Vodacom Bulls fall to late Chiefs try
25 May 2012

New All Blacks squad member Sam Cane came off the bench to score the match-winning try as the Chiefs beat the Vodacom Bulls 28-22 on Friday to move atop the Super Rugby table at the start of the 14th round.

Cane's brilliant 69th-minute try allowed the Chiefs to outscore the Pretoria-based Bulls by three tries to one and to overcome the influence of Springboks superboot Morne Steyn, who kicked 17 points, including his 200th career conversion.

The Chiefs started the match in second place, level on points with the first place Cape Town-based Stormers, and moved four points clear atop the table from the Stormers, who clash with the Sharks on Saturday.

The Bulls walk away with a bonus point for losing within seven points and with their 10th victory the Chiefs move to the top of the log.

Next week the Chiefs will take on the Blues at North Harbour Stadium in Albany and the Bulls will host the Stormers at Loftus Versfeld in Pretoria.

SCORERS

Chiefs –Tries: Andrew Horrell, Asaeli Tikoirotuma, Sam Cane. Conversion: Aaron Cruden. Penalties: Aaron Cruden(3).

Vodacom Bulls – Try: Bjorn Basson . Conversion: Morne Steyn Drop goal: Morne Steyn. Penalties: Morne Steyn (4).

Please log in at the top of the page to post comments
Comments
38
Wel wel, help nie wat ons se nie die facts is 2 games is ons voor rustyd en ons verloor, nog 2 game is ons ver voor rustyd en ons verloor amper as dit nie n trend is nie wat is? Ek is jammer om te se maar ek kan nie sien ons wen die Stormers nie met party ouens wat net 50% gee nie. Spies kan nie 2 goeie games in n ry speel nie. Ons hana hana nog en besluit wat om in die lyn staan te doen toe druk die Chiefs al onder die pale. Word wakker bulls die ander spanne gaan nie wag vir ons om eers te dink wat ons wil doen nie. Ban skoppe buite ons eie kwart lyn en forseer die ouens om met die bal te hardloop soos Harry Viljoen een keer met die
bokke gedoen het
Posted by Bull perd on 26 May 2012 09:36
37
Ek dink die bulle doen baie baie goed in die Super 15 as jy in ag neem hoeveel jong spelers die 1ste keer super 15 speel, ek is ook baie bly dat ons nie na elke verloor moet hoor dit is 'n nuwe span en ons bou nog nie. Niemand het ons hierdie jaar 'n kans gegee nie ek kyk wat doen die ouens. Ja die verlore was agv verkeerde besluite of oorgretigheid maar die kom met ondervinding self Pierre se besluite verbeter week na week. Niemand het ons 'n kand gegee die jaar nie en ek dink ons BULLE doen baie goed, ja ons wil almal die beker wen maar gee die ouens nog 'n jaar dan sien ons 'n ander storie. HULLE DOEN DIE BULLS SE NAAM GEEN ONEER AAN NIE IN TEENDEEL DINK EK HULLE IS 'N SPAN OM GEWELDIG TROTS TE WEES. HOU SO AAN BULLE.
Miranda
Posted by Miranda on 26 May 2012 08:48
36
Wie's die donnerse kantman wat die 2 hoetekkels op Hougie laat gaan het? Hy't niks anders om na te kyk nie. Was dit weer daai Bryce Lawrence? Jistog.

Francois Hougaard is n YSTER. Warrie nie oor die voute wat hy gemaak het, hy sit als in.
En hoekom het Steenkamp begin ipv Juandre Kruger? Verstaan nie mooi waat daar gebeur het nie.
Spies is net te sag vir harde rugby op die oomblik, sy swak houding op verdediging het ons gekos. Maar hy kan regmaak.
Kan ons asb n ware heelagter iewers uitskop, asseblieftog! En se asb vir Kirchner om op te hou met sy stupid goosestep, dit breek net sy momentum en gee die verdediging kans. Slappes help tog net, bliksem, tog!

Aangesien ons n crackpot spanverandering nou en dan sien, kan ons asb met Arno Botha vir n slag begin, CJ en Arno.
As Stegmonnster reg was sou ek CJ 8 en Arno 7 en Steggies 6 gehad het. Spiesa kan vleuel speel, enigste probleem is hy hou nie van tekkel op vaart nie :(

Posted by Las on 25 May 2012 21:06
35
Baie goeie eerste helfte, maar geen vuur in die tweede helfte.
Groot irritasie is die wurm, almal weet die skrummie gaan skop, so wat doen die verdediger een gaan vir die afstorm die ander val terug om die bal te vang. Dis hopeloos te voorspelbaar.
Vir tweede keer was Jano se besluitneming verkeerd, ons voorspelers kry die oorhand en hy skop, dit nog boonop n swak skop en n strafskop teen ons. Jano moet opgebring word om die spel vinniger temaak, sy skoppe is nie goed geplaas nie.
Ons het ook hopeloos te veel foute op ktirtieke tye gemaak, drie keer vyf meter voor die doellyn.
Bulls was net nie klinies genoeg nie
Is die seisoen besig om aan die jong manne te vat?
D Pottie het weer lus gelyk vir rugby en ons het hom gemis in die 2de helfte, hy was weer die beste Bulls speler.

Posted by Kaap'se bul on 25 May 2012 20:02
34
Ek het gedog die Bulle was briljant in die eerste helfte. maar wat ek nie kon verstaan nie is hoekom ons die bal so stadig gemaak het baie keer met die treintjie nonsens ens. Hougaard is n briljante speler maar moet waak teen te veel tyd mors daarvoor en dan word ons van die bal af gespeel en ook skuins hardloop voordat hy pass, hy moet net onmiddelik pass en die agterlyn wegkry.

Wat my egter die ergste onstel het was die onsinnige replacements wat ons weereens die game gekos het. Waarom hulle Jano opbring elke week verstaan ek nie, want hy is soveel swakker as Hougaard en sy skoppe is pateties. Weereens met 5 min speeltyd oor en 6 punte agter skop Jano n vrot uppie en gee besit weg, jammer maar dis plein dom, daar is niks positief wat n mens daaroor kan se nie, maak nie saak hoe graag ek net positiewe kommentaar wil lewer nie. Hoe moet ons score sonder die bal, so ek wil my hare uitpluk in sulke gevalle in die laaste 5 minute, never-mind daai treintjie twak wat selfs die commentator se vooraf, "here comes the box kick" - dis hoe deksels voorspelbaar dit is!!!

Ek glo nog die Bulls was goed genoeg in die eerste helfte om die super 15 te kan wen, maar dan moet hulle so bly speel, ter alle tye. Morne was briljant en lynstane weereens puik en ons verdediging in die algeheel baie goed, anders as daai blaps wat tot daai eerste fase drie gelei het. Ek is nog steeds trots op die manne, maar net SO bitter teleurgesteld in swak opsies soos hierbo genoem.
Posted by nou-vir-die-blou on 25 May 2012 17:52
33
Chiefs were not blown for a hand on the ground during the scrum with their 2nd last try, not blown for infringing on the off side line and not blown on two occassions for a "no arm and high tackle on Hougie near the end of the game, I believe the replacements cost us somewhat, we last the little aggression and momentum we had, keep Houie at scrumhalf and make Jano reserve orange peeler or something, hy is so blerrie stadig agter die scrum, by the way is Mark and Bryce family? looks like it they blow the whistle the same manner!
Posted by Barrybul on 25 May 2012 14:51
32
NUWE DRAAD!!!!
Posted by Blou Dino on 25 May 2012 14:04
31
27: Dino, dit lyk my die Bulle besluit vooraf op 'n gameplan, en dan speel hul hom uit, geen nie om wat die wedstryd situasie is nie, en dit is baie jammer.
'n Span moet kan aanpas soos
a - die wedstryd ontplooi, en
b - soos die ref blaas.

En dit is lyk my iets wat ons nie reg kry nie, ons bly by 'n plan al werk dit nie. Hoe kan jy met 5 minute oor die bal wegskop, en dit nog swak ook doen. En as ons nie 'n FDP het nie, moet dit dan nie probeer nie ! Kies dan 'n ander wedstrydplan wat ons spelers se sterkpunte pas, soos vir Hougies wat blitsig en vinnig om die loskrum kan wees AS ons vinnig speel (kyk na sy drie teen Tahs).

Toe Lawrence nie die Chiefs geblaas het vir onkant kom met ons goeie dryfbewegings nie, moes ons besef het ons moet vinniger speel, vinniger by die afbreekpunte, kyk bv na Basson se goeie drie. Maar, wat doen ons by die afbreekpunte die laaste 10 ? Stop, wag 'n minuut, dryf een een, geen vinnige balle nie, geen slaankrag, wag net vir Chiefs om foute te maak wat toe nie gebeur nie (en wat die Stormers ook nie gaan doen nie).

GROOT verskil tussen vorige super kampioen Bulle spanne en laasjaar en hierdie jaar se spanne, is dat ons bench tans of geen impak maak nie, of 'n slegte impak maak (in 2007,2009, 2010 was dit juis ons sterkpunt). Gaan ons dalk nog 'n jaar of twee vat om daardie diepte weer te bou, daarom moet Ludeke sy plaasvervangers spaarsamer gebruik (behalwe beserings natuurlik).

Ek weet vir die manne wat altyd net oor optimisties is (en dan onrealisties raak), is dit so bietjie pynigende proses wat ons nou hieroor skryf, maar partykeer is dit nodig om so bietjie diep te sny sodat daar op die lang termyn gesondheid kom.

So byt vas, volgende week die hele week tyd om optimisties te wees. Nou eers bietjie tyd vir goeie selfondersoek en besinning waar ons kan en hopelik sal verbeter.
Posted by bendiebul on 25 May 2012 13:55
30
Spies....ek weet ook nie wat ek hom moet rate nie,as ek nou moet begin vergelyk dan begin hy vir my na n gemiddelde agsteman lyk.
Posted by Blou Dino on 25 May 2012 13:48
29
Baie teleurgesteld, maar tog optimisties. Volgende naweek teen Stormers sal deurslaggewend wees - en as hulle nog boonop more vasval teen die Sharks, lyk dinge sommer weer reg! Weet nie wat om te dink ivm Sadie nie - hy het baie kanse gehad maar sy spel tel net nie op nie! Miskien soos #4 gese het - laat Venter weer kans kry.
Posted by mightyhercules on 25 May 2012 13:44
28
Sjoe ek voorstep weer 3 flippen "gelukkige" wenne vir die Bulle wat voorlê! Kan sien die mede-bloggers is weer hulle positiewe ondersteuners van self vanoggend! LOL!
Posted by sakkie6yster on 25 May 2012 13:38
27
@ 21,waar wat jy se.Ek het aanvanklik gedink dat Hougie so skierlik stadig geword het en kon nie wag dat Jano opkom om vinnig te speel nie,maar toe gebeur dit nog steeds nie.Wie van julle het ook opgelet toe Jano die bal wou vinnig speel,is hy verhinder deur n voorspeler,hy het sommer so sprong terug gegee,ek hou nie daarvan om te voorspel nie...maar die Sharks gaan ons n les leer.
Posted by Blou Dino on 25 May 2012 13:36
26
23: bly om te hoor van jou optimisme, gaan nog net so paar rondtes bietjie kla en negatief wees, dan skakel ek ook oor na optimisme ! ;-)
Posted by bendiebul on 25 May 2012 13:31
25
Wel gedaan Bulle!!! Ongelooflike goeie rugby en so aanskoulik! Jammer julle kon nie die knoop deur haak nie! Herstel gou en gee alles teen die Stormpies!! Toer is verby en nou kan ons fokus op die business end!
Posted by sakkie6yster on 25 May 2012 13:30
24
Kyk, ek hou glad nie daarvan om spelers uit posisie te speel nie, maar as daar niemand is wat die nr.13 trui sy eie wil maak nie, dan sal ek weer vir Zane daar speel. Sy verdediging is ten minste uit die boonste rakke, en sy hande is baie goed. Net pasop om nie te suinig te wees nie.

Maar dan is daar weer die volgende probleem: wie speel dan heelagter ?
Posted by bendiebul on 25 May 2012 13:29
23
Die nuwe geslag Bulls het regtig goeie ondervinding opgedoen op hierdie toer - teen sterk spanne. Daar is nie 'n ander manier om dit te leer nie, en volgende keer gaan hulle beter weet. Hulle kan gerus hulle koppe hoog hou. As in ag geneem word dat daar verskriklike lofliedere gesing was omdat die Stormers 13 punte op toer gekry het, dink ek die Bulls kan tevrede wees met hulle 11. Hierdie span kan monstergoed wees op Loftus - en ek het baie goeie hoop vir die oorblywende wedstryde!
Posted by BlousteBlou on 25 May 2012 13:29
22
Morne het nie net goed geskop nie,hy het goed verdedig ook.Waarom word die bal nie vir Zane gegee om uit te skop nie?hy skop heelwat verder as Steyn.Dit was immers sy job by Griekwas.
Posted by Blou Dino on 25 May 2012 13:25
21
19: heehe, goeie een Dino. Laat ons die ding maar op sy naam noem, die Bulle wil 'n pienk trientjie ry ! En dit is net so steriel as die manne wat tradisioneel pienk klere dra ! ;-)

Soos Frik hier onder genoem het, toe ons vinnige rugby gespeel het (soos die laaste 10 teen Landers, teen Reds, Cheetahs, teen Brumbies en Saders eerste helftes), kon niemand ons nog stop nie, hoekom ophou daarmee, hoekom speel vir 'luck' om te wen as ons spanne met daardie vinnige spel van die losballe:

a) of kan dwing dat die ander span onkant gaan en dus 3 punte te melk, of nog beter,
b) hope driee te druk soos vroeër die seisoen.
Posted by bendiebul on 25 May 2012 13:21
20
Ek stem - daai wurm moet gif kry en groet! Beskerm die bal en laat hy vinnig uitkom. Effektief, en devestating. En moet ASB nie key spelers so gou sub nie - asb!
Posted by Neotech on 25 May 2012 13:14
19
Die WURM effek is glad en geheel nie effektief nie,of die belaglike treinbou stront.Gaan kyk maar weer daarna,toe die bal afgestorm is met Hougaard se skop was daardie WURM vyf segmente lank.nie lank daarna nie so waar as wragtig ses manne agter mekaar.Gaan daar met elke game nog n paar bykom.Dit is stront wat sy kop uitgesteek het met die varsity cup met Tuks en nou wil ouboet kyk of hulle 14 man kan opline met die plan,hoeveel spasie het n skrummie nodig,en net ons SA skrummies,as dit so moerse plan was hoekom doen die NZ se spanne dit nie?????Of is dit nou wat die PINK uitbeeld soos my WP buurman se.Die agtermekaar Bulle.
Posted by Blou Dino on 25 May 2012 13:12
18
Stapper #9, ja, baie naby, maar tog so vêr. Amper goed, is nie goed genoeg nie. Dit is die realiteit.
Posted by Rifrug on 25 May 2012 13:08
17
Gelukkig het ek besluit om op te hou vloek, of anders kon ek my keel ook lekker skoonmaak oor Mark!!
Posted by Frik on 25 May 2012 13:05
16
Baie teleurstellend want ons KON en MOES hierdie een gewen het.
Stem saam met die wat kla oor Francois Hougaard, hy is `n skitterende rugbyspeler, maar NIE `n skrumskakel nie. Daarvoor is hy heeltemal te stadig agter die skrum. Kan nou sien hoekom Heyneke Meyer vir Fourie du Preez wil terug bring. En die treintjie? Maar daaroor het julle al genoeg gesê.
Bendiebul, ek dink nie hulle wil nie drieë druk nie, ek dink hulle kan nie. As ek reg onthou is 24 van ons 38 drieë teen slegs 4 spanne gedruk, m.a.w. 14 in die ander 8 wedstryde, nie juis veel beter as die stormers nie. En vir hulle is dit nie so sleg nie want hulle verdediging is uitstekend.
Dit help ook nie om vir Mark Lawrence te blameer nie. Ja, hy was nie op sy beste nie, maar dit is nie hy wat swak verdedig het nie.
Laastens, vir die van julle wat wil hè die sharks moet môre wen, dink weer. Ons is nou klaar agter die stormers, as die sharks wen en hulle kry hulle 4 punte vir die loslootjie, is hulle ook voor ons. Laat ons maar liewer hoop die stormers wen en niemand kry bonuspunte nie.

Sug. NOU (alweer) DIE (pienk) BLOU!!!
Posted by Rifrug on 25 May 2012 13:01
15
@Frik: Ek stem 100% saam jou. Ons doodslag aka wurgpunt was die spel agter die skrum / losgemaal. KOMAAN BULLE! Vinnige akkurate bal soos julle altyd gedoen het.
Posted by Neotech on 25 May 2012 13:00
14
Na more se wedstryde, het die Sharks en Stormers nog elkeen een werlik moeilike wedstryd (beide teen Bulle) oor. Die Bulle het nog twee moelikes oor, waarvan een in Durbs is wat baie moelik gaan wees.

Wen die Sharks more, kan hul sterk deurkom aan die einde, veral as ons die Stormers klop.

Ons MOES daarom ten minste een van die wedstryde in NZ gewen het, maar het nie. Veral vir 'n jongspan was 'n wen in NZ baie nodig. Die impak van die 2 verlore sal ons met tyd leer.

Aan die eenkant is dit veiliger as die Stormers more wen, sodat ons ten minste in top 6 kan eindig, maar ons weet wat gebeur met spanne wat tussen 4-6 eindig op die log: jy maak net die getalle vol, jou kanse om die titel te wen is omtrent 70 persent minder as die spanne wat 1 tot 3 ge-eindig het.

Nie negatief nie manne, net realisties.

Gee nie om wat die res van die seisoen gebeur nie, maar ons moet net wen Saterdag anders gaan al die goeie werk van die laaste 7 maande daarmee heen wees en die Stormers op ons 'n houvas begin kry.

En nou wou ek sê, nou die Blou, maar ek kan nie. Nie maklik om deesdae 'n BLOU bul te wees nie, en gaan ons weer terug in BLOU wees wanneer dit te laat is ?

Saterdag is na my mening die wedstryd wat ons hele seisoen gaan bepaal, en dalk die toekoms.
Posted by bendiebul on 25 May 2012 12:58
13
#2 Blou Kaap, Sorry ek kan nie met jou saamstem oor Hougie nie!!! Hy is seker een van die min "voetbollers" wat oom danie van gepraat het, maar sy skrumskakel spel wek vir my kommer! Hy is te veel agter die skrums gevang, en twee hy die bal onbeheersd by die skrum uit gekom day hy nie daar was nie, jammer maar ek is bekommerd!! Kyk sy algemene spel is fantasties, maar jy doen eers vir wat jy gekies is!!!!

Maar skitterend BULLS!! Julle kan nog EN gaan nog die beker wen!!!!

En gelukkig kan ons nie Morne se skopskoen die week blameer nie!!! Puik!
Posted by Frik on 25 May 2012 12:56
12
Soveel van n getjommel het ek lanklaas gesien.
Posted by Blou Dino on 25 May 2012 12:55
11
Ek voel ons grootste issue was die stadige bal by die afbreukpunte en losgemaal...dit was en is een van ons heel sterkste punte om die bal vinnig en akkuraat uit te kry. Die wurm effek was effektief maar moet vir eers laat vaar word vir die vinnige bal. Die ander spanne het nie 'n antwoord vir die blitskrieg bull assault as die bal vir klomp fases so vinnig uit kom nie - kyk laas week hoe unstoppable was ons toe die bal daai eenkeer vinnig uit gekom het wat gelei het tot 'n drie na paar vinnige fases.

Chiefs was goed maar ons moes gewen het, ons het balle op kritieke oomblikke weggegee en heeltemal te veel onnodige foute op kritieke oomblikke begaan. My hart is vreeslik seer maar 50% op toer is nie te sleg nie. Kom nou huistoe Bulle, laat ons die seisoen weer ons s'n maak. GO BULLS!
Posted by Neotech on 25 May 2012 12:54
10
my opinie is ons so 2 punte kort van n goeie toer af. Weereens ek kan nie help maar om bekommered te wees vir die volgende 3 games nie. Ek sien maar moeilikheid vir ons teen die Stormers en Sharks dalk nog Cheetahs ook.
Posted by Nitronic on 25 May 2012 12:52
9
Sover ek kan onthou is hierdie die eerste toer van die Bulle waar daar in elke wedstryd tenminste een liga punt behaal is. 'n Span kry 12 punte vir 3 wenne, dus is die 11 punte 1 minder as 3 wenne.

Hierdie toer was baie naby aan as wat beskryf kan word as 'n baie goeie toer.
Posted by Stapper on 25 May 2012 12:48
8
skuus, sharks moet met meer as 7 verloor!
Posted by DIE BLOU BAAS on 25 May 2012 12:44
7
ek stem, soveel as wat ek haat om dit te se sal dit beter wees as die strompies wen more...soner bonus punt vir hulle en sharks minder as 7. Dan moet die Reds die Brumbies wen ook more dan bly ons in top 4
Posted by DIE BLOU BAAS on 25 May 2012 12:43
6
stem saam, maar dit bly nie lekker om te verloor nie en ek het 'n hele paar strompies ondersteuners wat my hel gegee het deur die game! pront uit teen die Bulls geskree....maar nou ja...kan seker nie beter verwag van daai klomp viskoppe nie
Posted by DIE BLOU BAAS on 25 May 2012 12:42
5
Bloukaap, ek dink ons is nou in 'n posisie waar ons moet hoop die ouens bo ons op die log moet die ouens onder ons op die log wen. As die sharks môre wen is hulle so te sê by ons en ek is bekommerd oor daai game in Durban.
Posted by Old Blue Eyes on 25 May 2012 12:42
4
en miskien tyd om dalk Venter op 12 en olivier op 13 vir vlg week?
Posted by DIE BLOU BAAS on 25 May 2012 12:40
3
Blou baas jy is reg die bulle het dit vir hulself moeilik gemaak, maar die chiefs was baie goed met hulle defence om die losgemale. Ons kan dit nie van hulle wegvat nie.

'n Positiewe punt is dat ons nie meer soos in die verlede 'n helse pakslae in NZ kry nie. Ek dink van die jonger mannetjies het groot geword op die toer.
Posted by Old Blue Eyes on 25 May 2012 12:39
2
Goeie eerste helfde gehad. het toe wel gedink lawrence blaas nie steeng genoeg vir onkant reel teen die chiefs nie. ons was egter nie opgewasse vir die spoed krag en fiksheid vd chieds in tweede helfde nie. Ons asems het uitgelyk na 50 minute. ek betwyfel ook of ons taktiek om vlak by die rucks te probeer dryf regtig vrug oplewer. Ons maak die bal heeltem te stadig. dis net te maklik vir die opposisie.

Hougie weereens ster vd aand.anyway 11 punte op ooeswse toer is glad nie sleg nie maar die druk is op die bulls. hopelik eet die shaeks die stormers more.
Posted by bloukaap on 25 May 2012 12:38
1
Dag almal! Ai...en daar is dit weereens same old same old! Speel met 'n bang eerste helfte en gaan le tweede helfte! Ek verstaan nie dat daar manne is wat nie die bal kan beskerm en besit hou nie! Jammer Bulle, julle was weereens jul eie grootste vyand!
Posted by DIE BLOU BAAS on 25 May 2012 12:35
VIDEO
Highlights of the Super Rugby match between the Vodacom Bulls and Hurricanes from Loftus Versfeld, Pretoria.
Play   PLAY   MORE VIDEOS
BIRTHDAYS
13 May Johan Strydom
14 May Christo Bezuidenhout
14 May Ludwe Booi
14 May Dr. Ernst Dinkelmann
14 May Piet Matthys
15 May Tobie Kirkham
15 May Thys Lourens
15 May Wouter Moore
16 May Wally Newing
16 May Danie Rautenbach
16 May Donnovan Twiname
17 May Francois Brummer
17 May Willem Labuschagne (Oorlede)
17 May Pollie Pollard (Oorlede)
17 May James Young
18 May Michael de Bruyn
18 May Prof. Fritz Eloff
18 May Burger Geldenhuys
20 May Pieter de Haas
20 May Louiz Holtzhausen
20 May Clive Terre Blanche
21 May
JOIN US ON FACEBOOK