een van die dae super rugby , en het ons geen idee oor hoe Lionel gebruik kan word of wat sy sterk of swak punte is nie.
Die grootste teleurstelling bly die onvermoe van ons span om enige variasie in hul spel te toon.
Praat nie eens van die vermoe om te sien as hulle 'n gulde geleentheid het om punte aan te teken nie , maar dan eenvoudig die bal wegskop.
Die skop spel het vir in ons gewerk, en steeds met tye. Feit is egter Fourie Du Preez, was puik wat skopwerk betref. Sekere skrumskakels se skopwerk is eenvoudig net beter as ander sin, ja hulle kan dit verbeter ens, maar myns insiens moet ons meer kyk na wat is die heidige spelers se werklike sterkpunte is en bou 'n spelpatroon rondom dit. Dit maak nie vir my sin om byvoorbeeld van 'n Naas Botha te verwag om soos Henry Honniball te speel of omgekeerd nie , of van 'n Joost van der Westhuizen te verwag om soos Fourie Du Preez te speel nie. Destyds het skopwerk vir ons gewerk , want selfs al kon ons nie die bal terug wen nie, het Victor, Bakkies en Danie gesorg dat ons 'n 80 persent kans het om die bal van 'n lynstaan terug te wen.
Jano Vermaak en Hougaard is goeie skrumskakels, maar nie skoppende skrumskakels nie... laat hulle oefen aan die skoppe, maar magties laat hulle toe om te speel na hulle sterk punte.
Kry vir Jan Serfontein op binne senter, want ons kort 'n spelskepper. Venter is 'n goeie speler, maar kan ons nie bietjie vir Serfontein kans gee net soos met Lionel Cronje. As dit so aangaan , gaan beide die spelers nie meer lank hier speel nie. As die Sharks bv hulle jong spelers al speel , wat is ons probleem. As jy goed genoeg is , is jy oud genoeg.
Die afrigtingspan sal indringend moet kyk na ons sogenaamde spelpatroon, want ek kan nie anders as om te glo dat dit nie inpas by die sterkpunte van ons heidige groep spelers nie.
Ek twyfel of die opposisie enigsins ons wedstryde meer ontleed ... Jy weet al presies welke spelers gaan net skop, welke spelers sal nooit 'n bal uitgee nie ... As ons swart en wit tv skerms gehad het sal ons seker met tye dink ons kyk na heruitsendings, enigste ding wat dit sal weggee is die opposisie se spel.
Nee kom bulle, die vaste vyf lyk al beter, maar Arno Botha moet agsteman speel en die agterlyn moet hulle spel begin afwissel. Blou Bul groete. PS: Kry vir Mallet, David Campese, Naas en Ray Mordt om bietjie die agterlyn uit te help.
Posted by Aiken Drum on 01 October 2012 12:16